FRANCELLE BOUWER

Default profile image
FRANCELLE BOUWER

Blog #3.4

1 Dec 2021, 22:37 Publicly Viewable
  1. Rinitis is die inflamasie van neusslymvlies en word met verkoue geassosieer. Slymerige rinitis word met sinusitis geassosieer. Allergiese rinitis is a.g.v. allergeen blootstelling en is IgE gemedieerde inflamasie. Nie-allergiese rinitis is a.g.v. ‘n fisiologiese reaksie weens stimuli soos hitte, rook, koue weer.

Rinoree is ‘n loopneus en is a.g.v. allergie, verkoue, chemiese of geneesmiddel skade, koue lug of fisiese skade.

  1. Alfa1-agoniste (dekongestante) – fenielefrien

Antihistamiene – prometasien

Kortikosteroïde – betametasoon

Masselstabiliseerders – natriumchromoglikaat (vividrin oogdruppels)

Mukolitika – mesna

Antibiotika – mupirosien

Diverse ander middels – stoom/normale soutoplossing

  1. Die dekongestante kan verdeel word in Direkwerkende middels en middels met ‘n gemengde werking. Die direkwerkende middels stimuleer die a1-adrenoreseptore in die nasale bloedvate om vasokonstriksie te veroorsaak. Die middels met ‘n gemengde werking is non-selektiewe adrenergiese agoniste (alfa en beta reseptor agoniste) met addisionele indirekte werkend. Dit kan topikaal aangewend word vir direkte werking, maar middels met ‘n gemengde werking kan ook oral toegedien word, wat lei tot laer konsentrasies in die biofase; dus gee dit dan ‘n indirekte werking.

Volgens die werkingsduur kan die dekongestante verder verdeel word :

  • kortwerkende middels (4 tot 6 ure), bv. efedrien, fenielefrien, propielheksidrien, nafasolien en tetrahidrosolien
  • intermediêrwerkende middels (8 tot 10 ure), bv. silometasolien
  • langwerkende middels (12 ure), bv. Oksimetasolien

  1. Rhinitis medicamentosa is geneesmiddelgeïnduseerde rinitis. As jy vir ‘n lang tydperk dekongestante gebruik ontstaan hierdie toestand. Permanente vasokonstriksie met gebrek van lokale bloedvoorsiening lei tot skade aan die neus slymvliese met permanente inflammasie en swelling. Daar is ook ‘n afregulering van alfa reseptore op die bloedvate so die respons op die agoniste is minder. Eerste moet gebruik van die geneesmiddel gestaak word. Kortikosteroïede kan as behandeling gebruik word.

  1. Eerste generasie is multipotente kompenterende antagoniste wat muskariene reseptore blokkeer. Hierdie blokkade van muskariene reseptore lei tot ‘n afname in sekresies van hoë en lae lugweë. Hierdie middels word dikwels in verkouepreparate gebruik om rinoree te stop. Die tweede generasie is bruikbaar by lang- of korttermyn behandeling van allergiese rhinitis en blokkeer nie muskariene reseptore nie wat voordelig is omdat dit nie sedasie veroorsaak soos by eerste generasie nie. Dit kan nie by verkouerinitis gebruik word omrede histamien nie ‘n rol speel by die toestand nie en dis al waarop tweede generasie inwerk.

  1. Kortikosteroïde is bruikbaar by allergiese rhinitis en word topikaal as ‘n neussproei toegedien. Anti-allergiese middels is ‘n profilaktiese behandeling van allergiese rhinitis en word toegedien as ‘n neussproei. Mesna is ‘n mukolitika en is veral ideaal wanneer die nasale sekrete taai is en word toegedien as ‘n neussproei (topikaal). Normale soutoplossing is verkies by kinders want dit is baie veilig en effektief, dit bevogtig die geïnflammeerde neus slymvliese.