Hipertensie en hartversaking, omrede daar ‘n oor aktiwitweit van renien-angiotensien-aldosteroon sisteem (RAAS) is. Hierdie lei tot meer angiotensien II in die liggam en dus gaan die die produksie van angiotensinogeen verhoog. Die implikasie hiervan is meer angiotensinogeen teenwoordig vir die vorming van angiotensien II wat die siekte toetstand vererger omrede dit byvoorbeeld vasokonstriksie effekte veroorsaak.
Die angiotensien antagoniste werk direk op die reseptore en gaan dadelik die terapeutiese effek ontlok sonder om ‘n effek uit te oefen op ‘n ander sisteem en dus is daar minder newe effekte teenwoordig, waar by die AOE remmers gaan dit ‘n invloed hê op die bradikinien sisteem. AOE skakel bradikinien om na sy onaktiewe peptied, wanneer die ensiem geinhibeer word betekeken dit daar gaan verhoogde vlakke van bradikinien wees. Hierdie hoë vlakke gee aaneiding to newe effekte naamlik ‘n droë hoes en brongokonstriksie gee wat ‘n slegte effek op byvoorbeeld asma leiers kan wees.
AOE werk in op twee sisteme naamlik waar angiotensien II gevorm word en bradikinien omgeskakel word na onaktiewe vorm. Wanneer AOE gerem word gee dit aanleiding to die inhibering van angiotensien II vorming want beteken angiotensien II is nie teenwoordig om vasokonstriktiewe en toename in bloed volume effekte te ontlok nie dus gaan bloeddruk afneem. Bradikinien het hipotensiewe aktiwiteit omrede dit ‘n vasodilator is en as die AOE nie teenwoordig is om bradikinien om te skakel na onaktiewe peptied nie beteken dit daar is ‘n verhoogde konsentrasie bradikinien teenwwordig en dus groter effek op die afname van bloeddruk.
Lorsartan is ‘n kompenterende antagonis en werk in op die AT1 reseptore. Hulle het ‘n indirekte effek op AT2 reseptore. Hierdie is omrede die lank gebruik van hieride antagoniste kan lei to ‘n toename in renien vrystelling en dus is daar ‘n toename in angiotensien II wat op hierdie AT2 reseptore kan gaan bind en ‘n vasodilatoriese effek ontlok wat voordelig kan wees vir behandeling.
Die fisiologiese effek is arteriole dilatasie en veneuse kontraksie, ander outakoïede naamlik prostaglandiene speel ook ‘n rol in die bloedvate want dit word vrygestel op reaksie van kiniene.
Bradikinien reseptore. (B1&B2)
Atriale natriuretiese peptide (ANP) en Brein natriuretiese peptide (BNP) is albei effektief in die twee toestande omrede hulle vasodilatories is en bloed volume laat afneem deur natriurese en diurese te induseer. Hierdie kan aanleiding gee tot ‘n afname in bloeddruk asook voor- en nabelading op die hart.
Niprilisien is die ensiem wat ANP en BNP afbreek. ‘n Niprilisien inhibeerder soos Sucubitril is effektief vir die behandeling van hartversaking omrede dit die afbreek van ANP en BNP verhoed wat beteken hulle konsentrasie verhoog. Hierdie lei dus tot ‘n beter effek van natriurese en diurese wat die bloedvolume laat afneem en dis spanning op hart verlig. Hierdie middel kan saam valsartan gekombineer word, valsartan is ‘n angiotensien II antagonis en sal dus goed die effekte van RAAS teenwerk. Die gekombineerde middel se naam is Entresto.
Vasodilatore: Bosentan. (endotelien antagonis)
Vasokonstriktore : Endotelien 1, 2 en 3.