CHANTÉ ERASMUS

Default profile image
----------

Blog#2.4

1 Nov 2021, 20:40 Publicly Viewable

Wat beteken die term “endotelium-afhanklike” vasodilatasie vir jou? Verduidelik.

Endothelium-afhanklike vasodilatore is verantwoordelik vir die verhoging van intrasellulêre kalsiumvlakke in die endoteel. Endoteelselle stel oplosbare EDRF vry wanneer hulle op vasorelaksante reageer. EDRF werk op vaskulêre spiere om ontspanning te veroorsaak en gee 'n vaso-verslappende effek. ʼn Toename in intrasellulêre kalsiumvlakke in endoteelselle gee ook aanleiding tot NO sintese en NO versprei dan na die vaskulêre gladdespier wat vasodilatasie tot gevolg het.

As ons praat van die NOS-ensieme, wat beteken “konstitueel” en “geïnduseerde” ensieme, en wat is die patologiese en fisiologiese implikasies hiervan?

Konstituele ensieme word konstant en aanhoudend gesintetiseer, maak nie saak wat die fisiologiese aanvraag is nie. Die patalogiese en fisiologiese implikasies is groter as die van geïnduseerde ensieme, omdat hulle konstant teenwoordig is. 

Geinduseerde ensieme se sintese word deur geneesmiddels of sekere sunstrate geïnduseer. Hulle is slegs teenwoordig wanneer dit benodig word. Implikasies is kleiner, omdat hul slegs ‘n patologiese en fisiologiese effek as hulle teenwoordig en in werking is.

Verduidelik hoe NO tot die noodlottige patologie van septiese skok bydra.

Septiese skok is 'n sistemiese inflammatoriese reaksie wat deur infeksie veroorsaak word. Dus word dit deur patogene veroorsaak (komponente wat in bakterieë voorkom). Dit veroorsaak die vorming van iNos in makrofage wat daartoe lei dat NO vrygestel word vir sy anti-mikrobiese effekte. Hierdie oormatige NO vrystelling kan veroorsaak dat endoteel-gladdespiere verslap wat kan lei tot erge hipotensie wat dan septiese skok effekte kan vererger en kan ook lei tot dood.

 Watter outakoïede se meganisme van werking berus op effekte op die guanilielsiklase-cGMP-stelsel?

NO

NO kan vir die sel toksies wees.  Watter maniere het die liggaam om hierdie nadelige effek van NO teen te werk?

Intrasellulêre glutatione is beskermend teenoor weefselskade wat deur piroksinitriet veroorsaak word. Peroksinitriet inhibeer proteïen funksie wat dan gedurende inflammasie weefselskade veroorsaak.

Noem ‘n manier hoe NO pro-inflammatories kan optree.  Gee voorbeelde waar dit voor- of nadele sal hê.

Voordele:

NO kan die deurlaatbaarheid van die sel verhoog deurdat dit vasodilatasie medieer.

Dit toegang kan gee tot makrofae wat infeksies kan verhoed, die kompliment en imuunstelsel  aktiveer en teenliggaampie produksie stimuleer.

Nadele:

NO aktiveer COX-2 en veroorsaak die sintese van inflammatoriese prostaglandiene. Prostaglandiene het vasodilatoriese effekte en kan saam met NO vaskulêre deurlaatbaarheid verhoog en lei tot perivaskulêre edeem. Oormatige NO kan weefselbesering veroorsaak.

Die vasodilatasie kan pyn en ongemak veroorsaak.

In watter moontlike neurologiese en psigiese siektes is NO betrokke?

Parkinsonisme, Alzheimer’s, beroerte.

Blog #2.2

15 Sep 2021, 15:29 Publicly Viewable
  1. In watter siektetoestande is angiotensinogeenvlakke verhoog?  Wat is die implikasies hiervan?

By siektetoestande soos hipertensie en hartversaking.

Angiotensien is n potente vasokonstriktes en verhoog dus bloeddruk, daarom kan dit lei tot hipertensie. Wanneer angiotensien II aan die angiotensien II reseptore bind lei dit tot die vrystelling van aldosteroon en ADH, wat dus ook bloeddruk kan verhoog en kan lei tot hipertensie.

Die spanning wat die hipertensie op die hart plaas kan lei tot hartversaking. Verhoogde angiotensienvlakke lei ook tot ‘n vergrootte hart a.g.v. ventrikulêre hipertrofie wat kan aanleiding gee tot hartversaking.

  1. Wat is die rede daarvoor dat middels wat die angiotensienstelsel deur werking op angiotensienreseptore rem, minder newe-effekte het as die wat AOE rem?

Angiotesienreseptore agoniste rem die angiotensienreseptore selektief en het n direkte effek op slegs die angiotensienstelsel. Die angiotensien-omskakelingsensiem (ACE) remmers, rem non-selektief en is verantwoordelik vir die omskakeling/ metabolisme van bradikinien na sy onaktiewe metaboliete toe. Dit lei tot n verhoogde konsentrasie bradikinien wat dan kan lei tot n droё hoes as newe effek. Selektiewe reseptor remmers het minder nadelige effekte.

  1. Op watter wyse het AOE-remmers ‘n tweevoudige meganisme van werking by die behandeling van hipertensie?

AOE-remmers het n werkings meganisme op twee plekke:

AOE-remmers inhibeer die omskakeling van angiotensin I na angiotensin II. Dit verhoed dus die vorming van angiotensin II. Angiotensien I is onaktief en het dus geen effekte nie. Die afwesigheid van angiotensien II verhoed dus die verhoging in NE afskeiding, aldosteroon, Na heropname en ADH. Dit voorkom om ook vasokonstriksie en lei tot n verlaging in bloeddruk.

AOE- remmers inhibeer die omskakeling/ metabolisme van bradikinien na sy onaktiewe metaboliete toe, dus bly bradikinien ‘n potente vasodilator. Dit verhoog ook prostaglandiene sintese wat lei tot vasodilatasie en dit lei tot n verlaging in perifere vaskulere weerstand wat dan aanleiding gee tot n verlaging in bloeddruk.

  1. Op watter tipe angiotensienreseptore werk losartan en soortgelyke middels?  Het hulle enige effekte, direk of indirek, op ander angiotensien II-reseptore?

Losartan en soortgelyke middels is selektiewe kompeterende antagoniste van angiotensin AT1-reseptore, hulle werk dus in op die angiotensien II reseptore, wat gevind word in die vaskulêre gladdespier, die bynier en die brein. Hulle het n direkte inwerking op die AT1 reseptore (inhibeer RAAS direk), maar n indirekte inwerking op AOE. Hierdie middels inhibeer vasokonstriksie en lei tot vasodilatasie as gevolg van die bradikinien vlakke, wat dus lei tot n verlaging in bloeddruk.

  1. Wat is die fisiologiese effekte van kiniene op arterieë en vene?  Speel ander outakoïede ‘n rol in hierdie werking?  Verduidelik.

Kiniene speel hoofsaaklik n rol in die kardiovaskulêrestelse. Dit lei tot n verlaging in bloeddruk as gevolg van kapillêre deurlaarbaarheid, dit veroorsaak dus vasodilatasie van die arterieё en vene.

Ja, outakoïede soos prostaglandiene speel ook n rol, weens die vrystelling daarvan wanneer bradikinien geaktiveer word.

  1. Watter reseptor is waarskynlik die mees betrokke in die klinies-belangrike effekte van kiniene?

Die bradikinien 2 reseptor antagonis.

  1. Op watter wyse is natriuretiese peptiede moontlik effektief in die behandeling van hipertensie, asook kongestiewe hartversaking?

Natriuretiese peptiede het vasodilatoriese effekte vanweё hul verhoging in glomerulêre filtrasie en natriumuitskeiding, verlaging in renienvrystelling, verlaging in natriumherabsorpsie en hul verlagende effek van angiotensien en aldosteroon. Dit lei dus tot n verlading in bloeddruk. Nesiritied (BNP) kan iv toegedoen word vir ernstige hartversaking, omdat dit n kort t12 het en vinnig gemetaboliseer word.

  1. Wat is neprilisien en wat is die rasionaal om sy aktiwiteit te inhibeer by die behandeling van hartversaking. Kan jy die middel noem wat sodanig gebruik word. Verwys ook na leereenheid 1 waar julle ook met die spesifieke middel te doen gekry het.

Neprilisien is die neutrale endopeptidase verantwoordelik vir afbraak van natriurese peptiede in niere, lewer en longe. Neprilisien inhibeerders verhoog die sirkulerende vlakke van die natriuretiese peptiede wat natriurese en diurese tot gevolg het en lei tot vasodilatasie. Dit het ook ander effekte wat die hartuitwerp en perifere weerstand verlaag en sodoende die spanning op die hart verlig.

Sacubitril is die neprilisien inhibeerder wat gebruik word.

In leereenheid 1 was daar gestel dat die angiotensien-reseptor antagonis, Valsartan, in kombinasie met Sacubitril (Entresto) gebruik kan word vir behandeling van hartversaking.

Neprilisien verhoog die beskermende natriuretiese peptiede terwyl valsartan die beskadigende effekte van n ooraktiese RAAS sisteem onderdruk.

  1. Gee voorbeelde van endotelium-afgeleide vasodilatore en vasokonstriktore.

Vasodilatore: PGI2 & NO en endotolien antagonis bosentan

Vasokonstriktore: (ETA) - ET1, ET2, ET3

Blog#2.1

14 Sep 2021, 21:02 Publicly Viewable

Die Patologie van migraines:

Die trigeminale senuwees stel peptied-neurotransmitters, soos die Kalsitonien-geenverwante peptied (CGRP), wat 'n uiters kragtige vasodilatator is, in die intrakraniale arteries vry. ʼn Migraine ontataan as gevolg van die verhoogde vasodilatasie van intrakraniale arteries wat dan pyn veroorsaak as gevolg van strekking van sensoriese senu-eindes. Simptome wat naarheid, braking, visuele versteurings en sensitiwiteit vir klank en spraakafwykings insluit gaan gepaard met migraines.

Die huidige behandeling van migraine en hoe die middels werk:

  • Serotonien (5-HT1D) agoniste: Dit word ook die Triptans genoem. Dit sluit middels in soos Sumatriptan, Naratriptan en Rizatriptan. Dit is die eerste lenie geneesmiddelterapie vir akute migraines. Hierdie middels stimuleer die serotonien (5-HT1D) reseptore wat dan interkraniale vasokonstriksie verhoog en vasodilatasie voorkom.
  • H1 – antagoniste: Die H1-reseptor antagonis flunarisien (Ca kanaal blokker) word ook as n migraine profilakse gebruik. Dit bind aan H1-reseptore sodat endogende agoniste nie daaraan kan bind nie. Dit sal ook help met die naarheid en braking wat gepaard gaan met migraines.
  • Ergotalkaloïede: Ergotamiene word spesifiek vir migraines gebruik en die absorpsie van ergotamine word verhoog deur kaffeien. Die ergotderivate metisergied (5-HT2) en ergovine (uteroselektief) word as profilakse vir migraines gebruik. Die ergotderivate is gemengde, gedeeltelike agonistiese by 5-HT2 en -adrenergiese reseptore, dit veroorsaak erge gladdespier kontraksie en vasokonstriksie wat lei tot verminderde pyn.
  • Nonsteroïed anti-inflammatoriese middels (NSAIM’s): Middels soos aspirien, ibuprofeen, diklofenak ens. kan gebruik word om die simptome van migraines te behandel, soos byvoorbeeld pyn en inflammasie. Dit kan nie die migraine spesifiek verwyder nie.
  • Anti-inflamatoriese analgetikums en anti-emetikums: Hierdie middels kan ook gebruik word om simptome soos pyn en naarheid wat met migraines gepaard gaan te behandel, maar dit kan ook nie die migraine spesifiek verwyder nie.