Rinitis –inflammasie van neusslymvlies
Rinitis geassosieer met verkue
Slymerige rinitis = gewoonlik geassosieer met sinusitis.
Allergiese rinitis = allergeen blootstelling, IgE gemedieerde inflammasie.
Nie-allergiese rinitis = fisiologiese reaksie agv 'n stimuli soos hitte, rook, koue.
Rinoree –loopneus: Gevolg van allergie, verkoue, chemiese of gm skade, koue lug of fisiese skade
α1-agoniste, (dekongestante) bv fenielefrien, efedrien, fenielpropanolamien, nafasolien, oksimetasolien en xilometasolien. Vasokonstriksie van mukosale bloedvate, ↓edeem van nasale mukosa
Antihistamiene bv. Difenhidramien, prometasien, chlorfeniramien, broomfeniramien, loratadien, setirisien, levokabastien, rupatadien
Kortikosteroïede bv. Betametasoon, prednisoon, beklometasoon, budesonied, siklesonied, mometasoon
Mastselstabiliseerders bv. Natriumchromoglikaat (Vividrin® oogdruppels), ketotifen Mukolitika bv. Mesna, asetielsisteien
Antibiotika bv. Mupirosien, neomisien, topikaal binne neusholte
Diverse ander middels, bv stoom, normale soutoplossing, vlugtige olies soos mentol, bloekom-olie
Sistemiese dekongestante bring soms verligting, maar vlg. newe effekte
Werkingsmeganisme: Aktivering van alfa-adrenergiese reseptore wat op prekappilere en postkappilere bloedvate bloedvate van die neusslymvlies voorkom en veroorsaak vasokonstriksie.
As gevolg van die vasokonstriktoriese effekte van die dekongestante is daar veral by sistemiese toediening die potensiaal om miokardiale iskemie te ontlok. Dit kan ook bloeddruk verhoog en moet by persone met erge hiertensie vermy word. By persone met gekontroleerde matige hipertensie is dit egter gewoonlik nie van kliniese belang nie, veral as die topikale doseervorm gebruik word. Sommige individue is sensitief vir bewerigheid en hartkloppings wat hierdie middels kan veroorsaak.
Dit word toegedein deur tablette of strope (oraal) of gebruik as neusdruppels, sproei of jel.
’n Toestand wat ontstaan na chroniese behandeling met dekongestante, waar die permanente vasokonstriksie met gebrekkige lokale bloedvoorsiening aanleiding gee tot skade van die neusslymvliese met permanente inflammasie en swelling, asook ’n afregulering van die a-adrenergiese reseptore op die bloedvate, sodat dit onresponsief raak teenoor die a-agoniste. Tagifilakse (l-noradrenalien-stooruitputting) kan deur die indirekwerkende middels ontlok word.
Persone met privinisme behoort behandeling te staak en tydelik lokale kortikoïedterapie te ontvang. Soms ervaar persone wat die dekongestante chronies gebruik het dat hulle ’n toe neus ontwikkel wanneer hulle die terapie staak. Vir hierdie persone kan eers die een neusgang “gespeen” word, sodat daar darem nog een oop neusgang is. Wanneer die “gespeende” neusgang hertstel het, kan die tweede een ook “gepeen” word. Daar is ook orale preparate beskikbaar, maar hierdie doseervorm gee aanleiding tot meer newe-effekte en het 'n stadiger aanvang van werking.
Die eerste generasie antihistaminika is multipotente kompeterende antagoniste en blokkeer ook muskariniese reseptore. Antimuskariniese middels verminder die sekresies van die hoër en die laer lugweë, sodat dit dikwels by verkouepreparate ingesluit word om rinoree op te klaar. Hulle kan egter sedasie veroorsaak en dus konsentrasievermoë negatief beïnvloed.
Die tweede generasie antihistamiene blokkeer nie muskariniese reseptore nie en is bruikbaar by lang- of korttermynbehandeling van allergiese rinitis. Aangesien histamien geen rol by verkouerinitisnie speel nie, maar wel bradikinien, help hierdie middels nie om verkouerinitis op te klaar nie.
Kortikosteroïed-neussproeie word sistemies swak geabsorbeer, maar kan soms met groot doserings sistemiese newe-effekte veroorsaak. Persone met 'n infeksie of verlaagde weerstand moet dit versigtig gebruik.
Topikaal
beklometasoon, budesonied, flunisolied en flutikasoon.
Sistemies
betametasoon, prednisoon
Die gebruik van natriumchromoglikaat as 'n neussproei is baie effektief by die profilaktiese behandeling van allergiese rinitis, maar die gereelde dosering maak dit minder gewild.
Topikale mesna (neursproei) is veral sinvol om te gebruik wanneer die nasale sekrete taai is. Die mesna help dan om die slym meer vloeibaar te maak.