Blog # 13:
Jy word genooi om as spreker by ‘n plaaslike Vroue-Organisasie op te tree. Dit is ‘n groep van hoofsaaklik middeljarige tot ouer vroue. Jou onderwerp: “Is dit gevaarlik om kalmeer- en slaapmiddels te gebruik?”
Die gebruik van kalmerende middels het n onderdrukkende effek op die sentrale senuweestelsel.
Slaapmiddels het ook n onderdrukkende effek op die sentrale senuweestelse.
Die gebruik van n sentrale senuwee onderdrukking in kombinasie met n ander sentrale senuwee stelsel onderdrukker potensieer en dus kan dit aanduiding gee tot n akute oordosis (respiratoriese en kardiovaskulêre onderdrukking) veroorsaak wat fataal kan wees en aanduiding kan gee tot dood.
Dus moet die gebruik van die twee middels saam verkieslik vermy word aangesien dit fataal kan wees.
Blog # 14:
Belemmerde oordeelvermoë kom dikwels voor. Dit lei tot roekelose gedrag. Alhoewel daar minder onthullende effekte soos naarheid en swakheid kan hê (somatiese effekte). ‘n Paniekreaksies kan voorkom en die pasiënt kan ook n terugval reaksie kry.
Oordosis van LSD kan lei tot die volgende simptome/ newe-effekte nl: Nistagmus, hipertensie en konvulsies en dit mag fataal wees en lei tot dood.
Die behandeling na ‘n LSD oordosis is as volg:
Blog # 14:
Alhoewel die gebruik van ADHD medikasie noodsaaklik is wanneer n persoon met ADHD gediagnoseer is, is die misbruik van hierdie middels gesien veral by jong student en Hoërskool lede om die voordele te verkry soos om hulle kognitiewe konsentrasie te verbeter sowel as die verminderde ook die verminderde behoefte van slaap. Daar is wel gevind dat daar nie n verbetering in die persoon se punte gesien kan word nie. Maar dat dit eintlik lei tot false selfvertroue wat akademiese prestasie belemmer.
Die misbruik van die middels kan lei tot negatiewe simptome soos die volgende:
Met hoë dosisse kan die middels aanleiding gee tot n beroerte en met herhaalde gebruik van die stimulante kan woede, agterdogtig en wantroue gesien of ervaar word.
‘n Verminderde gebrek aan slaap en voeding kan lei tot ander gesondheids probleme.
Die middels kan ook verslawend wees indien dit nie gebruik word soos voorgeskryf of volgens die voorgesrewe dosis gebruik word nie.
Die pasiënt kan dus ook ontrekking simptome kry soos:
Bronnelys:
Anon., 2021. Abuse of Prescription ADHD Medicines Rising on College Campuses
(https://www.urmc.rochester.edu/encyclopedia/content.aspx?ContentTypeID=1&ContentID=23617)
Date of access: 17/06/2021
Leergedeelte 5.3: inhalasie middels as dee van algemene anestesie:
GM |
SSS |
KVS |
Respiratoriese sisteem |
Lewer |
Uterus |
Outonoom |
Muskulo-skeletaal |
KI/ versigtig gebruik by pt |
Gebruike |
Halotaan |
Vinnige, gladde induksie Stadium II afwesig Verhoging in: - serebrale bloevloei -intrakraniale druk |
Verlagde BP
Miokardium gesensitiseerd vd aritmogene effekte v katesjolamiene |
Geen: - speeksel - brongiale Sekresie - hoes |
Hepatotoksies (raar maar onvoorspelbaar) |
Vermin spierkontraksie Eksterne draaiing v baba |
Bradikardie |
Skeletspierverslappende effekte stadium III, ↑ aksie non-depol, ↓ aksie depol., Post-operatiewe bewerasie → hipoksie |
-hoofbeserings -hartprobleme -lewer disfx & lewersiektes |
Nie dikwels gebruik agv hepatotoksisiteit + nuwer middels
Eksterne draaiing v baba |
Enfluraan |
Vinnige, gladde induksie Soms kunfulsies (nie epileptic) |
Geen sensitisering v miokardium Minder onderdrukking as H |
Meer onderdrukking as H |
|
Epilepsie Kan konvulsies presenteer |
Nie dikwels gebruik. Instandhouding |
|||
Isofluraan |
Vinniger induskie & herstel as H |
Minder onderdrukking as H & E Geen sensitisering vd miokardium |
Potente onderdrukkende effek Versterk agv potente skeletspier-verslappende effek |
Nie gegee vir pasiënte wat spontaan moet asemhaal nie |
|
Nie vir pasiente wat spontaan asem moet haal nie |
Meer ideale as H&E. Wyd gebruik & H&E vervang. |
||
Desflurane |
Nog vinniger induksie & herstel as I Verhoog: - serebrale Bloedvloei - intrakraniale druk |
Minder onderdrukking as H&E |
Irriterende effek agv skerp reuk Veroorsaak -hoes -asemnood -laringospasma Indien as induksie middel gebruik |
|
Agv effek op respirasie→ NIE as induksie
Veroorsaak -hoes -asemnood -laringospasma
|
Meer ideal as I&S gebruik v verskeie sjirurgiese prosedures.
|
|||
Sevoflurane (effekte soortgelyk aan bg) |
Minder irritasie v lugweg |
Ondergaan metabolisme (lewer) & is chemise onstabiel |
Potensieer effekte vd nie-depolariserende spierverslappers soos ander gehalogeneerde eters |
pt met lewersiektes versigtig gebruik |
Induksie en instandhouding |
||||
N20 (Anorganiese gas) |
Swak anastetikum Potente analgetikum amnesie |
Geen effek |
Suiwer N2O veroorsaak hipoksie & moet dus altyd meng met O2/lug. Herstelfase: N2O vinnige diffusie v bloed na alveoli, ↓ O2 druk, wat hipoksie veroorsaak |
Geen skeletspier-verslappende effek |
|
Add middle in anestesie Enkelmiddel: kort tandheelkundige prosedures bv. ekstraksies |
Die belangrikste toksiese effekte vd inhalasiemiddels:
Akute toksisiteit:
Chroniese toksisiteit:
Halotaan: hepatotoksies, intrakraniale druk verhoging
Enfluraan: Kan konvulsies veroorsaak. Oorwegend onderdrukking op alle sisteme
Isofluraan: Potente onderdukkende respiratoriese effek
Desfluraan: Irriterende effek op lugweg, verhoogde intrakraniale druk
Sevofluraan: Chemies onstabiel
N2O: hipoksie indien suiwer N2O ingeasem word.
1. Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam? Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.
Etanol word vining in die liggaam geabsorbeer en versprei weens die lipofilitiet daarvan. Vastende piekvlak word binne 30-minute bereik en die piekvlak van vrouens is meer as die van mans aangesien vrouens minder liggaams water as mans het. Die volume van distribusie is gelyk aan die totale liggaams water (0.5-0.7 L/kg). 90% van metabolisme van alcohol vind in die lewer plaas en die res vind plaas in die longe en niere (10%)
2. Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanolmetabolisme.
Metabolisme van alkohol vind plaas deur 2 verskillende ensiemsisteme naamlik alkoholdehidrogenase en MEOS.
Alkoholdehidrogenase lae en matige hoeveelheid ko-ensiem (7 – 10 g/h) en ondergaan dus zero orde kinetika.
MEOS (gemengde funksie oksidases) hoër konsentrasies ko-ensiem (>100mg/dL). Die aktiwiteit verhoog met chroniese gebruik en kan geinduseer word. Dit is gedeeltelik verantwoordelik vir toleransie. By beide metaboliese weë is die eindproduk asetaldehied.
3. Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?
Disulfiram, Metronidasool, Kefalosporiene en Hipoglisemiese geneesmiddels kan die metabolisme beinvoeld deur die onderdrukking van aldehied dehydrogenase ensiem wat asetaldehied ophooping veroorsaak en gevolglik nie gemetaboliseer word nie.
Daar is velerlei plantaardige en/of natuurlike preparate wat op die apteek/winkelrakke staan waarvoor aansprake gemaak word dat dit anksiolitiese en/of sedatief-hipnotiese effekte hê.
Sedatiewe-hipnotika voorbeelde:
- Chamomile
- Valerian
- Hops
- Lemoen balm
- Passion flower
Anksiolitiese voorbeelde:
Bronnelys:
1. Panossian, GA. Herbal antidepressants. 2011. https://www.researchgate.net/figure/Herbal-hypnotics-mechanisms-of-action-and-clinical-applications_tbl5_51155063
13/03/2021
Blog 3:
Die meeste sedatiewe hipnotika geneesmiddels is lipiedoplosbare geneesmiddels. Absorpsie van geneesmiddels is afhanklik van die lipofiliteit van die geneesmiddel. Lipiedoplosbaarheid speel n baie belangrike rol in die bepaling by watter tempo die spesifieke sedatiewe-hipnotiese middel die SSS binne gaan.
Herdistribusie is die beweging van geneesmiddels vanaf een kompartement na n ander kompartement. Die proses van herdistribusie is baie belangrik in die ontlokking van n terapeutiese respons ontlok maar ook by die uitsekeiding van die geneesmiddels.
BD’e is n stapsgewyse biotransformasie deur lewermikrosomale ensieme:
Eerstens vind dealkilering plaas (aktiewe metaboliete). Tweedens vind oksidasie plaas (sitochroom P450: aktiewe metabolite) en derdens vind konjugasie (fase II) plaas van geoksideerde metabolite met glukuronsuur wat die onaktiewe metaboliet vorm.
Meer lipofiele BD’e naamlik Diazepam, Chloorasepaat, Prasepam, Cloordiasepoksie en Ketasolam. Die BD’e ondergaan dealkilering en oksidasie. Die aktiewe metaboliete dra by tot die verlengde werksduur van die geneesmiddels. Dit het ook kumulatiewe effekte met veelvuldige dosisse.
Die keusemiddels waar Sitochroom P450 aktiwiteit vertraag is word gebruik by bejaardes, neonate, lewersirrose en terapie met P450 ensiemremmers (Simetidien, Ketokonasool, Eritromisien en Fluvoksamien). Die keusemiddels is: Oksasepam, Lorasepam, Temasepa, Lormetasepam. Die middels is almal minder lipofilies en ondergaan nie dealkilering en oksidasie nie. Dit veroorsaak Glukuronied konjugasie en word dan uitgeskei.
Ensieminduksie toename in die hoeveelheid ensiemproteïene as gevolg van een of ander stimulus dit kan lei tot multiple drug reaction. Induseer die vorming van lewer mikrosomale ensieme wat die geneesmiddel metaboliseer.(sitochroom P450 ensieme).Barbiturate en karbamate is ensieminduseerdes. Ensiem induksie lei tot n verhoging in metabolisme en uitskeiding van n geneesmiddel in die ligaam en dit lei tot n verlaagde farmakologiese effek.
Blog 2:
Anterograde amnesia is wanneer n pasiënt geheue verlies ervaar met die gebruik van Bensodiasepiene. Dit het ook n effek op die leerproses en veroorsaak dat die pasiënt nie kan onthou wat hulle geleer het nie). Voorbeelde van die middels is Triasolam (tot ‘n groter mate) en Temasepam (tot ‘n mindere mate).
Die gebruik van Bensodiasepiene verminder die tyd wat dit pasiënte neem om aan die slaap te raak. Deur dit te doen word die totale slaap wat die pasiënt inkry verleng. Dit is belangrik om ingedagte te hou dat dit nie n pasiënt wat nie geen slaap probleme het se slaaptyd verder sal verleng as hulle reeds meer as 6 ure se slaaptyd het. BD veroorsaak n klein verminder effek op REM slaap, maar met hoër doserings word REM slaap verminder. Dit verminder dus die duur van fase 4 NREM en verleng die duur van fase 2 NREM. Toleransie ontwikkel na 1-2 weke se gebruik en Zolpidem verminder ook REM slaap maar het min effek op slow wave sleep.
Behandeling van insomnia met goeie slaap-higiene is van kardinale belang by pasiënte aangesien dit pasiënte se totale slaaptyd sal verleng en hulle lewenskwalitiet daardeur sal verbeter omdat hulle minder moeg sal wees deur die da gen beter sal kan funsioneer.
Geheueverlies kan voordelig wees vir pasiënte wat traumatiese operasies moet ondergaan. Middels wat as aanvulldende terapie in anestesie gebruik word is: Barbiturate, Misasolam, Diasepam, Lorasepam.
Lede van die karbamate (meprobamaat) en BDé het remmende effekte op polisinaptiese reflekse. By hoe dosisse kan realaxation of verslapping voorkom.
GABA-A word gepotensieer wat lei tot die opening van die chloride ioonkanaal dit lei tot hiperpolarisasie en veroorsaak inhibering van die postsinaptiese potensiaal. (IPSP) en onderdrukking van die skeletspier word dus onderdruk.
Kan respiratoriese depressie veroorsaak in pasiente met pulmonere siektes.
Respiratoriese depressie is die hoofoorsaak van dood by pasiënte wat n oordosis van sedatiewe hipnotika neem.
By beide die kardio vaskulere en respiratpriese stelse sal ʼn hoër dosis, hoër onderdrukking veroorsaak.
Blog 1: Reseptor fisiologie
Potensiaal afhanklike ioon kanale: metabotropies
Ligandbemiddelde ioon kanale: ionotropies
Ionotropiese reseptore |
Metabotropiese reseptore |
GABA-A (y-amino bottersuur) |
7- transmembraan G-protien gekoppelde reseptore (bv. Gs, Golf, Gq, Gi1-Gi3, Go, Gt1-Gt2) |
Nikotienies (asetielcholien) |
|
EAA (glutamaat) |
|
5-HT3 (seteronien) |
|
Ionotropiese Reseptore:
Reseptore |
ioonkanaal |
Polarisasie |
Postsinaptiese potensiaal |
GABA-A (y-amino bottersuur) |
Chloride |
Hiperpolarisasie |
IPSP |
Nikotinies (asetielcholien) |
Natrium |
Depolarisasie |
EPSP |
EAA (glutamaat) |
Natrium en Calsium |
Depolarisasie |
EPSP |
5-HT3 (serotonien) |
Natrium |
Depolarisasie |
EPSP |
Metabotropiese reseptore:
Adenielsiklase:
Effek |
|
+ Reseptore B1 + B2 en D1 |
Stimulering lei tot n verhoging in Adenielsiklase en in c-AMP |
-Reseptore D2, A1, 5-HT1 A&B, M2, GABA-B |
Stimulering lei tot n verlaging in Adenielsiklase en c-AMP |
Fosfolipase C stelsel:
Reseptore |
Effek |
+ Reseptore A1, 5-HT2, M1 en H1 |
Stimulering lei tot n verhoging in fosfolipase C en tweede boodskapper IP3 en DAG |
EPSP: stroom wat post sinapties depolarisasie veroorsaak en die membraan nader beweeg aan die drempel van opwekking (positiewe kant) bv: 5-HT3
IPSP: stroom wat post sinaptiese hiperpolarisasie veroorsaak en die membraan beweeg verder weg van die drempel van opwekking (negatiewe kant) bv: GABA-A
Vrystelling van neurotransmittes vanaf sinaptiese vesikels word gestimuleer deur
kalsium en veroorsaak dan die vrystelling binne die sinaptiese gleuf of spasie .