Migraine is herhalende pynlike aanvalle wat kopseer en hoofpyne veroorsaak. Dit kom in een helfte van die kop voor en is gewoonlik gelokaliseer. Migraine word ook gekarakteriseer deur uitstralings van pyn, van verskillende tydsduur. Simptome sluit naarheid, braking, spraakabnormaliteite en versteurde visie in. Triptaan is die huidige behandeling vir megraine. Sumatriptan, naratriptan, rizatriptan [Seretonien (5-HT1D)] kan in die behandeling van akute megraine gebruik word,want dit blok die pyn-weë in die brein. ‘n Middel genaamd 5-HTP hidroksietriptofaan, of oksitriptaan word gebruik in die behandeling van megraine. Die liggaam skakel die 5-HTP hidroksietriptofaan om na 5-HT 5-hidroksietriptamien, ook bekend as seretonien. Seretonien word gebruik as ‘n neurotransmitter wat pyn en gemoed medieër. Die middels wat gebruik word vir die behandeling van migraine is vasokonstruktief en anti-inflammatories – wat verligting bring.