DL RAATH

Default profile image
DL RAATH

Blog#3.5

29 Nov 2021, 21:54 Publicly Viewable

Blog #3.5

  • Sistiese fibrose is ‘n genetiese metaboliese siekte wat verlaagde sekresie van slym tot gevolg het. Alfa dornase hidroliseer die proteine, in brongiale mukus, en verbeter so die vloeibaarheid van die mukus. 
  • Neonatale respiratoriese noodsindroom verwys na die afwesigheid van die oppervlakaktiewe stof wat die lugweë bedek. Die oppervlakaktiewe stof vorm net voor geboorte en is noodsaaklik vir gaswisseling. Behandel sluit oksigenering met suurstof, ventilator vir positiewe druk, monitor suurstof vlakke, eksogene ekspektorante en kortikosteroïede (stimuleer die produksie van surfuktante) in.
  • Om suurstof vlakke te verhoog en ook gaswisseling te bevorder. Grootlikse verhoging van suurstof oor ‘n lang periode kan lei tot retinale skade en blindheid indien dit kronies/ aanhoudend gebruik word.
  • Dit is wanneer die asemhalingsentrum – wat voortdurende asemhaling verseker - nog nie ten volle in die brein ontwikkel het nie. Teofillien en Kaffeiene word IV toegedien vir enkele weke. 

Blog#3.4

29 Nov 2021, 21:53 Publicly Viewable

Blog#3.4

    1. Algemene oorsake is allergie, chemiese- of geneesmiddelskade, kouelug, verkoue en/of fisiese skade.
    2. Alfa 1 agoniste (dekongestante) - Efedrien, fenielefrien

Antihistamiene – Difenhidramien, prometasien

Kortikosteroïde – Betametasoon, prednisoon

Mastselstabiliseerders – Natriumchromoglikaat, ketofen

Mukolitika – Broomheksien, asetielsistein,

Antibiotika – Neomisien

Diverse – Stoom, soutoplossing, mentol

    1. Dekongestante se  meganisme van werking

α1 agoniste wat vasokonstriksie van die mukosale bloedvate veroorsaak, verlaag edeem van die nasale mukosa.

Die a-agoniste gee kan ook verdeel word in:

~ kortwerkende middels (4 - 6 ure), bv. efedrien, fenielefrien, nafasolien.

~ intermediêrwerkende middels (8 -10 ure), bv. silometasolien

~ langwerkende middels (12 ure), bv. Oksimetasolien.

~ dit word topikaal of oral toegedien – soos ʼn sproei

    1. Rhinitis medicamentosa (privinisme) kan met oordosering van dekongestante ontstaan. Daar is vasokonstriksie met swak lokale bloedvoorsiening wat kan aanleiding gee tot skade van die neusslymvliese met permanente inflammasie en swelling. Persone met privinisme behoort behandeling te staak en tydelik lokale kortikoïedterapie te ontvang.
    2. Die eerste generasie antihistaminika

Meganisme van werking: Multipotente kompeterende antagoniste en blokkeer muskariniese reseptore. Anticholinerge middels verminder die sekresies van die hoër en die laer lugweë, en kan dus by verkouepreparate ingesluit word om rinoree op te klaar.

Die tweede generasie antihistamiene

Meganisme vanm werking: Blokkeer nie muskariniese reseptore nie.

Voordele dit is bruikbaar is by lang- of korttermynbehandeling van allergiese rinitis. 

    1. - Die gebruik van Anti-allergiese middels is baie effektief by die profilaktiese behandeling van allergiese rhinitis en word toegedien in ‘n neussproei vorm.
  • Kortikosteroïde word gebruik teen allergiese rinitis en is in die vorm van ‘n neussproei.
  • Mesna word gebruik wanneer die sekrete in die neus taai is by rinoree en rhinitis. Mesna kom voor in ‘n topikale vorm (neursproei).
  • Normale soutoplossing is die eerste keuse vir mukus verdunning, stoom inhalasies is effektief.

Blog#2.1

23 Nov 2021, 14:47 Publicly Viewable

Migraine is herhalende pynlike aanvalle wat kopseer en hoofpyne veroorsaak. Dit kom in een helfte van die kop voor en is gewoonlik gelokaliseer. Migraine word ook gekarakteriseer deur uitstralings van pyn, van verskillende tydsduur. Simptome sluit naarheid, braking, spraakabnormaliteite en versteurde visie in. Triptaan is die huidige behandeling vir megraine. Sumatriptan, naratriptan, rizatriptan [Seretonien (5-HT1D)] kan in die behandeling van akute megraine gebruik word,want dit blok die pyn-weë in die brein. ‘n Middel genaamd 5-HTP hidroksietriptofaan, of oksitriptaan word gebruik in die behandeling van megraine. Die liggaam skakel die 5-HTP hidroksietriptofaan om na 5-HT 5-hidroksietriptamien, ook bekend as seretonien. Seretonien word gebruik as ‘n neurotransmitter wat pyn en gemoed medieër. Die middels wat gebruik word vir die behandeling van migraine is vasokonstruktief en anti-inflammatories – wat verligting bring.