C VAN NIEKERK

Default profile image
----------

22 Oktober - Finale inskrywing

22 Oct 2020, 15:56 Publicly Viewable

Hierdie module het my baie geleer, ek het hierdie module baie geniet en waardevol gevind. Wat vir my die meeste uitgestaan het is oor hoe om musiek en kuns te inkorporieer in alle vakke en maniere en hoe voordelig dit kan wees. Musiek beinvloed leerders op soveel verskillende maniere en leerders leer makliker, lekkerder en vinniger d.m.v. musiek. Ek sal graag dieper wil ingaan in verband met die merk sisteem van musiek, wat die spesifieke spesifikasies is en hoe 'n aantal sekere punte bepaal word. 

 

14 Oktober - Leereenheid 5

14 Oct 2020, 19:46 Publicly Viewable

Hierdie week was vir my weer so effe dol gewees, ek hou darm kop bo water met al my studie werk wat binnkekort afgehandel en ingehandig moet word. Ek geniet LSKM baie en voel dat ek baie leer vir my as 'n toekomstige onderwyser. 

Die integrasie van kuns is vir my 'n baie effektiewe strategie om werk aan leerders oor te dra in die klaskamer. Wanneer leerders besig is met kuns voel leerders baie op hulle gemak omdat hulle hulself kan wees sonder om angstig te wees oor iets asook hulself op dieselfde tyd gate uit geniet. Om kuns in lesse en in die klaskamer in te korporieer, bevorder dit leerders se kreatiwiteit en dien as 'n hulpmiddel vir leerders om maklik te kommunikeer met ander maats. Ek as toekomstige onderwyser voel dat kuns en musiek baie belangrik is en dat dit by grondslagfase onderrig moet ingesluit word. As kuns en musiek geinkorporieer word by grondslagfase hits dit leerders se konsentrasie aan en help ook leerders om hulle emosies te handhaaf tussen ander maats asook dat leerders 'n groot voordeel het omdat leerders ontwikkel en groei. 

Ek as 'n toekomstige onderwyser sal elke dag na pouse 'n rustige liedjie speel vir die leerders, waar hulle dan rustiger sal raak na al die opwinding van pouse en so voorberei om weer te begin werk. Ek sal ook 'n "secret sign" he in my klaskamer, soos op my vingers te klap waar leerders dan weet dat ek hul aandag soek en hulle moet luister as ek praat en stilbly. Wanneer leerders onrustig begin raak sal ek 'n energieke liedjie van so minuut tot 2 minute sal speel waar leerders (die hele klas) saam sal strek of op en af spring om van hul energie ontslae te raak.  

11 Oktober - leereenheid 4

11 Oct 2020, 21:20 Publicly Viewable

Hierdie week was vir my baie rustig, dit voel asof ek betyds met al my werk begin het, en alles so stadig maar seker af handel. 

Kuns en musiek is baie belangrik in die grondslagfase, omdat leerders hulself geniet om musiek te luister en kuns te doen. Ek as toekomstige onderwyser sal my beste doen om kuns en musiek by my vakke en allerdaagse maniere in te sluit, omdat dit leerders se kreatiwiteit bevorder en terselfde tyd geniet die leerders dit wat hulle doen. Deurdat kuns en musiek geinkorporieer gaan word in leerders se ander vakke, hits dit leerders se konsentrasie aan asook om leerders se emosies uit te beeld vir ander en om dit te kan hanteer. 

Ek sal vir die leerders 5 verskillende liedjies speel, waarvan hulle hou en dan vir die klas saam vra om elkeen hulle gunsteling 3 te kies. Ek sal die gunsteling 3 liedjies wat ek bepaal het deurdat elke leerder hul hand kon opsteek vir hul gunsteling liedjie en op hierdie manier die gunsteling 3 liedjies wat die meeste stemme kry dan te gebruik. Ek sal ook dat die leerders dan uit van die 3 liedjies 'n liedjie kies vir elke vak (engels, afrikaans en wiskunde). Ek sal dan hierdie liedjies speel elke keer as ons gaan begin met 'n ander vak, op hierdie manier sal leerders dit geniet om voor te berei vir die volgende vak. Ek sal ook gebruik maak van hande klap, voete stamp en vingers klap, wat ek as onderwyser sal gebruik om leerders se aandag te kry om te fokus of te luister as ek praat. Ek sal my beste probeer om kuns en musiek te inkorporieer in my allerdaagse onderwys en onderrig aan leerders. 

4 September - leereenheid 3

4 Oct 2020, 16:27 Publicly Viewable

Speel vir grondslagfase leerders is baie belangrik en lekker, grondslagfase leerders hou nie daarvan om net stil te sit nie, leerders hou daarvan om te kommunikeer, interakteer en om te speel met hul maatjies. Grondslagfase leerders leer makliker wanneer hulle speel, hulle geniet dit en dit is goed vir hulle ontwikkeling. Speel in die grondslagfase leer dit leerders om nuwe maats te maak sowel as om nuwe en verskillende vaardighede van ander maats aan te leer. Speel bevorder leerders se woordeskat, hoe om aan hul eie fisiese behoeftes te voorsien en ook hoe om hul emosies te beheer tussen ander maats. 

Tydens speel bly leerders aktief en hul breine kry suurstof wat die leerders wakker en opwindend maak.

Speel en musiek moet ingewerk word in die leerders se aktiwiteite in sodat die aktiwiteite vir die leerders lekker en interresant is, wat daartoe sal lei dat leerders holisties ontwikkel. Speel ontwikkel nie net leerders se kreatiwiteit nie maar ondersteun ook leerders se kognitiewe ontwikkeling en groei (emosioneel, fisies en sosiaal).

Wanneer 'n onderweyser 'n les aanbied oor die dae van die week (byvoorbeeld), moet sy 'n liedjie vann die dae van die week vir die leerders speel wat hulle na luister en die liedjie dan vir die leerders leer sodat die  leerders dit kan onthou, die leerders moet dan op die maat van die  liedjie saam klap. 'n Ander manier is om vir die leerders te sê dat hulle op die maat van die musiek, terwyl die liedjie speel met ander maats dans of speel. Op hierdie manier inkorporieer die onderwyser musiek in 'n lewensvaardigheid les en die leerders geniet dit. As leerders hou waarvan hulle doen onthou leerders dit.   

25 September - Leereenheid 2, deel 3

25 Sep 2020, 11:49 Publicly Viewable

Hierdie week was baie besig gewees, maar ek het by alles uitgekom wat ek moes. Ek voel 'n bietjie rustiger oor al die universiteit werk, voel asof dinge stadig maar seker begin afgehandel word. Ek geniet die online swotting, maar mens moet kop bo water hou om by alles uit te kom, om betyds en reg te prioritiseer en jou emails en Efundi elke dag dop hou. 

Deur om musiek aan leerders te leer deur lekker en interessante aktiwiteite sal leerders aanmoedig om op ander vlakke te groei en prestreer. Grondslagfase leerders leer baie maklik deur om aan fisiese aktiwiteite deel te neem, leerders sal die aktiwiteite wat hulle gedoen het onthou en op so manier leer. 

Ek hou van Orff se benadering omdat ek voel dat leerders leer terwyl hulle speel, by grondslagfase leerders is speel 'n groot faktor en die leerders geniet dit om te speel. Deur om vir leerders te sê dat hulle moet stil sit, stilbly en luister as daar iets vir hulle geleer word, voel ek het nie 'n groot nut nie, omdat die leerders dit nie interessant vind nie. Ek sal baie graag, sover as moontlik alles vir die leerders probeer leer d.m.v. speel en musiek en dit interessant te maak vir die leerders. 

Leerders moet ook deel neem aan liggaamlike en bewegings aktiwiteite omdat die leerders hulself ook beter leer ken tydens hierdie tipe aktiwiteite, die leerders leer en besef tot waar toe hul liggaampies instaat toe is, leerders interakteer met ander maatjies en leer hulle ook ken, en bevorder kommunikasie tussen mekaar. 

Om elke dag vir die leerders te sing en ook dat die leerders sing (byvoorbeeld, elke oggend nadat ons Godsdiens gehou het, dan sing ons 'n liedjie in die klas om sommer biejie wakker te word ook, voordat die dag begin) sing ontwikkel ook leerders se toonhoogte. 'n Mens se stem is 'n instrument wat tot enige iemand se toegang is.

Sing en bewegings aktiwiteite is gepaard met mekaar omdat dit leerders se holistiese ontwikkeling bevorder. 

20 September - leereenheid 2 deel 2

20 Sep 2020, 21:42 Publicly Viewable

Ek het hierdie week 'n rustiger week ervaar, waarvoor ek baie bly is. Ek voel tans bietjie meer optimisties oor my studies en al die take en toetse wat afgehandel moet word, maar ek is steeds senuweeagtig daaroor omdat dit vir my voel asof die tyd vlieg en ek nie betyds by alles gaan uitkom nie of dalk iets belangriks mis. Ek het begin werk, so ek geniet dit om nou in 'n vaste roetine in te kom en te prioritiseer oor alles wat ek moet doen, voel bietjie of daar orde is. 

Die verskillende benaderings tot musiek het ek interessant gevind en het iets nuuts daarvan geleer. Ek hou van die Reggio Emilia benadering omdat ek saam stem dat leerders by alles betrek moet word wat leer vir hulle aanbetref, dat leerders aan regte lewens situasies blootgestel moet word en dat hierdie spesifieke benadering se onderrig leerder-gesentreerd is. Ek het hierdie week verskillende maniere geleer oor hoe om musiek vir die leerders lekker te maak en ook hoe om vir die leerders musiek te leer sodat hulle dit interessant sal vind. Hierdie benadering bevorder en verbreed leerders se kreatiwiteit en nuuskierigheid en lê klem op leerders se kritiese en kreatiewe denke. Ek het die voorbeelde wat in die Reader geplaas is en die videos wat opgelaai is, geniet. Dit het my kennis verbreed oor musiek en my ook gehelp om musiek op die regte en interessante manier te inkorporieer in my klaskamer. 

10 September - Leereenheid 2, deel 1

13 Sep 2020, 23:34 Publicly Viewable

Dit voel nog steeds nie asof ek grond vat nie. Ek stress om te besef dat ander modules se sperdatums al hoe vinniger en vinniger op my af storm, en so veel werk moet nog gedoen word. "Te veel werk en te min tyd" is hoe dit vir my nou voel. Ek is baie bly dat LSKM so goed georganiseerd is en ons word gereeld herinner aan al die dinge wat ons moet doen. 

Ek geniet musiek baie, omdat ek self musikaal is. Musiek is 'n groot hulpmiddel vir leerders se ontwikkeling.  

Ek het nuwe instrumente geleer die week om die videos te kyk en ook die Reader na te gaan. 

Basiese kennis oor musiek elemente sal dit vir leerders lekkerder maak, en as dinge vir grondslagfase leerders lekker is maak dit ook meestal dit makliker om dit te leer. Ek as 'n onderwyser sal dit op 'n intressante manier aan leerders leer, want op so 'n wyse leer leerders makliker. Ek as onderwyser moet die nodige basiese kennis oor musiek elemente he sodat ek dit korrek aan die leerders kan oordra en dit te kan deelmaak in my klaskamer.

Verskillende liedjies kan gebruik word om spesifieke konsepte aan die leerders te verduidelik, omdat die liedjies nie dieselfde is nie en elkeen is uniek.  

Voorstelling

6 Sep 2020, 23:52 Publicly Viewable

Hallo almal. 

Ek is Cleoné van Niekerk, 'n tweedejaar grondslagfase student op Potchefstroom Kampus en kom van Pietersburg in Limpopo af. Ek swot grondslagfase omdat ek 'n groot passie het vir kinders en dit verskriklik baie geniet om saam met hulle tyd te spandeer, asook om 'n verskil te kan maak in leerders se lewens om die beste in hulself uit te bring.

Ek is bietjie senuweeagtig oor semester 2, oor alles wat aanlyn gaan plaasvind, maar ek gaan positief bly en hard werk om hopelik die vrugte daarvan te pluk.