ANJA ROUX

Default profile image
----------

Blog 8: Week 8

15 Oct 2020, 12:52 Publicly Viewable

LE 5 

Die week was oraait gewees. Ek is baie besig met werk, toetse en take. Ek geniet dit baie om te leer van die musiekintegrasie in my klas en lesse. Dis n hoogtepunt in my week. 

Die belangrikste aspek vir my as ek n grondslagfase les beplan is dat ek weet dat elke leerder betrokke en deel kan wees in my les. Dit is vir my baie belangrik dat elke leerder kan deelneem, maak nie saak van hulle spesifieke behoeftes nie. Tydbestuur is ook vir my n belangrike aspek en verskeidenheid. Ek voel dat leerders die keuse moet hê om te besluit waarmee hulle hulself gaan uitbeeld, of dit sing, dans of n instrument te speel is. 

My mening oor die waarde van musiekintegrasie in my lesse is dat dit n uitstekende onderrigstategie is omdat die leerders speel, ontwikkel en leer terselfde tyd. Ek voel dat musiek en kuns belangrik is vir leerders, want so ontdek hulle ook hulself deur maniere wat hulle dalk nog nooit voorheen gebruik of uitgetoets het nie. 

Ja, my persepsie en prioriteite oor musiek en die kunste het verander. Ek het soveel meer geleer, my kennis het baie verbreed oor hierdie integrasie en ek voel dat as ek hierdie konsepte in my klas en lesse eendag kan integreer sal ek n baie suksesvolle klas hê en lesse aanbied. Nie net die leerders, maar ek self sal meer leer en ontwikkel deur gebruik te maak van musiek en kuns in ons klas. Musiek is wonderlik en ek sien so uit om dit wat ek alles geleer het self toe te pas.  

Blog 7: Week 7

15 Oct 2020, 12:25 Publicly Viewable

LE 4 

Die week was hectic! Ek was soo besig en het gevoel of ek nie kan voorkom met my werk nie. Volgende week behoort weer beter te gaan. 

Ek voel dat kunsintegrasie baie meer wondere in n kind se ontwikkeling doen as wat ons dink. Kuns- en musiekintegrasie het soveel voordele en help leeders om te ontwikkel op besonderse maniere. Leerders ontwikkel beter konsentrasie, presteer beter in hul akademie en ontwikkel op n kognitiewe vlak baie beter. Musiek help leerders om n roetine te vorm, dit leer hulle nuwe inligting, hulle leer nuwe bewegings, leer om te speel, ontwikkel hulle geheue en kan gebruik word vir beheerbestuur in die klas soos om kinders tot n stilstand te bring, hulle te kalmeer en te laat ontspan. Dit ontwikkel ook hulle verbeelding en maak hulle kreatief. 

Kuns- en musiekintegrasie kan net voordelig in die klaskamer wees en ek stel voor dat enige onderwyser dit kan gebruik en integreer in hulle lesse en regdeur die klas. 

Blog 6: Week 6

2 Oct 2020, 12:42 Publicly Viewable

LE 3

Hierdie week was lekker rustig en ek het dit geniet om op my tyd te leer en deur my werk te gaan. Ek het net so baie take wat gedoen moet word, dit maak my mal. 

In hierdie leereenheid het ek geleer van speel en musiek aktiwiteite en hoe belangrik dit is. Ek voel dat daar n balans moet wees in alles wat mens doen en ook kreatiwiteit en dat mens spontaan moet wees. Ek het geleer dat die eienskappe van speel die volgende is, persoonlike motivering, aktiewe betrokkenheid, nie-letterlike betekenis, geen ekstrinsieke doelwitte nie, betekenis wat deur die speletjie gegee word en geen ekstrinsieke reëls nie. Ek het ook geleer dat daar 5 fases van speel is. 

Dit is baie belangrik vir leerders om te speel, want speel het n baie groot rol op die ontwikkeling van n leerder. Leerders ontwikkel kognitief en holisties deur te speel. Dit verbeter hulle verbeelding en maak hulle kreatief. Speel kan in die les ingebring word deur baie maniere, deur musiek te maak, te sing, te dans, te beweeg, speletjies te speel met musiek en drama speletjies. Leerders kan ook speel met voorwerpe en instrumente. 

Dit sal vir my lekker wees om te sien hoe leerders groei en ontwikkel deur te speel en te speel met musiek. Ek sien uit na my loopbaan as onderwyseres. 

Blog 5: Week 5

29 Sep 2020, 16:58 Publicly Viewable

LE 2 

Elke dag gaan dit al hoe beter. My werk is alles op datum en ek voel baie goed oor die uitslae wat ek sovêr ontvang het. Ek geniet hierdie module baie en leer soveel nuwe inligting en verbreed my kennis elke dag net al hoe meer. 

In hierdie week het ek oor verskillende musiek aktiwiteite wat in die grondslagfase gebruik kan word geleer. Ek het nie geweet dat leerders soveel met musiek en die aktiwiteite daarby betrokke kan gebruik, kan ontwikkel en kan leer nie. 

Die verskillende aktiwiteite wat ek van geleer het sluit die volgende in. Sing, musiek aktiwiteit speletjies, om na musiek te luister, drama i.v.m. musiek, beweging, liggaamsperkussie en vele meer. Musiek het n groter impak op leerders se ontwikkeling as wat ek gedink het. Musiek help leerders om hulle verbeelding te gebruik en uniek en kreatief te wees. 

Ek sal dit baie geniet om eendag leerders in die musiek klas te kan waarneem, waar elkeen hom- of haarself kan uitbeeld deur musiek. 

Blog 4: Week 4

17 Sep 2020, 12:43 Publicly Viewable

LE 2

Hierdie week was vir my heel rustig. Ek voel kalm, in beheer en my werk is alles op datum. Self studie is vir my nogal n uitdaging, maar ek dink ek begin dit onder die knie te kry. Ek voel baie positief oor die res van die semester wat voorlê en hoop dat ek my doelwitte sal behaal. 

Ek het in hierdie afdeling van leereenheid 2 geleer dat Carl Orff, Zoltán Kodály en Emile Jaques-Dalcroze se benaderings drie van die mees bekende benaderings tot musiek onderrig is. 

Die benadering wat ek die interessantste gevind het is die van Carl Orff. Ek voel dat die benadering baie belangrik is en meer moet gebruik word. Die benadering moedig leerders aan om self hulself in musiek te ontdek. Leerders moet deur die benadering die onderwyser kan mimiek, hulle eie potentiaal te ontwikkel en te ontdek. Hulle leer om kreatief te wees en ook hulself deur die musiek uit te beeld. 

Ek voel dat leerders meer holisties kan ontwikkel as onderwysers hierdie benadering volg en uitleef.  

 

Blog 3: Week 3

13 Sep 2020, 12:04 Publicly Viewable

LE 2 

In hierdie week het dit al beter gegaan. My dinge en beplanning begin alles nou in plek te val en ek begin meer in beheer voel.

Ek is baie mal oor musiek en het soveel nuut geleer, dat musiek nie net op instrumente gespeel hoef te word en na geluister te word nie, maar ook op soveel ander manier in die klas gebring en gebruik kan word.

Ek het geleer dat ritme ’n baie groot rol speel en dat dit musiek baie beïnvloed. Ek het ook geleer hoe die verskeie musiek konsepte in verskillende vakgebiede ’n rol speel.

In leereenheid 4 het ek oor die verskillende kunsintegrasies geleer en hoe om hulle te identifiseer en te gebruik in die klaskamer en tydens ’n les. Die leereenheid het my kennis oor kunsintegrasie en musiek elemente soveel vergroot en ek voel dat ek defnitief eendag as onderwyser van die inligting en kennis gaan gebruik en dit in my lesse integreer.

Blog 2: Week 2

13 Sep 2020, 11:47 Publicly Viewable

LE 1 en 4

Die week was vir my baie dol. Ek was besig met my semester beplanning en het baie toetse en take gedoen en ingehandig.

Ek het hierdie week in die module geleer dat musiek ’n groot invloed op die leerders as dit by leer en onderrig kom. Ek het geleer dat Erikson, Vygotsky en Piaget elkeen ’n verskillende siening oor die holistiese ontwikkeling van ’n leerder het en hoe dit elkeen beïnvloed het en steeds doen. Ek het ook geleer dat die leerders in die volgende maniere holisties ontwikkel; fisies, kognitief, emosioneel, persoonlik en sosiaal.

Ek sien baie uit om meer oor hierdie module te leer, ek vind dit baie interessant en sien uit om dit in my eie werk te gebruik.