Litium beïnvloed cAMP, IP3 en DAG se tweede boodskappersisteem. Dit beïnvloed die tweede boodskappersisteem deur die onderdrukking van verskeie ensieme wat baie belangrik is by die omskakeling en hersirkulasie van membraanfosfoinositiede. Die monoamiene en cholinergiese neurotrasmissie word ook beïnvloed.
0.5-1.5mM.
Dit is ń baie klein terapeutiese indeks en beteken dat as die dosering nie versigtig gedoen word nie, daar maklik toksisiteite kan voorkom en monitoring word dus voorgestel.
Vir die profilakse vir maniese en hipomaniese episodes, en ook die behandeling van maniese en depressiewe effekte van bipolëre versteuring.
Litium word in kombinasie met Valproaat gebruik by akute maniese fases as die pasiënt nie op litium alleen reageer nie. Dit het ook ń gemoedstabiliserende effek.
- Neurotoksisiteit kan verhoog word deur Karbamasepien, kalsium kanaal blokkers, Losartan, Metieldopa en Fenitoïen.
- Renale uitskeiding word verhoog deur teensuurmiddels soos natrium bikarbonaat, Teofillien en Kaffeïen en dit beïnvloed dan die effektiwiteit.
Renale uitskeiding word verlaag en die toksisiteit word verhoog deur diuretikums, tiasiede, nuwe NSAID’s, ACE-inhibeerders en Fluoksetien.
Tremore, sedasie, ataksie, afasie, spierswakheid, moegheid, polidipsie, poliurie, nokturie,nefrogene diabetes insipidus, tiroïed vergroting, leokositose, edeem, massatoename, aknee, alopesia en seksuele disfunksie is almal newe-effekte van litium.
Litium toksisiteite hou verband met kardiovaskulêre abnormaliteite soos die onderontwikkeling van die baba se hart.
Hoë konsentrasies litium word in die borsmelk uitgeskei en borsvoeding word nie aanbeveel nie omdat dit dan toksies kan wees vir die baba.
- anti-depressant
- skisofrenie
- gemoedstabiliseerder
Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik:
Camcolit 600mg bd. Plasmavlakke wat na twee weke geneem is, was 0.8mmol/L. Sy het ‘n spierbesering opgedoen en gebruik ook die afgelope 10 dae Indocid R® 75mg n. By verdere navraag meld sy dat sy “vreeslik gewig opgetel” het en nou sommer van haar ma se “waterpille” drink in die hoop dat sy van die ekstra kilo’s ontslae kan raak. Sy kla egter dat sy baie moeg is, sukkel om haar oë in die klas oop te hou, dors bly en voortdurend bewerig en naar voel.
Die waterpille het ń interaksie met die litium en moet gestaak word, die waterpille kan ook dehidrasie veroorsaak omdat dit die urine uitskeiding verhoog. Die interaksie met litium kan veroorsaak dat die litiumvlakke verhoog en kan tot litium toksisiteit lei end it veroorsaak haar gewigstoename, moegheid, dors, bewerigheid en naarheid.
KLASSIFIKASIE |
GENEESMIDDEL |
SSRI’s (selektiewe serotonien heropname inhibeerders) |
Fluoksetien, Paroksetien, Fluvoksamien, Sertralien, Sitalopram, Esitalopram |
SNRI’s (serotonien noradrenalien heropname inhibeerders) |
Venlafaksien, Desvenlafaksien, Duloksetien |
TAD (Trisikliese antidepressante) |
Sekondêr: Nortriptilien, Desimipramien, Lofepramien Tersiêr: Amitriptillien, Imipramien, Trimipramien, Chloorimipramien, Dotiëpien, Butrptillien |
Tetrasikliese en unisikliese antidepressante |
Bupropioon, Mirtasepien, Mianserien, Amoksapien, Maprotillien, Vilazodoon |
MAOI’s(mono-amien oksidase inhibeerders) |
Fenielsien, Tranielsipromien, Moklobemieid, Selegilien, Isokarboksasied |
5-HT reseptor moduleerders |
Trasodoon, Nefasodoon, Vortioksetien |
Sirkadiese ritme reguleerders |
Agomelatien |
NARI’s (selektiewe noradrenalien heropname remmers |
Reboksetien |
Die middels beoog om die noradrenalien- en serotonienkonsentrasies by die sentrale sinapse te verhoog.
14-21 dae or meer, die rede hiervoor kan toegeskryf word aan die 2 weke wat nodig is om neurotrofiese faktore te sintetiseer en die kliniese effekte van AD hou verband met die BDNF.
Die TAD’s se dosis moet opgetitreer word tot by die minimum effektiewe dosis en die SSRI’s kan dadelik met die volle dosis toegedien word.
Verder hang die effektiwiteit af van elke pasiënt se individuele respons op die geneesmiddel.
TAD’s: anticholinergiese effekte soos droeë mond, konstipasie, urienretensie, dowwe visie en verwarring; ortostatiese hipotensie; sedasie; massa toename; seksuele disfunksie; disritmieë.
SSRI’s: spysverteringskanaal steurnisse; seksuele disfunksie; hoofpyn; insomnia en hypersomnia; massatoename; verlaagde libido.
SSRI’s het ń beter newe-effek profiel.
TAD oordosisse is baie gevaarliker as SSRI oordosisse.
TAD oordosis kan kardiotoksisiteit, bloeddrukveranderinge, anticholinergiese effekte en konvulsies veroorsaak.
5. Hoe werk mirtasepien?
Dit blokkeer α2, dit bevorder NA en 5-HT vrystelling. Dit blokkeer 5-HT2A en 5-HT3 en het dus antidepressante en angsiolitiese effekte. Dit blokkeer ook H1 en α1.
6. Hoe werk venlafaksien?
Dit blokkeer 5-HT en NA heropname, maar is meer potent vir 5-HT as vir NA. Dit het ook ń lae affiniteit vir H1 en M1 reseptore. Dis ook ń swak dopamien heropname inhibeerder.
7. Hoe werk agomelatien?
Dis ń primêre agonis op MT1 en MT2 en herstel die slaapritmes. Dis ń antagonis op 5-HT2C wat slaap bevorder en antidepressief is agv die disnhibisie van DA en NA vrystelling in die frontale korteks.
- Alifatiese syketting: bv. Chloorpromasien
- Piperidien syketting: bv. Perisiasien
- Piperasien syketting: bv. Flufanasien
Alifatiese en Piperidien syketting het dieselfde eienskappe. Albei het ń lae potensie, min ekstrapiramidale effekte, sterk anticholinergiese effekte, dit kan kardiotoksies wees, dit kan erge sedasie veroorsaak en dit bind sterk aan alfa reseptore en kan dus ook ortostatiese hipotensie veroorsaak.
Piperasien sykettings het ń hoër potensie, meer ekstrapiramidale effekte, minder anticholinergiese effekte, minder kardiotoksiese effekte, veroorsaak minder sedasie en bind minder sterk aan alfa reseptore.
Dopamien 2 reseptore in die mesolimbiese baan.
Blokkering van dopamien 2 reseptore.
Alifatiese en piperidien sykettings.
Piperasienderivate agv hul hoë potensie en hoë affiniteit vir dopamien 2 reseptore.
Die hoë potensie het tot gevolg dat daar slegs ń klein hoeveelheid van die konsentrasie ekstrapiramidale effekte kan veroorsaak.
Alfa-1 blokkade wat sterk alifatiese effekte soos posturale hipotensie kan veroorsaak.
- Dopamien agoniste (↑ dopamien aktiwiteit)
- Anticholinergiese middel (↓ anticholinergiese aktiwiteit)
Amantadien is ń metafinoïed potensieerder van dopamien. Dit verhoog die vrystelling daarvan deur die sintese te verhoog en ook die heropname te blok. Dit is ook ń adenosine A2 antagonis en ń NMDA antagonis.
- Amantadien: verhoog die dopamien sintese.
- Rasagilien: selektiewe MAO-B inhibeerder wat dus die dopamien metabolisme inhibeer en die dopamien konsentrasies verhoog.
- Entakapoon: verhoog die dopamien deur die KOMT te blok wat L-dopa metaboliseer na 3-O-metieldopa. 3-O-metieldopa kompeteer met L-dopa vir aktiewe transportprosesse. Meer L-dopa is dan beskikbaar wat omgeskakel word na Dopamien.
- Safinamied: verhoog dopamien aktiwiteit deur die potente omkeerbare inhibisie van MOA-B en die inhibering van dopamien heropname wat dus dopamien se konsentrasie verhoog. Dit verminder ook glutamaat se vrystelling.
- Ergotderivate: Broomkriptien
- Nie ergotderivate: Pramipeksool, Ropinirool
- Dopamien 2 reseptore: Broomkriptien en Ropinirool
- Dopamien 3 reseptore: Pramipeksool
Dit beteken dat die middels die progressie van die siekte kan verlaag deurdat hulle die degenerasie van dopamien neurone keer.
Sulke middels sluit in Rasagilien en Selegilien.
MAO-B metaboliseer selektief dopamien. As MAO-B ensieme geinhibeer word sal die dopamien konsentrasies verhoog en die parkinsonisme sal verbeter.
KOMT remmers verleng die werking van L-dopa deur dopamien se perifere metabolisme te verminder en die biobeskikbaarheid te verhoog. Dit inhibeer ook die vorming van 3-O-metieldopa wat vanaf L-dopa gemetaboliseer word.
Istradefilien is ń selektiewe inhibeerder van adenosine A2A. funksie, en as adenosine geblok word sal sal daar dus meer dopamien 2 beskikbaar wees. Dit dien ook as ń antivirale middel. Adenosien inhibeer dopamien 2 se aktiwiteit.
Dit verhoog die dopamien funksie, en verlaag die glutamaat vrystelling. Dit verhoog die dopamien aktiwiteit deurdat dit MAO-B inibeer en die dopamien heropname blokkeer.
Gemiëlineerde vesels is Kleiner en word makliker geblok as die ongemiëlineerde vesels
Die dorsale senuwee’s is meer sensitief en word makliker en vinniger geblok as die druk/tassenuwees.
Op die hart → dis ń klas 1 anti-aritmiese middel
Op skeletspiere → het ń swak blokkerende effek en die aksies het dus geen kliniese toepassing nie
Geestelik → verhoogde gemoedstoestand word deur kokaïen geïnduseer.
- die tipe procedure wat gedoen gaan word
- die tipe weefsel waarop die lokale anestetikum gaan moet werk
- die duur van die prosedure
Die CO2 tree op as ń buffer vir die lokale anestetika en potensieer dus die effekte van die LA. Dit doen dit dmv die direkte onderdrukking van CO2 op die aksone, deur die LA in die senuweebondel te konsentreer of deur die omskakeling van LA na ń aktiewe katioon.
Dit verminder dus die pyn van die inspuiting en die aanvang van werking is vinniger
- Bensokaïen
- Kokaïen
- Oksibuprokaïen
|
N2O |
Halotaan |
Enfluraan |
Isofluraan |
Desfluraan |
Sevofluraan |
KVS |
|
↓ bloeddruk
Sensitiseer miokardium vir aritmogene effekte van katesjolamiene |
Vinnige gladdespier induksie.
Minder ↓ in bloeddruk
Geen sensitisasie van die miokardium nie
|
Minder bloeddruk ↓ as enflurane en halotaan
Geen sensitisasie van miokardium nie |
Minder ↓ van bloeddruk as enflurane en halotaan |
Minder ↓ in bloeddruk |
SSS |
MAC>100, dus is dit ń swakker anestetikum
Potente analgetikum
Veroorsaak amnesie |
Vinnige gladde induksie
↑ intrakraniale induksie |
Kan konvulsies veroorsaak
|
Vinniger induksie en herstel as halotaan
|
Vinniger induksie en herstel as isofluraan
↑ serebrale bloedvloei en intrakraniale druk |
Vinnige induksie en herstel
Soortgelyk aan desfluraan |
Respiratories |
Vinnige herstelfase: vinnige diffusie van bloed na alveoli
Veroorsaak hipoksie as nie met O2 of lug gemeng word nie |
Nie irriterend nie |
Meer ↓ as halotaan |
Potente onderdrukkende effekte
Versterk agv potente skeletspierverslappende effekte |
Skerp reuk
Irriterend in lugweg
Veroorsaak hoes, kortasem en laringospasma as dit as induksiemiddel gebruik word. |
Minder irriterend in lugweg |
Lewer en niere |
|
Deur lewer gemetaboliseer Kan hepatotoksies wees |
|
|
Ondergaan lewermetabolisme
Is chemies onstabiel |
|
Uterus |
|
↓ spierkontraksies
Eksterne draaiing van die baba |
|
|
|
|
Uitsondering |
Addisioneel in anestesie Geen skeletspierverslapping Enkelmiddel in krt tanheelkundige prosedures |
|
Kan konvulsies veroorsaak
Meestal vir instandhouding gebruik |
Vermy by pasiënte met asemhalingsprobleme
Wyd gebruik |
Eers bygevoeg as pasiënt reeds onder anestesie is. |
Skeletspierverslappende effekte
Gebruik as induksie en instandhoudingsmiddel
Nuwer middel |
- hepatotoksisiteit
- neurotoksisiteit
- respiratoriese onderdrukking en irritasie
- hipertermie
- nefrotoksisiteit
- aritmiëe
- postoperatiewe naarheid en braking
Watter anti-epileptiese middels beïnvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan? Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?
Fenobarbitoon, Fenitoïen, Karbamasepien, Okskarbasepien en Topiramaat. Die geneesmiddels is almal ensieminduseerders en veroorsaak dat die Pil vinniger gemetaboliseer word en die effektiwiteit dan ook minder is.
Veiliger anti-epileptiese middels wat saam die Pil gebruik kan word sluit in Gabapentien, Vigabatrin, Valproata, Lamotrigin en Leviterasetam. Hierdie geneesmiddels meng nie in met die Pil se metabolsime nie.
Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beïnvloed (vanaf neonate tot by bejaardes)?
Neonate ondergaan stadiger metabolisme en moet dus lae dosisse ontvang omdat hulle vinnig toksiese vlakke kan bereik as dit nie korrek beheer word nie.
Baba's en kinders se metabolisme is vinniger as die van volwassenes en hoër dosisse moet gegee word om 'n terapeutiese effek te hê en effektief te wees.
Bejaardes het 'n stadige metabolisme en moet laer dosisse ontvang om toksisiteit te voorkom.
In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?
Tydens die gebruik van:
- Ensiem inhibeerders
- Ensiem induseerders
- Polifarmasie
- Karbamasepien/Okskarbasepien in kombinasie met MAOI's
Watter moontlike meganismes is ter sprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkoholinname?
- Sentraal senuwee aanpassings van die reseptore/2de boodskappers vind plaas en reseptor subsensitiwiteit kan ontstaan.
- Verhoging in metabolsiese tempo van die MEOS sisteem vind plaas by chroniese gebruik van alkohol. Meer alkohol word dan gemetaboliseer omdat die ensieme geïnduseer word.
Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewer en lewermetabolisme?
- Progressiewe vermindering van lewerfunksie wat lei tot hepatitis en lewersirrose.
- Verlaging in glukoneogenese wat lei tot hipoglukemie en vetakkumulasie.
- Verhoging in lewermikrosomale ensieme se aktiwiteit wat bydra tot geneesmiddelinteraksies.
Wat is Wernicke-Korsakoff-sindroom en hoe word dit behandel?
Chroniese gebruik van alkohol veroorsaak Vitamien B1(Tiamien) terkorte wat lei tot perifere neuropatie in die SSS. Dit veroorsaak Breinskade wat dan lei tot Wernicke-Korsakoff sindroom. Simptome sluit in ataksie, verwarring en paralise van die gesigspiere.
Wernicke-Korsakoff sindroom kan behandel word deur parenterale Tiamien toe te dien om permanente breinskade te probeer voorkom.
Wat is die fetale alkoholsindroom? Verduidelik volledig.
Die sindroom kom voor wanneer 'n swanger vrou alkohol chronies en in oormaat gebruik. Die alkohol tydens swangerskap gee tetratogeniese effekte op die baba omdat die alkohol in die ma se bloedstroom na die baba beweeg dmv die naelstring. Omdat die baba se organe en liggaam nie sterk genoeg is om die alkohol te prosseseer/metaboliseer nie, word die ontwikkelingproses van die baba onderbreuk om die alkohol te probeer metaboliseer. Effekte op die kind sluit in verstandelike vertraging, groeigebrekke, mikrofekalie en onderontwikkeling van die middelgesigarea. Die effekte op die kind is onomkeerbaar.
Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chroniese alkoholgebruik?
Akute alkoholgebruik: verlaag/onderdruk die metabolisme van ander geneesmiddels soos fenotiasiene en sedatief hipnotiese middels.
Chroniese alkoholgebruik: verhoog die metabolisme van ander geneesmiddels soos parasetamol.
Noem 4 geneesmiddelinteraksies met alkohol waar die farmakologiese effekte van die ander middels deur alkohol gepotensieer word.
- Vasodilatore
- Aspirien se antikleefbaarheidseffekte
- SSS onderdrukkende middels
- Parasetamol
Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam? Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.
Etanol ondergaan zero-orde kinetika in die liggaam. Dit beteken dat daar slegs 'n beperkte hoeveelheid van die NAD ko-ensiem is, en dit is versadigbaar met hoë alkohol inname. Ongeag die hoeveelheid alkoholinname sal die tempo van afbraak/metabolisasie konstant bly.
Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanolmetabolisme.
Daar is 2 ensiemsisteme betrokke by die metabolisme van alkohol:
By beide sisteme is Asetielaldehied die eindproduk, wat dan na Asetaat omgeskakel word mbv Aldhieddehidrogenase.
Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?
Middels by die behandeling van angs:
Middels by die behandeling van insomnia/slapeloosheid: