Content begins here
PIETER VAN DEVENTER
Belastingbetalers dok op vir reise vir minister se vrou
17 Oct 2017, 15:18
Belastingbetalers van Suid-Afrika het in die huidige jaar reeds meer as R500 000 vir oorsese reise vir Norma Gigaba, die vrou van Malusi Gigaba, minister van finansies. Hierdie bedrag sluit onder meer n daaglikse toelaag van R13 000 in.
Die DA se skaduminister van finansies, David Maynier,het in n verklaring gese dat hierdie inligting het aan die lig gekom in n antwoord van Malusi Gigaba op n geskrewe parlementere vraag van Maynier.
Maynier se dat selfs al voldoen hierdie uitgawes aan die bepalings van die ministriele handboek, is dit doodeenvoudig verkeerd, veral wanneer 30,4 miljoen mense in Suid-Afrika in armoede leef en sukkel om brood op die tafel te sit.