Content begins here

Blogs

Help Opens in a new window

TAHLITA STRYDOM

Default profile image
----------

27387585 T, Strydom

20 Oct 2017, 21:34 Publicly Viewable

1. Belasting nuus:

Wet kan uitgewersbedryf knak en regering van taks ontneem

Die uitgewersbedryf wat geraak gaan word deur die Wysigingswet op Outeursreg, raam dat verkope van gepubliseerde werke tot en met 33,% daal en die hele uitgewersbedryf R2.1 miljard se inkomste verloor indien die wet in sy huidige vorm bekragtig word. Die Uitgewersvereniging van Suid-Afrika (Pasa) sê die negatiewe impak sal nie daar stop nie, omdat die dalings gepaardgaan met n afname in die bruto binnelandse produk, en laer registrasieinkomste uit BTW en korporatiewe belasting. Kragtens die wysigingswet kan enigeiemand werke gratis kopieer vir opvoedkundige of akademiese doeleindes. In die ekonomiese impakstudie het die ouditeursfirma PwC ook bevind meer as 1200 heeltydse poste kan in die uitgewersbedryf verlore gaan en lei tot n daling in persoonlike inkomstebelasting vir die regering. (6 Augustus 2017 Rapport)

 

2. Belasting van individue in ander lande:

27387585 T, Strydom

28241932 D, Groenewald

Oorsese werkers vrees hulle moet dubbeld betaal

Voorgestelde wetwysigings om die belastingvrystelling op Suid-Afrikaners se buitelandse salarisse te skrap wat hulle aan dubbele belasting (in SA en die land waar hulle werk) kan onderworp., het n geskarrel veroorsaak. Belastingadviseurs sê hulle ontvang daagliks navrae deur besorgde Suid-Afrikaners wat oorsee werk oor die impak, sou die tesourie se voorgestelde wetwysigings deurgevoer word en die kwytskelding op 1 Maart wegval. Nigel Green, uitvoerende hoof van die internasionale, onafhanklike finansiëledienste-maatskappy '"deVere Group, sê baie Suid-Afrikaners wat in plekke soos  Dubai en AbuDhabi, Suidoos-Asiese lande en veskeie Afrikalande werk, glo hulle sal gedwing word om hul werk oorsee te laat vaar en na SA terug te keeras 'n regstreekse gevolg van die veranderinge. Green beskryf die voorstelle as "totaal onregverdig, hoogs diskriminerend en pynlik regressief''. Al is dit volgens belastingpraktisyns onmoontlik om te sê hoefeel Suid-Afrikaners geraak sal word, raam Green dit op honderdduisende. (6 Augustus 2017 Rapport)