Content begins here

Blogs

Help Opens in a new window

ANEL KOK

Default profile image
----------

Het u 'n gestremde kind? Hier is hoe om te kwalifiseer vir SAID se gestremdheid belasting krediete.

17 Oct 2017, 09:24 Publicly Viewable

Wie mag gestremdheid belasting krediete eis?

Vir 'n persoon om te kwalifiseer vir die SAID se belasting kredite ten opsigte van gestremdhede moet daar aan die volgende kriteria voldoen word:

-SAID sien gestremdheid as 'n spesifieke belemmering wat die daaglikse uitvoering van take vermoeilik

-Hierdie kan 'n fisiese, geestelike, intellektuele of kommunikasie belemmering wees

-Die voorwaarde om te kwalifiseer as gestremd en die korting te ontvang is dat die gestremdheid langtermyn moet wees, dus vir langer as 'n jaar.

-Die kondisie moet bevestig word deur 'n relevante, geregistreerde mediese praktisyn

-Die kondisie moet voldoen aan die SAID se spesifieke minimum verseistres.

As jou kind gediagnoseerd is met Down sindroom kwalifiseer jy nie outomaties vir die belasting krediet nie.

Wat is die voordele?

Daar is twee tipes voordele. Die een is addisionele mediese uitgawe eise en die ander een is aftrekkings direk verwant aan die uitgawes weens die gebrek.

Uitgawes direk verwant aan die gestremdheid.

-Skoolfooie as jou kind in 'n spesiale skool is

-Vervoerkoste as die naaste gespesialiseerde skool vir jou kind meer as 10km van jou huis is

-Privaat fassiliteerders as jou kind spesiale aandag vereis buite die skool omgewing

Al hierdie kostes kan ingesluit word in die berekening van die belasting krediet.

 

Bron: Parent 24: Have a disabled child? Here's how to get SARS disability tax credits. (Carin Bevan)

A. Kok 27407764