Content begins here

Blogs

Help Opens in a new window

LIZÉ PRINSLOO

Default profile image
----------

Belasting nuus

19 Oct 2017, 21:50 Publicly Viewable

My heel eerste blog inskrywing en ek is so opgewonde.

IS DIT BELASTING OF DIEFSTAL NOU IN SUID-AFRIKA?

Chris Burgess verneem dat daar al vir 'n geruime tydperk 'n gesukkel met die SAID voorkom. Die veronderstelling het ontstaan toe sy inkomstebelastingvoordeel na 6 jaar eers uiteindelik terugbetaal is.

Die feit dat boere so verskriklik sukkel met BTW-terugbetalings het dus 'n dispuut veroorsaak met die SAID, omdat Seugnet Engelbrecht, 'n lusernboer en vervoerkontrakteur al vanaf Februarie sukkel om haar BTW-terugbetaling te ontvang.

Wat dan van werkverskaffing?

Die grootste en mees gereeldste onderwerp op mense se lippe is die kontantvloei van ondernemings wat mense tussen die ouderdom van 18 tot 35 jaar wat werkloos is in diens neem in lande met meer as 6 miljoen mense en dit alles ten spyte van die huidige arbeidswetgewing en die ekonomiese resessie.

Intussen maak die SAID aanhoudende onaanvaarbare besluite soos die verstelling dat tot 41% (was altyd 15%) nou gehef kan word op sekere dividende wat nou aandele-aansporingskemas uitbetaal.

Dit is mos blote diefstal!!! Ons moet ophou vir die gek gehou word. Besighede word alreeds onderdruk geplaas deur die swak ekonomie en nou moet vuishoue nog gevat word van die SAID ook.

 

TRUMP SE NUUS VAN DIE VERLAGING VAN DIE IERSE KORPORATIEWE BELASTING IS FALS

 

Die minister van Ierland het vir Donald Trump daarvan beskuldig dat hy foutiewelik beweer het dat Ierland beplan om sy korporatiewe belasting van 12.5% verder te verminder.

Leo Varadkar het die bespiegeling ontken tydens 'n ondervraging by die Ierse parlement om Woensdag.

Ierland se lae korporatiewe belastingkoers van 12.5% word as die hoof komponent van die fiskale beleid gebruik om van die wêreld se grootste multinasionale maatskappye na die land te lok.

Die koers van 12.5% word sterk verdedig deur die Ierse regering, omdat hulle sterk staan by die argument dat duisende werksgeleenthede geskep is deur direkte buitelandse beleggings.

 

BRONNE:

www.theguardian.com/world/2017/oct/18/corporate-tax

www.netwerk24.com/landbou/Nuus/SAID-belasting-of-diefstal

 

GROEP:

27000885, L PRINSLOO

27223132, CA ARNDT

27493873, JJ de KLERK