Content begins here
ANNERI LENS
Belasting
14 Oct 2017, 14:05
Anneri Lens 27268047 Belasting nuus: Suid-Afrika Die nuutste belasting toegewings ten opsigte van vrystellings waar Suid-Afrikaners inkomste uit die buiteland verdien is verwelkom. Volgens die toegewings sal Suid-Afrikaners ’n belastingvrysteling kry van R1miljoen van buitelandse inkomste wat verdien word. Die datum waarop die nuwe belastinghantering geïmplementeer gaan word is uitgestel tot Maart 2020. Volgens Patricia Williams sal die R1miljoen vrystelling baie Suid-Afrikaners wat in die buiteland werk uit die belastingnet gevat word. Normaalweg sal ’n individue wat R1miljoen verdien op 41% belas word. As die nuwe vrystellig in werking tree sal dit beteken dat individue in ’n baie laer belasting glyskaal val wat dus die belasting betaalbar sal verminder. https://www.wereldwyd.co.za/toegewings-oor-belasting-op-buitelandse-inkomste-verwelkom-kommer-oor-koste-volhard/ Suid-Korea- belasting van individue in ander lande: Suid-Korea het ’n bekendstelling gemaak oor ’n voorstel oor die wêreld se eerste robot belasting. Daar word verwag dat hierdie robot belasting aan die einde van die jaar in Suid-Korea geïmplementeer gaan word aangesien Suid-Korea se huidige belastingwet verstryk. Volgens die Suid-Koreaanse regering sal belastingaftrekkingsvoordele outomaties verminder omdat die robot belasting ingestel is daarop om produktiewiteit te verhoog, Korea Times. Die impak van hierdie robot belasting op individue is dat daar ’n vrees is van massa-werkloosheid aangesien die verandering gerig is op produktiewiteit wat individue werkloos gaan los. Dus kan daar gemeen word dat individue wat werkloos is nie belasting gaan kan betaal nie.