Content begins here

Blogs

Help Opens in a new window

ARMAND LA GRANGE

Default profile image
----------

27154009 A La Grange

18 Oct 2017, 11:59 Publicly Viewable

Ierland stel bekend dat belasting op soetdrankies gehef gaan word

In die 2017-begroting was daar aangekondig deur die destydse minister van finansies, Michael Noonan dat daar belasting gehef gaan word op suiker-versoete drankies en dit is nou bevestig deur Noonan se opvolger as minister van finansies, Paschal Donohoe, dat die regering gaan voortgaan met die skema en dit implementer vanaf April 2018.

Onder planne onthul in Donohoe se 2018-begroting, sal die belasting van toepassing wees op nie-alkoholiese, watergebaseerde en sapgebaseerde drankies met 'n toegevoegde suikerinhoud van vyf gram per 100 milliliter en hoër. Die toegepaste belastingkoers sal gebaseer word op die suikerinhoud van elke drank.

Suiker-versoete drankies met tussen vyf en agt gram toegevoegde suiker per 100 milliliter sal 'n belasting van 20 persent per liter aantrek terwyl drankies met 'n suikergehalte van agt gram of meer sal teen 30 persent per liter belas word.

Die regering verwag dat die belasting in 2018 sowat EUR30 miljoen (USD35.5 miljoen) sal oplewer, en tot 40 miljoen euro in 'n volle jaar sal styg.

Bron: Gorringe, J. 2017. Ireland Introducing Tax On Sugary Drinks. https://www.tax-news.com/news/Ireland_Introducing_Tax_On_Sugary_Drinks____75469.html Date of access: 10 Oct. 2017. 

Belasting van individuë in Hong Kong

In Hong Kong is persoonlike inkomstebelasting bekend as salarisbelasting. Individuë word slegs belas op jaarlikse indiensnemingsinkomste. Nie-indiensneming-broninkomste soos aandeledividende en kapitaalwins wat met die verkoop van aandele gerealiseer word, is nie in die gebied belasbaar nie.

Salarisbelasting word beheer deur die bepalings van die binnelandse inkomste ordonnansie. Inkomste ontvang deur 'n werknemer is onderworpe aan salarisbelasting terwyl inkomste wat deur iemand wat vir hulself werk ontvang word, onderworpe is aan winste belasting. Salarisbelastingkoerse is een van die laagste ter wêreld en bly een van die grootste redes vir mense wat na die gebied toe trek.

Die territoriale beginsel beheer salarisse belasting met die gevolg dat salarisse belasting slegs gehef word op inkomste "wat voortspruit uit of afkomstig is van 'n Hong Kong-indiensneming". Die definisie van inkomste sluit lone, salarisse, bonusse, kommissies, betalings deur die werkgewer in 'n pensioenfonds vir die werknemer en gratifikasies in. Dit sluit nie 'n pensioen van 'n bron buite Hong Kong of vergoeding vir werkverlies in nie.

Die aanslag op salarisbelasting is voorlopig en is gebaseer op die vorige jaar se inkomste met 'n belastingkrediet wat in die daaropvolgende jaar gegee word indien die aanslag die werklike inkomste oorskry. 75% van die voorlopige aanslag is in die derde kwartaal betaalbaar en die finale 25% is in die finale kwartaal betaalbaar.

Die salarisse belastingkoers is die laagste van of:

  • 15% van die "assesseerbare inkomste" na aftrekking van toelaes; of
  • 'n Progressiewe koers wat na die aftrekking van toelaes gehef word op "assesseerbare inkomste". Vir die 2009/10 belastingjaar is hierdie progressiewe tariewe:

        -Nul tot HKD40,000 - 2%

        -HKD40,000 tot HKD80,000 - 7%

        -HKD80,000 tot HKD120,000 - 12%

        -HKD120,000 opwaarts - 17%

Bron: https://www.lowtax.net/information/hong-kong/hong-kong-salaries-tax.html

Groep:

  • 27154009
  • 27319180