Content begins here

Blogs

Help Opens in a new window

CLIFFORD DE VRIES

Default profile image
----------

Vierde Industriële Revolusie en Publieke Administrasie

12 Apr 2017, 14:18 Publicly Viewable

Cliff-binne-Beleid   

 

Wat presies is Tegnologie

Tegnologie is 'n liggaam van kennis gewy aan die skep van gereedskap, die verwerking van aksies en die onttrekking van materiale.  Ons maak gebruik van tegnologie om verskeie take uit te voer in ons daaglikse lewens, verder maak ons gebruik van tegnologie om ons eie vermoëns te verbeter en dit maak dan die mens die sentrale punt van tegnologie.

 

Voordele wat Tegnologie inhou

Die voordele van tegnologie sluit in die toegang tot inligting, verbeterde kommunikasie, verbeterde vermaak, opvoedkundige gerief, sosiale netwerk en die vooruitgang binne verskeie industrieë.

Moderne tegnologie, soos 'n hoë spoed internet en mobiele toestelle, kan gebruikers toegang bied tot inligting met die druk van 'n vinger.  Verbeterde kommunikasie is ook 'n voordeel van tegnologie, met die uitvinding van selfone, faksmasjiene, videokonferensie toerusting en rekenaars het kommunikasie drasties verbeter. 

Nog 'n voordeel van die moderne tegnologie is die nut daarvan in klaskamers en help om die onderwysstelsel te vergemaklik en te verbeter.  Tegnologie soos virtuele realiteit kan studente op skoolvlak help deur om sekere situasies in ‘n bepaalde omgewing meer realisties te ervaar.  Verder kan toegang tot internet tersiêre studente help met aanlyn en visuele lesse.

 

4’de Industriële Revolusie

Die vierde industriële revolusie volg nou na die derde een wat rekenaar wese en outomasie behels het waar daar gebruik word van robotte met die behulp van rekenaars om goedere en produkte te vervaardig op ‘n effektiewe en goedkoop wyse.

Industrie 4.0 is dus die huidige tendens van die industriële era waar daar gebruik gemaak word van outomatisering en data uitruil- en versamelprograme in die vervaardiging van tegnologie.  Dit sluit in kuber-fisiese stelsels, die internet en wolk stoorplekke (cloud computing).

Die vierde revolusie skep dan in hedensetye ‘n “slim-fabriek”, waar binne die gestruktureerde kuber-fisiese stelsels die fisiese prosesse monitor, so doende skep dit dan ook ‘n virtuele kopie van die fisiese wêreld en maak dan gedesentraliseerde besluite daarop.

Die kuber-fisiese stelsels kommunikeer dan oor die internet met mekaar asook direk met die mense in werklike tyd en op hierdie manier word interne en kruis-organisatoriese dienste aangebied wat dan deur deelnemers van die waardeketting gebruik word.

 

Wat behels die Internet van dinge

Die Internet van die dinge is die konsep van basiese verbintenis van enige toestel met 'n aan en af skakelaar met die Internet.  Dit sluit alles van selfone, koffie makers, wasmasjiene, oorfone, lampe, draagbare toestelle en byna enigiets anders waaraan jy kan dink in.  Dit geld ook vir komponente van masjiene, byvoorbeeld 'n jet-enjin van 'n vliegtuig of die boor van 'n olie-tuig.

 

Hoe kan 3D druk help

3D druk is die aksie of dan die proses van die maak van ‘n fisiese drie-dimensionele digitale model.  Die proses vind plaas deur dun gesmelte plastiek wat lae op lae geweef word deur ‘n 3D drukker.  Dit is ‘n baie koste effektiewe manier om generiese voorwerpe te maak uit plastiek, die NWU-Potchefstroom Kampus se ingenieurs fakulteit is tans besig om met hierdie tegnologie te eksperimenteer en beoog om goedkoop prosteses te druk vir behoeftige mense teen ‘n fraksie van die gewone kostes.

 

Die impakte van tegnologie op Openbare Administrasie

Die impakte van tegnologie op Openbare Administrasie is wyd verspreid, van die belangrikstes is onder andere; mobiele tegnologie, aanlyn wolk stoorplek, sosiale media en sekuriteit met data inkripsie.

Mobiele Tegnologie

Mobiele toestelle soos slim fone en tablette het toegang tot die internet uit byna enige hoek en draai en laat onmiddellike verspreiding van inligting toe.  Dit beteken dat administrasie lede goed soos e-posse, dokumente, webwerwe, en video’s kan stuur aan mekaar met gemak, maak nie saak waar hulle is nie.  Mobiele toestelle hou dus werknemers gekoppel aan 'n groter IT-infrastruktuur.

Aanlyn wolk stoorplek

Deur die stoor van data op afgeleë leer-bedieners, het administratiewe lede toegang tot die data vanaf enige plek, selfs buite hul plaaslike kantoor netwerk.  Dit laat inligting beter georganiseerd in een plek en word maklik gedeel tussen administrasie en ander partye.  Aanlyn wolk stoorplek is ook koste-effektief omdat administrasie net hoef te betaal vir die presiese stoorplek wat hulle nodig het.

Sosiale Media

Sosiale media is in vandag se tyd een van die grootste vorms van kommunikasie, deur middele van programme soos Facebook, Whatsapp en selfs aanlyn koerante.  Dit is ‘n baie goeie platvorm om inligting aan ‘n groot massa mense te deel, asook kan die publiek op hierdie wyse hul eie opinies en vrae rig.

Sekuriteit met data inkripsie

Tegnologie en sagteware wat waardevolle inligting beskerm is voortdurend in nood en slegs die mees op gedateerde tegnieke moet gebruik word om private, waardevolle en sensitiewe inligting van die regering te beskerm.

 

Hoe sal openbare beleid en administrasie gepaard gaan met nuwe tegnologie

Die vierde industriële revolusie is die ontmoeting van verskillende lae van organisasies, inligting, vooruitgang en die erkenning van wedywering op 'n wêreldwye skaal.  Dit skep nuwe omgewings, in samewerking met medepligtiges in verskillende segmente van die ekonomie. 

Industrie 4.0 handel oor die belegging in nuwe kennis en tegnologie binne die regering en die plaaslike bedryf, maar vir Suid-Afrikaners gaan dit op die oomblik meer koste besparing as nuwe innovasie.  Dus moet daar nog eers gewerk word aan ‘n beter en meer vooruit strewende ekonomie voordat ons regering die vierde industriële revolusie kan aanneem.

 

Clifford de Vries

24191949