Content begins here

Welcome

Help Opens in a new window

Het jy hulp nodig met FA5: Opstel?

Besoek nwu.mywconline.com om 'n GRATIS afspraak by die NWU-Skryfsentrum te maak. Hierdie afspraak sal virtueel plaasvind, en kan baie waarde tot jou akademiese opstel toevoeg. 
Vir enige navrae stuur 'n e-pos aan nwu-admin@skryflabpotch.co.za of skakel 018 285 2510



Welkom by jou Akademiese Geletterdheidsmodule ALDA 122 vir 2021

Hierdie eFundiblad vir ALDA 122 is spesifiek vir jou ontwikkel. Die module ALDA 122 word vanaf hierdie eFundiblad aangebied, en daarom is dit belangrik om te verstaan presies hoe hierdie blad werk.

Ons stel voor dat jy eerste die Begin Hier-oortjie (tab) raadpleeg. Hierdie oortjie is aan die linkerkant van jou skerm beskikbaar (as jy op 'n rekenaar werk) of onder Tools (as jy op 'n selfoon werk). Die Begin Hier-afdeling bevat nie net nuttige inligting rakende die navigasie van dié eFundiblad nie, maar sluit ook die volgende afdelings in:

  • Module-oorsig;
  • Assesserings;
  • Voorbereiding vir die module;
  • Gereelde vrae;
  • ALDA 122-klasgroepe;
  •  Inligting oor dosente;
  • Studiemateriaal;
  • Waarskuwing teen plagiaat;
  • Akademiese steundienste; en
  • eFundi.

Nadat jy deur die Begin Hier-afdeling gewerk het, moet jy na die oortjie vir ALDA 122-eFundi-Oriëntering beweeg. Hierdie afdeling verduidelik hoe jy die onderskeie lesse moet voltooi - ons neem jou stap vir stap deur die eerste les. Die wyse waarop jou weeklikse lesse werk, is op dieselfde beginsels gebaseer, dus sal jy met gemak die semester kan voltooi, mits jy die afdeling oor oriëntering behoorlik deurwerk.

Baie sterkte met die semester!

Vriendelike groete

Die ALDA 122-dosente

Message Center Notifications

Help Opens in a new window