Content begins here
THEUNIS BREDENKAMP
Blog 2
2 Jul 2021, 12:06
Wat beteken anterograde amnesie en watter middels kan hierdie effek veroorsaak?
Anterograde amnesie is die onvermoë om gebeure te kan onthou deur die loop van die geneesmiddel se terapeutiese werking. Die pasiënt se langtermyn geheue sal nie deur die geneesmiddel geaffekteer word nie. Die genesmiddels wat die effek kan veroorsaak is bensodiasepiene soos: Midasolam, Lorasepam, Temasepam en Nitrasopam.
Noem die effekte van die sedatief-hipnotiese middels op die normale slaappatroon en verduidelik wat is die belang daarvan vir die pasiënt.
Die pasiënt sal vinnig aan die slaap raak, aangesien die tyd wat dit vat om aan die saap te raak te verminder. Die pasiënt sal vir 'n langer tyd in fase 2-NREM wees en 'n kortertyd in fase 4-NREM wees.
Watter van die sedatief-hipnotika word as aanvullende terapie in anestesie gebruik? Kan jy verduidelik hoekom?
Midasolam, Diasepam en Lorasepam, want pasiënte kry anterograde amnesie en kan dus meeste van die operasie nie onthou nie.
Watter van die sedatief-hipnotika word as antikonvulsante gebruik?
Bensopdiesepiene soos:
Diasepam (Status epilepticus).
Nitrasepam.
Klonasepam.
Fenobarbitoon (By hoë dossise).
Wat is die meganisme van die spierverslappende effekte van sommige van die karbamate en die BD’e?
Die megansime van die spierverslappende effekte vind plaas deurdat die geneesmiddels die polisinaptiese reflekse inhibeer/ antagoneer.
Bespreek die effekte van die sedatief-hipnotika op die respiratoriese en kardiovaskulêre stelsels.
Die respiratoriese of kardiovaskulêre ('n pasiënt wat 'n pulmonêre of kardiovaskulêre siekte het) stelsels word ondderdruk deur die geneesmiddels. Dus kan IV toedieningnbaie gevaarlik wees omdat die effekte meer potent kan wees, want dit gaan dadelik in die bloedstroom in en word nie eers gemetabolisseer nie.