Content begins here
JOHAN STRYDOM
Blog #1: Reseptorfisiologie
24 Feb 2021, 10:26
1. Watter tipe ioonkanale word op senuselmembrane gevind?
Potensiaalafhanklike- en ligandbemiddelde kanale
2. Noem 3 verskille tussen potensiaalafhanklike en ligandafhanklike ioonkanale.
Potensiaalafhanklik
- Kanaal maak oop tydens veranderinge in membraanpotensiaal van sel
- Geen reseptor nodig
- Vinnige aksie potensiaal gegenereer en vinnige sinaptiese oordrag
Ligandbemiddeld
- Kanaal maak oop met binding aan NT ligande
- Ionotropiese reseptor
- Stadiger sinaptiese oordrag
3. Vergelyk ionotropies en metabotropiese reseptore
Ionotropies: Binding aan reseptore veroorsaak dadelike opening van ioonkanale. Aksie duur korter.
Metabotropies: Binding aan G-proteingekoppelde reseptor veroorsaak sintese van 2de boodskapper wat ioonkanale indirek beïnvloed. Aksie het 'n stadiger werking maar langer werkingsduur
4. Klassifiseer die SSS reseptore in ionotropiese en metabotropiese reseptore en ken die transduksiemeganisme van elke reseptor.
Ionotropiese reseptore:
- GABAA
- Nikotinies
- EAA (glutamaat)
- 5-HT (serotonien)
Metabotropiese reseptore:
- Adenielsiklase stelsel: Beta 1+2,Dopamine 1+2,Alpha 2,5-HT1A+B,M2
2. Fosfolipase C-stelsel: Alfa 1, 5-HT2, M1, H1
5. Verduidelik die verskil tussen 'n EPSP en 'n IPSP en gee voorbeelde van elk.
ESPS= eksisatoriese postsinaptiese potensiaal. Veroorsaak depolarisasie in die postsinaptiese neuron. Bv: AcH bind aan nikotiniese reseptor en maak die natriumkanaal oop. Dit depolariseer die post-sinaptiese membraan en genereer ‘n aksie potensiaal.
IPSP= inhiberende postsinaptiese potensiaal. Veroorsaak hiperpolarisasie in die post sinaptiese neuron. Bv: Chloorkanale maak oop as neurotransmitter aan GABAA –reseptor bind end it hiperpolariseer die post-sinaptiese membraan en bring ‘n inhiberende effek mee.
6. Wat is die rol van kalsium in die ontwikkeling van 'n sinaptiese potensiaal?
Kalsiumkanale open as daar potensiaalverskil in membraan ontstaan. Invloei van kalsium in sel veroosaak dat neurotransmitters in die sinaptiese spleet vrygestel word. Dan ontstaan daar ‘n sinaptiese potensiaal nadat die neurotransmitters vrygestel a.g.v. van ladingverskil tussen die sel en sinaptiese spleet.