Content begins here

Blogs

Help Opens in a new window

AN'MARI LIEBENBERG

Default profile image
----------

Leereenheid 1: A. Liebenberg 31585205

23 Feb 2021, 11:44 Publicly Viewable

Watter tipe ioonkanale word op die senusekmembraan gevind?

- potensiaalafhanklike ioonkanale 

- ligandbemiddelde ioonkanale

 

Noem 3 verskille tussen potensiaalafhanklike en ligandafhanklike ioonkanale.

Potensiaalafhanklike ioonkanale:

1. Kanale reageer op veranderinge in die sel se membraan potensiaal.

2. Geen reseptore betrokke nie.

3. Stadige sinaptiese oordrag word veroorsaak.

Ligandafhanklike ioonkanale:

1. Kanale reageer wanneer 'n neurotransmitter bind aan die reseptore op die kanaal.

2. Ionotropiese reseptore is betrokke

3. Vinnige sinaptiese oordrag word veroorsaak.

 

Vergelyk ionotropiese en metabotropiese reseptore:

Ionotropiese reseptore: ionotropiese reseptore lei direk tot die opening vaan ioonkanale, hulle is nie verbind aan G-proteiene nie en vorm ook nie 2de boodskappers nie. ionotropiese reseptore duur korter as metabotropiese reseptore.

Metabotropiese reseptore: metabotropiese reseptore bring eerste metaboliese veranderinge aan wat eventueel later aanleiding gee tot ioonkanaal modulering. Metabotropiese reseptroe is gekoppel aan G-proteien en vorm wel 2de boodskappers. Metabotropiese reseptore se effek duur langer as die van ionotropiese reseptore.

 

Klassifiseer die SSS reseptroe in ionotropiese ne metaotropiese reseptore en ken toe die trandsukdiemeganisme van elke reseptor:

Ionotropiese reseptore: GABA-A, 5-HT3, Nikotinies, EAA

Metabotropiese reseptore: 

- Adenielsiklase stelsel: Beta 1&2, D1 & D2, Alfa 2, 5-HT1 A&B, M2

- Fosfolipase C stelsel: Alfa 1, 5-HT2, M2 en H1

 

Verduidelik die verskil tussen 'n EPSP en 'n IPSP en gee voorbeelde van elk.

Eksitatoriese post-sinaptiese potensiaal (EPSP): is 'n elketriese stroom wat lei tot depolarisasie van die mebrane dus veroorsaak dit dat die membraan potensiaal meer + raak en die drempel waarde van die membraan nader. dit veroorsaak 'n aksie potensiaal in die neuron. BV. wanneer AcH aan nikotiniese reseptore bind word natrium kanale geopen wat lei tot depolarisasie van die membraan en die aktivering van 'n aksie potensiaal.

Inhiberende post-sinaptiese potensiaal (IPSP): is 'n elektriese stroom wat lei tot die hiperpolarisaise van die membrane dus veroorsaak dit dat die membraan potensiaal meer - raak en weg beweeg van die drempel waarde van die membraan en 'n aksie potensiaal inhibeer. BV. wanneer GABA aan 'n GABA-A reseptore bind word chloried ioonkanale geopen en lei dit tot hiperpolarisasie van die membraan en sal die aksie potensiaal nie plaasvind nie.

 

Wat is die rol van Kalsium in die ontwikkeling van 'n sinaptiese potensiaal?

Wanneer aksie potensiale die sinaptiese terminaal bereik aktiveer dit die potensiaalafhanklike kalium kanale. Gevolglik sal Kalsium in die sel in vloei. Die toename van die kalium konsentrasie in die terminale veroorsaak dat die sinaptiese vesikels en die pre-sinaptiese membrane saamsmelt. Die neurotransmitter word dus vrygestel in die sinaptiese spleet. Kalsium is dus verantwoordelik vir die vrystelling van neurotransmitters in die sinaptiese spleet.