Content begins here
THEA MALAN
Dorothea Malan
31591809
Blog Opsomming
- Watter tipe ioonkanale word op senuselmembrane gevind?
- Voltage gated ( Potensiaal afhanklik) ioonkanaal
- Ligandbemiddelde ioonkanaal
- Noem 3 verskille tussen potensiaalafhanklike en ligandafhanklike ioonkanale.
1. Potensiaalafhanklike ioonkanale reageer op die verandering in membraan potensiaal, terwyl die ligandbemiddelde ioonkanale reageer op chemiese neurotransmitters wat aan spesifieke reseptors op die selmembraan bind.
2. Potensiaalafhanklike ioonkanale is ioonspesifiek, terwyl ligandbemiddelde ioonkanale nie ioon-spesifiek is nie.
3. Potensiaalafhanklike ioonkanale is geleë op neurone se aksone, terwyl ligandbemiddelde ioonkanale op die selliggaam & dendriete van die neurone gevind word.
- Vergelyk ionotropiese en metabotropiese reseptore.
Ionotropiese reseptore geskiet gewoonlik by wyse van binding aan ‘n ioonkanaal. Waar die binding van die neurotransmitter aan die ioonkanaal aanleiding gee tot die opening van daardie ioonkanaal. Die neurotransmitter bind aan ‘n gedeelte op die reseptor en binding daarvan lei tot die direkte opening van die ioonkanaal. Ionotropiese stimulasie gee gewoonlik ‘n vinnige aanleiding tot ‘n effek.
Metabotropiese reseptore is transmembraan G-proteïen gekoppelde reseptore, (intrasellulêre proteïene) wat bind aan die guaniennukleotiede en gee sodanig aanleiding tot die vorming van 2de boodskappers. Die 2de boodskappers kan ook ioonkanale oop of toe laat gaan. Die 2de boodskappers word onderling verdeel in reseptore wat gekoppel is aan Adenielsiklase stelsel of Fosfolipase C stelsel. Metabotropiese stimulasie is gewoonlik vertraag en stadiger as ionotropiese reseptore.
- Klassifiseer die SSS reseptore in ionotropiese en metabotropiese reseptore en ken die transduksiemeganisme van elke reseptor.
Ionotropiese Reseptore:
-
- GABA-A
- Nikotinies (N)
- Eksitatoriese aminosuur (EAA)
- 5-HT3 (serotonien)
Metabotropiese Reseptore:
-
- Adenielsiklase sisteem:
- Beta 1 en Beta 2
- Dopamien 1 en Dopamien 2
- Alfa 2
- Muskarinies 2
- 5-HT1 A en 5-HT1 B
- Glutamaat
- Fosfolipase C sisteem:
- Alfa 1
- 5-HT2
- Muskarinies 1 (M1)
- H1
- Adenielsiklase sisteem:
- Verduidelik die verskil tussen 'n EPSP en 'n IPSP en gee voorbeelde van elk.
EPSP = Aktiverende post sinaptiese potensiaal / Eksitatoriese potensiaal. is die verandering in membraan potensiaal (depolariserend) van 'n post-sinaptiese sel a.g.v die instroom van positiewe ione in 'n sel, hierdie EPSP aktiveer die opening van die ligandbemiddelde ioonkanale. Byvoorbeeld: Asetielcholien (Ach) neurotransmitter bind aan 'n nikotiniese reseptor & natrium kanale gaan oop, depolarisering van die selmembraan vind plaas en die Sentrale senuweestelsel ondervind 'n aktiverende effek.
IPSP = Inhiberende post sinaptiese potensiaal, is die potensiaal wat 'n selmembraan potensiaal meer negatief maak, a.g.v. 'n hiperpolariseerde stroom. Byvoorbeeld: GABA bind aan die GABA-A Reseptor, chloried kanale open en die selmembraan ondergaan hiperpolarisasie wat dan 'n inhibeerende effek op die sentrale senuweestelsel uitoefen.
- Wat is die rol van kalsium in die ontwikkeling van 'n sinaptiese potensiaal?
Neurotransmitters word vrygestel d.m.v. die teenwoordigheid van kalsium. Die ontstaan van ʼn sinaptiese potensiaal word veroorsaak deur die teenwoordigheid van Ca2+, omdat dit die neurotransmitters vrystel wat die ontwikkeling van die sinaptiese potensiaal veroorsaak.
Malan, D
24 Feb 2021, 18:35