Content begins here

Blogs

Help Opens in a new window

MEGAN VAN DER WALT

Default profile image
MEGAN VAN DER WALT

BLOG #3.5

4 Nov 2021, 16:47 Publicly Viewable

BLOG AKTIWITEIT #3.5

  • Verduidelik kortliks wat sistiese fibrose is en hoe dornase-alfa werk om die probleem op te los.

Sistiese fibrose is ’n genetiese defek wat aanleiding gee tot verminderde sekresies in verskeie organe.  Die manifestasie in die lugweë is die mees prominente en problematiese simptoom.  In die lugweë is die mukussekresies besonder dik en taai wat die ideale omgewing vir bakteriële infeksies skep.  Die herhalende infeksies veroorsaak aanhoudende chemotakse van neutrofiele wat dan met disintegrasie DNS in die mukus deponeer wat dit nog taaier maak.  Die mukus word nou byna onmoontlik om op te ruim en ’n bose kringloop van taai mukus en verdere infeksies ontstaan.

Dornase-alfa (rhDNase I) hidroliseer ekstrasellulêre DNS vanaf die neutrofiele in die brongiale mukus om sodoende die vloeibaarheid daarvan drasties te verbeter.  Dit is verwant aan die natuurlike ensiem deoksieribonuklease I (Dnase I) wat normaalweg deur pankreas- en speekselkliere geproduseer word.

  • Verduidelik kortliks wat neonatale respiratoriese noodsindroom is, wat die algemene behandelingstrategieë behels en hoe kortisoon en eksogene surfaktante werk om die probleem op te los.

Neonatale respiratoriese noodsindroom staan ook as hialienmembraansiekte bekend.  Die oppervlakaktiewe stof wat die respiratoriese eenheid van die lugweë bedek word eers in die laaste weke van swangerskap gevorm.  Wanneer babas te vroeg gebore word, is hierdie oppervlakaktiewe stof nog nie gevorm nie, sodat gaswisseling belemmer is en die longetjies ook kan plat val.  Behandeling moet spoedig volg om die premature baba se lewe te red.

Die intensiewe monitering van respiratoriese en sirkulatoriese status is noodsaaklik.

Voorbeelde van eksogene surfaktante is beractant en kolfoserielpalmitaat. Hierdie surfaktante word by kamertemperatuur eksogeen (met behulp van 'n kateter tot in die longe) profilakties of tydens akute respiratoriese noodsindroom aan die neonaat toegedien om longsurfaktant aan te vul.  Eindelik word die mortaliteit en langtermyn-suurstofbehoefte verlaag.  Hierdie terapie is egter relatief duur en gespesialiseerd.

'n Kort kursus kortikosteroïede is ook effektief om endogene surfaktantproduksie aan te help en is 'n goedkoper alternatief as die eksogene surfaktant.  Wanneer die baba lewensvatbaar is en daar ’n dreigende miskraam is, kan dit profilakties toegedien word. Sistemiese toediening van betametasoon aan 'n moeder net voor kraam, kan neonatale endogene surfaktantproduksie binne 24 ure induseer.

  • Wat is die rol van suurstofterapie by neonatale respiratoriese noodsindroom?  Wat behels die gevare van suurstoftoksisiteit?

Suurstof (by kamertemperatuur met lug vermeng) word toegedien ten einde oksigenering te verseker.  ’n Kontinue positiewe druk (soos met ’n ventilator verkry) verbeter respirasie en hou die alveoli oop om kollabering te verhoed.  Dit is van kritiese belang dat die arteriële parsiële suurstofdruk voortdurend gemonitor word. Voldoende suurstof is ’n basiese vereiste vir normale respirasie.  Terapeuties word dit algemeen toegedien om hipoksie (vanweë verskeie oorsake) om te keer of te verhoed.  Wanneer verhoogde suurstof in oormatige hoeveelhede en/of oor ’n te lang tydperk geïnhaleer word, het dit egter toksiese effekte. Paradoksaal veroorsaak suurstof­toksisiteit onder andere verminderde gaswisseling, hipoksie en, in uiterste gevalle, die dood.  By neonate kan dit verder retinale skade en blindheid veroorsaak.

  • Verduidelik kortliks wat neonatale apnee is en hoe die metielxantiene werk om die probleem op te los.  Watter metielxantiene word gebruik?

Neonatale apnee ontstaan wanneer die asemhalingsentrum in die medulla van die premature baba nog nie voldoende ontwikkel het om voortdurende asemhaling te stimuleer nie.  Die asemhalingsentrum is dus nog onsensitief vir die stimulerende effek van koolsuurgas.  Apnee duur telkens tipies langer as 15 sekondes en gaan ook gepaard met bradikardie.  Herhaalde episodes van apnee met hipoksie kan eindelik tot neurale skade lei.

Metielxantiene, in besonder kaffeïen en teofillien, stimuleer die sentrale senuweestelsel en intraveneuse toedienings van hierdie geneesmiddels help gewoonlik om die probleem op te los.  Terapie word egter gewoonlik so gou moontlik gestaak – gewoonlik na enkele weke in intensiewe sorg.  Die neonaat ontvang dan ook suurstof­terapie en die suurstofvlakke in die bloed word voortdurend gemonitor.

Blog #3.4

4 Nov 2021, 16:01 Publicly Viewable

BLOG AKTIWITEIT #3.4

  • Wat is die algemene oorsake van rinitis en rinoree

Rinitis is inflammasie van neusslymvlies end it word geassosieer met verkoue. Rinoree is net ‘n loopneus. Algemene oorsake sluit in allergieë, verkoue, chemiese of geneesmiddel skade, koue lug of fisiese skade.

  • Watter geneesmiddelgroepe kan by die behandeling van rinoree gebruik word?  Noem voorbeelde by elke groep.

  • Alfa-1 agoniste (dekongestante): fenielefrien, efedrien, fenielpropanolamien, nafasolien, oksimetasolien en xilometasolien. 
  • Antihistamiene: difenhidramien, prometasien, chlorfeniramien, broomfeniramien, loratadien, setirisien, levokabastien, rupatadine
  • Kortikosteroïede: betametasoon, prednisoon, beklometasoon, budesonide, siklesonied, mometasoon
  • Mastselstabiliseerders: natriumchromoglikaat, ketorifen
  • Mukolitika: mesna, asetielsisteïen
  • Antibiotika: mupirosien, neomisien
  • Diverse ander middels: stoom, normale soutoplossing, vlugtige olies soos mentol, bloekom-olie.

  • Hoe verskil die dekongestante onderling ten opsigte van werkingsmeganisme en werkingsduur?  Hoe word hulle tipies toegedien?

Efedrien, pseudoefedrien en propielheksidrien is nie-selekteiwe adenergiese agoniste met addisioneel potente indirekte werking. Die alfa-adrenergiese reseptorstimulasie (direk- of indirekwerkend) van hierdie middels gee aanleiding tot dekongestie van die neusslymvlies. Die middels met gemengde werking gee topikaal wel ook aanleiding tot direkte werking, maar indien hulle oral toegedien word, bereik hulle laer konsentrasies in die biofase omdat hulle werking hoofsaaklik indirek is.

Die alfa-agoniste word biae algemeen gebruik in die topikale doseervorme (neurssproei, druppels en jellies) en inhalasie van vlugtige verbindings om dekongestie van die neusslymvlies teweeg te bring. Die neussproei versprei die geneesmiddel die beste en word verkies. Die druppels loop maklik deur tot in die farinks, vanwaar dit in die SVK beland en meer sistemiese newe-effekte kan veroorsaak, maar word nogtans soms verkies by kinders met Kleiner neusgange.

  • Wat is rhinitis medicamentosa?  Hoe word dit behandel?

Rhinitis medicamentosa (privinisme) en terugslagrinitis kan met oordosering met lokale preparate ontstaan. Privinisme is ‘n toestand wat ontstaan na chroniese behandeling met dekongestante, waar die permanente vasokonstriksie met gebrekkige lokale bloedvoorsiening aanleiding gee tot skade van die neusslymvliese met permanente inflammasie en swelling, asook ‘n afregulering van die alfa-adrenergiese reseptore op die bloedvate, sodat dit onresponsief raak teenoor die alfa-agoniste. Tagifilakse (l-noradrenalienstooruiputting) kan deur die indirekwerkende middels ontlok word. 

Dit is verder belangrik om elke gebruiker van topikale preparate te waarsku teen die gevaar van privinisme met oorgebruik. Dit is hoofsaaklik vir korttermynbehandeling bedoel. Persone met privinisme behoort behandeling te staak en tydelik lokale kortikoïedterapie te ontvang. Soms ervaar persone wat die dekongestante chronies gebruik het dat hulle ‘n toe neus ontwikkel wanneer hulle die terapie staak. Vir hierdie persone kan eers die een neusgang “gespeen” word, sodat daar darem nog een oop neusgang is. Wanneer die “gespeende” neusgang herstel het, kan die tweede een ook “gepseen” word. Daar is ook orale preparate beskikbaar, maar hierdie doseervorm gee aanleiding tot meer newe-effekte en het ‘n stadiger aanvang van werking.

  • Hoe verskil die eerste en tweede generasie antihistamiene ten opsigte van die werkings­meganismes waarvolgens rinitis en rinoree verlig word?  Wat is die voordele van die tweede generasie antihistamiene?  Waarom behoort hulle nie gebruik te word om verkouerinitis te verlig nie?

Eerste generasie antihistamiene sluit in: broomfeniramien, chloorfeniramien, difenhidramien en prometasien.

Tweede generasie antihistamiene sluit in: loratadine, setirisien

Die eerste generasie antihistaminika is multipotente kompeterende antagoniste en blokkeer ook muskariniese reseptore.  Antimuskariniese middels verminder die sekresies van die hoër en die laer lugweë, sodat dit dikwels by verkouepreparate ingesluit word om rinoree op te klaar.  Hulle kan egter sedasie veroorsaak en dus konsentrasievermoë negatief beïnvloed.

Die tweede generasie antihistamiene blokkeer nie muskariniese reseptore nie en is bruikbaar by lang- of korttermynbehandeling van allergiese rinitis.  Aangesien histamien geen rol by verkouerinitisnie speel nie, maar wel bradikinien, help hierdie middels nie om verkouerinitis op te klaar nie.

  • Wanneer is kortikosteroïede, anti-allergiese middels, mesna en normale soutoplossing bruikbaar en hoe word dit toegedien?

Kortikosteroïed-neussproeie word sistemies swak geabsorbeer, maar kan soms met groot doserings sistemiese newe-effekte veroorsaak. Persone met ‘n infeksie of verlaagde weerstand moet dit versigtig gebruik. Dit kan topikaal of sistemies toegedien word.

Anit-allergiese middels soos die gebruik van natriumchromoglikaat as ‘n neussproei is baie effektief by die profilaktiese behandeling van allergiese rhinitis, maar die gereelde dosering maak dit minder gewild.

Mukolitika, soos topikale mesna, is veral sinvol om te gebruik wanneer die nasale sekrete taai is. Die mesna help dan om die slym meer vloeibaar te maak.

Normale soutoplossing is as neusdruppel baie veilig en effektief. Dit bevogtig die droë, geïnflammeerde neusslymvliese soos tydens verkoue, droë weer, allergieë (hooikoors), neusbloeding, oorgebruik van dekongestante en ander irritasies.