Content begins here

Blogs

Help Opens in a new window

LANA NAPIER

Default profile image
----------

Blog #9

30 May 2021, 20:07 Publicly Viewable

1. Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur 'n LA van die volgende tipes vesels met mekaar?

  • Gemiëlineerde vesels met ongemiëlineerde vesels: Gemiëlineerde en kleiner vesels word makliker geblokkeer as wat ongemiëlineerde en groter vesels geblokkeer word.
  • Druk/ tassenuwees met die dorsale senuwees wat pynimpulse gelei: Die dorsale senuwees wat impulse gelei, is meer sensitief vir blokkering en word dus vinniger geblokkeer as druk/tassenuwees.

 

2. Maak 'n lys met die effekte van LA op ander weefsels.

  • Hart: LA blok Natrium kanale in die hart, dit verleng die refraktêre periode en verkort die aksie potensiaal. Dus kan dit anti-aritmiese effekte tot gevolg hê wat gewoonlik veroorsaak word deur Klas 1 anti-aritmiese middels soos bv. Lidokaïen.
  • Skeletspier: Geen kliniese toepassing a.g.v. swak blokkerende effekte.
  • Kokaïen: Beïnvloed sentrale katesjolamien-gemedieerde neurotransmissie (blokkeer Noradrenalien heropname). Verhoog die gemoedstoestand.

 

3. Waarop berus die keuse van 'n LA?

  • Die werkingsduur van die anestetikum.
  • Die kliniese gebruik van die anestetikum.
  • Hoe lank die anestetika gebruik gaan word.

 

4. Waarom word oplossings van LA soms met CO2 versadig?

CO2 tree op as 'n buffer wat dan veroorsaak dat die effek van LA gepotensieer word, dus sal aanvangswerking versnel.

 

5. Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik?

  • Kokaïen
  • Oksibuprokaïen
  • Bensokaïen

Blog #8

29 May 2021, 09:31 Publicly Viewable

1. Stel vir jouself 'n tabel op waarin jy die belangrikste effekte op elke stelsel (KVS, SSS, respirasie, niere, lewer en uterus) lys, maar ook die uitsonderings aandui. Die tabel is belangrik as jy by die keuse van middels kom.

Stelsel

Halotaan

Enfluraan

Isofluraan

Desfluraan

Sevofluraan

N2O

KVS

Sensitiseer miokardium vir aritmogene effekte van katesjolamiene.

↓ bloeddruk

Nie sensitisering van miokardium.

Minder ↓ van bloeddruk as by halotaan.

Nie sensitisering van miokardium.

Minder bloeddruk ↓ as halotaan en enfluraan.

Minder bloeddruk ↓ as halotaan en enfluraan.

Geen effek

SSS

Vinnige gladde induksie, Stadium 2 is afwesig.

↑ serebrale bloedvloei.

↑ intrakraniale druk.

Vinnige gladde induksie.

Konvulsies soms gepresenteer.

Vinniger induksie en herstel as halotaan.

↑ serebrale bloedvloei

↑intrakraniale druk.

Vinniger induksie en herstel as isofluraan

Amnesie,

Swak anestetikum,

Potente analgetikum

Respirasie

Geen speeksel-brongiale sekresies.

Geen hoes.

Meer ↓ as halotaan.

Potente onderdrukkende effek versterk, a.g.v. potente skeletspierverslappende effek.

Sker reuk, irriterend vir lugweë.

As induksiemiddel: veroorsaak hoes, asemnood en laringospasma.

Effekte soortgelyk aan Desfluraan, maar minder irriterend vir lugweë.

Suiwer N2O lei tot hipoksie. Gee NO2 saam met O2 of lug.

N2O het vinnige diffusie uit bloed na alveoli.

Niere

Lewer

Hepatotoksies

Word deur die lewer gemetaboliseer.

Uterus

↓ spierkontraksie. Veroorsaak eksterne draaiing van baba.

Uitsonderings

Kan aanleiding gee tot aritmie.

Kan konvulsies presenteer.

Nie gebruik by pasiënte wat spontaan moet asemhaal nie.

Geen skeletspierverslapping

 

2. Noem die belangrikste toksiese effekte van die inhalasiemiddels.

  • Halotaan: Hepatotoksies
  • Enfluraan: Konvulsies
  • Isofluraan: Potente respiratoriese onderdrukking
  • Desfluraan: Laringospasma
  • Sevofluraan: Laringospasma
  • N2O: Hipoksie as net suiwer NO2 gebruik.