Content begins here
JEAN-PIERRE MATTHYSEN
Blog#13
12 May 2021, 14:30
Bespreek die moontlike werkings meganismes van litium.
Beïnvloed cAMP, IP3 en DAG tweede boodskapper sisteme wat belangrik is die omskakeling en hersirkulering van membraanfosfoinositiede. IP3 en DAG is belangrik in monoamien(NA, DA, 5HT en H) en Cholinergiese(Ach) neurotransmissie.
Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?
0.5 -1.5 mM; >2 mM= toksies
Dit is dus belangrik om plasmavlakke te monitor om Litium toksisiteit te vermy.
Wanneer word litium as enkel middel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?
Litium word as enkel middel gebruik in die behandeling van major depressie van bipolêre steurnisse. Litium word as litium soute met chloried en karbonaat gekombineer. Litium word ook in kombinasie met lorazepam of klonasepam gebruik vir bipolêre versteurings.
Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê. Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddel voorbeelde.
- Litium toksisiteit a.g.v. verhoogde litium vlakke met dehidrasie, diuretika, NSAIMs, Ace-inhibeerders en SSRI’s(Fluoksetien)
- Verminderde effektiwiteit a.g.v. verhoogde renale uitskeiding in kombinasie met Teensuurmiddels soos Natriumbikarbonaat, teofillien en Kafeïen.
- Neurotoksisiteit kan voorkom in kombinasie met Karbamasepien, tipiese APM, kalsium kanaal blokkers, Lorsartan, metronidasool, fenitoïen en metiel-dopa.
- Verhoogde insidensie van EPS Newe effekte met tradisionele APM
Noem die belangrikste newe-effekte van litium.
Sedasie
Tremore
Ataksie
Afasie
Spierswakheid
Moegheid
Nefrotoksisiteit
Tiroïed vergroting
Leukositose
Edeem
Massatoename
Aknee
Alopesie(Haarverlies)
Sexuele wanfunksie
Wat is die status van litium gebruik tydens swangerskap en laktasie?
Daar is kommer oor die gebruik van Litium tydens swangerskap wat Ebstein se anomale en ander hart defekte by die fetus kan veroorsaak. Data is steeds beperk.
Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.
Manie
Anti-depressant
Angs
Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:
Me B. Polêr (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik:
Camcolit 600mg bd. Plasmavlakke wat na twee weke geneem is, was 0.8mmol/L. Sy het ‘n spier besering opgedoen en gebruik ook die afgelope 10 dae Indocid R® 75mg n. By verdere navraag meld sy dat sy “vreeslik gewig opgetel” het en nou sommer van haar ma se “water pille” drink in die hoop dat sy van die ekstra kilo’s ontslae kan raak. Sy kla egter dat sy baie moeg is, sukkel om haar oë in die klas oop te hou, dors bly en voortdurend bewerig en naar voel.
Die pasiënt se Litiumvlakke kan te hoog wees a.g.v. die gebruik van water pille asook Indocid(NSAIM) wat kan lei tot Litium toksisiteit. Sy moet dadelik die gebruik van hierdie ander middels staak om ontslae te raak van die simptome van litium toksisiteit wat sy tans beleef.
Blog#11
10 May 2021, 15:02
Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?
- Alifatiese syketting:
Geneesmiddels: Chloorpromasien
Potensie: Lae potensie, min EPS
Newe-effekte:
- Erge sedasie
- Sterk anticholinerge effekte
- Sterk α-litiese effekte (posturale hipotensie)
- Kardiotoksies
- Piperidien syketting:
Geneesmiddels: Perisiasien
Potensie: Lae potensie, min EPS
Newe-effekte:
- Erge sedasie
- Sterk anticholinerge effekte
- Sterk α-litiese effekte (posturale hipotensie)
- Kardiotoksies
- Piperasien syketting:
Geneesmiddels: Flufenasien, perfenasien, trifluoperasien, prochloorperasien
Potensie: Hoë potensie, meer EPS
Newe-effekte:
- Swakker anticholinerge newe effekte
- Swakker α-litiese effekte
- Minder sedasie
- Minder kardiovaskulêre (KVS) newe effekte
Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?
Mesolimbiese D2-Reseptore.
Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?
Die atipiese middels blokkeer die 5-HT2A reseptore meer as die D2-Reseptore. Terwyl die tipiese middels mesolimbiese D2-Reseptore blokkeer.
Watter van die reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstrapiramidale newe effekte?
Cholinergiese reseptore
Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte? Wat is die rede?
Piperasienderivate: Flufenasien, perfenasien, trifluoperasien, prochloorperasien
Butirofenoonderivate: Haloperidol
Difenielbutielpiperidiene: Pimosied (verwant aan butirofenone)
Die hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte van bg. Middels kan toegeskryf word aan die hoë potensie van D2-Reseptor blokkering.
A.g.v. watter reseptor blokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte?
A.g.v. alfa-1-Reseptor blokkade van die alifatiese groep middels word ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte soos bv. posturale hipotensie en ejakulatoriese impotensie waargeneem. Hierdie newe effekte word veral waargeneem met die gebruik van Chloorpromasien en droperidol.