Content begins here
ELAINE OBERHOLZER
Blog#3.5
10 Nov 2021, 15:38
- Verduidelik kortliks wat sistiese fibrose is en hoe dornase-alfa werk om die probleem op te los.
Sistiese fibrose is 'n genetiese metaboliese siekte, waar die ergste simptome sigbaar is in die lugwee.
dornase-alfa hidroliseer ekstrasellulere DNS vanaf die neutrofiele in die brongiale mukus om die vloeibaarheid daarvan te verbeter.
- Verduidelik kortliks wat neonatale respiratoriese noodsindroom is, wat die algemene behandelingstrategieë behels en hoe kortisoon en eksogene surfaktante werk om die probleem op te los.
Oppervlakatiewe stowwe wat die lugwee bedek is noodsaaklik vir gaswisseling, en word eers kort voor die geboorte gevorm. Premature babas kan die kondisie ontwikkel omdat dit nog nie gevorm is nie, en dit kan lei daartoe dat die longe platval.
algemene behandelingstrategiee is om vir die baba suurstof te gee, om oksigenering te verseker.
kortisoon werk om die endogene surfaktantproduksie aan te help, terwyl eksogene surfaktante die longsurfaktant aanvul.
- Wat is die rol van suurstofterapie by neonatale respiratoriese noodsindroom? Wat behels die gevare van suurstoftoksisiteit?
dit verseker voldoende oksigenering. die gevare sluit in: verminderde gaswisseling, hipoksie en dood.
- Verduidelik kortliks wat neonatale apnee is en hoe die metielxantiene werk om die probleem op te los. Watter metielxantiene word gebruik?
is wanneer 'n baba ophou asemhaal vir ongeveer 15 sekondes. metielxantiene help deurdat dit die sentrale senuweestelsel stimuleer. kaffeien en teofillien word gebruik.
Blog#3.4
7 Nov 2021, 12:06
- Wat is die algemene oorsake van rinitis en rinoree?
- allergie, verkoue, chemiese of geneesmiddel skade, koue lug, fisiese skade in neusholte.
- Watter geneesmiddelgroepe kan by die behandeling van rinoree gebruik word? Noem voorbeelde by elke groep.
- alpha-1 agoniste, soos fenielefrien en efedrien.
- antihistamiene, soos loratadien
- kortikosteroiede, soos prednisoon
- mastselstabiliseerders, soos ketotifen
- mukolitika, soos asetielsisteien
- antibiotika, soos neimisien
- diverse behandeling kan insluit dinge soos, stoom, soutoplossing en vlugtige olies
- Hoe verskil die dekongestante onderling ten opsigte van werkingsmeganisme en werkingsduur? Hoe word hulle tipies toegedien?
- sistemiese dekongestante het baie newe effekte, en het 'n langer aanvangswerking, dit kan toegedien word, oraal, of parenteraal.
- topikale dekongestante het minder newe effekte, en het 'n vinnige aanvangswerking, dit kan toegedien word, deur 'n sproei of druppels.
- Wat is rhinitis medicamentosa? Hoe word dit behandel?
- dit behels die permanente vasokonstriksie as gevolg van chroniese behandeling met dekongestante, wat lei tot gebrekkige lokale bloedvoorsiening en gee aanleiding tot skade aan neus slymvliese met permanente inflammasie en swelling. Dit word behandel deur kortisoon neusproeie.
- Hoe verskil die eerste en tweede generasie antihistamiene ten opsigte van die werkingsmeganismes waarvolgens rinitis en rinoree verlig word? Wat is die voordele van die tweede generasie antihistamiene? Waarom behoort hulle nie gebruik te word om verkouerinitis te verlig nie?
- eerste generasie: is lipofiel van aard en kan sedasie veroorsaak, dit droog die waterige sekresies op, aangesien dit antimuskariene effekte het. Dit moet nie gebruik vir verkouerinitis nie, omdat dit baie sistemiese newe effekte tot gevolg het.
- tweede generasie: is nie lipofiel van aard nie, en kan vir langtermyn gebruik word. dit word egter meer aangedui vir allergiese rinitis. die voordeel is dat daar minder sistemiese newe effekte is.
- Wanneer is kortikosteroïede, anti-allergiese middels, mesna en normale soutoplossing bruikbaar en hoe word dit toegedien?
- kortikosteroiede: word gebruik vir allergiese rinitis, neuspoliepe, inflammatoriese rinits en omkering van rinitis medicamentosa. dit word parenteraal of oraal toegedien.
- anti-allergiese middels: vir profilakse van allergiese rinitis. dit word topikaal toegedien.
- mesna: wanneer nasale sekrete taai is. dit word topikaal toegedien.
- soutoplossing: by kinders en swanger vrouens vir allergiese rinitis. word toegedien as druppels.
Blog#3.2
2 Nov 2021, 17:05
- Gee jou eie definisie van COLS.
beskryf verskillende grade van en/of die kombinasie van brongiale asma, chroniese brongitis en emfiseem.
- Beskryf kortliks die voorgestelde etiologie en patofisiologie van chroniese brongitis en emfiseem.
chroniese brongitis: nonspesifieke obstruktiewe lugwegsiekte. dit word beskryf deur verhoogde mukusproduksie, verlaagde mukosiliere opruiming, gereelde bakteriele lugweginfeksies, strukturele veranderinge in brongiale wande en 'n chroniese hoes wat veroorsaak word deur taai mukus.
emfiseem: onomkeerbare verwyding van respiratoriese brongioli en alveoli as gevolg van strukturele skade, gewoonlik deur rook of irritante. Lug word in die longe vasgevang.
- Watter tipes terapie word ingesluit om ’n COLS-pasiënt te behandel?
anticholinergiese middels, B2 stimulante, kortikosteroiede en suurstof terapie. ook antibiotika.
- Waarom is ipratropium meer effektief by die behandeling van chroniese brongitits as by die behandeling van brongiale asma?
ipratropium is nie anti-inflammatories nie, en by asma word die anti-inflammatoriese funksie gebruik om die lugvloei te verbeter.
- In watter opsig hou die skeletspier-effekte van teofillien voordele in by die behandeling van COLS?
teofillien verbeter die sametrekking van die diafragma, wat beter ventilasie tot gevolg het.
- Wat is die rol van suurstofterapie by COLS?
die suurstof help om die hipoksie te verbeter, en meer suurstof na weefsel te vervoer.
Blog #2.5
5 Oct 2021, 13:49
Fluvoksamien bind aan sigma-1 reseptore van immuunselle wat aanleiding gee tot 'n verminderde produksie van inflammatoriese sitokiene (NIH COVID-19 Treatment Guidelines). Daarom tree fluvoksamien op as anti-inflammatories, en kan nuttig wees by die behandeling van covid pasiente wat sukkel met inflammasie, verval in hul longe.
https://www.covid19treatmentguidelines.nih.gov/therapies/immunomodulators/fluvoxamine/
Blog#2.4
24 Sep 2021, 11:41
- Wat beteken die term “endotelium-afhanklike” vasodilatasie vir jou? Verduidelik.
die vasodilatasie is afhanklik van die endotelium om vasodilatasie tot gevolg he, en dit veroorsaak 'n toename in die kalsium vlakke wat die sintese van NO kan bevorder.
- As ons praat van die NOS-ensieme, wat beteken “konstitueel” en “geïnduseerde” ensieme, en wat is die patologiese en fisiologiese implikasies hiervan?
Konstituele ensieme is ensieme wat konstant gesintetiseer word en dit lei tot groter patologiese en fisiologiese effekte, omdat dit konstant teenwoordig is.
Geinduseerde ensieme is ensieme wat deur 'n substans gestimuleer word om voor te kom, en is dus nie altyd teenwoordig nie, en het 'n kleiner patologiese en fisiologiese implikasie.
- Verduidelik hoe NO tot die noodlottige patologie van septiese skok bydra.
die NO vorming wat deur bakteriee veroorsaak word, kan lei tot hipotensie, wat die septiese skok vergerger.
- Watter outakoïede se meganisme van werking berus op effekte op die guanilielsiklase-cGMP-stelsel?
Stikstofmonoksied
- NO kan vir die sel toksies wees. Watter maniere het die liggaam om hierdie nadelige effek van NO teen te werk?
die liggaam maak seker dat daar nie 'n oormaat NO teenwoordig is nie, deur byvoorbeeld homeostase.
- Noem ‘n manier hoe NO pro-inflammatories kan optree. Gee voorbeelde waar dit voor- of nadele sal hê.
NO is pro-inflammatories omdat dit inflammasie induseer wanneer daar 'n oorproduksie is in abnormale kondisies.
Voordele- versnel die genesing van beseerde weefsel, deurdat die inflammasie bloedvloei na die geaffekteerde area verhoog.
Nadelig- in 'n geswelde gewrig, waar dit pyn kan veroorsaak wanneer die gewrig gebruik word.
- In watter moontlike neurologiese en psigiese siektes is NO betrokke?
Parkonsonisme, Alzheimers, Huntington se siekte, beroerte
Blog#2.2
12 Sep 2021, 16:32
In watter siektetoestande is angiotensinogeenvlakke verhoog? Wat is die implikasies hiervan?
- Angiotensinogeen vlakke word verhoog wanneer daar ‘n afname in bloeddruk is. Die implikasie hiervan is dat die angiotensien I en II vlakke ook sal verhoog, en die bloeddruk uiteindelik sal herstel.
Wat is die rede daarvoor dat middels wat die angiotensienstelsel deur werking op angiotensienreseptore rem, minder newe-effekte het as die wat AOE rem?
- Die ACE remmers het ‘n invloed op die bradikinien stelsel, terwyl die angiotensien remmers nie ‘n effek op ‘n ander sisteem het nie, en dadelik die terapeutiese effek ontlok.
Op watter wyse het AOE-remmers ‘n tweevoudige meganisme van werking by die behandeling van hipertensie?
- AOE-remmers het ‘n invloed op die angiotensien II sisteem, sowel as die bradikinien sisteem, en daarom die tweevoudige meganisme van werking. Met die angiotensiensisteem, veroorsaak die middels dat die AOE geinhibeer word, en dit lei tot ‘n afname in die vorming van angiotensien II, wat dan die bloeddruk verlaag. Die inhibisie van die AOE, veroorsaak dat bradikinien nie omgeskakel kan word in onaktiewe metaboliete nie, en die oormaat bradikinien lei tot vasodilatasie en uiteindelik tot laer bloeddruk.
Op watter tipe angiotensienreseptore werk losartan en soortgelyke middels? Het hulle enige effekte, direk of indirek, op ander angiotensien II-reseptore?
- Die middels werk in op die angiotensien II reseptore, en het ook ‘n effek op angiotensien I reseptore.
Wat is die fisiologiese effekte van kiniene op arterieë en vene? Speel ander outakoïede ‘n rol in hierdie werking? Verduidelik.
- Kiniene is potente vasodilatoriese peptiede, en veroorsaak gevolglik vasodilatasie in arteries en veneuse kontraksie. Prostaglandiene speel ook hier ‘n rol.
Watter reseptor is waarskynlik die mees betrokke in die klinies-belangrike effekte van kiniene?
- Bradikinien reseptore. (B1 & B2)
Op watter wyse is natriuretiese peptiede moontlik effektief in die behandeling van hipertensie, asook kongestiewe hartversaking?
- ANP en BNP is effektief vir hipertensie en hartversaking, omdat hulle dilatoriese effekte het, en die vullingsdruk en bloedvolume laat afneem.
Wat is neprilisien en wat is die rasionaal om sy aktiwiteit te inhibeer by die behandeling van hartversaking. Kan jy die middel noem wat sodanig gebruik word. Verwys ook na leereenheid 1 waar julle ook met die spesifieke middel te doen gekry het.
- Neprilisien is ‘n neutral endopeptidase wat verantwoordelik is vir die afbraak van die natrueretiese peptiese in die niere, lewer en longe. Die inhibisie van neprilisien verhoog die sirkulende vlakke van ANP en BNP en veroorsaak gevolglik natiurese en diurese.
- Die middel wat sodanig gebruik word, is: Sacubitril, wat in kombinasie met Valsartan effektief is vir die behandeling van hartversaking.
Gee voorbeelde van endotelium-afgeleide vasodilatore en vasokonstriktore.
- Vasodilatore: prostasiklien
- Vasokontriktore: endotelien 1
Blog# 2.1
10 Sep 2021, 09:43
‘n Migraine is bekend daarvoor dat dit gepaardgaan met naarheid en braking. Die trigeminus senuwee in die intrakraniale arteries stel peptied neurotransmitters vry. Hierdie transmitter is kragtige vasodilators. Die meganiese rekking van die vate, wat veroorsaak word deur die perivaskulere edeem, kan die oorsaak wees van die pyn wat ervaar word.
Die huidige behandeling vir ‘n migraine is serotonien agoniste, wat insluit sumatriptan, naratriptan en rizatriptan. Ergotalkaloiede, NSAIDs, beta-blokkers, kalsium-kanaal blokkers en SSRIs kan egter ook gebruik word vir die behandeling van migraine.
Die meganisme van werking:
- Die triptane en die ergotalkaloiede aktiveer die serotonien reseptors op die presinaptiese senuwee eindpunte, wat dan die vrystelling van die vasodilaterende peptiede inhibeer, wat dus sal veroorsaak dat die vate nie meer gedilateer word nie.
- Dit kan ook moontlik die vasodilatasie en rekking van die pyn-eindpunte voorkom.