Content begins here
JOHAN DU PLESSIS
Belasting van individue in Japan.
19 Oct 2017, 19:56
In Japan werk hulle volgens die geldeenheid Japanese Yeng (JPY) wat om en by 8 keer swakker as die Rand is. Permanente inwoners betaal belasting op hul wêreldwye inkomste en nie-inwoners betaal sleg belasting op hul Japanese inkomste.
Die plaaslike inwoners word belas teen 10% op hul bruto belasbare inkomste as hulle vanaf 1 Januarie in die betrokke finansiële jaar in Japan teenwoordig was. Plaaslike inwoners se balasting is nie-aftrekbaar nie. Nie-inwoners betaal 20% belasting op hul bruto belasbare inkomste.
27447588
SARS teiken die hoër netto waarde individue.
19 Oct 2017, 19:08
Belasting nuus 2017
Die hoër netto waarde individue in Suid Afrika gaan baie onder druk geplaas word in die nabye toekoms deur SARS. Volgens Jerry Botha sal die lae nakoming aan die belastingvereistes van die land deur die bogenoemde individue hul duur te staan kom.
Daar is klaarblyklik 'n groot gedeelte van die 40 400 individue wat nie hul belastinverpligtinge nakom nie. Die nie-nakoming van die wet deur die individue met 'n gekombineerde rykdom van om en by 17 biljoen Amerikaanse dollars is die rede dat SARS 'n groot gedeelte van hul jaarlikse inkomste verloor.
SARS se plan van aksie is om beter en meer spesifiek te oudit. Een van die aksies is om 130 van die individue se boeke in die huidige finansiële jaar te oudit.
27447588