Content begins here

Blogs

Help Opens in a new window

ANNIKA VILJOEN

Default profile image
----------

Belasting nuus.

19 Oct 2017, 13:44 Publicly Viewable

TRUSTS: Is dit die moeite werd?

Drastiese veranderinge in die  registrasie van 'n trust effekteer die belasting implikasies, wat onsekerheid skep by individue of trusts in die toekoms steeds gestig salkan word.

Daar is verskeie redes vir die stig van 'n trust,maar indien die  rede was om betaalbare belasting te verminder, moetdie rede heroorweeg word.

'n Trust is een van die hoogs belasbare entiteite met 'n vaste, effektiewe koers van 36%.

Volgens Howard, een van die woordvoerders, sal 'n trust, met bates van minstes R10- tot R15 miljoen eers  die moeite werd wees om  te hou, omdat kostes soos, trusteefooie, belastingaanspreeklikheid en die opstel van finansiële state, so hoog is.

BRON: https://www.iol.co.za/business-report/opinion-trusts---do-they-stay-or-do-they-go-11568760

A. Viljoen (27010929)

Individuele belasting in Brasilië (27010929)

19 Oct 2017, 10:31 Publicly Viewable

INDIVIDUELE BELASTING VAN BRAZILIË:

Brazilë, soos Suid Afrika het 'n progresiewe belastingstelsel wat individue se inkomste tot 'n maksimum van 27.5% belas. Hierdie land is bekend vir een van die mees komplekste belastingstelsel ter wêreld, omdat daar drie vlakke van belasting outoriteite is naamlik, federaal,staat en munisipalteit.

'n Persoon is 'n inwoner van Brazilië indien:

  • Woonagtig is in Brazilië.
  • Werk vir 'n Braziliaanse staatsdepartement of agentskap.
  • Gaan die land binne onder 'n permanente visa.
  • Gaan die land binne onder 'n tydelike visa vir werk in Brazilië  vir meer as 184 dae binne 'n 12 maande tydperk.

'n Inwoner van Brazilë word belas op wêreldwye verdienste sowel as winste tot die beskikking van wêreldwye bates en regte. Belasting intervalle is op 'n maandelikse inkomste,op 'n jaarlikse basis van toepassing. Hierdie land se jaar van aanslag is vanaf 1 Januarie tot 31 Desember.

As gevolg van die resessie wat Brazilië in 2016 getref het, het belasting verliese gestyg, dit het veroorsaak dat belastinkoerse styg en addisionele reëls ingestel is om die staat te help om uitgawes te dek. Dit sluit in BTW wat gehef word op elektrisiteit, brandstof, tabak en verversings.  Algemene aftrekkings is toelaatbaar (bv. onderig of opleiding, private pensioenbydraes, skenkings, sekere skoolfondse en mediese uitgawes) . In Brazilië word geen erfbelasting gehef nie,maar in sekere state word dit hanteer as geskenkebelasting.

BRON:

http://www.pkf.com/publications/tax-guides/braziltax-guid/

http://www.internationaltaxreview.com/article/3753796/the-challenge-of-tax-compliance-in-brazil.html

A. Viljoen (27010929)

A. Kemp (27095002)

R. Hoogenboezem (27229408)