Content begins here

Blogs

Help Opens in a new window

JF STRAUSS

Default profile image
----------

BLOG 4

17 May 2021, 13:58 Publicly Viewable

Natuurlike/kruie wat gebruik word vir insomnia:

  • Laventel: chemikalieë teenwoordig in laventel olie soos linaliel asetaat en linalool is chemikalieë wat maklik deur die bloedstroom geabsorbeer word. Daar word geglo dat die chemikalieë die NT inhibeer wat 'n sedatiewe en pyn verligtende effek het.
  • Chamomile: Dit is 'n samestelling van die antioksidant apigenin wat verantwoordelik is vir die kalmerende effekte van chamomile. Hierdie antioksidant bind aan reseptore in die brein wat lei tot 'n afname in angs em lei ook tot die inisiëring van slaap.
  • Velerian: Velerenic suur is samestellings wat hierin gevind kan word. Daar is gevind dat velerian met GABA interaksie in die brein het wat help met die regulasie van senuwee impulse.
  • CBD olies: Dit is die hoof kannabinoied in die dagga plant. Kannabinoiede is baie aktief wanneer dit met endokannabinoied interaksie het . hierdie interaksie help die liggaam om stabiliteit en balans te onderhou. 
  • Rooibos: Rooibos het 'n kalmerende effek op die sss. Dit is kaffeien vry. dit word voorgestel aan pasiënte met insomnia.

Blog 3

17 May 2021, 13:47 Publicly Viewable

Watter faktore mag die absorpsie en distrubisie van sedatief-hipnotiese middels affekteer? Wat is die kliniese belang hiervan?

  • Lipofiliteit verwys na die lipied oplosbaarheid van 'n gm en dus het dit 'n invloed op die absorpsie en distribusie van die gm.
  • 'n Ander faktor beïnvloed die absorpsie en distribusie van 'n gm is sy biotransformasie. Dit is 'n metaboliese transformasie van 'n gm tot 'n meer water oplosbare metaboliet.

Hoe meer water oplosbaar 'n gm is hoe makliker word die in die liggaam geabsorbeer en versprei.

Wat word bedoel met die redistrubisie en wat is die belang hiervan?

  • Redistribusie is wanner hoogs oplosbare middels gedistribeer word tot die omringende weefsel en is dan gevolg deur die spiere en vet. 

Hoe word BD's gemetaboliseer? noem die verskillende stappe in die proses

  • BD's word in 3 stappe gemetaboliseer: Dealkanisering, mikrosomal oksidasie en konjunksie.

Watter BD's word na aktiewe metaboliete omgeskakel? Wat is die belang hiervan?

  • Diasepam, kloraseptaat, prazepam, chlordiasepoksied, ketasolam.
  • hierdie middels gaan almal deur die drie stappe van biotransformasie.

Watter BD's is nie afhanklik van sitochroom p450 oksidatiewe ensieme vir metabolisme nie? wat is die voordele hiervan?

  • Oksasepam, lorasepam, temasepam, lometasepam
  • omdat hierdie middels nie afhanklik is van CYP450 oksidatiewe ensieme nie is dit die keuse middel in pasiënte met 'n verlaagde CYP450 aktiwiteit.

War is ensiem induksie? watter van die sedatief-hipnotiese middels staan as die bekend? wat is die kliniese belang hiervan?

  • Ensiem induksie: Dit is wanneer daar 'n afneme in die orexin antagonis konsentrasies.
  • bv. Karbamasepien.

 

 

BLOG 2

17 May 2021, 13:31 Publicly Viewable

Wat is anterograde amnesie en watter middels lewer hierdie effek?

  • Anterograde amnesie is die onvermoë vir 'n persoon om goed te onthou of geleenthede wat gebeur het tydens die tyd wat hulle die geneesmiddel gebruik het of die geneesmiddel steeds in hul sisteem is.
  • Bensodiasepiene.

Noem die effekte van die sedatief-hipnotiese gm op die slaap patroon en verduidelik hul betekenis tot die pasiënt

  • Fase 2 van NREM neem toe.
  • Die tyd van REM neem af.
  • Fase 4 NREM neem af.
  • Latentheid van slaap neem af.

die duur om aan die slaap te raak neem af en die totale slaap neem toe.

Watter van die sedatief-hipnotiese middels word gebruik as n aanvullende terapie in anestesie? kan jy verduidelik hoekom?

  • Barbiturate: Tiopental en Methohexital
  • Benzos: Diasepam, lorasepam, midasolam. 
  • hierdie middels is lipied oplosbaar en word deur middel van IV toegedien.

Watter van die sedatief-hipnotiese middels word as anti-konvulsante gebruik?

  • Barbiturate en Benzos

Wat is die meganisme van spierverslappende effekte op van die karbamate en die bd?

  • BD middels span die inhibitoriese effekte in die sinaptiese refleks en teen 'n hoë dosering by die skeletale NM aansluiting om die verslappende effek te gee.

Bespreek die effekte van die sedatief-hipnotiese middels op die respiratoriese en kardiovaskulêre sisteme

  • Normale dosisse kan kardiovaskulêre onderdrukking in pasiënte met onderliggende hart kondisies veroorsaak.
  • As 'n pasiënt oordoseer kan dit lei tot sirkulatoriese plat val as die miokardiale kontraktiliteit en vaskulêre tonus mag onderdruk word.