Content begins here
IZEL ENGELBRECHT
Blog #13
2 Jun 2021, 18:05
Wat is pyn:
Onaangename, subjektiewe sensoriese en emosionele ervaring geassosieer met werklike of potensiële weefselskade.
- Akute pyn (“nociceptive”) o Somaties: vel, been, gewrig, spier, bindweefsel o Visceraal: intestinale organe, bv. Dikderm, pankreas
- Chroniese pyn (funksionele en neuropatiese pyn) o Funksioneel: fibromialgie, IBS, spanningstipe hoofpyn o Neuropaties: senuweeskade, postherpetiese neuralgie, diabetiese neuropatie
Wat veroorsaak pyn:
Daar is ‘n stygende algetiese spinotalamiese baan (waar die impulse na ‘n besering bv. deur die rugmurg vervoer word na die thalamus en die korteks en dit word daar dan geïnterpreteer). Daar word ook van die endogene opoïed peptide vrygestel, wat dan die dalende analgetiese baan aktiveer om dan pynstillende effekte tot gevolg te hê. In die dalende pynbane speel die twee oordragstowwe, 5-HT en NA, ‘n NBe rol by pynverligting
Behandeling
Opioïedanalgetika (prototipe van morfien):
- Kragtigste pynverligters
- Tree in interaksie met opioïedreseptore (kry hierdeur die analgetiese teeneffek)
Blog#10
18 Apr 2021, 18:13
- Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?
-
- Anticholinergiese middels
- Dopamien agoniste
- Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?
-
- Dit is ‘n metaffinoïede potensieëerder van dopamien
- NMDA antagonis (antidiskinetiese middel – onderdruk onwillekeurige beweging van Parkinson’s.
- Adenosien A2 antagonis
- Antiretrovirale middel wat die D2 reseptor funksie inhibeer
- Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat
dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.
Safinamien
Verhoog dopamien funksie en verlaag Glutamaat vrystelling
Istradefillien
Adenosien A2 antagonis wat D2 se funksie inhibeer
- Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?
Broomkriptien is ‘n ergot derivaat, maar Pramipexole en Ropinirole is nie.
- Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.
-
- Broomkriptien: Gedeeltelike agonis op D2 reseptore
- Pramipeksool: D3 reseptors
- Ropinirool: D2 reseptor agonis
- Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer? Wat beteken dit?
-
- Rasagelien en selegilien- MAO-B inhibeerder
- Verminder die siekte progressie en simptome.
- Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?
Hulle inhibeer selektief MAO-B ensieme met die gevolg dat dopamien metabolisme onderdruk word en dopamien vlakke in die SSS verhoog. Dus verlig dit simpatomimetiese effekte van Parkinsonisme.
- Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?
KOMT-remmers inhibeer die metabolisme van l-dopa na 3-O-metieldopa deur KOMPT wat dan met l-dopa kompeteer vir aktiewe transportprosesse. Dit verleng dan die werkingsduur van l-dopa, veroorsaak ‘n afname in perifere metabolisme en verbeter biobeskikbaarheid.
- Hoe werk Istradefilien?
Adenosien A2a reseptor antagonis wat die ooraktiwiteit van die striatale weg verminder en dus die balaans in die basale ganglia herwin.
- Bespreek die werkingsmeganisme van safinamied
Dit is ‘n mono oksidase B inhibeerder.
-
- Verhoog Dopamien se aktiwiteit deur die potente omkeerbare inhibisie van Mao-B en die inhibisie van dopamien heropname.
- Verlaag die vrystelling van Glutamaat.
Izel Engelbrecht (31624588)
22 Feb 2021, 21:07
- Watter tipe ioonkanale word op senuselmembrane gevind?
- Potensiaalbemiddelde ioonkanale
- Ligandbemiddelde ioonkanale
- Noem 3 verskille tussen potensiaalafhanklike en ligandafhanklike ioonkanale.
- Potensiaalafhanklike ioonkanale het metabotrobotropiese reseptore, waar ligandafhanklike ioonkanale ionotropiese reseptore het.
- Potensiaalafhanklike ioonkanale word gestimuleer deur veranderinge in die membraanpotensiaal van die sel, waar ligandafhanklike ioonkanale gestimuleer word deur die binding van ‘n neurotransmitter aan die ioonkanaal.
- Potensiaalafhanklike ioonkanale maak gebruik van tweede boodskapper proteïene, waar daar geen tweede boodskappers betrokke is by ligandafhanklike ioonkanale nie.
- Vergelyk ionotropiese en metabotropiese reseptore.
Metabotropiese reseptore
- Verantwoordelik vir metaboliese veranderinge
- G-Proteïene is betrokke, wat veroorsaak dat effekte langer duur
- Dra sein oor van die selligaam na terminaal
Ionotropiese reseptore
- Verantwoordelik vir die opening van ioonkanale
- Ionotropiese reseptore is betrokke, wat lei tot korter duur van effekte
- Die ioonkanaal word gereguleer d.m.v interaksie met die ligand en reseptor.
- Klassifiseer die SSS reseptore in ionotropiese en metabotropiese reseptore en ken die transduksiemeganisme van elke reseptor.
Ionotropiese reseptore
Die volgende reseptore het ligandbemiddelde transduksiemeganismes:
Reseptor |
Transduksiemeganisme (Neurotransmitter) |
GABA-A |
GABA (γ-aminobottersuur) |
Nikotinies (N) |
AcH (Asetielcholien) |
Glutamaat reseptore: NMDA, Kainate, AMPA |
Glutamaat Of Aspartaat |
5-HT3 |
Serotonien |
Metabotropiese reseptore
Hierdie transduksiemeganisme gebruik adenielsiklase as 2de boodskapper:
Reseptor |
Neurotransmitter |
β 1+2 |
NA/A (Noradrenalien/adrenalien) |
Dopamien |
D1 (dopamien), D2 |
α 2 |
Noradrenalien /Adrenalien |
5-HT1 A en B (Serotonien) |
5-HT (Serotonien) |
M2 en M4 (Muskarinies) |
AcH (Asetielcholien) |
mGlu1 (‘n Glutamaat reseptor) |
Glutamaat of aspartaat |
Hierdie transduksiemeganisme gebruik die Fosfolipase-C stelsel:
Reseptor |
Neurotransmitter |
α1 |
NA/A |
5-HT 2 |
5-HT |
M1,M3,M5 |
AcH |
Histamien1 |
H (Histamien) |
mGlu8 (Glutamaat reseptor) |
Glutamaat of aspartaat |
- Verduidelik die verskil tussen 'n EPSP en 'n IPSP en gee voorbeelde van elk.
EPSP: Eksitatoriese post sinaptiese potensiaal
Wanneer ‘n eksitatoriese weg gestimuleer word, deurdat bv. glutamaat aan die NMDA reseptor bind en stimuleer, vind daar depolarisasie plaas wat ‘n eksitatoriese membraan potensiaal tot gevolg sal hê. Daar is ‘n toename in die ioondeurlaatbaarheid en die SSS word gestimuleer.
Bv. ‘n NMDA agonis kan gebruik word om ‘n pasïent se SSS werking te stimuleer terwyl ‘n antagonis dit sal onderdruk.
IPSP: Inhiberende post sinaptiese potensiaal
Wanneer ‘n inhiberende weg in die SSS gestimuleer word deurdat γ-aminobottersuur (GABA) aan ‘n GABA reseptor bind en die reseptor prikkel, word die post sinaptiese potensiaal gehiperpolariseer weens die selektiewe opening van chloor kanale sodat ‘n inhiberende post sinaptiese potensiaal kan ontwikkel wat uiteindelik die SSS gaan “onderdruk”.
Bv. GABA –agonis gebruik wanneer ons iemand wat epilepsie het wil behandel om sodoende die SSS te onderdruk om uiteindelik die epileptiese aanval te stop, ‘n GABA – antagonis sal tipies dan gebruik word wanneer ons die SSS-werking wil stimuleer in ‘n pasïent.
- Wat is die rol van kalsium in die ontwikkeling van 'n sinaptiese potensiaal?
Kalsiumione wat vrygestel word stimuleer die vrystelling van neurotransmitters uit sinaptiese vesikels tot in die sinaptoese gleuf wat lei tot die ontwikkeling van ‘n sinaptiese potensiaal.