Content begins here
ENCHANTÉ DU PREEZ
Blog #3.2
7 Nov 2021, 20:22
- Gee jou eie definisie van COLS.
Chroniese obstruktiewe longsiekte (COLS) is 'n chroniese inflammatoriese longsiekte wat belemmerde lugvloei vanaf die longe veroorsaak. Simptome sluit in asemhalingsprobleme, hoes, slym (sputum) produksie en hyg. Dit word gewoonlik veroorsaak deur langdurige blootstelling aan irriterende gasse of deeltjies, meestal van sigaretrook. Mense met COLS het 'n groter risiko om hartsiektes, longkanker en 'n verskeidenheid ander toestande te ontwikkel.
Emfiseem en chroniese brongitis is die twee mees algemene toestande wat bydra tot COLS. Hierdie twee toestande kom gewoonlik saam en kan in grootliks verskil tussen individue met COLS.
- Beskryf kortliks die voorgestelde etiologie en patofisiologie van chroniese brongitis en emfiseem.
Chroniese brongitis
Etiologie - Chroniese brongitis is ’n nonspesifieke obstruktiewe lugwegsiekte waarvan die presiese etiologie onduidelik is, maar geassosieer word met langtermyn-blootstelling aan iritante soos sigaretrook, stof en irriterende gasse
Patofisiologie - Die simptome en tekens van chroniese brongitis word met mukushipersekresie, verlaagde mukosilêre opruiming, gereelde bakteriële lugweginfeksies en strukturele veranderinge in die brongiale wande geassosieer. Chroniese brongitis lyers ontwikkel ook ’n chroniese hoes in reaksie op die oormatige taai slym. Aangesien die vagusrefleks ’n tipiese gevolg van die stimulasie van irritantreseptore in die lugweë is, speel ’n ooraktiewe parasimpatiese senuweestelsel ’n belangrike rol by chroniese brongitis.
Emfiseem
Etiologie - Emfiseem behels ’n onomkeerbare verwyding van die respiratoriese brongioli en alveoli (verlies aan elastisiteit) as gevolg van strukturele skade aan die wande
Patofisiologie - Die lug word dus in die respiratoriese ruimte van die longe vasgevang en moeilik uitgeasem, sodat ventilasie van die longe moeilik plaasvind. Verder is daar soms ook ’n vermindering van kappilêre bloedvatvoorsiening wat gasuitruiling verder belemmer. Soos in die geval van chroniese brongitis is sigaretrook ’n baie belangrike oorsaak, veral by strawwe rokers of geneties vatbare individue (bv. perone met a1-antitripsiengebrek).
- Watter tipes terapie word ingesluit om ’n COLS-pasiënt te behandel?
- Anticholinergiese middels
- b2-simpatomimetika
- Teoxantiene,
- Kortikosteroïede
- Suurstof terapie
- Antibiotika
- Sjirurgie indien nodig.
- Terapie in spesiale gevalle - Wanneer 'n COLS-lyer met verergerende dispnee en verhoogde sputumvolume en -purulensie presenteer, word antibiotiese terapie aangedui. Wanneer 'n COLS-lyer met akute respiratoriese versaking presenteer, is kortikosteroïedterapie effektief (met voorbehoud dat pneumonie en sepsis afwesig is).
- Waarom is ipratropium meer effektief by die behandeling van chroniese brongitits as by die behandeling van brongiale asma?
Ipratropium word as anticholinergiese terapie (ipratropium-inhalasie) hedendaags verkies as eerste-linie middel by die behandeling van COLS. Spesifiek by COLS (chroniese brongitis en emfiseem) is die brongodilatoriese effek meestal beter as wat met b2-simpatomimetika verkry word. Ipratropium is ‘n M3 antagonis in lugwee wat Vagussenuwee stimulasie in lugweg a.g.v ACh vrystelling vanaf efferente senu eindplate → brongokonstriksie en ↑ mukusproduksie inhibeer.
- In watter opsig hou die skeletspier-effekte van teofillien voordele in by die behandeling van COLS?
‘n Stadige-vrystellingspreparaat van teofillien kan gebruik word. Teofillien het veral die voordeel dat dit diafragmakontraktiliteit verbeter en diafragma-uitputting verminder, kardiale kontraktiliteit verbeter, pulmonale weerstand verlaag, mukosiliêre opruiming verbeter en die ventilatoriese respons op hipoksemie verbeter.
- Wat is die rol van suurstofterapie by COLS?
Suurstofbehandeling verhoog die hoeveelheid suurstof wat in jou longe en bloedstroom invloei. As jou COPD baie sleg is en jou bloed suurstofvlakke laag is, kan meer suurstof jou help om beter asem te haal.
In erge grade van COLS verbeter 18-24 ure/dag O2-inhalasieterapie die morbiditeit en mortaliteit drasties. Dit word dus sterk aanbeveel in gevalle van volgehoue hipoksie (verskeie tipes draagbare O2-houers is beskikbaar). Sommige pasiënte benodig O2‑inhalasieterapie slegs met oefening of tydens slaap.
Blog #3.4
7 Nov 2021, 19:58
- Wat is die algemene oorsake van rinitis en rinoree?
Gewoonlik die gevolg van allergieë, verkoue, chemiese of geneesmiddelskade, koue lug of fisiese skade.
- Watter geneesmiddelgroepe kan by die behandeling van rinoree gebruik word? Noem voorbeelde by elke groep.
Antihistaminika en antimuskariniese middels |
Eerste generasie
Tweede generasie
|
- Hoe verskil die dekongestante onderling ten opsigte van werkingsmeganisme en werkingsduur? Hoe word hulle tipies toegedien?
Die a-agoniste word baie algemeen gebruik in die topikale doseervorme (neussproeie, druppels en jellies) en inhalasie van vlugtige verbindings om dekongestie van die neusslymvlies teweeg te bring. Die neussproeie versprei die geneesmiddel die beste en word verkies. Die druppels loop maklik deur tot in die farinks, vanwaar dit in die SVK beland en meer sistemiese newe-effekte kan veroorsaak, maar word nogtans soms verkies by kinders met kleiner neusgange.
Dit is verder belangrik om elke gebruiker van topikale preparate te waarsku teen die gevaar van privinisme met oorgebruik. Dit is hoofsaaklik vir korttermynbehandeling bedoel. Persone met privinisme behoort behandeling te staak en tydelik lokale kortikoïedterapie te ontvang. Soms ervaar persone wat die dekongestante chronies gebruik het dat hulle ’n toe neus ontwikkel wanneer hulle die terapie staak. Vir hierdie persone kan eers die een neusgang “gespeen” word, sodat daar darem nog een oop neusgang is. Wanneer die “gespeende” neusgang hertstel het, kan die tweede een ook “gepeen” word. Daar is ook orale preparate beskikbaar, maar hierdie doseervorm gee aanleiding tot meer newe-effekte en het 'n stadiger aanvang van werking.
Die volgende algemene riglyne kan by die keuse van 'n dekongestant gevolg word:
Absolute kontraïndikasies sluit in iskemiese hartsiektes en erge hipertensie.
Relatiewe kontraïndikasies sluit in gloukoom (midriase met verminderde vogdreinering), prostaathipertrofie (kontraksie van blaassfinkter), hipertiroïedisme (hipertensie) en diabetes mellitus (glukoneogenese en glukogenolise). Indien hierdie middels wel gebruik word, word die topikale middels verkies, of die kortwerkende middels waarvan enige newe-effekte gouer sal termineer. Van die kortwerkende middels moet die imidasoliene egter met groot omsigtigheid gebruik word.
Geneesmiddelinteraksies sluit in dat persone wat MAO-I gebruik die dekongestante versigtig moet gebruik, omdat dit ’n hipertensiewe krisis kan ontlok. So ook kan hipertensie en aritmieë ontlok word in kombinasie met trisikliese antidepressante. Saam met nie-selektiewe b-blokkers is daar ook die potensiaal van hipertensie, omdat die vasodilaterende b-adrenoseptore nou geblokkeer word, terwyl die vasokonstriktoriese a-adrenoseptore gestimuleer word. Persone wat geneig is tot terugslagrinitis kan die langwerkende dekongestante gebruik, omdat dit minder geneig is om terugslagrinitis veroorsaak.
Swanger en lakterende vroue moet slegs indien absoluut nodig van die dekongestante gebruik maak. Topikale oksimetasolien is relatief veilig wanneer daar nie enige ander kontraïndikasie is nie.
Babas onder ses maande haal hoofsaaklik net deur die neus asem, sodat terugslagrinitis tot apnee kan lei. Die dekongestante moet dus liefs vermy word.
Atlete moet versigtig wees vir die verbode stimulante (bv. efedrien, fenielefrien en propielheksidrien).
- Wat is rhinitis medicamentosa? Hoe word dit behandel?
Rhinitis medicamentosa (privinisme) en terugslagrinitis kan met oordosering met lokale preparate ontstaan. Privinisme is ’n toestand wat ontstaan na chroniese behandeling met dekongestante, waar die permanente vasokonstriksie met gebrekkige lokale bloedvoorsiening aanleiding gee tot skade van die neusslymvliese met permanente inflammasie en swelling, asook ’n afregulering van die a-adrenergiese reseptore op die bloedvate, sodat dit onresponsief raak teenoor die a-agoniste. Tagifilakse (l-noradrenalien-stooruitputting) kan deur die indirekwerkende middels ontlok word.
Behandeling : Kortisoon neussproei bv. Beklometasoon
- Hoe verskil die eerste en tweede generasie antihistamiene ten opsigte van die werkingsmeganismes waarvolgens rinitis en rinoree verlig word? Wat is die voordele van die tweede generasie antihistamiene? Waarom behoort hulle nie gebruik te word om verkouerinitis te verlig nie?
Die eerste generasie antihistaminika is multipotente kompeterende antagoniste en blokkeer ook muskariniese reseptore. Antimuskariniese middels verminder die sekresies van die hoër en die laer lugweë, sodat dit dikwels by verkouepreparate ingesluit word om rinoree op te klaar. Hulle kan egter sedasie veroorsaak en dus konsentrasievermoë negatief beïnvloed.
Die tweede generasie antihistamiene blokkeer nie muskariniese reseptore nie en is bruikbaar by lang- of korttermynbehandeling van allergiese rinitis. Aangesien histamien geen rol by verkouerinitisnie speel nie, maar wel bradikinien, help hierdie middels nie om verkouerinitis op te klaar nie.
Omstredenheid bestaan egter oor die gebruik van die antihistamiene by die behandeling van rinoree by verkoue. Bradikinien, en nie histamien nie, is hier die mediator vir inflammasie. Daar is dus geen rasionaal agter die aanwending van die antihistaminiese eienskappe van die antihistamiene nie. Dit is egter so dat die ou generasie antihistamiene (multipotente antagoniste) vanweë hul antimuskariniese eienskappe by verkouerinoree gebruik word om alle waterige sekresies op te droog. Daar is egter 'n gevoel onder sekere kenners dat die nadele (newe-effekte en ernstige toksisiteit onder veral kinders) die voordele oorskei. By die behandeling van allergiese rinitis is die bruikbaarheid van die antihistamiene egter duidelik.
- Wanneer is kortikosteroïede, anti-allergiese middels, mesna en normale soutoplossing bruikbaar en hoe word dit toegedien?
Kortikosteroïede
Topikale kortikosteroïede (neussproeie) vir kliniese gebruik teen allergiese rinitis sluit in: beklometasoon, budesonied, flunisolied en flutikasoon. Sistemies - betametasoon, prednisoon .Klinies - Kortikosteroïed-neussproeie word sistemies swak geabsorbeer, maar kan soms met groot doserings sistemiese newe-effekte veroorsaak. Persone met 'n infeksie of verlaagde weerstand moet dit versigtig gebruik.
Anti-allergiese middels
Bv. Natriumchromoglikaat en nedochromielnatrium. Klinies - Die gebruik van natriumchromoglikaat as 'n neussproei is baie effektief by die profilaktiese behandeling van allergiese rinitis, maar die gereelde dosering maak dit minder gewild.
Mesna
Topikale mesna (neursproei) is veral sinvol om te gebruik wanneer die nasale sekrete taai is. Die mesna help dan om die slym meer vloeibaar te maak.
Normale soutoplossing
Normale soutoplossing (salien) is as neusdruppel baie veilig en effektief. Dit bevogtig die droë, geïnflammeerde neusslymvliese soos tydens verkoue, droë weer, allergieë (hooikoors), neusbloeding, oorgebruik van dekongestante en ander irritasies.
Blog #3.5
7 Nov 2021, 19:34
- Verduidelik kortliks wat sistiese fibrose is en hoe dornase-alfa werk om die probleem op te los.
Sistiese fibrose is ‘n genetiese defek wat aanleiding gee tot verminderde sekresies in verskeie organe. Die mukussekresies is besonder dik en taai wat aanleiding gee tot bakteriële infeksies. Die infeksies veroorsaak aanhoudende chemotakse van neutrofiele wat dan met disintegrasie DNS in die mucus deponeer wat dit nog taaier maak en sodoende onmoontlik maak om opgeruim te word. Dornase-alfa (rhDNase I) hidroliser ekstrasellulêre DNS vanaf die neutrofiele in die brongiale mucus om sodoende die vloeibaarheid daarvan drastiese te verbeter. Dit is ook verwant aan die natuurlike ensiem deoksiribonuklease I (Dnase I) wat normaalweg deur die pancreas- en speekselkliere geproduseer word.
- Verduidelik kortliks wat neonatale respiratoriese noodsindroom is, wat die algemene behandelingstrategieë behels en hoe kortisoon en eksogene surfaktante werk om die probleem op te los.
Neonatale respiratoriese noodsindroom staan ook as hialienmembraansiekte bekend. Die oppervlakaktiewe stof wat die respiratoriese eenheid van die lugweë bedek word eers in die laaste weke van swangerskap gevorm. Wanneer babas te vroeg gebore word, is hierdie oppervlakaktiewe stof nog nie gevorm nie, sodat gaswisseling belemmer is en die longetjies ook kan plat val. Behandeling moet spoedig volg om die premature baba se lewe te red. Die behandeling sluit in: Monitoring - Die intensiewe monitering van respiratoriese en sirkulatoriese status is noodsaaklik. Oksigenering, kontinue positiewe lugwegdruk - Suurstof (by kamertemperatuur met lug vermeng) word toegedien ten einde oksigenering te verseker. ’n Kontinue positiewe druk (soos met ’n ventilator verkry) verbeter respirasie en hou die alveoli oop om kollabering te verhoed. Dit is van kritiese belang dat die arteriële parsiële suurstofdruk voortdurend gemonitor word. Voldoende suurstof is ’n basiese vereiste vir normale respirasie. Terapeuties word dit algemeen toegedien om hipoksie (vanweë verskeie oorsake) om te keer of te verhoed. Wanneer verhoogde suurstof in oormatige hoeveelhede en/of oor ’n te lang tydperk geïnhaleer word, het dit egter toksiese effekte. Paradoksaal veroorsaak suurstoftoksisiteit onder andere verminderde gaswisseling, hipoksie en, in uiterste gevalle, die dood. By neonate kan dit verder retinale skade en blindheid veroorsaak.
Eksogene surfactant - Hierdie surfaktante word by kamertemperatuur eksogeen (met behulp van 'n kateter tot in die longe) profilakties of tydens akute respiratoriese noodsindroom aan die neonaat toegedien om longsurfaktant aan te vul. Eindelik word die mortaliteit en langtermyn-suurstofbehoefte verlaag. Hierdie terapie is egter relatief duur en gespesialiseerd.
Kortisoon - 'n Kort kursus kortikosteroïede is ook effektief om endogene surfaktantproduksie aan te help en is 'n goedkoper alternatief as die eksogene surfaktant. Wanneer die baba lewensvatbaar is en daar ’n dreigende miskraam is, kan dit profilakties toegedien word. Sistemiese toediening van betametasoon aan 'n moeder net voor kraam, kan neonatale endogene surfaktantproduksie binne 24 ure induseer.
- Wat is die rol van suurstofterapie by neonatale respiratoriese noodsindroom? Wat behels die gevare van suurstoftoksisiteit?
Suurstof (by kamertemperatuur met lug vermeng) word toegedien ten einde oksigenering te verseker. ’n Kontinue positiewe druk (soos met ’n ventilator verkry) verbeter respirasie en hou die alveoli oop om kollabering te verhoed. Dit is van kritiese belang dat die arteriële parsiële suurstofdruk voortdurend gemonitor word.
Voldoende suurstof is ’n basiese vereiste vir normale respirasie. Terapeuties word dit algemeen toegedien om hipoksie (vanweë verskeie oorsake) om te keer of te verhoed. Wanneer verhoogde suurstof in oormatige hoeveelhede en/of oor ’n te lang tydperk geïnhaleer word, het dit egter toksiese effekte. Paradoksaal veroorsaak suurstoftoksisiteit onder andere verminderde gaswisseling, hipoksie en, in uiterste gevalle, die dood. By neonate kan dit verder retinale skade en blindheid veroorsaak.
- Verduidelik kortliks wat neonatale apnee is en hoe die metielxantiene werk om die probleem op te los. Watter metielxantiene word gebruik?
Neonatale apnee ontstaan wanneer die asemhalingsentrum in die medulla van die premature baba nog nie voldoende ontwikkel het om voortdurende asemhaling te stimuleer nie. Die asemhalingsentrum is dus nog onsensitief vir die stimulerende effek van koolsuurgas. Apnee duur telkens tipies langer as 15 sekondes en gaan ook gepaard met bradikardie. Herhaalde episodes van apnee met hipoksie kan eindelik tot neurale skade lei.
Metielxantiene, in besonder kaffeïen en teofillien, stimuleer die sentrale senuweestelsel en intraveneuse toedienings van hierdie geneesmiddels help gewoonlik om die probleem op te los. Terapie word egter gewoonlik so gou moontlik gestaak – gewoonlik na enkele weke in intensiewe sorg. Die neonaat ontvang dan ook suurstofterapie en die suurstofvlakke in die bloed word voortdurend gemonitor
Blog #2.4
23 Oct 2021, 18:04
- Wat beteken die term “endotelium-afhanklike” vasodilatasie vir jou? Verduidelik.
“Endotelium-afhanklike” vasodilatasie verwys na die werking waar ‘n toename in intrasellulêre kalsiumvlakke in endoteelselle, aanleiding gee tot NO sintese en NO sodoende versprei na die vaskulêre gladdespier wat vasodilatasie voortbring.
- As ons praat van die NOS-ensieme, wat beteken “konstitueel” en “geïnduseerde” ensieme, en wat is die patologiese en fisiologiese implikasies hiervan?
Konstitueel ensieme |
Geïnduseerde ensieme |
Konstitutiewe ensieme is ensieme wat aanhoundende op 'n konstante vlak gesintetiseer word. (Geproduseer in konstante hoeveelhede, ongeag die substraatkonsentrasie) |
Geïnduseerde ensieme ensieme is ensieme wat slegs gesintetiseer word as dit aanpasbare waarde toevoeg-of blootgestel word aan 'n substraat. |
Omdat konstitutiewe ensieme meer konstant is-en dus altyd voorkom, is die kans groter dat dit deur patologie beïnvloed word as die van tydelike ensieme.
- Verduidelik hoe NO tot die noodlottige patologie van septiese skok bydra.
Mikroörganismes in die bloedstroom 'n veroorsaak diepgaande inflammatoriese reaksie veroorsaak wat hemodinamiese dekompensasie veroorsaak. Die patogenese van ‘n septiese skok behels 'n komplekse reaksie van sellulêre aktivering wat die vrystelling van 'n menigte pro -inflammatoriese mediators veroorsaak. Een van die pro-inflammatoriese mediators is naamlik, stikstofoksied (NO) wat 'n seinmolekule is, wat 'n sleutelrol speel in die patogenese van inflammasie. NO word beskou as 'n pro-inflammatoriese mediator wat ontsteking veroorsaak as gevolg van die sintese van iNOS in makrofage, gladde spiere, ens. Dit kan lei tot oormatige produksie van NO, wat kan lei tot ernstige hipotensie en skok wat geassosieer word met sepsis wat uiteindelik lei tot septiese skok.
- Watter outakoïede se meganisme van werking berus op effekte op die guanilielsiklase-cGMP-stelsel?
Stikstofoksied
- NO kan vir die sel toksies wees. Watter maniere het die liggaam om hierdie nadelige effek van NO teen te werk?
NO reageer met Fe en kan dus deur hemoglobien geinhibeer word.
- Noem ‘n manier hoe NO pro-inflammatories kan optree. Gee voorbeelde waar dit voor- of nadele sal hê.
NO word a.g.v verskeie funksies & redes vrygestel Dit sluit die onderstaande in : a.g.v. vasodilatasie ; by prostaglandien sintese in die COX2 weg – wat lei tot ‘n inflammatoriese respons ; verder meer dra NO ook by tot erythema; vaskulêre deurlaatbaarheid & edeem geassossieer met akute inflammasie.
Voordele |
Nadele |
NO wat deur inflammasie geproduseer word, tesame met peroksinitriet wat uit die interaksie met superoksied ontstaan, is 'n belangrike mikrobdoder. Dit blyk ook dat NO 'n belangrike beskermingsrol in die liggaam speel deur immuunselfunksie.
|
Oormatige afskeiding van NO kan weefselbesering vererger en 'n invloed hê op die patologie van die siekte.
|
- In watter moontlike neurologiese en psigiese siektes is NO betrokke?
- Parkinson’s siekte
- Beroerte
- ALS
Blog #2.5
16 Oct 2021, 14:30
|
Blog activity #2.5 |
- Give a short and critical explanation of the rationale of using fluvoxamine (a selective serotonin reuptake inhibitor (SSRI) in the treatment of Covid patients. Your answer must be properly and appropriately referenced (in-text references as well).
Fluvoxamine is a potent binder of the serotonin transporter, leading to its antidepressant effects, but this doesn't explain any anti-COVID activity.
The off-target effects of fluvoxamine are more interesting. Of all the SSRIs, fluvoxamine has the strongest affinity for the sigma-1 receptor, which might lend it some of its anxiolytic effects. But that receptor has many effects. This 2019 Science Translational Medicine article suggests that the receptor may have a substantial role in cytokine release, which is, of course, a mechanism by which COVID-19 lands people in the hospital. It reduces the cytokine storm in COVID-19 and helps with inflammation.
SSRIs also have well-described platelet-inhibiting properties, and the prothrombotic nature of COVID-19 is equally well described.
Reference : https://www.medscape.com/viewarticle/958266
Blog #2.2
13 Sep 2021, 21:50
In watter siektetoestande is angiotensinogeenvlakke verhoog? Wat is die implikasies hiervan?
- Hipertensie & Hartversaking
- Imlikasies van hoë angiotensinogen vlakke lei tot verhoogde bloeddruk vlakke asook retensie van vloeistof in die urienwegstelsel. Verder lei dit ook tot ‘n vergrootte hart a.g.v. ventrikulêre hipertrofie.
Wat is die rede daarvoor dat middels wat die angiotensienstelsel deur werking op angiotensienreseptore rem, minder newe-effekte het as die wat AOE rem?
- Angiotesienreseptore blokkeer die angiotensienstelsel selektief. Selektiewe reseptore het minder nadelige effekte. Terwyl, die AOE nie-selektiewe blokkering veroorsaak en sodoende ‘n newe-effek soos ‘n irriterende droë hoes tot gevolg het.
Op watter wyse het AOE-remmers ‘n tweevoudige meganisme van werking by die behandeling van hipertensie?
- Eerstens, inhibeer AOE-remmers die omskakeling van angiotensin I → angiotensin II. Dit lei tot ↓ in angiotensin II produksie en veroorsaak ‘n ↓ in RAAS. Bradikinien kan nie afgebreek word nie deur AOE na onaktiewe metaboliete nie, dus bly bradikinien ‘n potente vasodilator & ↑ Prostaglandiene sintese = vasodilatasie . Tweedens veroorskaak dit ‘n ↓PVR = ↓BP.
Op watter tipe angiotensienreseptore werk losartan en soortgelyke middels? Het hulle enige effekte, direk of indirek, op ander angiotensien II-reseptore?
- Hulle is selektiewe kompeterende antagoniste van angiotensin AT1-reseptore & werk dus op AT1 reseptore. Hulle het ook ‘n meer volledige blockade van die angiotensin sisteem , dieselfde as AOE-remmers, maar daar is geen toename in bradikinien.
Wat is die fisiologiese effekte van kiniene op arterieë en vene? Speel ander outakoïede ‘n rol in hierdie werking? Verduidelik.
- Kiniene veroorsaak vasodilatasie van arterieë en vene. Ja, ander outakoïede speel ook ‘n rol in hierdie werking- hulle tree op as tweede boodskappers soos bv. NO & PGI wat vrygestel word na aktivering deur bradikinien.
Watter reseptor is waarskynlik die mees betrokke in die klinies-belangrike effekte van kiniene?
- Daar is G-protein gekoppelde reseptore betrokke, maar die mees betrokke een is Bradikinien 2-reseptor.
Op watter wyse is natriuretiese peptiede moontlik effektief in die behandeling van hipertensie, asook kongestiewe hartversaking?
- Natriuretiese peptiede is effektief omdat dit vasodilatasie veroorsaak en sodoende ‘n afname in perifere weerstand & hart uitwerp = afname in bloeddruk. Dit word vrygestel in die atria nadat daar spanning op die hart ventrikels waargeneem is.
Wat is neprilisien en wat is die rasionaal om sy aktiwiteit te inhibeer by die behandeling van hartversaking. Kan jy die middel noem wat sodanig gebruik word. Verwys ook na leereenheid 1 waar julle ook met die spesifieke middel te doen gekry het.
- Neprilisien metaboliseer ANP & BNP. Deur sy aktiwiteit te inhibeer word die effekte van ANP & BNP verleng wat vasodilatasie tot gevolg het en ook ander meganismes om hartuitwerp en perifere weerstand te verlaag – en lei tot natriurese & diurese. Bygesê word spanning op die versakende hart verlig. Die middel staan bekend as : Sacubitril en word in kombinasie met valsartan gegee. In LE 1 het ons geleer dat Valsartan ‘n ACE-inhibeerder is, wat artriële dilatasie veroorsaak. Die kombinasie van die twee middels word vir behandeling van hartversaking gegee.
Gee voorbeelde van endotelium-afgeleide vasodilatore en vasokonstriktore.
- Vasodilatore: PGI2 & NO
- Vasokonstriktore: Endotelien - ET1, ET2, ET3
Blog #2.1
13 Sep 2021, 15:14
Rationalisation of the pathology of migraine:
Two types of migraine:
- “Classic” migraine - consists out of aura that leads to migraine – like nausea; vomiting; paraesthesias; visual scotomas or hemianopsia as well as speech abnormalities. It is often followed by a severe throbbing headache that can last for a few hours up to 2 days if left untreated.
- The “common” migraine lacks aura, but it is similar. It is the most common type of migraine among people.
Pathophysiology:
The trigeminal nerve distribution to intracranial arteries is involved in migraine. Peptide neurotransmitters, especially calcitonin gene-related peptide, are released by these nerves. CGRP is a powerful vasodilator. Extravasation of plasma and plasma proteins into the perivascular space causes mechanical stretching which activates the pain nerve endings in the dura. The person will experience an amplitude of temporal artery pulsations.
Treatments:
- 5-HT1D/1B agonists, also called triptans, such as sumatriptan are almost exclusively used for the treatment of migraine. These drugs activate the 5-HT1D/1B receptors which are found on the presynaptic trigeminal nerve endings to inhibit vasodilating peptides→ vasoconstriction which may prevent the stretching of pain endings. (1st line therapy for Acute migraine attacks) Contra-indicated for patients with coronary artery disease.
- Ergot alkaloids: Treatment of migraine e.g. Ergotamine & Ergonovine. These drugs act as mixed partial agonists at 5-HT2 and alpha-adrenergic receptors + it has a similar mechanism of action as triptans.
- Calcium channel blockers: Only for Prophylaxis.
- Beta-Blockers: Just for prophylaxis and not for the acute attacks.
- Nonsteroidal anti-inflammatory analgesic agents e.g. aspirin & ibuprofen are used for the pain caused by the migraine.
- Parenteral Metoclopramide – patients experiencing severe nausea and vomiting.