Content begins here
ARINA JUYN
Blog #3
03 Mar 2021, 08:15
Watter faktore kan die absorpsie en verspreiding van sedatief-hipnotiese middels beïnvloed? Wat is die kliniese belang hiervan?
Absorbsie:
Lipofiliteit en vetoplosbaarheid (Zolpidem, Triasolam en Zaleplon is hoogs lipofilies en het dus ‘n vinnige aanvangswerking. Minder lipofiliese middels soos Lorasepam en Okasepam gaan langer vat om te begin werk)
Verspreiding:
Hepatiese metabolisme by lewerinkorting (moeiliker afgebreek, verlengde werking), kinders, ou mense, alkoholiste en CYP450 inhibeerders, SSRI’s, pomelosap, fenitoien, ketakonasool, simetidien kan die vlakke van BDe verhoog tot tokasiese effekte.
Hoe word die BD’e gemetaboliseer? Gee die verskillende stappe in die proses.
Bensodiasepiene word stapsgewys gebiotransformeer deur lewermikrosomale ensieme onder normale omstandighede. Die stappe is as volg:
- Dealkilering (Aktiewe metaboliete)
- Oksidasie (Sit P450: aktiewe metaboliet)
- Konjugasie (Fase 2) van geoksideerde metaboliet met glukuronsuur om onaktiewe metaboliet te vorm.
Watter BD’e word na aktiewe metaboliete omgeskakel? Wat is die belang hiervan?
Diasepam, Chloorasepaat, Prasepam, Chloordiasepoksied en Ketasolam ondergaan al 3 die metabolisme stappe en vorm aktiewe metaboliete wat die middels se werkingsduur verleng.
Watter BD’e is nie afhanklik van die sitochroom P45 oksidatiewe ensieme vir metabolisme nie? Wat is die voordele hiervan?
- Okasepam
- Lorasepam
- Temasepam
- Lormetasepam
Sitochroom P450 betrokke is by die metabolisering van baie stowwe. Aangesien ‘n groot verskeidenheid middels met verskillende indikasies, beinvloed word deur CyP450, beteken dit dat hierdie geneesmiddels mekaar se vlakke en werking indirek kan affekteer. Wat voordelig is van die boonste middels is dat hulle nie noodwendig gekontra-indikeerd sal wees met geneesmiddels wat wel deur CyP450 gemetaboliseerd word nie. Dus sal hierdie BDe die keusemiddels wees vir wanneer ‘n pasient in sulke gevalle.
Wat is ensieminduksie? Watter van die sedatief-hipnotiese middels is bekend hiervoor? Wat is die kliniese belang van hierdie ensieminduksie?
Ensieminduksie is die toename in biosintese van ensieme as gevolg van chemise middels of fisiese kondisies. Aangesien die werking van die ensieme verhoog, sal die fisiologiese prosesse wat deur daardie ensiem se werking geaffekteer word, toeneem/afneem (afhangend van die ensiem se doel in daardie proses). Indien ‘n pasient se kondisie positief geaffekteer sal word dankseg ‘n toename van ‘n spesifieke ensiem se werking, (en dus ‘n verlaging in die stof wat deur die ensiem gekataliseer word), kan ‘n geneesmiddel wat daardie ensiem sal induseer gebruik word.
Blog #2
03 Mar 2021, 07:55
Wat beteken anterograde amnesie en watter middels kan hierdie effek veroorsaak?
Versteurde kognitiewe en motoriese vaardighede, insluitend maar nie beperk tot verswakte geheue, belemmerde hand-oog koordinasie, atraksie en vertraagde reaksietye.
Middels wat dit kan veroorsaak is meestal bensodiasepiene:
- Oksasepam
- Temasepam
- Lorasepam
- Lormetasepam
- Triasolam
- Bromasepam
- Midasolam
- Alprazolam
Noem die effekte van die sedatief-hipnotiese middels op die normale slaappatroon en verduidelik wat is die belang daarvan vir die pasiënt.
- Bensodiasepiene verminder die tyd om aan slaap te raak en verhoog die totale slaaptyd (maar slegs in pasiente wat gewoonlik < 6 ure / nag slaap).
- Verhoog duur van fase 2 NREM
- Bensodiasepiene het ‘n klein verminderende effek op REM slaap
Hoë dosisse verminder REM slaap. - Bensodiasepiene verminder die duur van fase 4 NREM
- Zolpidem verminder REM slaap
Watter van die sedatief-hipnotika word as aanvullende terapie in anestesie gebruik. Kan jy verduidelik hoekom?
Lorasepam, Diasepam, Midasolam.
Die middels het sterk sedatiewe en amnetiese effekte, en word gebruik as premedikasie voor operasies aangesien dit kalmerende effek sal he, asook die pasient se geheue van die volgende gebeure sal verswak.
Watter van die sedatief-hipnotika word as antikonvulsante gebruik?
- Klobasam
- Klonasepam
- Fenobarbitoon
Wat is die meganisme van die spierverslappende effekte van sommige van die karbamate en die BD’e?
Die bensodiasepien geneesmiddel bind aan die bensodiasepien setel op die GABA-reseptor en inisïeer dan op ‘n:
Metaktoide wyse: Die verhoging in FREKWENSIE van Chloorkanaalopening.
Metaffinoide wyse: Die verhoging in reseptor AFFINITEIT vir dir GABA oordragstof
Bespreek die effekte van die sedatief-hipnotika op die respiratoriese en kardiovaskulêre stelsels
Hierdie middels kan medulêre en respiratoriese despressie veroorsaak wat selfs kan lei tot die dood indien ‘n dosis wat die minimum toksiese konsentrasie behaal, toegedien word. Dit is weens die BD’e se werking op die GABA reseptore wat lei tot sterk spierverslapping van die onwillekeurige spiere, insluitend die intercostale spiere, wat dit moeilik maak om asem te haal.
Blog #1
24 Feb 2021, 15:43
1. Watter tipe ioonkanale word op senuselmembrane gevind?
Potensiaalafhanklike en Ligandafhanklike ioonkanale
2. Noem 3 verskille tussen potensiaalafhanklike en ligandafhanklike ioonkanale.
WERKING
Potensiaalafhanklike ioonkanale: Veroorsaak veranderinge in membraanpotensiaal. Dit dra ‘n sein oor vanaf die selliggaam na die terminal (indirekte werking)
Ligandafhanklike ioonkanale: Binding van ligand of neurotransmitter aan ioonkanale veroorsaak transduksie (direkte werking)
RESEPTORE
Potensiaalafhanklik: Metabotropiese reseptore
Ligandafhanklik: Ionotropies reseptore
PROSES EN SPOED
Potensiaalafhanklik: Twee prossese a.g.v die G-proteien 2de boodksappers in die potensiaalafhanklike ioonkanaal se werkingsmeganisme. Vat langer as ligandafhanklike ioonkanale.
Ligandafhanklik: Geen tweede boodskapper betrokke nie, dus is dit ‘n een stap proses en verloop vinniger as die van potensiaalafhanklike ioonkanale.
3. Vergelyk ionotropiese en metabotropiese reseptore.
Metabotropiese Reseptore |
Ionotropiese Reseptore |
Indirekte werking |
Direkte werking |
7 soorte Transmembraan G-proteiengekoppelde reseptore |
GABAa, nikotinies, EAA en 5-HT3 |
Metaboliese veranderinge |
Open ioonkanale |
Kom voor by Potensiaal bemiddelde ioonkanale |
Kom voor by Ligansbemiddelde ioonkanale |
4. Klassifiseer die SSS reseptore in ionotropiese en metabotropiese reseptore en ken die transduksiemeganisme van elke reseptor.
Ionotropies |
Metabotropies |
GABA-A |
Noradrenalien en Adrenalien |
Nikotinies |
Dopamien |
Glutamaat reseptore: |
Glutamaat reseptore: mGlu1 |
5-HT3 |
Alle ander Serotonien reseptore |
|
Muskarinies |
|
Histamien |
5. Verduidelik die verskil tussen 'n EPSP en 'n IPSP en gee voorbeelde van elk.
IPSP = Inhiberende post sinaptiese potensiaal
EPSP = Aktiverende post sinaptiese potensiaal/ Eksitatoriese post sinaptiese potensiaal
D.w.s:
Wanneer ‘n inhiberende weg in die SSS gestimuleer word deurdat γ-aminobottersuur (GABA) aan ‘n GABA reseptor bind en die reseptor prikkel, word die post sinaptiese potensiaal gehiperpolariseer weens die selektiewe opening van chloor kanale sodat ‘n inhiberende post sinaptiese potensiaal kan ontwikkel wat uiteindelik die SSS gaan “onderdruk”. Bv. In die behandeling van ‘n pasient met epilepsie (en dus verhoogte SSS funksionering), moet die SSS onderdruk word om epileptiese aanvalle te keer. In sulke gevalle sal ‘n GABA-antagonis kan gebruik word.
Aan die ander kant:
Wanneer ‘n eksitatoriese weg gestimuleer word, deurdat bv. glutamaat aan die NMDA reseptor bind en hom prikkel vind daar depolarisasie plaas wat ‘n eksitatoriese membraan potensiaal tot gevolg sal hê. Daar is ‘n toename in die ioondeurlaatbaarheid en die SSS word gestimuleer. Met ander woorde ‘n NMDA agonis kan gebruik word om ‘n pasient se SSS werking te stimuleeer, terwyl ‘n antagonis dit sal onderdruk
6. Wat is die rol van kalsium in die ontwikkeling van 'n sinaptiese potensiaal?
Dit word benodig vir die elektriese/chemise stimulasie wat lei tot die vrystelling van neurotransmitters (Stap 3 van chemiese neurotransmissie)