Content begins here
MICHELLE JANSE VAN RENSBURG
Michelle Janse van Rensburg BLOG#11
02 May 2021, 11:58
Leergedeelte 9.2: Klassifikasie en werkingsmeganismes van antipsigotiese middels.
BLOG#11
Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?
- Alifatiese syketting: chloorpromasien (Largactil â)
- Piperidien syketting: perisiasien (Neulactil â)
Alifatiese en piperidienverbindings:
- Lae potensie, min Ekstrapiramidale versteurings ( Lae potensie – Bind nie so sterk aan D2 R nie, vereis hoë dosisse).
- Erge sedasie en gewigstoename – H1 blokkade.
- Sterk anticholinerge effekte – Muskariene R ( NE: Droe mond, urienretensie, konstipasie, visie versteurings en hallusinasies ).
- Sterk a-litiese effekte (posturale hipotensie).
- Kardiotoksies – muskariene R in die hart.
- Piperasien syketting: flufenasien (Modecate â), perfenasien, trifluoperasien, prochloorperasien.
Piperasienderivate:
- hoë potensie, meer EPS.
- swakker anticholinergiese newe effekte.
- swakker a-lities effekte,
- minder sedasie,
- minder kardiovaskulêre (KVS) newe effekte.
Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?
D2 reseptore.
Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?
Die atipiese middels - Blok 5-HT2A R meer as D2 reseptore.
Die tipiese middels - Blok mesolimbiese D2 reseptore.
Watter van die reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstrapiramidale newe effekte?
Alifatiese en piperidienverbindings.
Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte? Wat is die rede?
Piperasienderivate.
A.g.v. watter reseptorblokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte?
Muskariene reseptorblokkade.
Michelle Janse van Rensburg BLOG#10
04 Apr 2021, 19:08
LEEREENHEID 8.2 WM VAN ANTIPARKINSONISTIESE MIDDELS
BLOG #10
- Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?
- Middels wat dopamien aktiwiteit é.
- middels wat cholinergiese aktiwiteit ê.
- Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?
Amantadien is 'n metaffinoïede potensieerder van DA wat beteken dat dit die vrystelling en sintese van dopamien verhoog, dit blokkeer ook die heropname van dopamien.
Amantadien het antidiskinetiese effekte en kan gevolglik dan gesien word as 'n NMDA antagonis wat help met bewegingsteurnisse.
Amantadien is ook 'n adenosien A2 antagonis wat beteken dat dit 'n verhoging in die dopamien vlakke veroorsaak omdat adenosien die D2 reseptorfunksie inhibeer.
- Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.
Amantadien: Dit is 'n metaffinoïede potensieerder van DA wat beteken dat dit die vrystelling en sintese van dopamien verhoog, dit blokkeer ook die heropname van dopamien.
Selektiewe MAO-B remmers: Dit inhibeer selektief MAO-B ensieme wat gevolglik lei tot 'n verhoging in dopamien konsentrasie in die SSS, asook die inhibisie van dopamien metabolisme.
COMT-remmers (Entakapoon): COMT metaboliseer L-Dopa na 3-O-metieldopa (3OMD), en gevolglik het die verhoogde plasma vlakke van 3OMD 'n swak terapeutiese respons met L-Dopa, omrede hulle albei kompeteer vir die aktiewe transportprosesse. Daar kan dus gesê word dat COMT-remmers die perifere metabolisme verlaag, die biobeskikbaarheid verbeter asook die werkingsduur van L-Dopa verleng.
- Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?
- Ergotdevirate: Broomkriptien.
- Nie-ergotdevirate: Pramipexole en Ropinirole.
- Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.
- D2 Agoniste: Ropinirole en Broomkriptien.
- D3 Agoniste: Pramipexole.
- Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer? Wat beteken dit?
Selektiewe MAO-B remmers bv. Selegilien en Rasagilien. MAO-B remmers beskerm teen die voorkoms van parkinsonisme deur te voorkom dat MPTP omgeskakel word na MPP+.
- Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?
MAO-B het 'n voorkeur vir dopamien as 'n substraat wat gevolglik 'n verhoging in dopamien konsentrasie veroorsaak in die SSS.
- Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?
L-Dopa word na 3-O-metieldopa (3OMD) toe gemetaboliseer deur middel van COMT. Dus lei dit na 'n verhoging in die 3OMD plasmavlakke, wat 'n swak terapeutiese respons met L-Dopa het omdat albei kompeteer vir die aktiewe transportprosesse. COMT remmers verlaag dus die perifere metabolisme, verbeter biobeskikbaarheid en verleng L-Dopa se werkingsduur.
- Hoe werk Istradefilien?
Istradefilien, wat 'n adenosien A2 antagonis is, inhibeer die funksie van D2.
- Bespreek die werkingsmeganisme van safinamide:
Tweeledige werkingsmeganisme:
- Verhoog die dopamien aktiwiteit deur inhibisie van dopamien heropname, asook deur middel van potente onomkeerbare inhibisie van MAO-B.
- Verlaging van glutamaat vrystelling.
Michelle Janse van Rensburg BLOG#9
16 Mar 2021, 14:01
LEEREENHEID 6.3: EFFEKTE EN KLINIESE GEBRUIKE.
BLOG#9
- Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur ‘n LA van die volgende tipes vesels met mekaar?
- Gemiëlineerde vesels met ongemiëlineerde vesels.
- Druk / tassenuwees met die dorsale senuwees wat pynimpulse gelei.
Die kleiner en gemiëlineerde vesels in die liggaam word makliker blokkeer teenoor die groter ongemiëlineerde vesels.
Druk/tassenuwees blokkeer stadiger as die senuwees wat pynimpulse gelei.
- Maak ‘n lys met die effekte van LA op ander weefsels.
Senuwee: |
|
Hart: |
|
Skeletspiere: |
|
- Waarop berus die keuse van ‘n LA?
- Die tydperk wat die anestesie gaan benodig word.
- Werkngsduur van die LA.
- Anestetika sterkte.
- Waarom word oplossings van LA soms met CO2 versadig?
Omdat CO2 gebruik word om die effek van LA te potensieer.
- Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik?
Kokaïen asook Bensokaïen.
(Bereik die oppervlakkige senuwees nadat dit toegedien word aan die slymvliese).
Michelle Janse van Rensburg BLOG#8
16 Mar 2021, 13:02
LEEREENHEID 5.3: INHALASIE ANESTETIKA EN HUL WM EN EFFEKTE.
BLOG#8
Stel vir jouself ‘n tabel op waarin jy die belangrikste effekte op elke stelsel (KVS, SSS, respirasie, niere, lewer en uterus) lys, maar ook die uitsonderings aandui. Die tabel is belangrik as jy by die keuse van middels kom.
INHALASIE MIDDEL: |
KVS: |
SSS: |
RESPIRASIE: |
NIERE,LEWER, - UTERUS: |
|
|
|
|
|
Halotaan. |
ê BP. Miokardium word gesensitiseer. |
Serebrale bloedvloei. éIntrakraniale druk. Vinnige,gladde induksie. |
Geen sekresies. |
UTERUS: êSpierkontraksie.
LEWER: Hepatotoksies. |
Enfluraan. |
Minder BP verlaging. |
Vinnige,gladde induksie. |
Meer verlaging as Halotaan. |
|
Isofluraan |
Minder BP verlaging. |
Vinniger induksie. Vinniger herstel. |
Sterk onderdrukkende effek. |
|
Sevofluraan |
Minder BP verlaging teenoor Halotaan en Enfluraan. |
Vinniger induksie en herstel as Isofluraan. éSerebrale bloedvloei. é Intrakraniale druk. |
Minder irriterend as Desfluraan. |
|
Desfluraan |
Minder BP verlaging teenoor Halotaan en Enfluraan. |
Vinniger induksie en herstel as Isofluraan. éSerebrale bloedvloei. é Intrakraniale druk. |
Potente reuk. Irriterend in lugweë. Hoes. Laringosasma. |
|
N2O |
|
Swak anestesie. Amnesia. Sterk analgetikum. |
Suiwer N2O kan ‘n suurstof tekort veroorsaak = Hipoksie.
|
|
Noem die belangrikste toksiese effekte van die inhalasiemiddels.
- Bradikaride.
- Irriteer die respiratoriese sisteem (Deslfuraan).
- Hepatotoksisiteit,nier skade (Halotaan inhalasie middel).
- Konvulsies (Enfluraan inhalasie middel).
- Hipoksie.
Michelle Janse van Rensburg BLOG#6
07 Mar 2021, 16:20
LEEREENHEID 3.3 CHRINIESE EFFEKTE VAN ALKOHOL:
BLOG#6
Watter moontlike meganismes is ter sprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkoholinname?
MEOS (Mikrosomale etanol oksidasie) verhoog weens chroniese gebruik van alcohol.
Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewer en lewermetabolisme?
- Dit veroorsaak fisiese en psigiese afhanklikheid.
- Toleransie en afhanklikheid.
- Perifere neuropatie bv. Tiamiengebrek.
- Ontrekking.
Wat is Wernicke-Korsakoff-sindroom en hoe word dit behandel?
Wat is die fetale alkoholsindroom? Verduidelik volledig.
Wernicke-Korsakoff-sindroom:
- (Perfifere neuropatie).
- Neurologiese siekte wat ontstaan weens ‘n tekort aan Vit B1/Tiamien.
- Veroorsaak paralise van gesogspiere,verwarring ens.
Fetale alkoholsindroom:FAS
Kom voor wanneer moeders alcohol inneem gedurende swangerskap,gevolglik veroorsaak dit verstandelike vertraging,mikrokefalie,groeigebreke ens.
Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chroniese alkoholgebruik?
Akute alkoholgebruik:
Verlaagde metabolisme van ander geneesmiddels.
Chroniese alkoholgebruik:
Verhoog die metabolise transformasie van ander geneesmiddels.
Noem 4 geneesmiddelinteraksies met alkohol waar die farmakologiese effekte van die ander middels deur alkohol gepotensieer word.
- Setrale senuwee onderdrukkers bv. bensodiasepiene.
- Hipoglisemiese middels.
- Vasodilators.
- Antiplaatjiekleefbaarheids middels.
- Hepatotoksisiteit kan veroorsaak word, veral wanneer parasetamol gebruik word.
Michelle Janse van Rensburg BLOG#5
07 Mar 2021, 15:53
LEEREENHEID 3.1 FARMAKOKINETIKA
BLOG#5
Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam? Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.
Die farmakokinetika van etanol/alcohol in die liggam:
Etanol is lipofilies,gevolglik kan verspreiding en absorpsie vinniger plaasvind.
Die metabolisme van etanol vind 90% in die lewer plaas en die oorblywende 10% in die longe asook die niere.Volwassenes metaboliseer 7-10g van alkohol per uur.
Vastend is die piek vlakke vir etanol 30 minute.
Die volume van distribusie ≈ totale liggaam.water(H2O) (0.5-0.7l/kg).
Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanolmetabolisme.
Metabolisme van etanol/alcohol vind plaas deur middle van 2 ensiem sisteme nl.Alkoholdehidrogenase en Mikrosomale etanol oksidasie(MEOS).
Alkoholdehidrogenase:
- Lae en matige hoeveelhede alcohol.
- Beperkte hoevoeveelheid NAD (ko-ensiem): zero-orde kinetika, (7 – 10 g/h).
- Ongeag die hoeveelheid ingeneem, bly die tempo van afbraak konstant.
Mikrosomale etanol oksidasie(MEOS):
- Hoër konsentrasies (>100mg/dL).
- Eindproduk kom voor as asetaldehied.
- MEOS aktiwiteit verhoog met chroniese gebruik, kan geinduseer word, gedeeltelik verantwoordelik vir die toleransie.
Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?
- Disulfiram.
- Hipoglisemiese geneesmiddels.
- Metronidasool.
- Kefalosporiene.
Die bogenoemde geneesmiddels onderdruk aldehied dehydrogenase ensiem wat veroorsaak dat asetaldehied ophoop en gevolglik nie gemetaboliseer word nie. Die opeenhoping van asetaldehied lei na die volgende simptome: naarheid, hoofpyn, hartkloppings, blosing asook duiseligheid.