Content begins here

Blogs

Help Opens in a new window

CARLA PIEK

Default profile image
----------

Blog #9

18 Apr 2021, 08:55 Publicly Viewable
  • Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur ‘n LA van die volgende tipes vesels met mekaar?

    • Gemiëlineerde vesels met ongemiëlineerde vesels.

Kleiner gemiëlineerde vesels word makliker geblok as groter ongemiëlineerde vesels.

    • Druk / tassenuwees met die dorsale senuwees wat pynimpulse gelei.

Dorsale senuwees wat pynimpulse gelei word makliker en vinniger geblok as die druk/tassenuwees.

  • Maak ‘n lys met die effekte van LA op ander weefsels.
    • Hart: Anti-aritmiese effek (lidokaïen)
    • Skeletspiere: Swak blokerende effek, het geen kliniese toepassing nie.
    • SSS: Verhoog die gemoedstoestand, beïnvloed die sentrale katesjolamien-gemedieerde neurotransmissie (Kokaïen)

  • Waarop berus die keuse van ‘n LA?

-Tipe prosedure wat uitgevoer moet word.

-Tipe weefsel waarop dit uitgevoer moet word.

-Duur van die prosedure, d.w.s. die werkingsduur van die LA.

  • Waarom word oplossings van LA soms met CO2 versadig?

CO2 potensieër die aksie van LA d.m.v

      1. Direkte onderdrukkende effek op die akson.
      2. Konsentreer die LA in die middel van die senuweebondel.
      3. Die omskakeling van LA na aktiewe katioon.

  • Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik?
    • Bensokaïen
    • Kokaïen
    • Oksibuprokaïen

Blog #8

17 Apr 2021, 18:23 Publicly Viewable
  • Stel vir jouself ‘n tabel op waarin jy die belangrikste effekte op elke stelsel (KVS, SSS, respirasie, niere, lewer en uterus) lys, maar ook die uitsonderings aandui.  Die tabel is belangrik as jy by die keuse van middels kom.

SSS

KVS

RS

LEWER

UTERUS

UITSONDERINGS

Halotaan

-Vinnige en gladde induksie.

-Serebrale bloedvloei en verhoogde intra kraniale druk.

-Nie stadium 2

-Bragikardie

-Verlaag bloeddruk

-Sintetiseer miokardium

- Nie speeksel- brongiale sekresies of hoes nie.

- Hepato-toksisiteit

- Verlaag uterus kontrasie

- Skeletspier-verslappende effek.

-Post-operatiewe bewerasies (hipoksie)

-“Muscle twitching”

Enfluraan

-Vinnige en gladde induksie.

-Verlaag BP minder.

-Sintetiseer nie moikardium nie

-Meer verlaging as Halotaan

-Verhoog die drempel waarde vir konvulsies, kan dus nie by epilepsie gebruik word nie.

Isofluraan

-Vinnige infusie en herstel.

-Minder verlaging in BP.

-Sintetiseer nie miokardium nie.

-Potente onderdruk-kende effek

-Skeletspier-verslappende eff.

Dit potensieer die onderdrukking van die RS.

- Nie by pt’e gebruik wat spontaan moet asem haal nie.

Desfluraan

-Vinniger induksie en herstel as b.g.

-Verhoog serebrale bloedvloei en intrakraniale druk

-Minder BP verlaging

-Irriterende eff. Op die RS.

-Veroorsaak hoes, asemnood en laringospasmas

Sevofluraan

-Vinnige induksie en herstel.

-Verhoog serebrale bloedvloei en intrakraniale druk,

-Minder BP verlaging

-Minder irriterend

-Nie-depolariserendeskeletspier verslapper.

-Ondergaan metabolisme en is chemise onstabiel, dus versigtig by lewerprobleme.

N2O

-Swak anestesie

-Potente analgesieen amnesia

-Geen effek

-Hopoksie, moet met O2 en lug meng

  • Noem die belangrikste toksiese effekte van die inhalasiemiddels.
    • Hepatotoksisiteit
    • Konvulsies
    • Respiratoriese onderdrukking
    • Asemhalingsnood en Laringospasmas a.g.v irritasie van lugweg
    • Hipoksie

Blog #7

15 Mar 2021, 12:53 Publicly Viewable
  • Watter anti-epileptiese middels beïnvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan?  Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?

- Fenobarbitoon

- Karbamasepien

- Fenotoien

- Okskarbasepien

- Topiramaat

Die implikasies van die anti-epileptiese middels op orale kontrasepsie is onbeplande swangerskappe en moet die konsentrasies van die kontrasepsie middels dus verhoog.

Medikasie wat veilig is om te gebruik saam met kontrasepsie:

  • Valproaat
  • Lamotrigien
  • Gabapentien
  • Leviterasetam

  • Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beïnvloed (vanaf neonate tot by bejaardes)?
  • By neonate sien ons dat die medikasie stadiger metabolisme ondergaan.
  • By babas en jong kinders ondergaan die medikasie vinniger metabolisme as by volwassenes.
  • Volwassenes het stadiger metabolisme van medikasie as babas en kinders.
  • Bejaardes het stadige metabolisme van medikasie.

  • In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?

Wanneer ‘m middel soos Fenitoïn gebruik word. Die middel besit ‘n versadigde metabolisme wat beteken dat die ensieme versadig word en toksisiteit kan dan verky word. Die plasmabloedvlak word dus gebruik om die optimale terapie vir sekere pasiënte te bepaal.

Blog #6

8 Mar 2021, 08:33 Publicly Viewable
  • Watter moontlike meganismes is ter sprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkoholinname?

Die MEOS (mikrosomale etanol oksidasie sisteem) aktiwiteit verhoog met chroniese gebruik van alkohol en is gedeeltelik verantwoordelik vir die ontwikkeling van toleransie, omdat die ensien geinduseer word en sodoende dan meer alkohol per tydseenheid metaboliser.

Met die chroniese gebruik van alkohol gaan hoër konsentrasies alkohol benodig word vir dieselfe SSS effekte omdat daar reseptor-subsensitiwiteit plaasvind. Die afregulering van reseptore vind spesifiek plaas by die GABA-A reseptore. Hierdie meganisme lei dus tot die ontstaan van toleransie.

  • Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewer en lewermetabolisme?

Daar vind ‘n progressiewe verlaging in lewerfunksie plaas, saam met gevaar van hepatitis en sirrose agv die skadelike metabolise byprodukte van die alkohol.

Daar vind ook ‘n Glukoneogenase verlaging plaas wat kan lei tot hipoglukemie en vetakkumulasie.

Laastens is daar ‘n verhoogte aktiwiteit in lewermikrosomale ensieme plaas.

  • Wat is Wernicke-Korsakoff-sindroom en hoe word dit behandel?

Werbicke-Karsakoff-sindroom is ‘n kombinasie van 2 tipes syndrome, wat onstaan a.g.v ‘n Tiamiengebrek (Vit. B1) in die liggaam. Dit is ‘n neurologiese sindroom wat gekenmerk word deur simptome van ataksie, verwarring, oog abnormaliteite en paralise van gesigspiere.

Dit word behandel deur die parenterale toediening van Tiamien.

  • Wat is die fetale alkoholsindroom?  Verduidelik volledig.

Fetale alkoholsindroom is ‘n sindroom wat voorkom by kinder wat aan alkohol gebruik/misbruik blootsegstel is tydens swangerskap van die ma, veral in die eerste trimester van die swangerskap.

Die sindroom dui op simptome van verstandelike vertraging, groeigebreke, mikrokefalie waar die brein fisies kleiner is as die ander kinders sin van dieselfe ouderdomsgroep en karakteristieke onderontwikkeling van die onderste gesigarea.

  • Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chroniese alkoholgebruik?

Akute alkoholgebruik se farmakokinetiese interaksies sluit in dat daar verlaagde metabolisme van middels plaasvind bv. Fenotiasiene, TAD’s en sommige Sedatief-hipnotika.

Chroniese alkohol gebruik verhoog die metabolsiese transformasie van middels bv. Parasetamol.

  • Noem 4 geneesmiddelinteraksies met alkohol waar die farmakologiese effekte van die ander middels deur alkohol gepotensieer word. 
    1. Parasetamol- Induksie van Cyp 2E wat bydra tot hepatotoksisiteit.
    2. TAD’s en Sedatief-hipnotika sal die SSS verder onderdruk.
    3. Apsirien sal ‘n verhoging in anti-plaatjiekleefbaarheid veroorsaak.
    4. Vasodilatore sal ‘n verdere BP verlaging veroorsaak en Hipoglisemiese middels se effekte word ook gepotensieër deurdat die suikervlakke nog verder sal daal.

Blog #5

7 Mar 2021, 12:08 Publicly Viewable
  • Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam?  Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.

Zero-orde kinetika, omdat Etanol d.m.v Alkoholdehidroginase gemetaboliseer word.

Dit beteken dus dat die alkohol teen ‘n konstante tempo afgebreek sal word, ongeag die hoeveelheid wat ingeneem is. Dit is omdat daar ‘n beperkte hoeveelheid NAD ko-ensiem beskikbaar is, daarom sal die NAD versadig raak met ‘n toenemende hoeveelheid alkohol en die effekte van die alkohol sal duideliker word.

  • Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanolmetabolisme.
    1. Alkoholdehidroginase

Vind plaas met lae tot matige hoeveelhede van alcohol.

Daar is ‘n beperkte hoeveelheid NAD ko-ensien beskikbaar en daarom vind die metabolisme d.m.v. zero-orde kinetika plaas (7-10g/h).

Die tempo van afbraak bly konstant, ongeag die hoeveelheid alkohol wat ingeneem word.

    1. Mikrosomale Etanol Oksidasie (MEOS)

Vind plaas by hoër konsentrasies (grotes as 100mg/dL).

MEOS aktiwiteit verhoog met chroniese gebruik van alkohol.

Asetaldehied is die eindproduk van die proses, die Asetaldehied word d.m.v. Aldehied dehidroginase ensiem omgeskakel na Asetaat, sodat die Asetaldehied nie ophoop en lei tot effekte soos naarheid, hoofpyn, hartkloppings, blosing en duisligheid nie.

Die proses is ook gedeeltelik verantwoordelik vir toleransie.

  • Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?
      • Disulfiram
      • Metronidasool
      • Hipoglisemiese geneesmiddels
      • Kefalosporiene

Die b.g. middels onderdruk of inhibeer die Aldehied dehidroginase ensiem wat lei tot die opeenhoping van Asetaldehied omdat dit nie omgeskakel kan word na Asestaat toe nie. Dit lei dan tot slegte newe-effekte.

Blog #4

3 Mar 2021, 12:30 Publicly Viewable

Verskeie plantaardige en natuurlike preparate kan gebruik word vir die behandeling van angs en slaaploosheid. 'n Klomp voorbeelde hiervan sluit in...

Slaaploosheid:

Valerian (Valeriana officinalis)

Lavender (Lavandula angustifolia)

Lemon balm (Melissa officinalis)

Passionflower (Passiflora incarnata)

Ashwagandha

 

Angstigheid:

Hops (Humulus lupulus)

Passionflower (Passiflora incarnata)

Gardeniae fructus

Kamishoyosan

Kava kava

Chamomile

Ashwagandha

 

Blog #3

2 Mar 2021, 12:10 Publicly Viewable
  1. Watter faktore kan die absorpsie en verspreiding van sedatief-hipnotiese middels beïnvloed?  Wat is die kliniese belang hiervan?

Die tempo van absorpsie en verspreiding word bepaal deur die middels se vetoplosbaarheid, dus hoe hoër die lipiedoplosbaarheid, hoe vinniger sal die middel die breik bereik.

Die kliniese belang sal dus die aanvangstyd wees van die spesifieke middel, want hoe vinniger ‘n middel geabsorbeer en versprei word, hoe vinniger sal dit begin werk en effekte uitoefen.

  1. Wat beteken herdistribusie en wat is die belang daarvan?

Herdistribusie is die beweging van middels vanuit die bloed na die brein en weer vanuit die brein na ander weefsel. Dit vind plaas wanneer middels hoogs lipofiel is en die proses gebeur baie vinnig. Dus is dit wanneer hoogs lipofiele middels na die brein, hart, niere ens versprei en dan onmiddelik na die spiere en vetweefsel versprei.

Die belang hiervan is dat wanneer die middel uit die brein na ander weefsel beweeg het, soos bevoorbeeld die vetweefsel, kan dit ‘n depo veroorsaak wat uiteindelik die tempo van vrystelling van die middel beïnvloed. Die veranderde tempo van vrystelling sal uiteindelik ook ‘n effek he op die tempo waarteen die middels uit die liggaam geëlimineer word verleng.

  1. Hoe word die BD’e gemetaboliseer?  Gee die verskillende stappe in die proses.

Bensodiasepiene word stapsgewys gebiotransformeer deur lewermikrosomale ensieme onder normale omstandighede.

  1. Dealkilering

Die proses gee aanleiding tot die vorming van aktiewe metaboliete.

  1. Oksidasie

Die proses geskied in die lewer en die ensiem Sit. P450 skakel die middel om na aktiewe metaboliete.

  3.   Konugasie

Fase twee waar die aktiewe metaboliete met Glukuronsuur gemetaboliseer word om ‘n onaktiewe metabolite te vorm.

  1. Watter BD’e word na aktiewe metaboliete omgeskakel?  Wat is die belang hiervan?
    • Diasepam
    • Chloorasepaat
    • Prasepam
    • Chloordiasepoksied
    • Ketasolam

Die belang hiervan is dus dat die aktiewe metabolite wat gevorm word die middels se werkinsduur verleng.

  1. Watter BD’e is nie afhanklik van die sitochroom P45 oksidatiewe ensieme vir metabolisme nie?  Wat is die voordele hiervan?
    • Oksasepam
    • Lorasepam
    • Temasepam
    • Lormetasepam

Voordele hiervan is dat dit as keusemiddels beskou word waat Sitochroom P450 aktiwiteit verlaag is sodat metabolisme steeds voldoende kan plaasvind. Bv. In bejaardes waar die Sit. P450 aktiwiteit afgeneem het, in neonate en self mense met lewersirose.

  1. Wat is ensieminduksie?  Watter van die sedatief-hipnotiese middels is bekend hiervoor?  Wat is die kliniese belang van hierdie ensieminduksie?

Ensieminduksie is wanneer ‘n geneesmiddel ‘n sekere ensiem se produksie induseer, dit sal dan aanleiding gee tot verhoogde metabolisme en lewer eliminasie van die geneesmiddel.

Middels soos ouers Barbiturate, veral Fenobarbital.

Die kliniese belang is dus dat ensieminhibeerders die metabolisme en die eliminasie van die geneesmiddels verhoog maar kan sodoende ook lei tot ‘n afname in farmakologiese aktiwiteit van die middel.

Blog #2

2 Mar 2021, 10:45 Publicly Viewable
  1. Wat beteken anterograde amnesie en watter middels kan hierdie effek veroorsaak?

Dit is die onvermoë om gebeure te kan onthou gedurende die middel se werkinsduur. Die Bensodiasepiene middels soos veral Midasolam, dan ook Diasepam en Lorasepam.

  1. Noem die effekte van die sedatief-hipnotiese middels op die normale slaappatroon en verduidelik wat is die belang daarvan vir die pasiënt.
    • Sedatief-hipnotiese middels verminder die tyd wat dit neem om aan die slaap te raak en vermeerder die totale slaaptyd, maar net in pasiënte wat gewoontlik 6 ure of minder per nag slaap.
    • Dit het ‘n klein verminderede effek op REM slaap alhoewel hoë dosisse REM slaap verminder deurdat dit ‘n onderdrukkende effek daarop uitoefen.
    • Die belang daarvan vir pasiënte sal dus wees om te weet dat, pasiënte wat hierdie sedatief-hipnotiese middels vir ‘n lang tydperk gebruik het en dit dan staak, erge negmerries kan ervaar omdat REM slaap nie meer onderdruk word nie.

  1. Watter van die sedatief-hipnotika word as aanvullende terapie in anestesie gebruik.  Kan jy verduidelik hoekom?

Die Barbiturate en Bensodiasepien middels soos Midasolam Diasepam en Lorasepam.

Die middels word as aanvullende terapie in anestesie gebruik omdat dit dikwels anterograde amnesia veroorsaak. D.w.s dat as ‘n pasiënt sou wakker word, gedurende of na ‘n opderasie, dat die pasiënt nie die gebeure sal onthou nie.

  1. Watter van die sedatief-hipnotika word as antikonvulsante gebruik?

Hoë dosisse Barbiturate soos Fenobarbitoon en sommige Bensodiasepiene soos Klonasepam, Klobasam, Lorasepam en Diasepam (veral vir Status Epilepticus)

  1. Wat is die meganisme van die spierverslappende effekte van sommige van die karbamate en die BD’e?

Spierverslappende effekte vind plaas deurdat die middels die polisinaptiese reflekse inhibeer. Dit het dus nie ‘n effek op GABA nie.

  1. Bespreek die effekte van die sedatief-hipnotika op die respiratoriese en kardiovaskulêre stelsels.

Terapeutiese dosisse van die sedatief-hipnotiese middels kan ‘n betekenisvolle respiratoriese onderdrukkende effek in pulmonêre siektes veroorsaak en kardiovaskulêre onderdrukking in kardiovaksulêre siektes veroorsaak. Dus moet pasiënte met onderliggende pulmonêre siektes en/of kardiovaslulêre siektes versigtig wees met die gebruik van Barbiturate en Bensodiasepiene. Die bogenoemde effekte is selfs meer uitgesproke met IV toediening.

Blog #1 Reseptorfisiologie

23 Feb 2021, 11:48 Publicly Viewable

1. Watter tipe ioonkanale word op senuselmembrane gevind?

Ligandbemiddelde ioonkanale en Potensiaalbemiddelde ioonkanale.

2. Noem 3 verskille tussen potensiaalafhanklike en ligandafhanklike ioonkanale.

Ligandbemiddelde ioonknale Potensiaalbemiddelde ioonkanale
1. 'n Ligand bind aan 'n ioonkanaal wat lei tot die werking van kanale. 1. 'n verandering in membraanpotensiaal vind plaas wat lei tot die werking van kanale.
2. Geen tweede boodskappers is betrokke tydens die ontlok van 'n respons nie. 2. Tweede boodskappers in betrokke tydens die ontlok van 'n respons.
3. Ionotropiese reseptore is betrokke. 3. Metabotropiese reseptore is betrokke.

3. Vergelyk ionotropiese en metabotropiese reseptore.

Ionotropiese reseptore: Wanneer 'n ligand/neurotransmitter aan 'n ionotropiese reseptor bind, word die ioonkanaal direk beïnvloed. Dus is daar geen tweede boodskappe betrokke nie. Die ioonkanaal word gereguleer deur middel van die interaksie tussen die ligand en reseptor. Wanneer die ligand dan aan die reseptore bind en die kanale open sal daar polaisasie (hiper-of depolarisasie) plaasvind wat die post-sinaptiese potensiaal beïnvloed.

Metabotropiese reseptore: Wanneer 'n ligand/neurotransmitter aan 'n G-proteïen gekoppelde reseptor op die transmembraan gedeelte van 'n neuron bind, dien dit dan as 'n "eerste boodskapper" en word die ioonkanaal indirek beïnvloed. Die G-proteïn ondergaan konformasie verandering en ontbind dan later om 'n bepaalde funksie te verrig. Die G-proteïn kan 'n respons ontlok deur die reseptor aan 'n potensiaalafhanklike kanaal te koppel. Of  'n tweede boodskapper word vrygestel, omdat die G-proteien as 'n skakel tussen die reseptor en die 2de boodskapper dien, wat dan 'n respons ontlok.

4. Klassifiseer die SSS reseptore in ionotropiese en metabotropiese reseptore en ken die transduksiemeganisme van elke reseptor.

Ionotropiese transduksiestelsel en die ionotropiese reseptore:

Ligandafhanklike ioonkanaal reseptore

  • GABA-A
  • Nikotiniese reseptore
  • Glutamaat reseptore (NMDA, AMPA Kainate)
  • Serotonien 3 reseptore (5-HT3)
  • Bensodiasepien

Matabotropiese transduksiestelsel en metabotropiese reseptore:

Adenielsiklase sisteem se reseptore

  • Beta 1+2
  • Dopamien 1 en 2 
  • Alfa 2
  • 5-HT1
  • Muskarinies 2 en 4
  • Glutamaat mGlu1

Fosfolipase sisteem se reseptore

  • Alfa 1
  • Serotonien 2 (5-HT2)
  • M1, M3, M5
  • Histamien 1
  • Glutamaat mGlu8

5. Verduidelik die verskil tussen 'n EPSP en 'n IPSP en gee voorbeelde van elk.

EPSP: Is 'n aktiverende/eksitatoriese post sinaptiese potensiaal. Dus word 'n stimulerende effek op die post-sinaptiese potensiaal uitgeoefen. Byvoorbeeld wanneer Asetielcholien aan Nikotiniese reseptore bind, word natrium kanale geopen, depolarisasie van die potensiaal vind plaas en daar word 'n aktiverende effek t.o.v. die sentrale senuweestelsel uitgeoefen.

IPSP: Is 'n inhiberende post sinaptiese potensiaal. Dus word 'n inhiberende effek op die post-sinaptiese posensiaal uitgeoefen. Byvoorbeeld wanneer GABA aan die GABA-A reseptore bind, word die chloried kanale geopen hiperpolarisasie van die potensiaal vind plaas en daar word 'n inhiberende effek t.o.v. die sentrale senuweestelsel uitgeoefen.

6. Wat is die rol van kalsium in die ontwikkeling van 'n sinaptiese potensiaal?

Kalsium ione stimuleer die vrystelling van neurotransmitters binne in die sinaptiese spleet, wat veroorsaak dat die sinaptiese blasies meng met die pre-sinaptiese membraan. Tydens die proses word 'n post-sinaptiese respons ontlok deurdat die neurotransmitter aan die reseptor bind. 'n Spesifieke respons word deur 'n spesifieke reseptor ontlok.