Content begins here

Blogs

Help Opens in a new window

CARISA MARE

Default profile image
----------

BLOG #13

31 May 2021, 21:02 Publicly Viewable
  1. Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium.

Litium beïnvloed cAMP, IP3 en DAG se tweede boodskappersisteem. Dit beïnvloed die tweede boodskappersisteem deur die onderdrukking van verskeie ensieme wat baie belangrik is by die omskakeling en hersirkulasie van membraanfosfoinositiede. Die monoamiene en cholinergiese neurotrasmissie word ook beïnvloed.

  1. Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?

0.5-1.5mM.

Dit is ń baie klein terapeutiese indeks en beteken dat as die dosering nie versigtig gedoen word nie, daar maklik toksisiteite kan voorkom en monitoring word dus voorgestel.

  1. Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?

Vir die profilakse vir maniese en hipomaniese episodes, en ook die behandeling van maniese en depressiewe effekte van bipolëre versteuring.

Litium word in kombinasie met Valproaat gebruik by akute maniese fases as die pasiënt nie op litium alleen reageer nie. Dit het ook ń gemoedstabiliserende effek.

  1. Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê.  Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.

- Neurotoksisiteit kan verhoog word deur Karbamasepien, kalsium kanaal blokkers, Losartan, Metieldopa en Fenitoïen.

- Renale uitskeiding word verhoog deur teensuurmiddels soos natrium bikarbonaat, Teofillien en Kaffeïen en dit beïnvloed dan die effektiwiteit.

Renale uitskeiding word verlaag en die toksisiteit word verhoog deur diuretikums, tiasiede, nuwe NSAID’s, ACE-inhibeerders en Fluoksetien.

  1. Noem die belangrikste newe-effekte van litium.

Tremore, sedasie, ataksie, afasie, spierswakheid, moegheid, polidipsie, poliurie, nokturie,nefrogene diabetes insipidus, tiroïed vergroting, leokositose, edeem, massatoename, aknee, alopesia en seksuele disfunksie is almal newe-effekte van litium.

  1. Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?

Litium toksisiteite hou verband met kardiovaskulêre abnormaliteite soos die onderontwikkeling van die baba se hart.

Hoë konsentrasies litium word in die borsmelk uitgeskei en borsvoeding word nie aanbeveel nie omdat dit dan toksies kan wees vir die baba.

  1. Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.

- anti-depressant

- skisofrenie

- gemoedstabiliseerder

  1. Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:

Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik:

Camcolit 600mg bd. Plasmavlakke wat na twee weke geneem is, was 0.8mmol/L.  Sy het ‘n spierbesering opgedoen en gebruik ook die afgelope 10 dae Indocid R® 75mg n.  By verdere navraag meld sy dat sy “vreeslik gewig opgetel” het en nou sommer van haar ma se “waterpille” drink in die hoop dat sy van die ekstra kilo’s ontslae kan raak.  Sy kla egter dat sy baie moeg is, sukkel om haar oë in die klas oop te hou, dors bly en voortdurend bewerig en naar voel.

Die waterpille het ń interaksie met die litium en moet gestaak word, die waterpille kan ook dehidrasie veroorsaak omdat dit die urine uitskeiding verhoog. Die interaksie met litium kan veroorsaak dat die litiumvlakke verhoog en kan tot litium toksisiteit lei end it veroorsaak haar gewigstoename, moegheid, dors, bewerigheid en naarheid.

BLOG #12

31 May 2021, 20:01 Publicly Viewable
  1. Stel m.b.v. jou handboeke ‘n klassifikasie op van die middels wat as antidepressante gebruik word.

KLASSIFIKASIE

GENEESMIDDEL

SSRI’s (selektiewe serotonien heropname inhibeerders)

Fluoksetien, Paroksetien, Fluvoksamien, Sertralien, Sitalopram, Esitalopram

SNRI’s (serotonien noradrenalien heropname inhibeerders)

Venlafaksien, Desvenlafaksien, Duloksetien

TAD (Trisikliese antidepressante)

Sekondêr: Nortriptilien, Desimipramien, Lofepramien

Tersiêr: Amitriptillien, Imipramien, Trimipramien, Chloorimipramien, Dotiëpien, Butrptillien

Tetrasikliese en unisikliese antidepressante

Bupropioon, Mirtasepien, Mianserien, Amoksapien, Maprotillien, Vilazodoon

MAOI’s(mono-amien oksidase inhibeerders)

Fenielsien, Tranielsipromien, Moklobemieid, Selegilien, Isokarboksasied

5-HT reseptor moduleerders

Trasodoon, Nefasodoon, Vortioksetien

Sirkadiese ritme reguleerders

Agomelatien

NARI’s (selektiewe noradrenalien heropname remmers

Reboksetien

  1. Met betrekking tot die bestaande middels se werkingsmeganismes, wat het hulle almal in gemeen?

Die middels beoog om die noradrenalien- en serotonienkonsentrasies by die sentrale sinapse te verhoog.

  1. Hoe lank neem dit vir hierdie middels se antidepressiewe effekte om te verskyn?  Wat is die rede hiervoor?

14-21 dae or meer, die rede hiervoor kan toegeskryf word aan die 2 weke wat nodig is om neurotrofiese faktore te sintetiseer en die kliniese effekte van AD hou verband met die BDNF.

  1. Hoe verskil die TAD’e en die selektiewe serotonienheropname remmers (SSRI’s) van mekaar t.o.v.:
  • Effektiwiteit

Die TAD’s se dosis moet opgetitreer word tot by die minimum effektiewe dosis en die SSRI’s kan dadelik met die volle dosis toegedien word.

Verder hang die effektiwiteit af van elke pasiënt se individuele respons op die geneesmiddel.

  • Newe-effekte

TAD’s: anticholinergiese effekte soos droeë mond, konstipasie, urienretensie, dowwe visie en verwarring; ortostatiese hipotensie; sedasie; massa toename; seksuele disfunksie; disritmieë.

SSRI’s: spysverteringskanaal steurnisse; seksuele disfunksie; hoofpyn; insomnia en hypersomnia; massatoename; verlaagde libido.

SSRI’s het ń beter newe-effek profiel.

  • Veiligheid

TAD oordosisse is baie gevaarliker as SSRI oordosisse.

TAD oordosis kan kardiotoksisiteit, bloeddrukveranderinge, anticholinergiese effekte en konvulsies veroorsaak.

5. Hoe werk mirtasepien?

Dit blokkeer α2, dit bevorder NA en 5-HT vrystelling. Dit blokkeer 5-HT2A en 5-HT3 en het dus antidepressante en angsiolitiese effekte. Dit blokkeer ook H1 en α1.

6. Hoe werk venlafaksien?

Dit blokkeer 5-HT en NA heropname, maar is meer potent vir 5-HT as vir NA. Dit het ook ń lae affiniteit vir H1 en M1 reseptore. Dis ook ń swak dopamien heropname inhibeerder.

7. Hoe werk agomelatien?

Dis ń primêre agonis op MT1 en MT2 en herstel die slaapritmes. Dis ń antagonis op 5-HT2C wat slaap bevorder en antidepressief is agv die disnhibisie van DA en NA vrystelling in die frontale korteks.

BLOG #11

31 May 2021, 19:14 Publicly Viewable

  1. Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?

- Alifatiese syketting: bv. Chloorpromasien

- Piperidien syketting: bv. Perisiasien

- Piperasien syketting: bv. Flufanasien

Alifatiese en Piperidien syketting het dieselfde eienskappe. Albei het ń lae potensie, min ekstrapiramidale effekte, sterk anticholinergiese effekte, dit kan kardiotoksies wees, dit kan erge sedasie veroorsaak en dit bind sterk aan alfa reseptore en kan dus ook ortostatiese hipotensie veroorsaak.

Piperasien sykettings het ń hoër potensie, meer ekstrapiramidale effekte, minder anticholinergiese effekte, minder kardiotoksiese effekte, veroorsaak minder sedasie en bind minder sterk aan alfa reseptore.

  1. Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?

Dopamien 2 reseptore in die mesolimbiese baan.

  1. Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?
  • Atipiese middels: multipotente antagoniste met ń hoër affiniteit vir 5-HT2A reseptore as vir D2.
  • Tipiese middels: multipotente antagoniste wat mesolimbiese D2 reseptore blokkeer.

  1. Watter van die reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstrapiramidale newe effekte?

Blokkering van dopamien 2 reseptore.

Alifatiese en piperidien sykettings.

  1. Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte?  Wat is die rede?

Piperasienderivate agv hul hoë potensie en hoë affiniteit vir dopamien 2 reseptore.

Die hoë potensie het tot gevolg dat daar slegs ń klein hoeveelheid van die konsentrasie ekstrapiramidale effekte kan veroorsaak.

  1. A.g.v. watter reseptorblokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte

Alfa-1 blokkade wat sterk alifatiese effekte soos posturale hipotensie kan veroorsaak.

BLOG #10

31 May 2021, 18:48 Publicly Viewable

  1. Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?

- Dopamien agoniste (↑ dopamien aktiwiteit)

- Anticholinergiese middel (↓ anticholinergiese aktiwiteit)

  1. Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?

Amantadien is ń metafinoïed potensieerder van dopamien. Dit verhoog die vrystelling daarvan deur die sintese te verhoog en ook die heropname te blok. Dit is ook ń adenosine A2 antagonis en ń NMDA antagonis.

  1. Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.

- Amantadien: verhoog die dopamien sintese.

- Rasagilien: selektiewe MAO-B inhibeerder wat dus die dopamien metabolisme inhibeer en die dopamien konsentrasies verhoog.

- Entakapoon: verhoog die dopamien deur die KOMT te blok wat L-dopa metaboliseer na 3-O-metieldopa. 3-O-metieldopa kompeteer met L-dopa vir aktiewe transportprosesse. Meer L-dopa is dan beskikbaar wat omgeskakel word na Dopamien.

- Safinamied: verhoog dopamien aktiwiteit deur die potente omkeerbare inhibisie van MOA-B en die inhibering van dopamien heropname wat dus dopamien se konsentrasie verhoog. Dit verminder ook glutamaat se vrystelling.

  1. Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?

- Ergotderivate: Broomkriptien

- Nie ergotderivate: Pramipeksool, Ropinirool

  1. Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.

- Dopamien 2 reseptore: Broomkriptien en Ropinirool

- Dopamien 3 reseptore: Pramipeksool

  1. Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer?  Wat beteken dit?

Dit beteken dat die middels die progressie van die siekte kan verlaag deurdat hulle die degenerasie van dopamien neurone keer.

Sulke middels sluit in Rasagilien en Selegilien.

  1. Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?

MAO-B metaboliseer selektief dopamien. As MAO-B ensieme geinhibeer word sal die dopamien konsentrasies verhoog en die parkinsonisme sal verbeter.

  1. Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?

KOMT remmers verleng die werking van L-dopa deur dopamien se perifere metabolisme te verminder en die biobeskikbaarheid te verhoog. Dit inhibeer ook die vorming van 3-O-metieldopa wat vanaf L-dopa gemetaboliseer word.

  1. Hoe werk Istradefilien?

Istradefilien is ń selektiewe inhibeerder van adenosine A2A. funksie, en as adenosine geblok word sal sal daar dus meer dopamien 2 beskikbaar wees. Dit dien ook as ń antivirale middel. Adenosien inhibeer dopamien 2 se aktiwiteit.

  1. Bespreek die werkingsmeganisme van safinamide

Dit verhoog die dopamien funksie, en verlaag die glutamaat vrystelling. Dit verhoog die dopamien aktiwiteit deurdat dit MAO-B inibeer en die dopamien heropname blokkeer.

BLOG #9

31 May 2021, 18:15 Publicly Viewable

  1. Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur ‘n LA van die volgende tipes vesels met mekaar?
    • Gemiëlineerde vesels met ongemiëlineerde vesels.

Gemiëlineerde vesels is Kleiner en word makliker geblok as die ongemiëlineerde vesels

    • Druk / tassenuwees met die dorsale senuwees wat pynimpulse gelei.

Die dorsale senuwee’s is meer sensitief en word makliker en vinniger geblok as die druk/tassenuwees.

  1. Maak ‘n lys met die effekte van LA op ander weefsels.

Op die hart → dis ń klas 1 anti-aritmiese middel

Op skeletspiere → het ń swak blokkerende effek en die aksies het dus geen kliniese toepassing nie

Geestelik → verhoogde gemoedstoestand word deur kokaïen geïnduseer.

  1. Waarop berus die keuse van ‘n LA?

- die tipe procedure wat gedoen gaan word

- die tipe weefsel waarop die lokale anestetikum gaan moet werk

- die duur van die prosedure

  1. Waarom word oplossings van LA soms met CO2 versadig?

Die CO2 tree op as ń buffer vir die lokale anestetika en potensieer dus die effekte van die LA. Dit doen dit dmv die direkte onderdrukking van CO2 op die aksone, deur die LA in die senuweebondel te konsentreer of deur die omskakeling van LA na ń aktiewe katioon.

Dit verminder dus die pyn van die inspuiting en die aanvang van werking is vinniger

  1. Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik

- Bensokaïen

- Kokaïen

- Oksibuprokaïen

BLOG #8

31 May 2021, 17:59 Publicly Viewable
  1. Stel vir jouself ‘n tabel op waarin jy die belangrikste effekte op elke stelsel (KVS, SSS, respirasie, niere, lewer en uterus) lys, maar ook die uitsonderings aandui.  Die tabel is belangrik as jy by die keuse van middels kom.

N2O

Halotaan

Enfluraan

Isofluraan

Desfluraan

Sevofluraan

KVS

↓ bloeddruk

Sensitiseer miokardium vir aritmogene effekte van katesjolamiene

Vinnige gladdespier induksie.

Minder ↓ in bloeddruk

Geen sensitisasie van die miokardium nie

Minder bloeddruk ↓ as enflurane en halotaan

Geen sensitisasie van miokardium nie

Minder ↓ van bloeddruk as enflurane en halotaan

Minder ↓ in bloeddruk

SSS

MAC>100, dus is dit ń swakker anestetikum

Potente analgetikum

Veroorsaak amnesie

Vinnige gladde induksie

↑ intrakraniale induksie

Kan konvulsies veroorsaak

Vinniger induksie en herstel as halotaan

Vinniger induksie en herstel as isofluraan

↑ serebrale bloedvloei en intrakraniale druk

Vinnige induksie en herstel

Soortgelyk aan desfluraan

Respiratories

Vinnige herstelfase: vinnige diffusie van bloed na alveoli

Veroorsaak hipoksie as nie met O2 of lug gemeng word nie

Nie irriterend nie

Meer ↓ as halotaan

Potente onderdrukkende effekte

Versterk agv potente skeletspierverslappende effekte

Skerp reuk

Irriterend in lugweg

Veroorsaak hoes, kortasem en laringospasma as dit as induksiemiddel gebruik word.

Minder irriterend in lugweg

Lewer en niere

Deur lewer gemetaboliseer

Kan hepatotoksies wees

Ondergaan lewermetabolisme

Is chemies onstabiel

Uterus

↓ spierkontraksies

Eksterne draaiing van die baba

Uitsondering

Addisioneel in anestesie

Geen skeletspierverslapping

Enkelmiddel in krt tanheelkundige prosedures

Kan konvulsies veroorsaak

Meestal vir instandhouding gebruik

Vermy by pasiënte met asemhalingsprobleme

Wyd gebruik

Eers bygevoeg as pasiënt reeds onder anestesie is.

Skeletspierverslappende effekte

Gebruik as induksie en instandhoudingsmiddel

Nuwer middel

  1. Noem die belangrikste toksiese effekte van die inhalasiemiddels.

- hepatotoksisiteit

- neurotoksisiteit

- respiratoriese onderdrukking en irritasie

- hipertermie

- nefrotoksisiteit

- aritmiëe

- postoperatiewe naarheid en braking

BLOG #7

31 Mar 2021, 15:36 Publicly Viewable

Watter anti-epileptiese middels beïnvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan?  Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?

Fenobarbitoon, Fenitoïen, Karbamasepien, Okskarbasepien en Topiramaat. Die geneesmiddels is almal ensieminduseerders en veroorsaak dat die Pil vinniger gemetaboliseer word en die effektiwiteit dan ook minder is.

Veiliger anti-epileptiese middels wat saam die Pil gebruik kan word sluit in Gabapentien, Vigabatrin, Valproata, Lamotrigin en Leviterasetam. Hierdie geneesmiddels meng nie in met die Pil se metabolsime nie.

Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beïnvloed (vanaf neonate tot by bejaardes)?

Neonate ondergaan stadiger metabolisme en moet dus lae dosisse ontvang omdat hulle vinnig toksiese vlakke kan bereik as dit nie korrek beheer word nie.

Baba's en kinders se metabolisme is vinniger as die van volwassenes en hoër dosisse moet gegee word om 'n terapeutiese effek te hê en effektief te wees.

Bejaardes het 'n stadige metabolisme en moet laer dosisse ontvang om toksisiteit te voorkom.

In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?

Tydens die gebruik van:

- Ensiem inhibeerders

- Ensiem induseerders

- Polifarmasie

- Karbamasepien/Okskarbasepien in kombinasie met MAOI's

 

BLOG #6

31 Mar 2021, 14:59 Publicly Viewable

Watter moontlike meganismes is ter sprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkoholinname?

- Sentraal senuwee aanpassings van die reseptore/2de boodskappers vind plaas en reseptor subsensitiwiteit kan ontstaan.

- Verhoging in metabolsiese tempo van die MEOS sisteem vind plaas by chroniese gebruik van alkohol. Meer alkohol word dan gemetaboliseer omdat die ensieme geïnduseer word.

Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewer en lewermetabolisme?

- Progressiewe vermindering van lewerfunksie wat lei tot hepatitis en lewersirrose.

- Verlaging in glukoneogenese wat lei tot hipoglukemie en vetakkumulasie.

- Verhoging in lewermikrosomale ensieme se aktiwiteit wat bydra tot geneesmiddelinteraksies.

Wat is Wernicke-Korsakoff-sindroom en hoe word dit behandel?

Chroniese gebruik van alkohol veroorsaak Vitamien B1(Tiamien) terkorte wat lei tot perifere neuropatie in die SSS. Dit veroorsaak Breinskade wat dan lei tot Wernicke-Korsakoff sindroom. Simptome sluit in ataksie, verwarring en paralise van die gesigspiere.

Wernicke-Korsakoff sindroom kan behandel word deur parenterale Tiamien toe te dien om permanente breinskade te probeer voorkom.

Wat is die fetale alkoholsindroom?  Verduidelik volledig.

Die sindroom kom voor wanneer 'n swanger vrou alkohol chronies en in oormaat gebruik. Die alkohol tydens swangerskap gee tetratogeniese effekte op die baba omdat die alkohol in die ma se bloedstroom na die baba beweeg dmv die naelstring. Omdat die baba se organe en liggaam nie sterk genoeg is om die alkohol te prosseseer/metaboliseer nie, word die ontwikkelingproses van die baba onderbreuk om die alkohol te probeer metaboliseer. Effekte op die kind sluit in verstandelike vertraging, groeigebrekke, mikrofekalie en onderontwikkeling van die middelgesigarea. Die effekte op die kind is onomkeerbaar.

Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chroniese alkoholgebruik?

Akute alkoholgebruik: verlaag/onderdruk die metabolisme van ander geneesmiddels soos fenotiasiene en sedatief hipnotiese middels.

Chroniese alkoholgebruik: verhoog die metabolisme van ander geneesmiddels soos parasetamol.

Noem 4 geneesmiddelinteraksies met alkohol waar die farmakologiese effekte van die ander middels deur alkohol gepotensieer word.

- Vasodilatore

- Aspirien se antikleefbaarheidseffekte

- SSS onderdrukkende middels

- Parasetamol

 

BLOG #5

31 Mar 2021, 14:24 Publicly Viewable

Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam?  Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.

Etanol ondergaan zero-orde kinetika in die liggaam. Dit beteken dat daar slegs 'n beperkte hoeveelheid van die NAD ko-ensiem is, en dit is versadigbaar met hoë alkohol inname. Ongeag die hoeveelheid alkoholinname sal die tempo van afbraak/metabolisasie konstant bly.

 

Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanolmetabolisme.

Daar is 2 ensiemsisteme betrokke by die metabolisme van alkohol:

  1.  Metabolisme deur Alkoholdehidrogenase - is primêr verantwoordelik vir metabolisme van alkohol en vind plaas by lae/matige alkoholinname. Zero-orde kinetika vind hier plaas en dus is die tempo van afbraak konstant, ongeag die alkoholinname.
  2. Metabolisme deur Mikrosomale Etanol Oksidasie (MEOS) - is verantwoordelik vir metabolisme van alkohol by hoë konsentrasies. Die aktiwiteit van MEOS verhoog by die chroniese gebruik van alkohol en daar kan ook 'n toleransie teen alkohol ontwikkel,

By beide sisteme is Asetielaldehied die eindproduk, wat dan na Asetaat omgeskakel word mbv Aldhieddehidrogenase.

 

Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?

  • Disulfiram, Kefalosporiene, Metronidasool en Hipoglisemiese geneesmiddels: inhibeer aldhieddehidrogenase wat veroorsaak dat die metabolisering van Asetielaldehied na Asetaat nie kan plaasvind nie. Asetielaldehied hoop dan op en veroorsaak naarheid, hoofpyn, duiseligheid, blosing en hartkloppings
  • Fomepizole: inhibeer alkoholdehidrogenase en veroorsaak dat etanol nie omgeskakel kan word na Asetielaldhied nie.

 

 

 

 

BLOG #4

31 Mar 2021, 13:48 Publicly Viewable

Middels by die behandeling van angs:

  • Ginkgo Biloba
  • Chamomile
  • Valerian
  • Kava-Kava
  • St. John's Wort
  • Passion Flower

Middels by die behandeling van insomnia/slapeloosheid:

  • Melatonien
  • Chamomile
  • Valerian
  • Lavender
  • Magnesium
  • Hops