Content begins here
JAN-HENDRIK NEL
Blog 3.5
8 Nov 2021, 10:46
- Sistiese fibrose is ‘n defek wat veroorsaak dat daar verminderde sekresies is in verskeie organe. Dornase-alfa word gebruik om sistiese fibrose te behandel deurdat dit die ekstrasellulêre DNS vanaf die neutrofiele in die brongiale mukus hidroliseer om die vloeibaarhied daarvan te verbeter.
- Wanneer babas te vroeg gebore word is die oppervlakatiewe stof nog nie gevorm nie dus is die gaswisseling belemmer en die baba se longe kan platval. Die behnadeling is oksiginering, suurstof word dus gebruik (kamertemeprstuur en lug word gemeng) om oksiginering te vereker. Surfaktante word by kamertemperatuur eksogeen profilakties of tydens akute respiratoriese noodsindroom aan die neonaat toegedien om longsurfaktant aan te vul. Kortikosteroïede word dus gebruik om endogene surfactant produksie aan te help.
- Suurstofterapie word dus gebruik om hipoksie om te keer of te verhoed. Suurstoftoksisteit veroorsaak verminderde gaswisseling, hipoksie en dood. Dit kan du sook retinal skade en blindheid veroorsaak.
- Neonatal apnee is wanneer die asemhalingsentrum in die medulla oblongata van premature baba snog nie ten volle ontwikkel is nie en voordurende asemhaling kan so nie gestimuleer word nie. Metielxantiene stimuleer dus die sentrale senuwee stelsel. Kaffeïen en teofillien word dus gebruik.
Blog 3.4
5 Nov 2021, 12:25
- Die algemene oorsake van rinoree is as gevolg van allergie, verkoue, skade van geneesmiddels of chemiese stowwe, fisiese skade of koue lug.
- a1-agoniste: fenielefrien
Antihistamiene: Difenhidramien
Kortikosteroïede: Betametasoon
Mastselstabiliseerders: ketotifen
Mukolitika: Mesna
Antibiotika: neomisien
Diverse middels: stoom met soutoplossing
- Die dekongestante se maganisme van werking is dus dat dit simpatomimetiese agenet is, dis alfa 1 agoniste, dit veroorsaak vasokonstriksie van die mukosale bloedvate, verlaag dus edeem van die nasal mukosa. Mens kry korterwerkende middels (4-6 ure), intermediêrwerkende middels (8-10 ure) en langwerkende middels (12 ure). Die middels is hoofsaaklik direkwerkend, maar party toon ‘n gemengde werking. Hulle word dus topikaal of oral toegedien.
- Dit is terugslag rhinitis wat veroorsaak word deur die oordosering van dekongestante in chroniese behandeling dus veroorsaak dit verswakte bloedvoorsiening as gevolg van die gedurende vaskonstriksie en wannner die middels gelos word kla pasiënte oor ‘n toe neus. Pasiënte met die toestand moet hul behandeling staak en tydelik op lokale kortikoïedterpie ontvang.
- Die eerste generasie is multipotente kompeternede antagoniste en blokeer die muskariniese resptore, terwyl die tweede generasie blokeer nie muskariniese reseptore nie. Die tweede generasie kan dus gebruik word as kort en langtermyn behandeling vir alergiese rhinitis. Histamine speel geen rol by verkoue rhinitis nie, maar wel bradykinin, moet dit nie aangwend word vir verkoue rhinitis nie.
- Ant-alergiese middels kan gebruik word by profilaksie by alergiese rhinitis en word toegedien in ‘n neussproei vorm.
Kortikosteroïde word gebruik by terugslag rhinitis en is in die vorm van ‘n neussproei.
Mesna en soutoplossing word ook gebruik by rinoree ne rhinitis en is in die vorm van ‘n stoom wat ingeasem word.
Blog 3.2
26 Oct 2021, 12:45
- KOLS is ‘n kombinasie van verskillende long siektes soos Brongiale asma, Kroniesie bronchitis en emfiseem.
- Kroniese bronchitis se patofisiologie is verhoogde mukus sekresie, verlaagde mukosiliêre opruiming, gereelde bakteriële infeksies, strukteruele veranderinge van die briongiale wande en ‘n kronies hoes a.g.v. dik slym.
Emfiseem se patofisiologie is dat dit gewoonlik veroosaak word deur rook en ander irritante, dit is die onomkeerbare verwyding van die respiratoriese brongiole en alveoli a.g.v strukteruele skade, lug is vasgevang in die longe en dit is dus moeilik om uit te asem, verlaagde kapillêre bloedvate belemmer gas uitruiling.
- -Die staking van rook
-Bakteriële infeksie: Influenza immunisasie, breë spektrum antibiotika (tetracyclines, amoxicillin).
-Brongodilators
-Rehidrasie en stoom
-Suurstof inhalasie
-Ligte tot matige oefening.
- Dit is die eerste linie behadeling want dit het ‘n invloed op die vagus senuwee.
- Dit het ‘n effense anti-inflammatoriese effek wat du sook kan help in die behandeling van KOLS.
- Suurstof behandeling verhoog die hoeveelheid suurstof wat in jou longe en bloed ingaan wat dus jou bloedsuustof vlakke sal verhoog.
Blog 2.5
13 Oct 2021, 10:46
Fluvoxamine voorkom plaatjie aggregasie en verhoed dus die vorming van bloedklonte wat die bekende oorsaak is van pasiënte wat sterf aan COVID-19 (Landhuis, 2021).
Bronnelys
Landhuis, E. (2021). SSRI Helps Prevent Hospitalization in COVID Patients: Study. [online] Medscape. Available at: https://www.medscape.com/viewarticle/957426#:~:text=Fluvoxamine%20also%20inhibits%20the%20activation [Accessed 13 Oct. 2021].
Blog 2.4
17 Sep 2021, 12:07
- ‘n Toename in bloedvloei stimuleer endoteluim-afhanklike vasodilatasie deur om die skuifspanning op die endotelium te verhoog, in beide leidings-en weerstandsvate.
- Konstituele ensieme is ensieme gesintetiseer word deur ‘n konstante vlak dus word hierdie ensieme vervaardig in konstante hoeveelhede sonder om die konsenstrasie van die substraat of die fisiologiese benodighede in ag te neem.
‘n Geïnduseerde ensiem is ‘n ensiem wat gewoonlik in minuut hoeveelhede teenwoordig is in ‘n sel. Sulke ensieme se konsentrasie verhoog drasties wanneer ‘n substraat bygevoeg word.
- In sepsis word stikstofoksiedsintese gedisreguleer met oordrewe produksie wat lei tot kardiovaskulêre disfunksie, bio-energieke mislukking en sellulêre toksisiteit, terwyl verswakte mikrovaskulêre funksie gedeeltelik gedryf kan word deur verminderde stikstofoksiedsintese deur die endotelium.
- Stikstofoksied kan die produksie van cGMP stimuleer deur interaksie met die heem groep van die ensiem souble guaniel siklase.
- Die liggaan verwyder ROS (Reaktiewe suurstof spesies) deur verskeie detoksifikasie meganismes wat ensematiese reaksie en non-ensematiese molekules soos anti-oksidante insluit.
- NO is ‘n belangrike verdedigings molecule teen infekterende organismes. Dit dus reguleer ook die fuksionele aktiwiteit sowel as groei en afsterwe van immuun en inflamatoriese sel tipes.
- Outisme spektrum versteuring
Blog 2.2
8 Sep 2021, 12:07
- Angiotensinogeenvlakke verhoog by siektes soos hart versaking en veroorsaak ook 'n vergrote hart. Die implikasie hiervan is dus dat angiotensin 2 vasokonstriksie tot gevolg het van die arteries en die vene wat dus hoër bloeddruk veroorsaak en wat veroorsaak dat die hart harder moet werk.
- ACE inhibeerders word gebruik by pasiënte wat hipertensie het, want die verlaag mortaliteit. ARB's het dus meer newe effekte soos hipotensie en hipokalemie en word dus gebruik as pasiënte newe effekte toon van die ACE inhibeerders.
- AOE inhibeerders laat jou arteries en vene ontspan om dus jou bloeddruk te laat daal. AOE inhibeerders verhoed ook die ensiem om angiotensien 2 te vervaardig, wat dis verantwoordelik is vir die vasokonstriksie van vene en arteries.
- Losartan werk in op die angiotensien 2 reseptore en is dus 'n blokker daarvan. Dit inhibeer die RAAS direk.
- Dit veroorsaak deurlaatbaarheid van arterie en vene. Ander middels soos die kallikrein inhibeerders nl. aprotinine en ecallantide het dus 'n effek daarop sowel as Icatibant, want hierdie middels is bradikinin 2 resptor antagoniste.
- Die bradykinin 1 en 2 reseptore.
- Dit is 'n vasodilatator, dit verhoog GF en natrium ekskresie, dit verlaag renien sekresie en aldosteroon maganisme en dit inhibeer ook angiotensien 2.
- Neprilisien is 'n tipe 2 membraan proteÏen van die plasma mebraan. Die neprilisien inhibeerders soos entresto en valsartan inhibeer die aktivering van die angiotensien 2 wat vasodilatasie tot gevolg het.
- Stikstofosied, Amfetamien, Anthistamiene.
Blog 2.1
6 Sep 2021, 12:21
'n Migraine is 'n brein wanorde wat die ioon kanale in die amirgeen brein stam selle behels wat verwys na 'n neurovaskulêre hoofpyn waar die dilatasie van bloedvate die pyn vererger en lei tot verdere senuwee aktiwiteit.
Die geneesmiddels wat vandag gebruik word om migraines te behandel is onder andere die Ergot alkaloïede nl. Ergotamien wat vasoselektief is. Sy meganisme van werking is dat dit 'n gedeeltelike agonis is by die 5-HT2 en alfa reseptore en veroorsaak dus sametrekking van die gladde spiere.
'n Ander Ergot alkaloÏd is ergovine wat uteroselektief is en word gebruik as profalaksis vir migraines. Sy meganisme van werking is dieslefde as vir ergotamien, maar is ook selektief vir uteriene spier.