Content begins here

Blogs

Help Opens in a new window

SALOMÉ WALTERS

Default profile image
----------

Blog #3.5

7 Nov 2021, 12:24 Publicly Viewable

1. Verduidelik kortliks wat sistiese fibrose is en hoe dornase-alfa werk om die probleem op te los.

Dit is ‘n genetiese deffek wat lei tot verminderde sekresies in organe waarvan nie lugweë die meeste aangetas word. Die mukus sekresie is dik en taai en veroorsaak dat ‘n goeie plek vir bakteriële infeksies ontstaan. Hierdie infeksies gee aanleiding tot chemotakse van neutrofiele na lugweë wat dan ook d.m.v disintegrasie DNS in die mukus gaan deponeer. Die deponering veroorsaak dat die mukus nog dikker en taaier word en so ontstaan daar net weer infeksie. Dornase-alfa (rhDnaseI) gaan die eksrasellulêre DNS op die neutrofiele hidroliseer wat dan die vloeibaarheid van die brongiale mukus verbeter.

2. Verduidelik kortliks wat neonatale respiratoriese noodsindroom is, wat die algemene behandelingstrategieë behels en hoe kortisoon en eksogene surfaktante werk om die probleem op te los.

‘n Vroeg gebore baba se respiratoriese eenheid van die lugweë is nog nie bedek met die oppervlakaktiewe stof nie, dit vorm eers in laaste weke van swangerskap. Die oppervlakaktiewe stof is nie teenwoordig nie, dus belemmer dit die gaswisseling en die longe val plat. Suurstof wat kamertemperatuur en met lug gemeng is word toegedien om oksigenering te verseker. ‘n Kontinue positiewe druk word bewerkstellig sodat respirasie verbeter is en die alveoli oop bly. Intensiewe monitering is noodsaaklik. Eksogene surfaktante vul die longsurfaktant aan dit verlaag motaliteit en langtermyn-suurstof behoefte. Kortisoon is effektief om endogene surfanktantproduksie aan te help.

3. Wat is die rol van suurstofterapie by neonatale respiratoriese noodsindroom?  Wat behels die gevare van suurstoftoksisiteit?

Dit word toegedien om hipoksie om te keer of the verhoed. Suurstoftoksisiteit kan ontstaan as suurstof in oormaat of vir ‘n langtydperk geïnhaleer word. Hierdie kan lei tot verminderde gaswisseling, hipoksie en in uiterste gevalle dood. By neonate kan dit ook retinale skade en blindheid veroorsaak

4. Verduidelik kortliks wat neonatale apnee is en hoe die metielxantiene werk om die probleem op te los.  Watter metielxantiene word gebruik?

Dit ontstaan by ‘n premature baba wanneer die asemhaling sentrum in die medulla nog nie volledig ontwikkel is nie, so voordurende asemhaling stimulering vind nie plaas nie. Metielxantiene stimuleer die sentrale senuweestelsel (SSS) en voorbeelde wat gebruik word is kaffeïen en teofillien.

Blog #3.4

7 Nov 2021, 11:24 Publicly Viewable
  1. Wat is die algemene oorsake van rinitis en rinoree?

Allergieë, verkoue, chemiese of geneesmiddel skade, koue lug en fisiese skade.

  1. Watter geneesmiddelgroepe kan by die behandeling van rinoree gebruik word?  Noem voorbeelde by elke groep.

α1-agoniste (dekongestante): efedrien, fenielefrien, oksimetasolien en xilometasolien

Anti-histamiene: Difenhidramien, prometasien, chlorfeniramien, broomfeniramien, loratadien, setirisien, levokabastien, rupatadien

Kortikosteroïede: Topikaal = beklometasoon, flunisolied, Sistemies = prednisoon

Mastselstabiliseerders: natriumchromoglikaat, ketotifen

Mukolitika: asetielsisteïen en mesna

Antibiotika: mupirosien en neomisien.

Divers: Soutoplossing, stoom, vlugtige olies.

  1. Hoe verskil die dekongestante onderling ten opsigte van werkingsmeganisme en werkingsduur?  Hoe word hulle tipies toegedien?

Daar is medikasies wat direkwerkend en indirekwerkend effekte ontlok. Dekongestante gee aanleiding to dekongestie van neus slymvliese omdat dit vasokonstriksie ontlok. Hierdie medikasie word algemeen topikaal toegedien as ‘n neussproei, druppels of jellies veral om die sistemiese effekte te vermy.

  1. Wat is rhinitis medicamentosa?  Hoe word dit behandel?

As jy vir ‘n lang tydperk dekongestante gebruik ontstaan hierdie toestand. Permanente vasokonstriksie met gebrek van lokale bloedvoorsiening lei tot skade aan die neus slymvliese met permanente inflammasie en swelling. Daar is ook ‘n afregulering van alfa reseptore op die bloedvate so die respons op die agoniste is minder. Kortikosteroïede kan as behandeling gebruik word.

  1. Hoe verskil die eerste en tweede generasie antihistamiene ten opsigte van die werkings­meganismes waarvolgens rinitis en rinoree verlig word?  Wat is die voordele van die tweede generasie antihistamiene?  Waarom behoort hulle nie gebruik te word om verkouerinitis te verlig nie?

Eerste generasie is multipotente kompenterende antagoniste wat muskariene reseptore blokkeer. Hierdie blokkade van muskariene reseptore lei tot ‘n afname in sekresies van hoë en lae lugweë. Hierdie middels word dikwels in verkouepreparate gebruik om rinoree te stop. Die tweede generasie is bruikbaar by lang- of korttermyn behandeling van allergiese rhinitis en blokkeer nie muskariene reseptore nie wat voordelig is omdat dit nie sedasie veroorsaak soos by eerste generasie nie. Dit kan nie by verkouerinitis gebruik word omrede histamien nie ‘n rol speel by die toestand nie en dis al waarop tweede generasie inwerk.

  1. Wanneer is kortikosteroïede, anti-allergiese middels, mesna en normale soutoplossing bruikbaar en hoe word dit toegedien?

Kortikosteroïde is bruikbaar by allergiese rhinitis en word topikaal as ‘n neussproei toegedien. Anti-allergiese middels is ‘n profilaktiese behandeling van allergiese rhinitis en word toegedien as ‘n neussproei. Mesna is ‘n mukolitika en is veral ideaal wanneer die nasale sekrete taai is en word toegedien as ‘n neussproei (topikaal). Normale soutoplossing is verkies by kinders want dit is baie veilig en effektief, dit bevogtig die geïnflammeerde neus slymvliese.

Blog #3.2

6 Nov 2021, 16:09 Publicly Viewable

Blog #3.2

Gee jou eie definisie van COLS:

Dit is ‘n kondisie waar die lugweg obstrukteer word a.g.v asma, brongitis, tekort aan lugvloei, of inflammasie van die lugweg.

Beskryf kortliks die voorgestelde etiologie en patofisiologie van chroniese brongitis en emfiseem:

Chroniese brongitis: Dit is non-spesifieke COLS gekenmerk deur ‘n verhoging in mukussekresie, ‘n afname in mukosiliêre opruiming, gereelde bakteriële lugweginfeksies, strukturele veranderinge in brongiale wande, chroniese hoes as gevolg van taai mukus.

Emfiseem: Dit ontwikkel gewoonlik as gevolg van rook en irritante. Emfiseem is die onomkeerbare verwyding van respiratoriese brongioli en alveoli as gevolg van strukturele skade. Lug word in die longe vasgevang wat lei tot moeilike uitaseming. Kappilêre bloedvate belemmer gaswisseling.

Watter tipes terapie word ingesluit om ’n COLS-pasiënt te behandel?

Om dit self te beheer: staak rook. Gebruik van brongodilatore (B2 agoniste, of anti-cholenergiese middels) is ook n breë spektrum antibiotika. Inaseming van kortikosterÏoiede vir lugvloei obstruksie. Suurstof inhalasie. Verdun mukus dmv Metielxantiene. Operasie vir swak longkapasiteit: ligte tot matige oefening.

Waarom is ipratropium meer effektief by die behandeling van chroniese brongitits as by die behandeling van brongiale asma?

Behandeling van brongiale asma:

  1. Blok M3 reseptore in die lugweg,
  2. Keer die binding van ACh: gladdespier ontspanning, brongodilatasie en ‘n verlaging in mukus produksie, met n werkingsduur van 4-5 ure.

Behandeling van chroniese brongitis: 

  1. Nebulisasie met ipratropium / IV salbutamol & antibiotika indien 'n bakteriële infeksie betrokke is.

In watter opsig hou die skeletspier-effekte van teofillien voordele in by die behandeling van COLS?

Metielxantiene (Teofillien) en veral kafeïen is bekend om skeletspier kontraktiliteit te verhoog. Teofillien verbeter diafragmatiese kontraktiliteit van die respiratoriese spiere, beide in geïsoleerde spiervoorbereidings en by diere en normale mense.

Wat is die rol van suurstofterapie by COLS?

Suurstofterapie is die toediening van suurstof by 'n konsentrasie van druk groter as wat in die omgewingsatmosfeer gevind word. Dit help om hipoksie teen te werk tydens n aanval. Dit help vir die kortaseming tydens COLS.

Blog #2.5

22 Oct 2021, 17:44 Publicly Viewable

Blog #2.5

Fluvoxamine is goedgekeur deur die Food and Drug administration (FDA) en is 'n selektiewe serotonienheropname-remmer (SSRI) wat gebruik word vir die behandeling van obsessief-kompulsiewe versteuring (OCD) en word gebruik vir ander toestande, insluitende depressie. Fluvoxamine bind aan die sigma-1 reseptore wat op immuunselle voorkom, en inhibeer dus die produksie van sitokiene, wat 'n belangrike rol in inflammasie speel en verantwoordelik is daarvoor soos gesien in virale sowel as ander tipe infeksies. 

Reference: https://www.covid19treatmentguidelines.nih.gov/therapies/immunomodulators/fluvoxamine/

#Blog 2.4

22 Oct 2021, 17:32 Publicly Viewable

Blog 2.4

  • Wat beteken die term “endotelium-afhanklike” vasodilatasie vir jou? Verduidelik.

Die verhoging in die intrasellulêre kalsium vlakke wat die sintese van NO tot gevolg het as gevolg van vasodilatore soos asetielcholien.

  • As ons praat van die NOS-ensieme, wat beteken “konstitueel” en “geïnduseerde” ensieme, en wat is die patologiese en fisiologiese implikasies hiervan?

Konstitutueel: Die konstante vervaardiging van ‘n spesifieke ensiem ongeag of die benodigde stowwe teenwoordig is of nie.

Geinduseerde: Die waarneming van die spesifieke ensiem vind plaas eers nadat ‘n induseerder bygevoeg word.

eNOS en nNOS word konstitutief uitgedruk en NO sintese is afhanklik van kalsiumregulering nie.

  • Verduidelik hoe NO tot die noodlottige patologie van septiese skok bydra.

Sepsis is 'n sistemiese inflammatoriese reaksie wat veroorsaak word deur 'n infeksie. Endotoksiene vanaf die bakteriese selwand en ander sitokiene veroorsaak die sintese van iNOS in makrofage, T-selle, neutrofiele gladdespierselle, hepatosiete, endoteelselle en fibroblaste. Die sintese van NO veroorsaak verergerde hipotensie, septiese skok en die dood.

  • Watter outakoïede se meganisme van werking berus op effekte op die guanilielsiklase-cGMP-stelsel?

NO

  • NO kan vir die sel toksies wees.  Watter maniere het die liggaam om hierdie nadelige effek van NO teen te werk?

Die intrasellulêre glutatioon beskerm die weefsel teen skade wat veroorsaak word deur peroksinitriet wat weefselskade veroorsaak tydens inflammasie.

  • Noem ‘n manier hoe NO pro-inflammatories kan optree.  Gee voorbeelde waar dit voor- of nadele sal hê.

Die reaksie wat die liggaam het op infeksie of besering behels die werwing van leukosiete en die vrystelling van inflammatoriese bemiddelaars. Dit veroorsaak 'n verhoging in die iNOS-vlakke en ook die aktiwitiet van die leukosiete.

Voordeel: NO en peroksinitriet is belangrike 'microbicide'.

Nadeel: Verergering van weefselbesering agv oormatige NO produksie

  • In watter moontlike neurologiese en psigiese siektes is NO betrokke?

Alzheimers en Parkinsons.

#Blog 2.2

22 Oct 2021, 16:55 Publicly Viewable

#Blog 2.2

  • In watter siektetoestande is angiotensinogeenvlakke verhoog?  Wat is die implikasies hiervan?

Angiotensinogeenvlakke word verhoog met estrogene, kortikosteroiede, tiroied hormone asook ANG 2. Vlakke word ook verhoog tydens swangerskap en in vrouens wat estrogeen-bevattende orale voorbehoedmiddels gebruik. Die gevolg is ‘n toename in bloeddruk (hipertensie) asook angiotensien 2 sintese.

  • Wat is die rede daarvoor dat middels wat die angiotensienstelsel deur werking op angiotensienreseptore rem, minder newe-effekte het as die wat AOE rem?Geneesmiddels wat AOE blok, inhibeer ook bradikinien afbraak na ‘n onaktiewe metaboliet. Verhoogde bradikienvlakke veroorsaak brongokonstriksie as gevolg van die bradikinien 2 reseptor wat newe-effekte soos ‘n droë hoes veroorsaak. Angiotensien inhibeerders sal nie die afbraak van bradikinien inhibeer nie. Dus is daar geen newe-effekte.
  • Op watter wyse het AOE-remmers ‘n tweevoudige meganisme van werking by die behandeling van hipertensie?

Dit blok die omskakeling van angiotensien 1 na angiotensien 2. Angiotensien 2 tipe 1 reseptors word ook geblok wat lei tot vasodilatasie wat dus die bloeddruk verlaag asook die perifere weerstand. Minder sout en water retensie word veroorsaak as gevolg van ‘n verlaging in aldosteroon sekresie en meer sout en water word dus uitgeskei. Dit verlaag dus die bloeddruk. AOE-remmers inhibeer bradikinien afbraak. Dit verhoog dus prostaglandien sintese wat bloeddruk verlaag en vasodilatasie vermeerder, terwyl die perifere weerstand ook verminder word.

  • Op watter tipe angiotensienreseptore werk losartan en soortgelyke middels?  Het hulle enige effekte, direk of indirek, op ander angiotensien II-reseptore?

Dit werk op Angiotensien 2 tipe 1 reseptors. Losartan is ‘n selektiewe angiotensien 2 reseptor antagonis wat die AT1 reseptors blok. Dit het nie enige effekte op ander angiotensien II-reseptore nie.

  • Wat is die fisiologiese effekte van kiniene op arterieë en vene?  Speel ander outakoïede ‘n rol in hierdie werking?  Verduidelik.

Kiniene produseer gemerkde ateriele dilatasie in die hart, skeletspier, nier, lewer en derm. Ja, ander outokaiede speel ‘n rol hierin soos natriuretiese peptiede, neurokinien A, neurokinien B, substans P en vasoaktiewe intestinale peptiede omdat kiniene nie die enigste lokale hormone met ‘n dilaterende effek is nie, soos histamien wat deur beseerde weefsel vrygestel word en dus die omliggende bloedvate laat dilateer.

  • Watter reseptor is waarskynlik die mees betrokke in die klinies-belangrike effekte van kiniene?

Kinien reseptor B2 (Bradikinien 2 reseptor)

  • Op watter wyse is natriuretiese peptiede moontlik effektief in die behandeling van hipertensie, asook kongestiewe hartversaking?

Natriuretiese peptiede reguleer die hele liggaam se metabolisme. Dit verlaag die effek van angiotensien en aldosteroon en verlaag dus die edeem wat gekoppel word aan hartversaking. Hulle veroorsaak vasodilatasie en natriurese wat voordelig is in die behandeling van hartversaking. Die hoof funksie van natriuretiese peptiede is dat dit die arteriele druk verlaag deur die bloedvolume te verminder en ook die omliggende bloedvate te dilateer.

  • Wat is neprilisien en wat is die rasionaal om sy aktiwiteit te inhibeer by die behandeling van hartversaking. Kan jy die middel noem wat sodanig gebruik word. Verwys ook na leereenheid 1 waar julle ook met die spesifieke middel te doen gekry het.

Neprilisien is ‘n ensiem wat ‘n rol speel in die degradering van natriuretiese peptiede asook ander vasoaktiewe peptiede. Neprilisien inhibeerders blok die werking van neprilisien en natriuretiese peptied degradasie word verhoed. Dit verminder dus die mortaliteit in sistoliese hart versaking. ‘n Voorbeeld hiervan is Valsartan.

  • Gee voorbeelde van endotelium-afgeleide vasodilatore en vasokonstriktore.

​​​​​​​Vasodilator: Prostasiklien + stikstofoksied

​​​​​​​Vasokonstriktor: Endothelin

Blog #2.1

18 Sep 2021, 21:30 Publicly Viewable

The Pathology of a migraine:

A migraine is commonly associated with vomiting, nausea, speech abnormalities, visual scotomas or sometimes even hemianopsia. There are two types of migraines, the first one is the classic migraine which is characterized by the above mentioned symptoms and signs. Triptans, 5-HT agonists and 1D/1B agonists.

The nerve distribution to instracranial and rarely extracranial arteries is involved in a migraine. Calcitonin gene-related peptide (CGRP), especially, releases peptide neurotransmitters and is a very powerful vasodilator. Neurokinin A and Substance P can also be included.

Extravasation of plasma and plasma proteins into the perivascular space causes mechanical stretching, where in the dura, it activates the pain nerve endings. This causes temporal artery pulsations.

The treatment of a migraine:

Ergot alkaloids: Here we can look at Ergotamine and Ergonovine as good examples. These drugs block alpha agonist vasoconstriction and cause a marked smooth muscle contraction. The ergot derivates have mixed partial agonist effects at 5-HT2 receptors and at alpha adrenoceptors.. The effects mentioned above helps to reduce the vasodilation which causes the migraine.

Triptans: Sumatriptan is a good example to look at here. Triptans are the first line drug therapy for acute severe migraines. Triptans should not be used in patients with coronary artery disease because they have the ability to cause coronary vasospasms. These drugs are selective agonists for 5-HT, 1D and 5-HT, 1B receptors. On the presynaptic trigeminal nerve ends they activate these receptors to inhibit the release of the vasodilating peptides.

Beta-blockers: Not for acute attacks, but only for prophylaxis.

Anti-inflammatory analgesics: These drugs only control the pain of the migraine and don’t resolve the migraine. Aspirin is a good example.

Lasmiditan: Highly selective 5-HT 1F receptor agonist which is effective in treating migraines. This agent is much more cardiovascular safe than the triptans. This drug reduces the trigeminal nerve stimulation-induced plasma and plasma protein extravasation in dura vessels. This drug is used in acute migraines.

Calcium channel blockers: For prophylaxis only.