Content begins here
TILLANA EYSSEN
Leergedeelte 3.3
27 Oct 2021, 15:04
Is daar enige middel/ groepe middels wat as newe effek aanleiding kan gee tot hoes?
ACE inhibeerders bv Enalapril
Blog#3.2
27 Oct 2021, 14:42
Gee jou eie definisie van COLS.
COLS staan vir Chroniese Obstruktiewe Lugweg Siektes. Dit bestaan uit verskillende kombinasies en grade van brongiale asma, emfiseem en chroniese brongitis.
Beskryf kortliks die voorgestelde etiologie en patofisiologie van chroniese brongitis en emfiseem.
Chroniese brongitis – Dit is ‘n non-spesifike obstruktiewe lugwegsiekte. Dit word gekenmerk deur verhoogde mukussekresie, verlaagde mukusiliere opruiming, gereelde bakteriele lugweginfeksies en chroniese hoes.
Emfiseem – dit onstaan agv rook of irritante. Dit is ‘n onomkeerbare verwyding van respiratoriese brongioli en alveoli – dit is agv strukturele skade. Jy haal moeilik asem omdat lug in die longe vasgevang word.
Watter tipes terapie word ingesluit om ’n COLS-pasiënt te behandel?
Rookstaking, antibiotika, brongodilatore, mukus verdunning, suurstof-inhalasie en oefening.
Waarom is ipratropium meer effektief by die behandeling van chroniese brongitits as by die behandeling van brongiale asma?
Brongiale asma word gekenmerk deur inflammasie. Ipratropium is nie anti-inflammatories nie en sal daarom nie gebruik vir die behandeling van dit nie.
In watter opsig hou die skeletspier-effekte van teofillien voordele in by die behandeling van COLS?
Teofillien verbeter kontraksie funksie van diafragma. Dus verhoog die ventilatoriese kapasiteit en is dit ‘n voordeel in die behandeling van COLS.
Wat is die rol van suurstofterapie by COLS?
Dit is om die lae suurstof vlakke in die bloed te verhoog. Dit help vir die kortaseming tydens COLS.
Leergedeelte 2.7b
15 Oct 2021, 14:54
Watter vaskulêre veranderinge kan voor en tydens migraine waargeneem word?
Toename in bloedvloei agv ontsteking en swelling van bloedvate - wat dan die kloppende pyn veroorsaak.
Wat is die rol van serotonien in migrainehoofpyne?
Dit is die neurotransmitter tussen senuweeselle. Dit kan veroorsaak dat bloedvate vernou. Wanneer serotonien vlakke verander, is die resultaat ‘n migraine.
Hoe word ergotamien tydens 'n migraine aanval gebruik?
As eerste tekens van migraine begin – neem dadelik. Neem elke halfuur een tablet soos nodig maar moenie meer as drie tablette per dag neem nie.
Watter newe-effekte word met ergotamiengebruik ondervind? Watter kontraïndikasies bestaan daar vir ergotamiengebruik?
Newe-effekte: Naarheid en braking, Diarree, Hallusinasies en verwarring, Gangreen, Retroperitoneale fibrose, Tagikardie/bradikardie, angina pyn, Terugslaghoofpyn met gereelde gebruik
KI: Koronêre-, serebrale- en perifere vaskulêre siektes, Ongekontroleerde hipertensie, Hepatiese en renale inkorting, Swangerskap, Kombinasie met triptane.
Watter ander middels kan by 'n akute migraineaanval gebruik word? Hoe werk al hierdie middels?
Analgetika: cox-inhibeerders, dus minder prostaglandiene
Anti-emtika: verlig naarheid en braking omdat werk in die CESA
Noem die middels wat as migraine-profilakse gebruik kan word, asook hul spesifieke newe-effekte en voorsorgmaatreëls.
Propranolol – bradikardie, lomerigheid, depressie. Nie neem tydens asma, hartversaking, swangerskap, depressive, tipe 1 diabetes.
Natriumvalproaat – moegheid, verhoogde aptyt, gewigstoename. Nie neem tydens lewersiekte en swangerskap.
Flunarisien – lomerig, depressive, gewigstoename. Nie neem tydens parkinson’s.
Amitriptilien – droee mond, lomerig, gewigstoename. Neem in aand voor slaap.
Pisotifen – sedasie, verhoogde aptyt, gewigstoename. Nie neem tydens nouhoek gloukoom en prostaathipertofie.
Leergedeelte 2.7a
15 Oct 2021, 14:22
Hoe werk kolgisien by die behandeling van jigartritis?
Kolgisien is ‘n selektiewe inhibeerder van mikro tubuli en spoelvorming in makrofage en leukosiete – minder inflammasie. Dit inhibeer ook chemotakse. Dit speel rol in die metabolisme van leukosiete, dus verminder melksuurvorming en word die pH verhoog.
Wat is kolgisien se indikasies, newe-effekte en dosis? Maak veral seker dat jy presies weet hoe kolgisien tydens 'n akute jigaanval gebruik moet word.
Indikasies: Akute jig, Hepatiese sirrose, Dermatitis herpetiformis, Pseudogout
Newe-effekte: diarree, naarheid, maagpyn, maagbloeding, lewerskade, nierskade, Beenmurgonderdrukking, Perifere neuritis, Alopesie
Dosis: 0.5 – 1 mg oraal
Tydens akute jigaanval: 0.5 – 1 mg dadelik, gevolg deur 0.5 mg elke 6 ure tot pynverligting of gastriese ongemak ontwikkel. Maksimum dosis van 2.5 mg in eerste 24 uur. Daar mag nie meer as 6mg oor 4 dae gebruik word nie. Die kursus mag ook nie binne 3 dae herhaal nie.
Watter ander middels kan by die behandeling van 'n akute jigaanval gebruik word?
NSAIM’s soos indometasien, diklofenak en naproksen. Glukokortikoiede soos prednisoon en betametasoon.
As wat word probenesied geklassifiseer? Hoe werk hierdie groep middels?
Urikosiries. Hierdie middel kompeteer met uriensuur vir herabsorpsie by swaksuur transport meganisme in die proksimale tubuli in die nier. By lae konsentrasies kompeteer dit ook met uriensuur vir sekresie uit tubuli en word die uriensuur konsentrasie aanvanklik verhoog.
Hoe werk allopurinol, wat is sy indikasies, voorsorgmaatreels en belangrike interaksies?
Dit verminder die omskakeling van xantien na uriensuur, en so verminder die produksie van uriensuur. Allopurinol verhoog die konsentrasie xantien en hipoxantien, wat beide meer water oplosbaar is as uriensuur. Die voorlopers word dus maklik uitgeskei en uriensuur konsentrasie word verlaag
Indikasies: kroniese jig
Voorsorg: neem net soos dokter voorskryf en moenie dosis oorskry nie – newe effekte kan vermeerder.
Interaksies: vermy tydens akute jigaanval, benazepril, captopril, enalapril.
Blog#2.6
14 Oct 2021, 17:24
Wat is parasetamol se werkingsmeganisme? Hoe verskil dit van die van aspirien?
Dit is ‘n swak inhibeerder van cox1 en cox2. Parasetamol is analgeties en anti-pireties. Plaatjieaggregasie word nie deur parasetamol beïnvloed nie. Dit het ook geen anti-inflammatoriese effekte nie en dit is waar dit van aspirien verskil. Aspirien het anti-inflammatoriese effekte.
Noem die indikasies vir parasetamol. In watter omstandighede is dit 'n voorkeurmiddel by die behandeling van matige pyn en koors?
Peptiese ulkusse, asma, hemofilie, antipireties. Dit is die keuse middel by kinders. Dit word gebruik by verligting van ligte tot matige pyn van somatiese oorsprong.
Noem newe-effekte wat met parasetamolgebruik kan voorkom. Konsentreer slegs op algemene newe-effekte en nie akute parasetamoloordosering nie.
Veluitslag en urtikaria.
Lewertoksies by alkoholiste.
Weens die geredelike beskikbaarheid van parasetamol en die algemene persepsie wat by die publiek bestaan dat parasetamol 'n baie veilige middel is, kom parasetamolvergiftiging (per ongeluk/intensioneel) redelik algemeen voor. Stel 'n verslag saam waarin jy akute parasetamoltoksisiteit bespreek met die klem op die dosis, tekens en simptome en behandeling. In jou handboek, sowel as in die SAMF is daar waardevolle inligting wat jy kan gebruik.
Dosis:
- 10-15g (dus 20-30 tablette) kan fataal wees
- Chroniese gebruik van 2g/dag
- Kombinasie van analgetika kan toksisiteit verhoog
Tekens en simptome:
Binne 1-2 dae:
- Naarheid en braking
- Abdominale pyn
- Verlaagde eetlus
- Moeg en kragteloos
Na 1 – 2 dae:
- Regter subkostale pyn
- Teer lewer
- Geelsug
- Renale ontoereikenheid tree in
- Lewerselnekrose en dood
Behandeling
Onmiddellike aanvulling van –SH-groepe. Dit is om glutatioon in lewer aan te vul en lewerselnekrose te voorkom.
N-asetielsisteïen (Parvolex®) binne 8-12 uur word IV toegedien.
Aanvangsdosis: 150mg/kg in 200ml 5% glukose oor 15 minute,
• daarna 50 mg/kg in 500 ml 5% glukose oor 4 ure,
• daarna 100 mg/kg in 1 000 ml 5% glukose oor 16 ure.
Orale behandeling: asetielsisteïen (Solmucol®, ACC®), 140mg/kg of karbosisteïen (Mucosirop®, Flemex®) 150mg/kg.
Binne 1 uur na vergiftiging: laat die pasient opgooi. Doen ‘n maagspoeling. Indien IV behandeling gebruik word, gee geaktiveerde koolstof
Let wel dat behandeling slegs effektief is binne 10 ure van vergiftiging.
Blog#2.5
14 Oct 2021, 15:59
Gee 'n kort en kritiese verduideliking van die rasionaal om fluvoksamien ('n selektiewe serotonienheropname remmer (SSRI) te gebruik in die behandeling van Covid pasiente. Jou antwoord moet toepaslike verwysings sowel as in-teks verwysings he.
Fluvoksamien bind in immuunselle aan die sigma-1 reseptor. Dit lei tot verminderde produksie van inflammatoriese sitokiene. Tydens ‘n studie van menslike endotelium selle en makrofage, het hierdie middel die uitdrukking van inflammatoriese gene verminder. (COVID-19 Treatment Guidelines)
So daar is ‘n moontlikheid om fluvoksamien te gebruik vir die behandeling van Covid, omdat dit inflammasie onderdruk. Covid pasiente het inflammasie in veral die longe, en fluvoksamien kan hierdie inflammasie verminder.
https://www.covid19treatmentguidelines.nih.gov/therapies/immunomodulators/fluvoxamine/
Blog#2.4
14 Oct 2021, 15:39
Wat beteken die term “endotelium-afhanklike” vasodilatasie vir jou? Verduidelik.
Endothelium-afhanklike vasodilatore is verantwoordelik vir die verhoging van intrasellulêre kalsium. Vrystelling van oplosbare EDRF is die reaksie van endothelium selle op die vasorelasant.
As ons praat van die NOS-ensieme, wat beteken “konstitueel” en “geïnduseerde” ensieme, en wat is die patologiese en fisiologiese implikasies hiervan?
Konstitueel – word konstant gesintetiseer, maak nie saak wat die fisiologiese aanvraag is nie. Die implikasies is groter.
Geinduseerd – teenwoordig nadat substans bygevoeg is. Implikasies is kleiner.
Verduidelik hoe NO tot die noodlottige patologie van septiese skok bydra.
Guanilaat siklase word deur NO geaktiveer. cGMP verhoog wat lei tot VSM ontspanning. Wanneer te veel NO geproduseer word, word hipotensie waargeneem asook verergering van septiese skok.
Watter outakoïede se meganisme van werking berus op effekte op die guanilielsiklase-cGMP-stelsel?
NO
NO kan vir die sel toksies wees. Watter maniere het die liggaam om hierdie nadelige effek van NO teen te werk?
Intrasellulêre glutathion beskerm teen weefselskade wat veroorsaak word deur peroksinitriet. Proteïenfunksie word belemmer deur Peroksinitriet en veroorsaak weefselskade tydens inflammasie.
Noem ‘n manier hoe NO pro-inflammatories kan optree. Gee voorbeelde waar dit voor- of nadele sal hê.
Voordele – voorkoming van verkoue, behandel by sistiese fibrose, behandel hoogtevrees, genees voetsere by diabetes
Nadele – hoes, kortasem, moegheid, keel em bors wat brand, naarheid
In watter moontlike neurologiese en psigiese siektes is NO betrokke?
Parkinson’s, Alzheimer’s, ALS, beroerte.
Blog#2.2
12 Sep 2021, 14:25
In watter siektetoestande is angiotensinogeenvlakke verhoog? Wat is die implikasies hiervan?
Angiotensinogeenvlakke is verhoog in hipertensie. Angiotensinogeen word vermeerder deur kortikosteroiede, tiroied hormone, estrogeen en angiotensien II. Die verhoogde vlakke veroorsaak vasokonstriksie. Hierdie effek kan hipertensie vererger.
Wat is die rede daarvoor dat middels wat die angiotensienstelsel deur werking op angiotensienreseptore rem, minder newe-effekte het as die wat AOE rem?
AOE stelsel werk indirek op die reseptore en affekteer dus ander substanse soos bradikinien en substans P. Dit lei tot ernstiger newe-effekte as die angiotensienstelsel soos hoes en angio-edeem.
Op watter wyse het AOE-remmers ‘n tweevoudige meganisme van werking by die behandeling van hipertensie?
AOE-remmers inhibeer die omskakeling van ANG I na ANG II, dus verhoed dit dat bloeddruk verhoog. Dit speel ook 'n rol by bradikinien wat 'n vasodilator is en dus ook bloeddruk laat afneem.
Op watter tipe angiotensienreseptore werk losartan en soortgelyke middels? Het hulle enige effekte, direk of indirek, op ander angiotensien II-reseptore?
Hulle werk op AT1 reseptore en het 'n effek op AT2 reseptore ook.
Wat is die fisiologiese effekte van kiniene op arterieë en vene? Speel ander outakoïede ‘n rol in hierdie werking? Verduidelik.
Arteriole dilatasie, maar veroorsaak veneuse kontraksie. Prostaglandiene wat outakoiede is speel ook 'n rol. Dit word vrygestel en kan die oorsaak wees van die veneuse kontraksie.
Watter reseptor is waarskynlik die mees betrokke in die klinies-belangrike effekte van kiniene?
B1 en B2 (B=bradikinien) reseptore.
Op watter wyse is natriuretiese peptiede moontlik effektief in die behandeling van hipertensie, asook kongestiewe hartversaking?
Die peptiede veroorsaak vasodilatasie en is dus effektief in behandeling van hipertensie. Dit verbeter kardiale funksie tydens hartversaking.
Wat is neprilisien en wat is die rasionaal om sy aktiwiteit te inhibeer by die behandeling van hartversaking. Kan jy die middel noem wat sodanig gebruik word. Verwys ook na leereenheid 1 waar julle ook met die spesifieke middel te doen gekry het.
Neprilisien is 'n ensiem wat natriuretiese peptiede afbreek. Sacubitril wat 'n neprilisien inhibeer is word saam met Valsartan gebruik vir behandeling van hartversaking.
Gee voorbeelde van endotelium-afgeleide vasodilatore en vasokonstriktore.
Vasodilatore - stikstofoksied, prostasiklien
Vasokonstriktore - tromboksaan A2, prostaglandien H2, endotelien 1
Blog# 2.1
5 Sep 2021, 11:54
'n Migraine is 'n neurologiese siekte wat gepaard gaan met o.a. braking, naarheid en spraakprobleme. Die erge kopseer kan vir 'n paar uur tot selfs 'n paar dae duur. Daar is dilatasie van die bloedvate in die brein wat die pyn veroorsaak.
Middels vir die behandeling van migraines sluit in: 5-HT1D/B agoniste, ergotalkaloïede, anti-inflammatoriese pynstillers, beta blokkers, kalsium kanaalblokkers, trisikliese antidepressante en SSRI's.
Die moontlike meganismes van werking van die middels word as volg beskryf:
- Die 5-HT1D/B agoniste, ergotalkaloïede en antidepressante aktiveer 5-HT1D/B reseptore om die sinaptiese vrystelling te inhibeer.
- 5-HT agoniste (triptane en ergot) voorkom vasodilatasie en rek van die pyn punte.
Sumatriptan is die hoofbehandeling vir akute migraines. Dit moet net nie vir pasiente gegee word wat 'n risiko vir koronere hartsiekte is nie.
Aspirien en ibuprofen kan help om die pyn van migraine te beheer.
Metoklopramied word vir pasiente gegee met ernstige naarheid en braking.