Content begins here

Blogs

Help Opens in a new window

ANIEKE VAN ROOYEN

Default profile image
----------

Blog #10

7 Apr 2021, 09:28 Publicly Viewable
  • Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?

Geneesmiddels wat DA aktiwiteit verhoog.

Geneesmiddels wat Ach aktiwiteit verlaag.

  • Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?

Amantadine sal DA verhoog.

Dit is ‘n metaffinoide potensieerder van DA wat beteken dit:

-verhoog vrystelling van DA

-verhoog sintese van DA

-blokkeer heropname van DA

Dit het anticholinergiese effekte.

Antiviraal

Dit het antidiskinetiese effekte en kan dus gesien word as 'n NMDA antagonis wat help met bewegingsteurnisse.

Dit is ook 'n adenosien A2 antagonis wat beteken dat dit 'n verhoging in die dopamien vlakke veroorsaak omdat adenosien die D2 reseptorfunksie inhibeer.

  • Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.

  1. Amantadine- Dit is 'n metaffinoïede potensieerder van DA wat beteken dat dit die vrystelling en sintese van dopamien verhoog en die heropname van DA blokkeer.
  1. Selektiewe MAO-B inhibeerders- MAO-B ensiem het ‘n voorkeur vir DA as substraat. Deur die MAO-B ensieme te blok, word DA nie afgebreek nie en die DA konsentrasie in die SSS verhoog

  1. KOMT-RemmerKOMT metaboliseer L-DOPA na 3-O-metieldopa (3OMD) wat ‘n onaktiewe metaboliet is. 3OMD kompeteer met L-DOPA vir aktiewe transport en gevolglik het die verhoogde plasma vlakke van 3OMD 'n swak terapeutiese respons met L-Dopa. KOMT-remmers verlaag die perifere metabolisme, verbeter die biobeskikbaarheid en verleng die werkingsduur van L-Dopa. Bv. Entakapoon.

  • Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?

Ergotderivaat- Broomkriptien

Nie-ergotderivate- Pramipeksool & Ropinirool

  • Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.

Dopamien-2: Ropinirool en Broomkriptien

Dopamien-3: Pramipeksool

  • Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer? Wat beteken dit?

Selektiewe MAO-B inhibeerders soos Selegilien en Rasagilien. MAO-B inhibeerders verminder die voorkoms van parkinsonisme deur te voorkom dat MPTP omgeskakel word na MPP+.

Pramipeksool

  • Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?

MAO-B ensiem het n voorkeur vir DA as substraat. Deur die MAO-B ensieme te blok, word DA nie afgebreek nie en die DA konsentrasie in die SSS verhoog.

  • Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?

KOMT metaboliseer L-DOPA na 3-O-metieldopa (3OMD) wat ‘n onaktiewe metaboliet is.

3OMD kompeteer met L-DOPA vir aktiewe transport en gevolglik het die verhoogde plasma vlakke van 3OMD 'n swak terapeutiese respons met L-Dopa.

KOMT-remmers verlaag die perifere metabolisme, verbeter die biobeskikbaarheid en verleng die werkingsduur van L-Dopa.

Bv. Entakapoon.

  • Hoe werk Istradefilien?

Dis ‘n Adenosien A2 antagonis, dus sal dit die dopamien vakke verhoog omdat adenosien die D2-Reseptor funksie blok. Maw. as adenosien geblok word kan dit nie die D2-Reseptore se funksie inhibeer nie en DA aktiwiteit sal verhoog.

  • Bespreek die werkingsmeganisme van safinamide

Dit het ‘n 2 ledige MVW:

1. Verhoog DA aktiwiteit 

-Inhibeer MAO-B (omkeerbaar) 

-Inhibeer DA heropname

2. Verlaag glutamaat vrystelling

Blog #9

6 Apr 2021, 19:45 Publicly Viewable
  • Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur ‘n LA van die volgende tipes vesels met mekaar?

  • Gemiëlineerde vesels met ongemiëlineerde vesels.

Gemiëlineerde vesels word makliker geblok as ongemiëlineerde vesels.

  • Druk / tassenuwees met die dorsale senuwees wat pynimpulse gelei.

Druk / tassenuwees is meer sensitief en word dus vinnger geblok terwyl dorsale senuwees stadiger geblok word en minder sensitief is.

  • Maak ‘n lys met die effekte van LA op ander weefsels.

Hart: Klas 1 anti-aritmiese middels Bv. Lidokaien blok Natrium kanale in die hart met die doel om die Aksie Potensiaal te verkort en die refraktere periode te verleng.

Skeletspier: Swak blokkerende effek, geen kliniese toepassing.

  • Waarop berus die keuse van ‘n LA?

Die kliniese gebruik van die LA.

Die werkingsduur van die LA.

Die weefsel waarop die LA inwerk.

  • Waarom word oplossings van LA soms met CO2 versadig?

Die koolstofdioksied tree op as ‘n buffer. Dit sal die effek van die LA potensieer.

  • Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik?

Bensokaïen, Kokaïen, Oksibuprokaïen

Blog #8

6 Apr 2021, 18:41 Publicly Viewable
  • Stel vir jouself ‘n tabel op waarin jy die belangrikste effekte op elke stelsel (KVS, SSS, respirasie, niere, lewer en uterus) lys, maar ook die uitsonderings aandui.  Die tabel is belangrik as jy by die keuse van middels kom.

KVS

SSS

RESPIRATORIES

LEWER

UTERUS

UITSONDERINGS

Halotaan

  • Verlaagde BP
  • Miokardium word gesensitiseer dws kan aanleiding gee tot aritme.

  • Vinnige, gladde induksie
  • Stadium 2= afwesig
  • Verhoogde serebrale bloevloei.
  • Verhoogde intrakraniale druk

  • Veroorsaak geen speeksel/brongiale sekresie of hoes nie.
  • Nie irreterend

  • Hepatotoksisiteit
  • Verlaagde spierkontraksie
  • Veroorsaak eksterne draaiing van baba

  • Outonoom: Bradikardie
  • Muskuloskeletaal: Skeletspierverslappende effekte.

Enfluraan

  • Geen sensitisering van miokardium
  • Minder BP verlaging as Halotaan

  • Vinnige, gladde induksie
  • Presenteer soms kunfulsies dws KI= epileptiese leiers.

  • Meer onderdrukking as Halotaan.

Isofluraan

  • Minder bloeddruk verlaging as Halotaan en Enfluraan. 
  • Geen sensitisering van miokardium

  • Vinniger induskie en herstel as Halotaan.
  • Potente onderdrukkende effek. 
  • Versterk agv potente skeletspierverslappende effek

  • Het ‘n skeletspier verslappende effek dws- nie gegee vir pasiënte wat spontaan moet asem haal nie.

Desfluraan

  • Minder bloeddruk verlaging as Halotaan en Enfluraan.
  • Nog vinniger induksie en herstel as Isofluraan.
  • Verhoogde serebrale bloedvloei
  • Verhoogde intrakraniale druk

  • Skerp reuk
  • Nie gebruik as induksie nie.
  • Irriterend in lugweë
  • Veroorsaak hoes, asemnood en laringospasma.

Sevofluraan

  • Minder irriterend vir lugweë.

  • Word deur NIERE uitgeskei.
  • Potensieer effekte van nie-depolariserende skeletspierverslappers.

N2O (Laggas)

  • Geen effek
  • Swak anesteties
  • Potente analgetikum
  • Amnesia

  • Suiwer N20= hipoksie

  • Geen skeletspier-verslapping

  • Noem die belangrikste toksiese effekte van die inhalasiemiddels.
  • Aritme van die hart
  • Verhoogde intrakraniale druk.
  • Hepatotoksisiteit
  • Respiratoriese onderdrukking
  • Bradikardie
  • Hipoksie
  • Konvulsies
  • Amnesia
  • Irriterende lugweg

Blog #7

6 Apr 2021, 15:47 Publicly Viewable
  • Watter anti-epileptiese middels beïnvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan?  Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?

Middels wat die metabolisme van die ‘pil’ beïnvloed:

-Fenobarbitoon

-Fenitoïen

-Karbamasepien

-Okskarbasepien

-Topiramaat

Implikasies:

Die effektiwiteit van die pil verlaag indien middels wat die metabolisme van die pil beïnvloed geneem word en dus kan die vrou swanger raak alhoewel sy op die pil is. Dit kan implikasies hê op die vrou en die man se lewens asook dié van hulle familie veral as hulle nie vir die kind sal kan sorg nie.

Middels wat veilig is om saam met die pil te gee:

-Valproaat

-Lamotrogien

-Gabapentin

-Leviterasetam

  • Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beïnvloed (vanaf neonate tot by bejaardes)?

Daar is individuele variasie t.o.v absorbsie en metabolisme van die middels.

Neonate sal 'n stadiger metabolisme van die middel ondergaan.

Babas en kinders sal 'n vinniger metabolisme van die middels ondergan as volwassenses.

Volwassenes toon ‘n vinniger metabolisme as neonate en ‘n stadiger metabolisme as babas en kinders.

Bejaardes: stadige metabolisme / moet laer dosisse ontvang.

  • In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?

Tydens swangerskap, by neonate en kinders, by bejaardes, by moontlike geneesmiddelinteraksies, wanneer 'n dosisaanpassing gemaak is, om te kyk of daar NE voorkom, wanneer epileptiese aanvalle steeds voorkom d.w.s die geneesmiddel nie effektief is nie, by pasiënte met lewersiektes, by chroniese nierversaking, by HIV pasiënte ens.

Blog #6

6 Apr 2021, 14:15 Publicly Viewable
  • Watter moontlike meganismes is ter sprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkoholinname?

Met chroniese gebruik van alkohol, sal hoër konsentrasies alkohol benodig word vir dieselfde effekte. Dus loop chroniese alkohol gebruik en toleransie hand aan hand.

Met chroniese gebruik van alkohol, word die MEOS sisteem gemetaboliseer en verhoog MEOS ensieme. Meer alkohol word dus gemetaboliseer.

SSS aanpassings vind ook plaas.

  • Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewer en lewermetabolisme?

-Daar vind progressiewe vermindering in die lewerfunksie plaas en dus verskyn simptome van hepatitis en sirrose.

-Skade aan lewerfunksie is erger in vrouens as in mans.

-Verlaagde glukoneogenese vind plaas en veroorsaak hipoglukemie en vetakkumulasie.

-Dit veroorsaak ook verhoogde aktiwiteit van lewermikrosomale ensieme.

  • Wat is Wernicke-Korsakoff-sindroom en hoe word dit behandel?

Met die chroniese gebruik van alkohol, kan perifere neuropatie in die SSS ontstaan of ‘n Tiamiengebrek (Vit B1 gebrek) wat tot Wernicke-Korsakoff sindroom lei. Simptome van Wernicke-Korsakoff is ataksie, verwarring en paralise van gesigspiere.

Gee parenterale tiramien om permanente breinskade te voorkom.

  • Wat is die fetale alkoholsindroom?  Verduidelik volledig.

Dis ontstaan by ‘n baba wanneer die ma tydens haar swangerskap chronies alkohol gebruik het. Alkohol tydens swangerskap gee teratogeniese effekte en dit veroorsaak dus abnormale fetale ontwikkeling.

Hierdie sindroom kom voor in sulke baba’s as verstandelike vertraging, groei gebreke, mikrokefalie en karakteristieke onderontwikkeling van die middelste gesigarea.

  • Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chroniese alkoholgebruik?

Chroniese gebruik- Dit verhoog die metabolisme van geneesmiddels soos parasetamol.

Akute gebruik- Dit verlaag die metabolisme van sekere GM’s soos fenotiasiene, TAD’e en sedatief hipnotika.

  • Noem 4 geneesmiddelinteraksies met alkohol waar die farmakologiese effekte van die ander middels deur alkohol gepotensieer word. 
  1. NSAIDS soos parasetamol en aspirien.
  1. Vasodilatore
  2. Hipoglisemiese middels
  3. Metronidasool

Blog #5

5 Apr 2021, 21:06 Publicly Viewable
  • Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam?  Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.

-Vinnige absorpsie & verspreiding agv lipofiliteit.

-Wannner ‘n persoon in ‘n vastende toestand alkohol inneem, word piekvlakke in die bloed binne 30min bereik.

- Volume van distribusie =  totale liggaamswater (0.5-0.7 l/kg) 

- Ekwivalente orale dosis: pieke in vrouens is hoër as mans agv die feit dat ‘n vrou minder water in haar liggaam het asook minder alkohol dehidrogenase ensieme.

- Metabolisme: 90% lewer, res: longe en uriene

- Volwassene metaboliseer 7-10 g/h (1g/h vir elke 10kg liggaamsmassa)

  • Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanol metabolisme.

Twee ensiem sisteme:

1. Alkoholdehidrogenase: (Primêr verantwoordelik)

-Lae en matige hoeveelhede

-Beperkte hoev. NAD (ko-ensiem): 

-zero-orde kinetika, (7 – 10 g/h)

-Ongeag die hoeveelheid ingeneem bly die tempo van afbraak konstant.

2. MEOS = Mikrosomale etanol oksidasie (Gemengde funksie oksidasie sisteem)

-Hoër konsentrasies (>100mg/dL)

-MEOS aktiwiteit verhoog met chroniese gebruik en kan geinduseer word. Dit is gedeeltelik verantwoordelik vir toleransie.

-Eindproduk = Asetaldehied

  • Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?

-Disulfiram

-Metronidasool

-Hipoglisemiese GM’s

-Kefalosporiene

Hierdie middels onderdruk aldehied dehidrogenase met die gevolg dat asetaldehied ophoop en nie gemetaboliseer word nie. 

Opeenhoping van asetaldehied lei tot naarheid, hoofpyn, hartkloppings, blosing en duiseligheid.

Blog #4

5 Apr 2021, 19:43 Publicly Viewable

Daar is velerlei plantaardige en/of natuurlike preparate wat op die apteek/winkelrakke staan waarvoor aansprake gemaak word dat dit anksiolitiese en/of sedatief-hipnotiese effekte het. Stel ‘n kort verslag saam oor die gebruik van hierdie alternatiewe medisyne by die behandeling van angs en insomnia (slaaploosheid).

Daar is verskeie plantaardige en/of natuurlike preparate wat in apteke asook ander bedrywe verkoop word wat dien as 'n sedatief-hipnotiese middels en/of anksiolitiese middels.

  1. Valeriaan word meestal gebruik vir slaapstoornisse, veral die onvermoë om te slaap (slapeloosheid). Valeriaan word ook oraal gebruik vir angs en spanning, maar daar is beperkte wetenskaplike navorsing om hierdie gebruike te ondersteun.

NE: Hierdie middel kan sedasie in die dag veroorsaak, dus moet dit eerder in die nag geneem word indien die pasiënt aktiwiteite deur die dag wil verrig waarvoor hy ‘wakker’ moet wees.

  1. Ashwagandha is 'n antieke medisinale krui met verskeie gesondheidsvoordele. Dit kan angs en spanning verminder, depressie help beveg, vrugbaarheid en testosteroon by mans verhoog, en selfs breinfunksie verhoog. Aanvulling met Ashwagandha kan 'n maklike en effektiewe manier wees om u gesondheid en lewenskwaliteit te verbeter.
  2. Chamomile preparate word algemeen gebruik vir baie menslike kwale soos hooikoors, ontsteking, spierspasmas, menstruele afwykings, slapeloosheid, maagsere, wonde, gastro-intestinale afwykings en aambeie. Essensiële olies van Chamomile word baie gebruik in skoonheidsmiddels en aromaterapie.
  3. Laventel is 'n krui. Die blom en die olie van laventel word gebruik om medisyne te maak. Laventel word algemeen gebruik vir angs, spanning en slapeloosheid. Dit word ook gebruik vir depressie, demensie, post-operatiewe pyn, en baie ander toestande, maar daar is geen goeie wetenskaplike bewyse om baie van hierdie gebruike te ondersteun nie.
  4. CBD het algehele verlaagde anksiolitiese effekte. Verskeie onlangse studies het getoon dat CBD kan help met PTSD-simptome, soos nagmerries en die herhaling van negatiewe herinneringe na ‘n traumatiese gebeurtenis asook depressie. Dit help ook met insomnia en verminder pyn.

Uit die bogenoemde feite, kan ons aflei dat natuurlike/plantaardige preparate baie effektief kan wees by die behandeling van angs of insomnia.

Blog #3

5 Apr 2021, 18:41 Publicly Viewable
  • Watter faktore kan die absorpsie en verspreiding van sedatief-hipnotiese middels beïnvloed?  Wat is die kliniese belang hiervan?

Vetoplosbaarheid/Lipofiliteit: Hoe meer lipied oplosbaar ‘n geneesmiddel is, hoe vinniger is die verspreiding. Maw die absorbsie is ook beter en ‘n aanvang van werking sal vining verkry word in die brein waar dit die effekte moet uitoefen.

Dit is klinies belangrik om die aanvangswerking van ‘n middel te bepaal om te weet wanneer die farmakologiese effek verwag kan word en om ‘n doseringskedule te kan uitwerk.

Dit is ook belangrik om te weet dat ‘n GM wat minder lipofilies is, gebruik kan word waar sitochroom P450 (verantwoordelik vir oksidasie) aktiwiteit vertraag is aangesien hierdie middels nie dealkilering en oksidasie ondergaan tydens metabolisme nie, maar dadelik gekonjugeer word. Hierdie GM’s kan dan by bejaardes, neonate, lewersirose en terapie met sitochroom P450 ensiem remmers gebruik word sodat metabolisme steeds voldoende kan plaasvind.

  • Wat beteken herdistribusie en wat is die belang daarvan?

Herdistribusie is wanneer geneesmiddels versprei na een deel van die liggaam maar ook dan weer van daardie deel na ander weefsel en so uit die liggaam beweeg. Dit is noodsaaklik sodat ‘n terapeutiese effek kan plaasvind.

  • Hoe word die BD’e gemetaboliseer?  Gee die verskillende stappe in die proses.

Bensodiasepiene word stapsgewys gebiotransformeer deur lewermikrosomale ensieme onder normale omstandighede.

  1. Dealkilering (Aktiewe metaboliete)
  2. Oksidasie (Sit P450: aktiewe metaboliet)
  3. Konjugasie (Fase 2) van geoksideerde metaboliet met glukuronsuur om onaktiewe metaboliet te vorm.

  • Watter BD’e word na aktiewe metaboliete omgeskakel?  Wat is die belang hiervan?

Diasepam, Chloorasepaat, Prasepam, Chloordiasepoksied en Ketasolam word omgeskakel na aktiewe metaboliete.

Die aktiewe metaboliete verleng die werkingsduur van die Bensodiasepiene.

Wees versigtig by bejaardes, neonate, lewersirrose en terapie met P450 ensiemremmers, omdat die Bensodiasepiene nie voldoende sal metaboliseer nie.

  • Watter BD’e is nie afhanklik van die sitochroom P450 oksidatiewe ensieme vir metabolisme nie?  Wat is die voordele hiervan?

Geneesmiddels soos Oksepam, Lorasepam, Temasepam en Lormetasepam is nie afhanklik van die sitochroom P450 oksidatiewe ensieme vir metabolisme nie. Die middels word dadelik gekonjugeer tydens metabolisme en word NIE gedealkileer of geoksideer nie.

Die voordeel is dat die middels ideaal is in pasiënte waar die sitochroom P450 aktiwiteit laag is omdat daar steeds voldoende metabolisme kan plaasvind. Daar vorm ook geen aktiewe metaboliete nie.

  • Wat is ensieminduksie?  Watter van die sedatief-hipnotiese middels is bekend hiervoor?  Wat is die kliniese belang van hierdie ensieminduksie?

Ensieminduksie is die verhoging in ensiem aktiwiteit as gevolg van meer sitochroom P450 ensieme teenwoordig.

Dit kan dus die metabolisme en uitskeiding van geneesmiddels verhoog wat sal lei tot ‘n verlaagde farmakologiese effek.

Bv. Barbiturate soos Fenobartitoon

Blog #2

5 Apr 2021, 18:40 Publicly Viewable
  • Wat beteken anterograde amnesie en watter middels kan hierdie effek veroorsaak?

Anterograde amnesie is wanneer daar geheueverlies plaasvind nadat jy ‘n geneesmiddel gedrink het. M.a.w die onvermoë om te onthou terwyl die GM in jou sisteem is.

Middels wat anterograde amnesie kan veroorsaak is meeste bensodiasepiene veral Midasolam.

Triasolam veroorsaak meer geheueverlies as Temasepam.

Met ‘n laer dosis sal geheueverlies minder wees.

  • Noem die effekte van die sedatief-hipnotiese middels op die normale slaappatroon en verduidelik wat is die belang daarvan vir die pasiënt.

Effekte van langtermyn gebruik van BD’e op slaapkwaliteit:

  • BD’e verminder die tyd om aan die slaap te raak en verhoog die totale slaaptyd (lg. slegs in pt’e wat gewoonlik < 6 ure / nag slaap).
  • Verhoog duur van fase 2 NREM
  • Verminder die duur van fase 4 NREM
  • BD’e het ‘n klein verminderende effek op REM slaap
    Hoë dosisse verminder REM slaap.
  • Zolpidem verminder REM slap, min effek op NREM.
  • Toleransie tov effekte op slaappatroon na 1-2 weke se gebruik van hipnotika.

Dws BD’e sal die pasiënt se slaap kwalitieit verbeter alhoewel dit versigtig geneem moet word om toleransie te verhoed.

  • Watter van die sedatief-hipnotika word as aanvullende terapie in anestesie gebruik.  Kan jy verduidelik hoekom?

Barbiturate (Tiopentoon) saam met Bensodiasepiene (midasolam, diazepam en lorazepam) word gebruik as aanvullende terapie vir anestesie

Barbiturate veroorsaak bewussynsverlies binne 30-60 sekondes.

Die bensodiasepiene word hoofsaaklik gebruik vir premedikasie en sedasie en ook vir die induksie van algemene anestesie in hoë dosisse.

  • Watter van die sedatief-hipnotika word as antikonvulsante gebruik?

Hoë dosisse barbiturate en sekere BD’e word gebruik: Selektiewe antikonvulsiewe effekte met fenobarbitoon, klonasepam, klobasam.

Diasepam, lorazepam vir status epilepticus.

  • Wat is die meganisme van die spierverslappende effekte van sommige van die karbamate en die BD’e?

Diazepam en meprobamaat inhibeer polisinaptiese reflekse.

  • Bespreek die effekte van die sedatief-hipnotika op die respiratoriese en kardiovaskulêre stelsels.

Sedatief hipnotiese middels onderdruk die SSS en hoë dosisse kan medulere depressie veroorsaak wat kan lei tot die dood. Met terapeutiese hoë dosisse vind respiratoriese onderdrukking en kardiovaskulere onderdrukking plaas wat ten einde kan lei tot dood.

Blog #1

5 Apr 2021, 18:40 Publicly Viewable
  • Watter tipe ioonkanale word op senuselmembrane gevind?

1. Potensiaalafhanklike ioon kanaal

2. Ligandbemiddelde ioon kanaal

  • Noem 3 verskille tussen potensiaalafhanklike en ligandafhanklike ioonkanale.

Potensiaalafhanklik

Ligandafhanklik

1. Metabotropiese transduksie stelsel

1. Ionotropiese transduksie stelsel

2. Binding van neurotransmitter aan reseptor gee aanleiding tot die vorming van tweede boodskappers, dus word die kanaal nie direk geopen nie.

2. Binding van neurotransmitter open die kanaal direk.

3. Effek duur langer.

3. Korter proses.

  • Vergelyk ionotropiese en metabotropiese reseptore.

Ionotropies:

-Ligand bemiddeld  

-Reseptore betrokke is GABAa, Nikotinies, EAA, 5-HT3 

-Beinvloed ioonkanaal direk deur interaksie van neurotransmitters en hul reseptore.

-Word gereguleer d.m.v die opening van ioon kanale deur die interaksie tussen neurotransmitters en hul reseptore.  

-Verantwoordelik vir vinnige sinaptiese transmissie.   

Metabotropies:

-Potensiaalafhanklik                                                                        

-Bavat 7 transmembraan G-proteien gekoppelde reseptore.                                                                                                          

-Beinvloed ioon kanaal indirek deur die oordrag van seine deur 2de boodskappers nl: G-proteien-gekoppelde-reseptore.          

-Word gereguleer d.m.v ‘n verandering in membraan potensiaal.                                                

 -Effek duur langer as met ionotropiese reseptor-aktivering.

  • Klassifiseer die SSS reseptore in ionotropiese en metabotropiese reseptore en ken die transduksiemeganisme van elke reseptor.

Ionotropies:

GABA-A, Nikotinies, EAA, 5-HT3

Metabotropies:

Adenielsiklase- B 1+2, D1, D2, a2, 5-HT1 A+B, M2, GABAb

Fosfolipase C-stelsel- a1, 5-HT2, M1, H1

  • Verduidelik die verskil tussen 'n EPSP en 'n IPSP en gee voorbeelde van elk.

EPSP- Wanneer ‘n eksitatoriese weg gestimuleer word bv. glutamaat aan die NMDA reseptor bind en hom prikkel, vind daar depolarisasie plaas wat ‘n eksitatoriese postsinaptiese membraan potensiaal tot gevolg sal hê. Daar is dus ‘n toename in ioondeurlaatbaarheid en die SSS word gestimuleer.

Bv. ‘n NMDA agonis kan gebruik word om ‘n pasiënt se SSS werking te stimuleer terwyl ‘n antagonis dit sal onderdruk.

IPSP- Wanneer ‘n inhiberende weg in die SSS gestimuleer word deurdat GABA-aminobottersuur aan ‘n GABA reseptor bind en die reseptor prikkel, word die post-sinaptiese potensiaal gehiperpolariseer weens die selektiewe opening van chloor kanale sodat ‘n inhiberende post sinaptiese potensiaal kan ontwikkel wat uiteindelik dus die SSS gaan onderdruk.

Bv. Gebruik by die behandeling van iemand met epilepsie, met verhoogde SSS funksionering om soedoende die SSS te onderdruk om die epilepsie aanval stop te sit. (‘n GABA antagonis sal gebruik word om die SSS werking van die pasient te stimuleer.)

  • Wat is die rol van kalsium in die ontwikkeling van 'n sinaptiese potensiaal?

Kalsium stimuleer die sinaptiese vesikel eksitose en stel sodoende die neurotransmitters vry in die sinaptiese spleet en veroorsaak sodoende dat ‘n sinaptiese potensiaal ontwikkel.