Content begins here
JANA MYBURG
Pyn
2 Jun 2021, 21:31
Pyn is 'n onaangename, subjektiewe sensoriese en emosionele ervaring geassosieer met werklike of potensiële weefselskade. M.a.w. dis ‘n hoogs onaangename sensasie wat veroorsaak word deur siekte of besering.
Pyn kom gewoonlik voor a.g.v. ‘n siekte, besering of mediese prosedure. Akute pyn kan dus voorkom met beserings soos snye, brandwonde, spierspasmas of been frakture. Voedselvergiftiging en blindedermontsteking is ook voorbeelde van akute pyn. Hierdie pyn duur gewoonlik slegs vir ‘n kort tydperk. Chroniese pyn is pyn wat veroorsaak word deur verandering of skade aan die neurone in die liggaam. Dit is ‘n deurlopende pyn wat dikwels aanhou, selfs al word die siekte / besering behandel of dit kan voorkom sonder enige geskiedenis van besering / operasie. Dit duur vir ‘n hele tydperk.
Mense ervaar pyn verskillend (selfs al word dit deur dieselfde stimuli veroorsaak). Pyn word die beste gemeet deur dit wat die pasiënt sê dit is. Pyn se intensiteit kan beskryf word deur ‘n skaal waar 0 = geen pyn en 10 = meeste pyn dinkbaar. Pyn kan voorkom as skerp, dof, brandend en “aching”. Nocireseptore vuur en stuur seine na die rugmurg en dan na die brein. Dit word dan geprosesseer deur neurone en glia. Seine word dan weer deur motoriese bane gestuur om jou te laat reageer op die pyn. Hierdie sisteem is soortgelyk vir alle mense, maar sensitiwiteit en doeltreffenheid daarvan verskil en dit bepaal hoe jy voel oor pyn en hoe jy dit hanteer. Dis hoekom sekere mense meer pyn beleef as chroniese pyn ontwikkel wat nie reageer op behandeling daarvan nie.
Nie-voorskrif medikasie kan gebruik word vir matige pyn. Ander sterker medikasie en anestetika werk deur die pyn te verminder in pyn sensasie sisteme of deur die versterking van hantering en endorfiene. Ander mense gebruik tegnieke soos joga, meditasie of kognietiewe gedrags terapie.
Anti-depressante Geneesmiddels
2 Jun 2021, 21:29
TAD:
- Tersiere anmiene:
- Amitriptillien
- Imipramien
- Trimipramien
- Chloorimipramien
- Dotiëpien
- Butriptilien
- sekondere amiene:
- Nortriptilien
- Desimipramien
- Amoksapien (NIE TAD)= tetrasikliese middel
- Maprotilien (NIE TAD)= tetrasikliese middels
- Lofepramien
Mono-amienoksidase inhibeerders:
- Tranielsipromien
- Moklobemied
SSRI’s – Selektiewe 5-HT heropname remmers:
- Fluoksetien
- Paroksetien
- Fluvoksamien
- Sertralien
- Sitalopram
- Esitalopram
SNRI’S – Serotonien en noradrenalien heropname remmers:
- Venlafaksien
- Duloxetien
NARI’S - Selektiewe noradrenalien heropname remmers
- Reboksetien
Tetrasikliese en unisikliese anti-depressante:
- Mianserien
- Mirtasepien
- Bupropioon
5-HT reseptor-moduleerders:
- Trasodoon
- Vortioksetien:
Sirkadiese ritmereguleerders:
- Agomelatien
- Met betrekking tot die bestaande middels se werkingsmeganismes, wat het hulle almal in gemeen?
veelvoudige multipotente werking op baie monoamienergiese reseptore agv nonspesifieke verhoging in seretonien of NA
- Hoe lank neem dit vir hierdie middels se antidepressiewe effekte om te verskyn? Wat is die rede hiervoor?
Stadige aanvang van werking (14 – 21 dae of meer)
- Hoe verskil die TAD’e en die selektiewe serotonienheropname remmers (SSRI’s) van mekaar t.o.v.:
- Effektiwiteit
TAD benodig titrasie tot minimum effektiewe dosis terwyl die SSRI’s gewoonlik onmiddelik met volle dosis kan begin. ALHOEWEL DIT ANGS KAN PRESENTEER
- Newe-effekte
TAD:
- Sedasie (Weens H1 reseptor blockade)
- Simpatomimeties: tremore, insomnia (Verlaag die NA heropname)
- Anticholinerg: visiesteurnisse, droë mond, konstipasie, urienretensie, verwarring (M-blokkering)
- KVS: ortostatiese hipotensie, disritmieë
- Psigoses, presipiteer manie
- Konvulsies
SSRI:
- Insomnia, tremore, SVK-steurnisse, hoofpyn, ↓ libido, seksuele disfunksie, angs (akuut), EPS (Naalde en spelde/kriewelrigheid/rustelose bene), onttrekkingsindroom.
- Die middels kan aptyt verlaag en oorgewig pasiente kan sodoende gewig verloor.
- Middels is nie sederend nie – maak nie vaak nie
- HOE AKUTE ANGS AS TOKSISITEIT AS SSRI’S GEWOONLIK JUIS DAARVOOR GEBRUIK WORD.
- Aanvanklik is daar ‘n skielike verhoging in die 5-HT vlakke in die brein wat angs vererger, dit word egter later weer beter.
- Veiligheid
TAD – oordosis:
- Baie gevaarlik
- 10x daaglikse dosis kan fataal wees
- Agitasie, delirium, neuromuskulêre irriteerbaarheid, konvulsies, koma, respiratoriese onderdrukking, sirkulatoriese kollaps, hiperpireksie, disritmieë
- Koma, Konvulsies, Kardiotoksisiteit
SSRI=Die middels het ‘n beter NE profiel as baie ander middels en is veiliger in akute oordosering
- Hoe werk mirtasepien?
n NaSSA – Noradrenalien en spesifieke serotonien anti-depressant.
Blokkeer α2 (Blokkade van hierdie inhibitoriese reseptor bevorder beide NA (outoreseptor) en 5-HT vrystelling (heteroreseptore)), 5-HT2A en 5-HT3. Blok ook H1 en α1.Ook indirekte stimulasie van 5-HT1A.
- Hoe werk venlafaksien?
Blokkeer beide 5-HT en NA heropname, meer potent vir 5-HT as vir NA.
- Hoe werk agomelatien?
Herstel die liggaam se bioritmes. Primêre agonis op melatonien 1+2 reseptore en ‘m antagonis op 5-HT2C reseptore
BLOG#11
11 May 2021, 21:40
Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?
Alifatiese en piperidiensykettings:Lae potensie, min ekstra-piramidale effekte. ERGE sedasie, en gewigstoename. Sterk anti-cholinergiese effekte, Sterk α-litiese effekte (posturale hipotensie), Kardiotoksies
Piperasienderivate:Hoë potensie, meer ekstra-piramidale effekte. Swakker anti-cholinergiese NE en so ook swakker α-litiese effekte, minder sedasie en minder kardiovaskulêre NE.
Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?
Dopamien 2-respetore
Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?
Die tradisionele (tipiese) middels= NEUROLEPTIKAàHierdie middels blokkeer mesolimbiese DA 2 reseptore. Kan ook die volgende blokeer(maar tot n mindere mate): M, H1, 5-HT en Alfa reseptore.
Atipiese (nuwe) genereasie middels=Hoër 5-HT reseptor affiniteit. àBlokeer 5-HT2a reseptore/ inverse agoniste op 5-HT2a en 5-HT2c meer as DA 2 reseptore.
- Blokkeer die konstituwe aktw. van h/d 5-HT2 reseptore.
- h/d reseptore moduleer die vrystelling van DA, NA, Glutamaat, GABA, AcH ens. in die korteks, limbiese stelsel en striatum.
- 5-HT2c stimulasie inhibeer DA vrystelling in die korteks en limbiese stelsel.
Atipiese middels blok ook sterkà M1, H1, en alfa1 rseptore
- Watter van die reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstrapiramidale newe effekte?
Seretonien reseptor blokade. Alhoewel ouer middels meer geneig is om D2 te blokeer.
- Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte? Wat is die rede?
Haloperidol, want dis‘n Potente D2 blokker en het ook n baie hoër affiniteit vir D2 as vir 5-HT2 reseptore. Indien D2 reseptore blokeer word verlaag dopamine vlakke wat kan lei tot EPS.
Asook die piperasienderivate, omdat hierdie middels ‘n hoë potensie het. Dit bind dus sterk aan die D2 reseptore en het meer EPS tot gevolg.
- A.g.v. watter reseptorblokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte? Muskariniese reseptore (M-reseptore)
BLOG#6
11 May 2021, 21:38
Watter moontlike meganismes is ter sprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkoholinname?
Die spesifieke weefselskade wat ontstaan weens oksidatiewe stres.
Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewer asook lewermetabolisme?
Progressiewe verlaging in lewerfunksie, hepatitis en sirrose. Dit is erger in vrouens as in mans. Glukoneogenese verlaging wat hipoglukemie en vatakkumulasie veroorsaak.
Wat is Wernick-Korsakoff sindroom, wat is die behandeling?
Wernick Korsakoff sindroom is die tiamiengebrek en parenterale tiamien word toegedien om permanente breinskade te voorkom.
Wat is fetale alkoholsindroom?
Kroniese moederlike alkohol misbruik gedurende swangerskap word geassosieer met tetratogeniese effekte. Alkohol misbruik is ook die hoof oorsaak vir verstandelike vertraging en aangebore wanvoeding.
Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chroniese alkoholmisbruik?
Akute alkohol misbruik, verlaagde metabolisme van middels, bv Fenotiasiene.
Chroniese alkohol misbruik, etanol verhoog metaboliese transformasie van ander GM's
Parkinsonisme
11 May 2021, 21:28
Watter twee hoofgroepe middels is belangrik in die behandeling van Parkinsonisme?
Dopamienergiese middels
Anticholinergiese middels (M-antagoniste)
Hoe werk amantadien as anti-parkinsonistiese middel?
Metaffinoiede-potensieerder van DA
- toename in die vrystelling van DA
- toename in die sintese van DA
- Blokkeer heropname van DA
- NMDA antagonis (anti-diskinetiese effekte/werk bewegings steurnisse teen)
- Adenosien A2 antagonis (adenosien inhibeerder D2 reseptor funksie)
- Antiviraal
- Verbeter rigiditeit, tremoreen bradikinese, slegs effektief vir paar weke
Werkingsmeganisme van anti-parkinsonistiese middels wat dopamien konsentrasie indirek verhoog
Entakapoon
KOMT-remmer metaboliseer L-dopa na 3-O-metieldope
verhoog plasmavlakke van 3 OMD swak terapeutiese respons met L-dopa
Verleng dus werkingsduur van L-dopa. Verlaag perifere metabolisme, verbeter biobeskikbaarheid.
Selegilien
MAO-B remmer wat metabolisme van dopamien inhibeer of blok
heropname van dopamien beinvloed, verhoog dus dopamien
Watter dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?
Ergot-derivaat = Broomkriptien
Nie ergot-derivaat = Pramipeksool en Ropinirool
Spesifieke dopamien reseptore en agonis
D agoniste = Ropinirool
D gedeeltelike agoniste = Broomkriptien
D agoniste = Pramipeksool
Watter van die middels word as neurobeskermend beskou?
Selektiewe MAO-B remmers (Selegilien en Rasagilien) , D-agoniste (Pramipeksool). die middels kan nie toksiese vlakke bereik nie.
Die belang van MAO-B remmers?
Inhibeer selektief MAO-B ensiem met die gevolg dat DA metabolisme onderdruk word en dat DA vlakke in die SSS verhoog. Verhoog die DA in die liggaam, daarom word dit as addisionele behandeling gebruik.
Meganisme van werking van KOMT remmers:
KOMT metaboliseer l-dopa na 3-O-metieldopa (3OMD)
Verhoogde plasmavlakke van 3OMD lei tot ‘n swak terapeutiese respons met l-dopa (3OMD kompeteer met l-dopa vir aktiewe transport prosesse)
KOMT-remmer verleng werkingsduur van l-dopa, ↓ perifere metabolisme, wat lei tot verbeterde biobeskikbaarheid.
Hoe werk Istradefilien?
Istradefilien is 'n selektiewe adenosien A2A reseptor antagonis wat benewens carbidopa en levodopa gebruik word vir die behandeling van 'off' episodes. Die presiese werkingsmeganisme van die middel is onbekend, maar dit word vermoed dat dit die ooraktiwiteit van die striatale weg (D1 en D2 reseptore) verminder, wat die balans van basale ganglia herstel.
Dit inhibeer dus D2 funksie. En verhoed so die af episodes saam met L-dopa.
Bespreek die werkingsmeganisme van safinamide
toename in DA funksie (potente omkeerbare inhibisie van MAO-B & inhibisie van DA heropname) en ↓ Glutamaat vrystelling.
Epilepsie
11 May 2021, 21:15
Watter anti-epileptiese middels beinvloed die metabolisme van die pil (orale kontrasepsie) en wat is die implikasies hiervan?
Fenobarbitoon
Karbamasepien
Fenitoien
Okskarbasepien
Topiramaat
Die effektiwiteit van die pil kan vertraag wat lei tot deurbraakbloeding, bloedvlek, of swangerskap.
Watter middels is veilig om te gebruik saam met die pil?
Valproaat
Lamotrigine
Gabapentin
Hoe word die kinetika van die middels met ouderdom beinvloed?
Neonate - ondergaan stadiger metabolisme
Baba's en kinders - ondergaan vinniger metabolisme as volwassenes
Bejaardes - moet laer dosisse ontvang
In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?
Fenotoien
Lamotrigine
Valproaat
BLOG#13
11 May 2021, 21:07
Bespreek die moontlike werkingsmeganisme van Li:
Li-ioon:
- beinvloed cAMP, IP3 en DAG tweede boodskapper sisteme
- DAG verlaag verskeie ensieme wat belangrik is in die omskakeling en hersirkulering van membraanfoso-inositiede
- IP3 en DAG is belangrik in monoamiene en cholinergiese neurotransmissie.
- Onderdrukking van beide sisteme, Adenielsiklase en Fosfolipase.
Wat is die terapeutiese indeks van litium en wat is die kliniese belang daarvan?
0.5-1.5 mM, groter as 2mM is toksies
Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle in kombinasie met watter middel?
Litium word as enkelmiddel (as monoterapie) gebruik as gemoedstabiliseerder vir bipolere steurnisse.
3 kliniese betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan he. Gee gepaste voorbeelde.
Teensuurmiddels, teofilien, kaffeine verhoog renale uitskeiding van litium (verlaag dus effektiwiteit)
Neurotoksiese kombinasie met antikonvulsante (karbamasapien), kalsium kanaal blokkers, losarta, metieldopa, metronidasool en fenitoeien.
Tradisionele anti-psigotiese middels, chloorpromasien vererger ekstrapiramidale effekte in kombinasie met litium
Noem die belangrikse newe-effek van litium
tremore, sedasie, ataksie, afasie
spierswakheid, moegheid
polidipsie, poliurie, nokturie
nefrogene diabeter insipidus
tiroiedvergroting
leukositosis
edeem
massatoename
aknee
seksuele disfunksie
Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?
Gedurende swangerskap word vermoed dat die gebruik van litium die voorkoms van aangebore kardiogeniese afwykings verhoog (baba se hart ontwikkel nie volledig nie).
Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.
-
Gemoedstabiliseerder.
-
Anti-maniese effekte tydens akute of instandhoudings fases.
-
Anti-depressiewe effekte tydens akute of instandhoudings fases
Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik:
Camcolit 600mg bd. Plasmavlakke wat na twee weke geneem is, was 0.8mmol/L. Sy het ‘n spierbesering opgedoen en gebruik ook die afgelope 10 dae Indocid R® 75mg n. By verdere navraag meld sy dat sy “vreeslik gewig opgetel” het en nou sommer van haar ma se “waterpille” drink in die hoop dat sy van die ekstra kilo’s ontslae kan raak. Sy kla egter dat sy baie moeg is, sukkel om haar oë in die klas oop te hou, dors bly en voortdurend bewerig en naar voel.
Camcolith is 'n geneesmiddel met 'n beheerde vrystelling van litium / Li+. Haar plasmavlakke was 0,8 mmol / L, wat binne die terapeutiese gebied val (0,5-1,5 mmol / L). Die gewigstoename is 'n algemene newe-effek wat gepaard gaan met die gebruik van die Litium-tablette. Die diuretika (waterpille) kan interaksie met die Litium-tablette veroorsaak wat toksisiteit kan veroorsaak. Die moegheid, konstante dors, naarheid en wankelrige gevoel kan wees a.g.v. dehidrasie wat veroorsaak word deur die diuretiese tablette a.g.v. die verhoogde uitskeiding van water. Indocid is 'n nie-steroïdale anti-inflammatoriese middel (NSAIM's), wat ook bekend is dat dit 'n interaksie met Litium-tablette het wat die plasmavlakke verhoog en so toksisiteit kan veroorsaak. My aanbeveling is dus om die Diuretika-tablette (waterpille) te stop, aangesien die Camcolith geen toksisiteit toon nie, kan die pasiënt voortgaan met die gebruik daarvan, maar dit moet gedurende die Indocid-behandeling op toksiese effekte gemonitor word. Andersins moet die pasiënt 'n ander medikasie kry om haar besering te behandel.