Content begins here
NEIL RADEMAN
Blog 5
19 Mar 2021, 15:42
Die tipe kinetika wat etanol in die liggaam ondergaan
Alkahol is lipofiel en daarom absorbeer en versprei dit vinnig. Dit neem 'n gemiddelde persoon in vastende toestand 'n halfuur na 45 minute om piekvlakke te bereik, waar dit die senuweestelsel onderdruk. Omdat mans se liggame oor hoer watermassa beskik, sal piekkonsentrasies stadiger bereik word by mans as by vrouens. 90% van die metabolisme van alkahol vind plaas in die lewer, die res deur die vel, longe en niere en die gemiddelde volwassene met gesonde metaboliese funksies en geen ensematiese toleransie sal etanol metaboliseer teen 7-10g/h.
Metaboliese weg van alkahol metabolisme
Die eerste ensiemsisteem gebruik alkoholdehidrogenase vir lae tot matige hoeveelhede alkohol. Dit maak staat op 'n beperkte ko-ensiem, NAD, en volg zero orde kinetika en het die vermoe om 7-10g/h af te breek.
Die tweede ensiemsisteem gebruik die mikrosomale etanol oksidase sisteem, die gemengde funksie oksidase ensiem en breek hoer konsentrasies van meer as 1g/L af. MEOS verhoog met kroniese gebruik en kan geinduseer word en is deels verantwoordelik vir toleransie. Disulfiram, metronidasool, kefalosporiene en party hipoglisemiese middels inhibeer die aktiwiteit of kompeteer vir die ensiem, aldehied dehidrogenase, wat lei tot naarheid, hoofpyn, palpitasies en duiseligheid.
Blog 2
17 Mar 2021, 14:13
Anterograadse geheuverlies/amnesia verwys na die onvermoe om nuwe herhinneringe te vorm. Triasolasm, lorasepam en midasolam kan dit veroorsaak.
Effekte van die sedatief-hipnotiese middels op normale slaappatrone en waarom dit belangrik is
Dit verkort die tyd geneem om aan die slaap te raak, dit verkort REM slaap, die verleng NREM slaap, dit verkort fasse 4NREM slaap en dit verleng die totale duur van slaap. Dit kan by dra tot beter nagrus in pasiente wat lei aan insomnia deur die gehalte en hoeveelheid slaap te verhoog, sowel as om makliker aan die slaap te raak.
Thiopental, medasolam, diasepam en lorasepam word dikwels aanvullend gebruik vir narkose, omdat hulle goeie vermoe om oor die bloedbreinskans te beweeg vanwee hulle lipofiele aard, hulle in staat stel om vinnig en effektief in werking te tree na intraveneuse toediening, waar bensodiasepiene ook lang halfleeftye het wat aktiewe metaboliete vorm met 'n stadige inisiasie van werking wat lang werking gee en ideaal maak vir narkose, vanwee dit nie konstant toegedien en gemonitor word nie.
Diasepam, lorasepam, klonasepam, klobasepam, fenobarbitoon en nitrosepam word gebruik as antikonvulsante.
Die meganisme van aksie van die spierverslappende effekte van party karbamate in bensodiaspiene is as volg-
Polisinaptiese refklese en transmissie word inhibeer, wat die oordrag by die neuromuskulere koppeling sal onderdruk, teen hoe genoeg dosisse.
Die effekte van die sedatiewe-hipnotiese middels op die respiratoriese en kardiovaskulere sisteem is as volg-
Asemhalingsonderdrukking kom voor in ALLE pasiente, maar kan gevaarlik wees en lei tot dood en koma in pasiente wat reeds ingeperkte longfunksie het of 'n middel ingesteer het wat die effek van die bensodiaspiene aanhelp, naboots, of sinergisties versterk. Die effek word waargeneem as gevvolg van die onderdrukking in die medulla oblangatiese respiratoriese beheersentrum.
Op die kardiovaskulere stelsel sal 'n merkwaardige oordosis lei tot kardiovaskulere onderdrukking of selfs stilstand in pasiente met ander risikofaktore. Dit word toegeskryf aan die aksie in die medulla-oblangatiese vasomotoriese beheersentrum wat die spiertonus van die miokardiale gladdespier beheer, sowel as die perifere effek van die kontraktiliteit wat verlore gaan as gevolg van hierdie aksie. Hartstilstand is noodlottig en moet in geval van vermoedelike oordosis so gou as moontlik behandel word.
Blog 3
17 Mar 2021, 13:45
- Die grootste faktor wat die dissolusie, distrubisie en absorpsie van sedatiewe of hipnotiese middels affekteer is die lipofilisiteit. Dit affekteer dan die inisiasiering van die geneesmiddel respons sowel as die vlak en graad van die effek op die sentrale senuwee stelsel. Geneesmiddels met hoe lipofilie karakter sal makliker oor die bloedbreinskans beweeg en daarom 'n vinnige werking lewer met 'n hoer graad van werking as in die geval van 'n hidrofiele middel.
- Geneesmiddel herverspreiding vind plaas as 'n middel in die sistemiese sirkulasie geabsorbeer word, voor dit dan na ander weefsel, soos die adipose vetweefsel, die niere en die galblaas verpsrei word wat sal lei tot 'n langer duur van werking.
- Benzodiasepiene word gemetaboliseer deur die hepatiese mikrosomale ensieme deur 'n drie stap proses:
- Dealkilering na aktiewe metaboliete
- Oksidasie deur die CYP-P450 ensieme na aktiewe metabolite.
- Konjugasie met glukoroonsuur om onaktiewe en wateroplosbare metabolite te vorm.
- Bensodiasepiene wat omgeskakel word na die aktiewe metaboliet, desmetieldiasepam, sluit in diasepam, prasepam, chloorasefaat, chloordiasepoksied, ketasolam. Die vorming van aktiewe metaboliete kan die duur van aksie van die geneesmiddel verleng en dit kan nuttig wees, maar dit kan ook lei tot toksisiteit as gevolg van akkumulasie.
- Bensodiasepiene wat nie afhanklik is van die CYP-P450 ensiem nie sluit in oksasepam, lorasepam,temasepam, lormetasepam. Die middels is dikwels nodig vir pasiente met hepatiese gebrekke, lewersiekte soos sirrose, neonate, ouer pasiente en die wat CYP-P450 inhibeerrders gebruik.
- Ensiem induksie beskryf hoe ensiematiese aksie verhoog word deur 'n geneesmideel wat die produksie van die ensiem verhoog en om die beurt weer lei tot 'n verhoogde metaboliese aksie van die aklsies gekataliseer deur die ensiem.Ensiem induksie word meer dikwels gesien in ouer barbiturate, veral fenobarbital en meprobromaat. Ensiem induksie lei tot verhoogde metabolisme van geneesmiddels, wat sal lei tot laer sistemiese vlakke en laer terapeutiese effekte.
Blog 4
10 Mar 2021, 00:40
Baie pasiente verkiese homepatiese middels of kruie behandelings vir angs en insomnia. Daar is merite in party middels, maar omdat die aktiewe bestanddeel dikwels nie alleen geisoleer is nie en in party gevalle nie deur die konvensionele kanale van kliniese proewe is nie, kan dit soms onverwagte gevolge he. Middels soos Ginkgo biloba, chamomile, rooibostee, Kava-Kava, passionflower, CBD, laventel en St. John's Wort word gegee vir angs. Valerian Root, menthol olie (swak kappa opoide agonis), avena terrestris en papawer saad olie word gegee vir insomnia. Magnesium en jodium kan moontlik ook 'n invloed he en daarom is dit moontlik dat seesout of klipsout mineraal mengsels kan help. Dit is belangrik om 'n gesondheidspraktisyn te konsulteer voor die begin of staking van enige medikasie en ook te onthou dat hoewel dit wettig en relatief veilige opsies is, dit nie deur dieselfde keuringsproses gaan as konvensionele medisyne nie.
Blog 6
10 Mar 2021, 00:23
Moontlike meganismes betrokke by die verskynsel van toleransie weens kroniese etanol inname:
Verhoging in die ensiem aldehied dehidrogenase betrokke by die afbraak van etanol na asetaldehiede
Verhoging in die gemengde oksidase ensieme
Verhoging in metaboliese tempo volg
Effekte van kroniese misbruik op lewer en hepatiese metabolisme:
Verlaagde lewerfunksie
Hepatitis, sirrose en inflammasie van die lewer
Verhoging in mikrosomale ensieme
Verlaging in glukoneogenese
Albumien verlaging wat lei tot verlaagde B vitamien tekorte en gevolglike verlies aan spierbeheer
Korzakov se sindroom is 'n neurologiese toestand, gekenmerk aan dementia, met gereelde episodes van anterograadse amnesie.
Dit word veroorsaak deur 'n tekort aan vitamien B1, tiamien, wat 'n baie sterk korrelasie het met oormatige drank misbruik.
Dit word tipies behandel met 'n kombinasie van parenterale tiamien toedienieng (as die primere behandelings fokus), gedragsterapie en regimens van neurologiese middels ten einde gedrag aan te pas en lewensgehalte te verbeter.
Fetale alkohol sindroom, FAS, word veroorsaak deur drankmisbruik, veral gedurende die eerste trimester, wat swaar teratogenies is. Dit veroorsaak kongenitale misvorming, wat van so aard is dat die toestand op voorkoms gediagnoseer kan word, verstandelike gestremdheid en groei kan beinvloed.
Farmakokinetiese interaksies van akute alkohol misbruik teenoor kroniese misbruik:
Akute inname sal lei tot afbraak van alkohol deur ALDH en kroniese misbruik, ALDH, maar in 'n hoer mate as by akute misbruik, MEOS.
Geneesmiddel interaksies met alkohol:
Bensodiasepiene lei tot asemhalingsonderdrukking, saam met alkohol is die effek drasties vererger en kan lei tot respiratoriese nood, koma en dood.
Metronidasool, 'n antibiotika, lei tot 'n verlaging in die ensiem wat verantwoordelik is vir die afbraak van asetaldehiede wat lei tot 'n verhoging hierin en omdat dit 'n toksiese afvalproduk is, lei dit tot braking, maliase, hoofpyn, lewerkrampe, gastrointestinale ongemak en koors.
Sekere hipoglusemiese middels het soortgelyke effekte as bg. sowel as sekere middels wat bekend staan as "antibooze" agente, wat gegee word vir alkoholiste om hulle van drank af te sit.
BLOG#1 Neil Rademan 26093499
24 Feb 2021, 14:12
Potensiaalafhanklike en ligand-afhanklike kanale (Ionotropiese reseptore).
Potensiaal afhanklike kanale maak oop en toe in reaksie op die verandering in die membraan potensiaal en ligand-afhanklike kanale maak oop en toe in reaksie op die ligand-neurotransmitter reseptor binding.
Potensiaalafhanklike ioon kanale is ioon spesefiek en ligand afhanklike kanale nie.
Voorbeelde van potensiaalafhanklike kanale is natrium kanale, kalium kanale en kalsium kanale, waar ligand afhanklike kanale ach, GABA, glutemaat, nikotienies en is.
Ionotropiese reseptore maak nie gebruik van sekondêre boodskappers om response te inisiëer nie en metabotropiese reseptrore wel. As ‘n neurotransmitter bind aan ‘n ionotropiese reseptor sal die transduksie sein ‘n vinnige, kortwerkende respons teweeg bring, waar metabotropiese reseptore langer vat om respons te bring, maar ‘n langer duur van die respons sal bring.
Vier tipes ionotropiese reseptrore:
GABA, nikotinies, EAA’s, 5-ht3
Metabotropiese reseptore:
Adeniel siklase sisteem, B1+B2, D1, D2, A2, 5-HT1a, 5HT1b, M2, GABAb, A1, 5-HT2, M1, H1
IPSP (Inhiberende postsinaptiese potensiaal) sal ‘n verdere aksiepotensiaal, AP, onderdruk soos gamma amino bottersuur alfa, GABAa, bind aan neurotransmitter en chloride kannale maak oop wat duie deurvloei van chloriedione toe laat en hiperspolarisasie teweg bring. EPSP (Eksitasoriese postsinaptiese potensiaal) aktiveer ‘n verdere AP, soos serotonien aan 5-HT3 ‘n natrium kanaal oop maa ken die ione kan deurvloei wat depolarisasie veroorsaak.
Kalsium is belangrik in die proses van neurotransmitter vrystelling, omdat wanneer ‘n kalsium kanaal oop maak kan kalsium in stroom by die neuron terminal en die vesikel wat die neurotransmitters bevat inisiëer om die neurotransmitters in die sinaps vry te stele n aan die postsinaptiese reseptor te bind vir die voortplanting van die impuls.