Content begins here

Blogs

Help Opens in a new window

THEA VISAGIE

Default profile image
----------

Blog #5

08 Mar 2021, 15:12 Publicly Viewable
  • Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam?  Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.
    • Etanol ondergaan zero orde kinetika in die liggaam. Dit beteken dat dieselfde hoeveelheid alkohol ‘n ander effek gaan het op elke individue. Die absorpsie van die alkohol gaan afhang van faktore soos ‘n person se liggaamsmassa en geslag.

  • Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanolmetabolisme.
    • Etanol word gemetaboliseer deur twee ensiem sisteme, naamlik: Alkoholdehidrogenase en Mikrosomale etanol oksidase.
    • Alkoholdehirogenase: Lae en matige hoeveelhede. Beperkte hoeveelheid NAD. Zero-orde kinetika (7-10g/h) Ongeag die hoeveelheid ingeneem bly die tempo van afbraak konstant.
    • Mikrosomale etanol oksidasie (Gemengde funksieoksidase): Hoër konsentrasies (>100mg/dL). MEOS aktiwiteit verhoog met chroniese gebruk, kan geïnduseer word, gedeeltlik verantwoordelik vir toleransie. Die eindproduk wat vorm is asetaldehied. Opeenhoping van asetaldehiedlei tot naarheid, hoofpyn, hartkloppings, blosing en duiseligheid.

  • Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?
    • Disulfiram, Metronidasool, Hipoglisemiese GMs, Kefalosporiene.
    • Dit onderruk aldehied dehidrogenase met die gevolg dat asetaldehied ophoop en nie gemetaboliseer word nie.

Blog #4

04 Mar 2021, 15:25 Publicly Viewable
  • Relaxing Nervines : a substance that acts on the nervous system and relaxes constricted tissue via the nervous system
    • Chamomile
    • Lemon Balm
    • Linden
    • Motherwort
    • Kava
  • Herbal Sedatives and Hypnotics : a substance that acts on the nervous system and relaxes constricted tissue via the nervous system
    • Lavender
    • Passionflower
    • California Poppy
    • Valerian
    • Hops
  • Nervine Tonics : a substance that acts on the nervous system and relaxes constricted tissue via the nervous system
    • Skullcap
    • Milky Oats
  • Adaptogens
    • Ashwaganda
    • Tulsi
    • Schisandra
  • Die gebruik van plantaardige/natuurlikie preperate het ‘n “sagter” effek as die van farmaseutiese geneesmiddels en werk op ‘n ander manier. Die natuurlike produkte kan meer as een effek voortbring en kan in kombinasie met ander gebruik word.
  • Die plantaardige middels kom voor in ‘n groot verskeidenheid doseervorme soos tee, olie of dit kan net so geneem word.
  • Baie van die produkte het dieselfde werking as die van farmaseutiese produkte.

Blog #3

04 Mar 2021, 14:48 Publicly Viewable
  • Watter faktore kan die absorpsie en verspreiding van sedatief-hipnotiese middels beïnvloed?  Wat is die kliniese belang hiervan?
    • Bd’e se lipofiliteit bepaal die tempo waarteen dit geabsorbeer word. Dit is belangrik om te bepaal of ‘n geneesmiddel as lang-werkend of kort-werkend toegedien moet word.

  • Wat beteken herdistribusie en wat is die belang daarvan?
    • Heredistribusie is wanneer die geneesmiddel wat hoogs lipofilies is, gewoontlik toegedien deur IV of inhalasie metodes versprei word na organe met hoë bloedvloei. Die geneesmiddel versprei dan na minder vaskulêre, maar groter weefsel. Die plasma konsentrasie verlaag en die geneesmiddel word dan getrek vanaf die weefsel.
    • Dit is belangrik want dit kan lei tot beëindiging van die geneesmiddel se aksie.

  • Hoe word die BD’e gemetaboliseer?  Gee die verskillende stappe in die proses.
    • Dealkilering (Aktiewe metaboliete)
    • Oksidasie ( Sit P450: aktiewe metabolite)
    • Konjugasie (Fase 2) van geoksideerde metabolite met glukuronsuur om onaktiewe metabolite te vorm

  • Watter BD’e word na aktiewe metaboliete omgeskakel?  Wat is die belang hiervan?
    • Diasepam
    • Chloorasepaat
    • Prasepam
    • Chloordiasepksied
    • Ketasolam
    • Al die metabolisme stappe word ondergaan en deur ‘n aktiewe metabolite te vorm verleng dit die geneesmiddel se werkingsduur. Kummulatiewe effekte met veelvuldige dosisse.

  • Watter BD’e is nie afhanklik van die sitochroom P45 oksidatiewe ensieme vir metabolisme nie?  Wat is die voordele hiervan?
    • Oksasepam
    • Lorasepam
    • Temasepam
    • Lormetasepam
    • Die middels word gebruik by pasiënte waar Sitochroom P450 aktiwiteit vertraag is bv. Bejaardes, neonate, pasiënte met lewersirrose en waar terapie met P450 ensiemremmers gebruik word.

  • Wat is ensieminduksie?  Watter van die sedatief-hipnotiese middels is bekend hiervoor?  Wat is die kliniese belang van hierdie ensieminduksie?
    • Ensieminduksie is die proses waar ‘n molekule ‘n ensiem stimuleer.
    • Barbiturate en meprobamaat
    • Ensieminduksie is klinies belangrik om toksisiteit te voorkom.

Blog #2

04 Mar 2021, 13:55 Publicly Viewable
  • Wat beteken anterograde amnesie en watter middels kan hierdie effek veroorsaak?
    • Anterograde amnesia is wanneer die pasiënt nie gebeure kan onthou gedurende die tyd wat die geneesmiddel werk. Dit word veroorsaak deur meeste bensodiasepien soos triazolam.

  • Noem die effekte van die sedatief-hipnotiese middels op die normale slaappatroon en verduidelik wat is die belang daarvan vir die pasiënt.
    • Effekte van sedatief-hipnotiese middels, veral BD’e, sluit in korter tyd wat dit neem vir die pasiënt om aan die slaap te raak en verleng die totale tyd wat die pasiënt slaap. Dit is belangrik vir pasiënte watr minder as 6 ure se slaap kry.
    • BD’e verminder REM slap op ‘n klein skaal, maar teen hoër dosisse verminder dit REM slaap meer. Die tyd van NREM fase 4 veminder, maar NREM fase 2 verleng. Zolpidem verminder REM slaap, min effek op SWS.

  • Watter van die sedatief-hipnotika word as aanvullende terapie in anestesie gebruik.  Kan jy verduidelik hoekom?
    • Barbiturate
    • Midazolam
    • Diazepam
    • Lorazepam
    • Die BD’e word as aanvullende terapie deur middle van IV aan die pasiënt gegee en het relatiewe lang half-leeftye. Aktiewe metabolite word ook gevorm. Deur BD’e in hoë dosisse te gee as aanvullend tot anestesie mag dalk bydra tot aanhoudende post-narkose respiratoriese depressie.

  • Watter van die sedatief-hipnotika word as antikonvulsante gebruik?
    • BD’e -                           Clonazepam

Nitrazepam

Lorazepam

Diazepam

    • Barbiturates -                Phenobarbital

Metharbital

  • Wat is die meganisme van die spierverslappende effekte van sommige van die karbamate en die BD’e?
    • Diasepam en meprobamaat inhibeer polisinaptiese reflekse.

  • Bespreek die effekte van die sedatief-hipnotika op die respiratoriese en kardiovaskulêre stelsels.
    • Sedatief-hipnotika kan lei tor medulêre depressie en dood.
    • Indien terapeutiese dosisse gebruik word veroorsaak dit onderdrukking van pulmonêre siekte en kardiovaskulêre onderdrukkinfg van KVS.

Blog #1

22 Feb 2021, 11:39 Publicly Viewable
  • Watter tipe ioonkanale word op senuselmembrane gevind?
    1. Chloried (Cl-)
    2. Natrium (Na+)
    3. Na2+ Ca2+
    4. Na+

  • Noem 3 verskille tussen potensiaalafhanklike en ligandafhanklike ioonkanale.
    1. Potensiaalafhanklike ioonkanale is metabotropies en ligandbemiddelde is ionotropies.
    2. Ligandafhanklike ioonkanale is die binding van die ligand aan die ioonkanaal, waar potensiaalafhanklike verandering in membraanpotensiaal van die sel sel lei tot die werking van die kanale.
    3. By potensiaalafhanklike ioonkanle vorm daar tweede boodskappers en by ligand afhanklike ioonkanale vorm daar nie tweede boodskappers nie.

  • Vergelyk ionotropiese en metabotropiese reseptore.

Ionotropiese reseptore bestaan uit subeenhede en die binding van die neurotransmitter ligand open die kanaal direk, wat ‘n integrale deel is van die reseptor kompleks. Dié kanale is of onsensitief of slegs swak sensitief tot die membraan potensiaal. Die aktivering van die kanale maak die kanaal vir ‘n baie kort periode oop (‘n paar milisekondes of tiendes van ‘n milisekonde)

Metabotropiese reseptore is sewe transmembraan G-proteïen gekoppelde reseptore. Die binding van die neurotransmitter veroorsaak nie direkte opening van die kanaal nie. Binding van die neurotransmitter betrek ‘n G-proteïen, wat ‘n tweede boodskapper vorm wat die intrasellulêre kaskade bemiddel. Aktivering van metabotropiese reseptore lei dikwels tot die modulasie van potensiaalafhanklike kanale. Die interaksies kan selgs plaasvind in die selmembraan. Die aktivering van die reseptore kan ‘n paar sekondes aanhou as gevolg van die G-proteïen wat geaktiveer moet word.

  • Klassifiseer die SSS reseptore in ionotropiese en metabotropiese reseptore en ken die transduksiemeganisme van elke reseptor.

Ionotropies

  • GABA-A
  • Nikotinies (N)
  • Glutamaat reseptore:
      • NMDA
      • Kainate
      • AMPA
  • 5-HT3

Metabotropies

  • β 1+2
  • D 1
  • D 2
  • α 2
  • 5-HT1 A en B
  • M2 en M4
  • mGlu1
  • α1
  • 5-HT 2
  • M1,M3,M5
  • H1
  • mGlu8 (Glutamaat reseptor)

  • Verduidelik die verskil tussen 'n EPSP en 'n IPSP en gee voorbeelde van elk.

Eksitatoriese post sinaptiese potensiaal (EPSP): Wanneer ‘n eksitatoriese weg gestimuleer word, deurdat bv. glutamaat aan die NMDA reseptor bind en hom prikkel vind daar depolarisasie plaas wat ‘n eksitatoriese membraan potensiaal tot gevolg sal hê. Daar is ‘n toename in die ioondeurlaatbaarheid en die SSS word gestimuleer.

Inhiberende post sinaptiese potensiaal (IPSP): Wanneer ‘n inhiberende weg in die SSS gestimuleer word deurdat γ-aminobottersuur (GABA) aan ‘n GABA reseptor bind en die reseptor prikkel, word die post sinaptiese potensiaal gehiperpolariseer weens die selektiewe opening van chloor kanale sodat ‘n inhiberende post sinaptiese potensiaal kan ontwikkel wat uiteindelik dus die SSS gaan “onderdruk”.

  • Wat is die rol van kalsium in die ontwikkeling van 'n sinaptiese potensiaal?

Gedurende die ontwikkeling van ‘n sinaptiese potensiaal word kalsiumkanale geaktiveer. Soos kalsium in die terminal invloei, verhoog die intraterminale kalsium konsentrasie. Die verhoging in dié konsentasie bevorder die samesmelting van sinaptiese vesikels met die presinaptiese membraan. Die neurotransmitter wat in die vesikels vasgevang is word dan vrygelaat in die sinaptiese klef en versprei tot by die reseptore op die postsinaptiese membraan. Die neurotransmitter bind met sy reseptore en open die kanale, wat veroorsaak ‘n kort verandering in die membraan se vermoë om ione deur te laat. Kalsium is dus belangrik van die presinaptiese potensiaal tot die post sinaptiese potensiaal.