Content begins here

Blogs

Help Opens in a new window

DANÉLL DOUGLAS

Default profile image
----------

blog #14 (blog 16 LE 12.5)

20 Jun 2021, 17:34 Publicly Viewable

Naam van Blog: Blog#14

Antwoord die volgende vir jou blog-opsomming:

  • Watter verskillende groepe hallusinogeniese middels is bekend?

Fensiklidien

Meskalien (‘n 5-HT agonis)

LSDskopolamien

Psilosibeen

  • Noem ‘n paar tipiese effekte van die hallusinogeniese middels en beskryf die kliniese beeld van ‘n pasiënt wat dit ingeneem het?

Die tipiese effekte is:

Psigedeliese – “mind revealing” effekte: vertoon ‘n ander werklikheid.

Somatiese effekte: naarheid, swakheid, parestesieë.

Paniekreaksies, ‘bad trips”.

Psigoses is algemeen en dus het jy belemmerde oordeelsvermoë en dit lei tot roekelose gedrag.

Indien jy oordoseer aan de middels kan dit lei tot Nistagmus, erge hipertensie, konvulsies en mag fataal wees.

  • Hoe word ‘n oordosis met LSD hanteer?

Deur Parenterale bensodiasepiene- beskerm teen konvulsies.

  • Hoe word ‘n oordosis anticholinergiese middels hanteer?

IV in die geval van hipotensie.

Bensodiasepiene (vir agitasie)

blog #13 (blog #15 LE 12.2)

20 Jun 2021, 17:01 Publicly Viewable

Naam van Blog: Blog#13 (LE 12.2)

Antwoord die volgende vir jou blog-opsomming:

Hier volg twee opdragte waaruit jy een kan kies om oor toeligting te gee in’n 15 minute voordrag aan ‘n sekere teikengroep:

  • Jy word genooi om as spreker by die plaaslike hoërskool voor al die onderwysers en leerlinge op te tree en jou onderwerp is: “Alkohol, wat doen dit regtig aan my liggaam?”.  Fokus veral op die effekte, “aangenaam” sowel as “onaangenaam”, hoeveel glasies is veilig?  Hoe weet ek wanneer ek besig is om ‘n probleem te ontwikkel?  Wat kan ek dan doen?  Hou jou teikengroep (leerlinge) se ouderdom die hele tyd in gedagte!

Te veel Alkohol inname is sleg vir jou liggaam en gesondheid. Voordat jy jou water vervang met n bier moet jy bewus wees dat alkohol in KLEIN hoeveelhede goed kan wees vir jou gesondheid.

Alkohol het onaangemane effekte op jou liggaam:

Alkohol tas die brein, hart, lewer, pankreas en kan kanker veroorsaak.

Brein: Alkohol meng in met die breinse kommunikasie roetes, hierdie veranderinge kan ‘n invloed hê op gemoedsveranderinge, en om te helder te dink asook om beweging en koordinasie.

Hart: Alkohol kan die hart beskadig en kan veroorsaak dat jy ‘n beroerte, hoë bloeddruk, aritmiee kan kry.

Lewer: Kan Fibrose, alkoholiese hepatitis kry, kan lei tot geelsug, sirrose. Alkohol beskadig die lewer aansienlik. Baie mense ontwikkel lewer probleme.

Pankreas: Alkohol veroorsaak dat die pankreas toksiese substanse produseer wat kan lei tot pankreatitis en dit is inflammasie in die pankres.

Kanker: Alkohol kan ook verskeie kanker aanwakker in die liggaam soos- kop en skouer kanker, esofagus kanker, lewer kanker en bors kanker.

Alkohol het ook aangename effekte soos:

  • Dit kan jou hart help, matige hoeveelheid kan help dat jy nie ‘n hart aanval, beroerte of arteries wat verhard het kry nie.
  • Verhoud nierstene, alkohol veroorsaak dat jy meer urineer soos wat tee en koffie ook sal doen. Dit help om die klein kristale uit te dryf wat die stene veroorsaak. As jy weer te veel drink kan jy die risiko van nierstene verhoog, omdat jy gedihidreer word.
  • Maak jou meer sosiaal, goeie vriende is goed vir jou en maak jou gelukkig.
  • Dit help jou brein, en kan help dat jy nie Alzheimers siekte ontwikkel nie.

Hoeveel glasies van ‘n alkoholiese drankie is veilig?

By vrouens is 1 drankie ‘n dag (5 ounces of wine, 12 ounces of beer, 1,5 ounces of liquor genoeg.

By mans is 2 drankies ‘n dag genoeg.

Hoe weet ek wanneer ek besig is om ‘n probleem te ontwikkel?

As dit moeilik is vir jou om by 1/ 2 drankies te hou per dag.

As jy ‘n begeerte het om te drink as jy opstaan in die oggende.

As jy ontrekkingsimptome ontwikkel as jy nie jou glasie alkohol gedrink het vir 2 dae nie.

As jy onseker is of jy ‘n alkohol probleem het gaan sien ‘n dokter, gesondheidswerker of sielkundige sodat jy stappe kan neem om nie afhanklik te wees van alkohol nie.

https://www.webmd.com/diet/ss/slideshow-alcohol-health-benefits

https://www.niaaa.nih.gov/alcohols-effects-health/alcohols-effects-body

blog #13 (blog #14- LE 11.1)

19 Jun 2021, 12:43 Publicly Viewable

Naam van Blog: Blog#13 (11.1)

Antwoord die volgende vir jou blog-opsomming:

Berei ‘n kort “lesing” voor, van nie langer as 5 minute (200 woorde) nie, waarin jy vir ‘n kliënt moet verduidelik wat pyn is, wat dit kan veroorsaak, hoekom verskillende mense pyn verskillend ervaar en wat algemeen belangrike beginsels van pynhantering en verwysing behels. Die bogenoemde twee videos sal ook van hulp wees.

Pyn is ‘n onaangename, subjektiewe sensoriese en emosionele ervaring geassosieer met werklike of potensiële weefselskade. Pyn het ‘n intensiteit en jy kan dit beskryf vanaf ‘n skaal van 0-10 hoe seer jy het. Pyn het ook ‘n karakter soos n skerp, dowwe, brandende, aching (seer) pyn.

Wanneer jy seer kry is daar spesiale weefselbeskade senuweeselle, nococeptives, wat dan seine stuur na die spinale koord en dan na die brein. Die korteks gedeelte in  die brein bepaal wat om te doen met die pyn seine. Daar is ‘n ander sisteem met interneuron breinselle, wat die seiliens netwerk genoem is,en dit  bepaal waarop die liggaam moet fokus. Daar is motor pathways wat geaktiveer word wat vir jou sê om bv. Jou hand van n warm plaat af te haal.

Die sisteme is dieselfde vir almal maar die sensitiwiteit is wat verskil by mense en hoe mense pyn hanteer.

Daar is verskillende medisyne wat help vir verskillende tipes pyn. Non presciptive pyn medisyne kan op die selle werk waar die pyn seine begin het. Ander sterk pyn medikasie  en innistetics werk deur aktiwiteit van die pyn sensasie te verlaag of die bevordering van ons hanteringstelsel/ endorfiene. Party mense kan pyn hanteer deur sekere metodes te gebruik wat afleding, meditation insluit.

blog #13

19 Jun 2021, 11:44 Publicly Viewable

Blog: Blog#13 (9.5)

  • Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium.

Die werkingsmegansime van die litium is deur die Li+ioon. Dit beinvloed cAMP, IP3 en DAG 2de boodskappersisteme, laasgenoemde deur veralging van verskleie ensieme. Dit is baie belangrik in die omskakeling en hersirkulasie van die membraanfofoinositiede. IP3 en DAG is NB in monoamien en cholinerge neurotransmissie.

  • Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?

Sy plasmavlakke is baie belangrik. Hy het n klein terapeutiese indeks (0,5-1,5 mM; >mM = TOKSIES.) Bloedplasma moet noukerig gemonitor word, want kan vinnig toksies word.

  • Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?

Litium as enkelmiddel gebruik by profilakse van bipolere versteurings.

Litium word gekombineer meet een van die volgende atipiese middels: olansepien, risperidoon, aripiprasool, quetiapien, ziprasidoon, maar risperidoon word veral gebruik.

Litium word ook met valproaat gebruik om die terugval van mense wat bipolere steurnisse het te verhoed of te verlaag.

  • Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê.  Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.

Dehidrasie, diuretika (tiasiede), NSAIM’s, ACE inhibeerders’s en fluoksetien verhoog litium vlakke wat lei tot toksisiteit.

Teensuur middels (bv. NA-bikarbonaat), teofillien, kaffeien verhoog renale uitskeiding van Litium (verlaag effektiwiteit van litium).

Neurotoksies kombinasie met karbamasepien, kalsium kanaal blokkers, losartan, metieldopa, metronidasool en fenitoien.

  • Noem die belangrikste newe-effekte van litium.

Tremore, sedasie, ataksie, afasie

Spierswakheid, moegheid

Polidipsie, poliurie, nokturie

Nefrogene diabetes insipidus (onvderdunde uriene wat uitgeskei word)

Tiroiedvergroting

Leukositoses

Edeem

Massatoename

Aknee, alopsie

Seksuele disfunksie

  • Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?

By swangerskap verhoog die renale opruiming, maar keer terug na laer vlakke wanneer die baba gebore is. Litium word oorgedra na die baba by borsvoeding deur die borsmelk.

  • Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.

Bipolere versteurings

Skisofrenie

Major depressie

Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:

Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik:

Camcolit 600mg bd. Plasmavlakke wat na twee weke geneem is, was 0.8mmol/L.  Sy het ‘n spierbesering opgedoen en gebruik ook die afgelope 10 dae Indocid R® 75mg n.  By verdere navraag meld sy dat sy “vreeslik gewig opgetel” het en nou sommer van haar ma se “waterpille” drink in die hoop dat sy van die ekstra kilo’s ontslae kan raak.  Sy kla egter dat sy baie moeg is, sukkel om haar oë in die klas oop te hou, dors bly en voortdurend bewerig en naar voel.

Me B polar ondervind die newe-effekte van litium toksisiteit. Die kombinasie van litium en Indocid sal ook die newe-effekte veroorsaak al is haar plasma konsetrasie vlakke in die reikwydte. EK sou voorstel dat sy die dosis van litium moet verlaag of n vervangbare geneesmiddel vir litium. Ek sou ook voorstel dat Me B. Polar die gebruik van die waterpil staak asook die Indocid.

Blog #12

29 May 2021, 09:17 Publicly Viewable

Naam van Blog: Blog#12

  • Stel m.b.v. jou handboeke ‘n klassifikasie op van die middels wat as antidepressante gebruik word.
    • TCA: Tersiere- amitriptillien, butriptillien, imipramien, trimipramien, chloorimipramien, dotiepien. Sekionder- nortriptillien, desimipramien, lofepramien, amoksapien, maprotillien.
    • MAOI’s: Tranielsipromien, Maklobemied
    • SSRI: fluoksetien, paroksetien, sertralien, sitalopram, esitalopram, fluvoksamien
    • SNRI: venlafaksien, duloxetien
    • NARI: reboksetien
    • Tetra-, Unisiklies: mianserien, mirtasepien, bupropioon
    • 5-HT reseptor moduleerders: trasodoon, vortioksetien
    • Sirkadiese Ritme Reguleerder: agomelatien

  • Met betrekking tot die bestaande middels se werkingsmeganismes, wat het hulle almal in gemeen?

Meeste van die middels vehoog noradrenalien en serotonien konsentrasies by sentrale sinapse a.g.v. heropname remming, afbraakremming, blokkade van presinaptiese alpha2 outoreseptore.

  • Hoe lank neem dit vir hierdie middels se antidepressiewe effekte om te verskyn?  Wat is die rede hiervoor?

Die middels het n stadige aanvang van werking en kan 14-21 dae neem vir die middels se antidepressiewe effekte om te verskyn.

  • Hoe verskil die TAD’e en die selektiewe serotonienheropname remmers (SSRI’s) van mekaar t.o.v.

  • Effektiwiteit: TAD’e benodig titrasie tot minimum effektiewe dosis terwyl die SSRI’s gewoonlik onmiddelik met volle dosis kan begin. Alhowel dit angs presenteer.
  • Newe-effekte: TAD’e is kidienagtig en blok hartgeleiding wat disritmiee veroorsaak en kan dus kardiotoksies wees. Ander newe-effkte van TAD’e is: sedasie, tremore, insomnia, anticholinergiese effekte, ortostatiese hipotensie, disritmiee, psigoses, presipiteer manie, konvulsies, massatoename, seksuele steurnisse. SSRI’s newe effekte: insomnia, tremore, SVK-steurnisse, hoofpyn, afname in libido, seksuele disfunksie, angs (akuut), EPS, ontrekkingsimptome, kan aptyt verlaag, NIE SEDEREND NIE.
  • Veiligheid: TAD’e: akute oordosis is BAIE gevaarlik kan volgende tot gevolg he: Koma, Kardiotoksisiteit, Konvulsies. SSRI’s is veiliger om te gebruik aangesien hulle newe-effekte profiel baie beter is.

  • Hoe werk mirtasepien?

Is n NaSSA- noradrenalien en spesifieke serotonien anti-depressant. Blokkeer alpha2      (blokkade van hierdie inhibitporiese reseptor bevorder beide NA 9outoreseptore) en 5-HT vrystelling (heteroreseptore)), 5-HT2A en 5-HT3. Blok ook H1 en alpha1. Ook indirekte stimulasie van 5-HT1A.

  • Hoe werk venlafaksien?

Blokkeer beide 5-HT en NA heropname, meer potent vir 5-HT as vir NA.

  • Hoe werk agomelatien?

Die middel hertsel die liggaam se bioritmes. Primere agons op melatonien 1+2 reseptore en n antagonis op 5-HT2C reseptore.

blog #11

29 May 2021, 07:35 Publicly Viewable

Blog: Blog#11

  • Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?

Alifaties: Chloorpromasien

Piperidien: Tioridasien

Piperasien: Flufenasien

Alifaties en piperidien het min EPS tot gevolg waar piperasien baie EPS tot gevolg het.

  • Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?

Die mesolimbiese dopamien 2 respetore

  • Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?

Die atipiese middels se werkingsmegansime: Hulle is multipotente antagonsite (inverse agonsite). blokkeer 5-HT2a / inverse agonsite op 5-HT2a en 5-HT2c meer as DA 2 respetore. Blokkeer die konstituwe aktiwiteit van hierdie 5-HT2 reseptore. Hierdie reseptore moduleer die vrystelling van DA, NA, GABA, Glutamaat, Ach in die korteks, limbiese stelsel en striatum. 5-HT2c stimulasie inhibeer DA vrystelling in die korteks en limbiese stelsel.

Die tipiese middels se werkingsmegansime: Multipotente kompeterende antagoniste. Blokkeer DA2 respetore eerder as 5-HT 2 reseptore. Blokkeer ook M, alpha, histamien-1 en 5-HT reseptore.

  • Watter van die reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstrapiramidale newe effekte?

Lae potensie vir DA2 resepore

  • Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte?  Wat is die rede?

Paliperidoon en risperidoon, omdat hulle DA2 reseptore antagoneer en dit lei tot EPS.

  • A.g.v. watter reseptorblokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte?

Die alpha-litiese effekte, newe-effekte soos posturale hipotensie

BLOG #10

02 May 2021, 15:37 Publicly Viewable

BLOG #10

Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?

MIDDELS WAT DOPAMIEN AKTIWITEIT VERBETER

ANTICHOLINERGIESE MIDDELS WAT MUSKARIENE ANTAGONISTE IS. BLOK ASETIELCHOLIEN WERKING

 

Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?

AMANTADIEN IS N METAFFINOIED POTENSIEERDER VAN DOPAMIEN. DUS VERHOOG DIT DIE VRYSTELLING VAN DOPAMIEN. VERHOOG DIE SINTESE VAN DOPAMIEN, BLOKKEER HEROPNAME VAN DOPAMIEN.

Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.

MAO-B REMMERS – DOPAMIEN METABOLISME WORD ONDERDRUK EN DUS VERHOOG DOPAMIEN VLAKKE IN DIE SSS.

SAFINAMIED – POTENTE OMKEERBARE INHIBIESE VAN MAO-B EN INHIBEER DIE DOPAMIEN HEROPNAME.

ISTRADEFILLIEN – ADENOSIEN ALFA 2A ANTAGONIS, ADENOSIEN INHIBEER D2 EN DUS WORD D2 RESEPTORFUNKSIE VERSTERK/VERBETER.

 

Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?

BROOMKRIPTIEN IS ERGOTDERIVATE

PRAMIPEKSOOL IS NIE ERGOT DERIVAAT NIE

ROPINIROOL IS NIE ERGOT DERIVAAT NIE       

 

Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.

DOPAMIEN 2 RESEPTORE WORD DEUR ROPINIROOL EN BROOMKRIPTIEN GESTIMULEER EN DOPAMIEN 3 RESEPTORE WORD DEUR PRAMIPEKSOOL GESTIMULEER.

 

Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer?  Wat beteken dit?

SAFINAMIED- HY VERLAAG DIE GLUTAMAAT VRYSTELLING WAT DUS DIE DOPAMIEN NEURONE BESKERM TEEN DIE VERHOGING VAN ASETIELCHOLIEN

 

Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?

HULLE INHIBEER DIE MOA-B RESEPTORE, DUS VERHOOG HULLE DIE DA KONSENTRASIE ASOOK DIE DOPAMIEN METABOLISME WORD ONDDRUK MET GEVOLG DAT DIE DA VLAKKE IN DIE SSS VERHOOG

 

Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?

KOMT REMMERS METABOLISEER L-DOPA NA 3-O-METIELDOPA (3OMD). DIE VERHOOGDE PLASMAVLAKKE VAN 3OMD SWAK TERAPEUTIESE RESPONS MET L-DOPA. 3OMD KOMPETEER MET L-DOPA VIR AKTIEWE TRANSPORTPROSESSE. KOMT REMMERS VERLENG WERKINGSDUUR VAN L-DOPA. VERLAAG PERIFERE METABOLISME, VERBETERENDE BIOBEKSIKBAARHEID.

 

Hoe werk Istradefilien?

DIT IS ADDISIONELE TERAPIE BY L-DOPA WAT AF PERIODES ERVAAR. DIT IS N ADENOSIEN ALPHA 2A ANTAGONIS.

 

Bespreek die werkingsmeganisme van safinamied

DIT VERHOOG DA AKTIWITEIT- DIT IS N POTENTE OMKEERBARE INHIBISIE VAN MOA-B, INHIBISIE VAN DA HEROPNAME. VERLAAG DIE GLUTAMAAT VRYSTELLING.

Blog #9

17 Apr 2021, 08:57 Publicly Viewable

BLOG #9

Antwoord die volgende vir jou blog-opsomming:

Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur ‘n LA van die volgende tipes vesels met mekaar?

  • Gemiëlineerde vesels met ongemiëlineerde vesels: Kleiner en gemielineerde vesels meklikker geblok as groter en ongemielineerde vesels. Dit wil se dat gemielineerde vesels meer sensitief is as ongemielineerde vesels.

  • Druk / tassenuwees met die dorsale senuwees wat pynimpulse gelei: Die druk senuwees word stadiger geblok as die senuwees wat pynimpulse gelei. Die pynvesels vuur vinniger pynsensasie selektief geblok deur die LA.

Maak ‘n lys met die effekte van LA op ander weefsels.

Hart- Klas 1 anti-aritmiese middels soos Lidokaien. Die middel blokkeer die NA-ioon kanale in die hart en verkort aksie potensiaal en verlaag die refraktere periode.

Skeletspier- Swak blokkerende effek, geen kliniese toepassing.

Kokain: verhoog gemoedstoestand, beinvloed sentrale katesjolamiene gemedieerde neurotransmissie (inhibeer Na heropname).

Waarop berus die keuse van ‘n LA?

Dit word bepaal deur watse prosedure uitvgevoer gaan word en hoe lank die middels moet werk dit wil se hulle werkingsduur vir die spesifieke prosedure.

Waarom word oplossings van LA soms met CO2 versadig?

Omdat die effek van CO2 die lokale anestetika potensieer. Dit wil se dit verhoog lokale anestetika werking. werking

Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik?

  • Bensokaien
  • Oksibuprokaien
  • Kokaien

Blog #8

17 Apr 2021, 08:56 Publicly Viewable

BLOG #8

Antwoord die volgende vir jou blog-opsomming:

Stel vir jouself ‘n tabel op waarin jy die belangrikste effekte op elke stelsel (KVS, SSS, respirasie, niere, lewer en uterus) lys, maar ook die uitsonderings aandui.  Die tabel is belangrik as jy by die keuse van middels kom.

Noem die belangrikste toksiese effekte van die inhalasiemiddels.

Middels

SSS

KVS

Respiratories

Lewer

Uterus

Uitsonderings

Halotaan

-Vinnige gladde spier induksie.

-Serebrale bloedvloei + intrakraniale druk.

-Bloedruk VERLAAG.

-Sensitisering van miokardium vir aritmogene effekte van katesjolamiene.

Nie speesel brongiale sekresies of hoes nie.

HEPATOKSIES word deur lewer gemetaboliseer.

Verlaagde spierkontraksie

Skeletspier-

verslappende effekte

Enfluraan

-Vinnige gladde induksie

-Nie sensitisering van miokardium.

-Minder BD verlaging as Halotaan.

MEER verlaging as halotaan

NIE vir pasiente met epilepsie nie. (gee aanleding tot kovulsie).

INSTAND-HOUDING

Isofluraan

-Vinniger induksie en herstal as halotaan.

-Minder BD verlaging as halotaan + enfluraan

POTENTE onderdrukkende effek. Versterk a.g.v skeletspier- verslappende effek

Desfluraan

-NOG vinniger induksie + herstel as Isofluraan.

-Verhoog serebrale bloedvloei en intrakraniale druk.

-Minder BD verlaging as halotaan + enfluraan.

Skerp reuk, irriterend in lugwee, veroorsaak hoes, asemnood, laringospasma.

Sterk irriterende reuk. NIE INDUKSIE NIE !!!

Sevofluraan

-Effekte soortgelyk aan Desfluraan.

-.Minder irriterend vir lugwee

Versigtig by mense met lewer probleme.

INDUKSIE + INSTAND- HOUDING.

Potensieer effekte van nie-depolariserende skeletspierverslappers

N2O

Swak anestesie.

Potente analgetikum.

Amnesia

GEEN EFFEK

Suiwer N2O gee hipoksie, Dus moet dit saam O2 gegee word

ADDISIONELE MIDDEL.

Geen skeletspierverslapping

Toksiese effekte van inhalasie middels:

-Hepatoksisiteit + maligne Hipertermie (Halotaan)

-Tetratogenisiteit

-Kovulsies (Enfluraan)

-hopoksie (N2O)

-Chemies onstabiel + ondergaan metabolisme dus nie vir pasiente met lewer probleme nie (sevofluraan)

-Laringospasma (Desfluraan)

Blog #7

13 Apr 2021, 17:05 Publicly Viewable

BLOG #7

Watter anti-epileptiese middels beïnvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan?  Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?

Meng in met die pil (orale kontrasepsie):

  • Fenobarbitoon
  • Fenitoien
  • Karbamasepien
  • Oskarbasepien
  • Topiramaat

Dit verminder die pil se effektiwiteit

Meng nie in met die pil nie:

  • Valproaat
  • Lamotrigien
  • Leviterasepam
  • Gabapentin

Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beïnvloed (vanaf neonate tot by bejaardes)?

By neonate sal die middel stadig metaboliseer, by babas en kinders sal die metabolsime vinnig wees en selfs vinniger as by volwassenes. Volwassenes se metabolisme is vinniger as neonate maar stadiger as babas en kinders. By bejaardes is die metabolisme baie stadig en moet dus uitkyk vir enige newe-effekte, dus gee n lae dosis.

In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?

  1. Tydens swangerskap
  2. Neonate en kinders
  3. Bejaardes
  4. Moontlike gm interaksies
  5. Pasiente met lewersiekte
  6. Chroniese nierversaking