Content begins here

Blogs

Help Opens in a new window

MONIQUE SNYMAN

Default profile image
----------

Blog 10

30 Mar 2021, 17:45 Publicly Viewable

Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?

GM's wat dopamien aktiwiteit verhoog

GM's wat cholinergiese aktiwiteit verlaag

Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?

Amantadien is 'n metaffinoïede potensieerder van dopamien wat dus die vrystelling van dopamien verhoog asook die sintese daarvan. Amantadine sal op n indirekte wyse DA verhoog. Op n metafinoide wyse potensieer dit DA:

-verhoog vrystelling v DA

-verhoog sintese v DA

-blok heropname v DA

Dit blokkeer die heropname van dopamien

Amantadien kan as 'n NMDA antagonis optree as gevolg van antidiskinetiese effekte, wat met bewegingsteurnisse help

Dit is ook 'n adenosien A2 antagonis, wat D2 reseptorfunksie inhibeer en lei tot verhoogde dopamien

Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamien konsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.

  • Amantadien

Metaffinoïede potensieerder van dopamien wat dus die vrystelling van dopamien verhoog asook die sintese daarvan. Dit blokkeer die heropname van dopamien

  • Selektiewe MAO-B remmers

Inhibeer selektief MAO B ensieme wat lei tot inhibisie van dopamien metabolisme en 'n verhoging in dopmamien konsentrasie in die SSS

  • COMT-remmers (Entakapoon)

COMT metaboliseer l-dopa na 3-O-metieldopa (3OMD)onaktiewe metaboliet, dus het die verhoogde plasmavlakke van 3OMD 'n swak terapeutiese respons met l-dopa, omdat hulle kompeteer vir aktiewe transportprosesse)

Dus verleng COMT-remmers die werkingsduur van l-dopa, verlaag perifere metabolisme en verbeter die biobeskikbaarheid.

  • Selegilien
  • Rasagilien
  • Entakapoon

Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?

Ergotderivate-Broomkriptien

Nie-ergotderivate-Pramipexole & Ropinirole

Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.

D2 agoniste-Ropinirole & Broomkriptien

D3 agoniste-Pramipexole

Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer?  Wat beteken dit?

Pramipexole

Selektiewe MAO-B remmers (bv. Selegilien en Rasagilien)

MAO-B remmers voorkom dat MPTP omgeskakel word na MPP+, wat dus beskerm teen die voorkoms van Parkinsonisme

Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?

MAO B het 'n voorkeur vir dopamien as substraat, dus is daar 'n verhoging in dopamien konsentrasie in die SSS

Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?

COMT metaboliseer l-dopa na 3-O-metieldopa (3OMD)

Dit lei tot verhoogde plasmavlakke van 3OMD wat 'n swak terapeutiese respons met l-dopa het agv kompetering vir aktiewe transportprosesse

COMT-remmer verleng werkingsduur van l-dopa, verlaag perifere metabolisme en verbeter biobeskikbaarheid

Hoe werk Istradefilien?

Istradefilien is 'n adenosien A2 antagonis, wat die funksie van D2 inhibeer.

Dus as adenosine geblok word kan dit nie D2-R blok nie en DA sal verhoog

Bespreek die werkingsmeganisme van safinamied

Safinamied het 'n tweeledige werkingsmeganisme:

Dit verhoog dopamien aktiwiteit

Deur die potente omkeerbare inhibering van MAO-B

Inhibisie van dopamien heropname

Verlaag glutamaat vrystelling

Blog 9

30 Mar 2021, 17:43 Publicly Viewable

 

Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur ‘n LA van die volgende tipes vesels met mekaar?

Gemiëlineerde vesels met ongemiëlineerde vesels.

Gemiëlineerde vesels word makliker geblokkeer as groter en ongemiëlineerde vesels

Druk / tassenuwees met die dorsale senuwees wat pynimpulse gelei.

Die dorsale senuwee (wat impulse gelei), is meer sensitief vir blokkasie, dus word dit makliker geblok as druk/tas senuwees

Maak ‘n lys met die effekte van LA op ander weefsels.

Hart: Klas 1 anti-aritmiese middels (blok Natrium kanale)

Skeletspier: swak blokkerende effek, geen kliniese toepassing

Psige: verbeter gemoedstoestand, beïnvloed sentrale katesjolamien gemedieerde neurotransmissie (inhibeer NA heropname)

Waarop berus die keuse van ‘n LA?

Die tipe procedure wat gedoen word

Die aantal tyd waarvoor dit gebruik word

Die kliniese gebruik van die anestetikum

Die werkingsduur

Waarom word oplossings van LA soms met CO2 versadig?

Die aanvang van werking sal versnel word, omdat die CO2 as n buffer dien.

Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik?

Bensokaïen

Kokaïen

Oksibuprokaïen

Blog 8

30 Mar 2021, 13:36 Publicly Viewable

 

SSS

KVS

RESPIRASIE

LEWER

UTERUS

Halotaan

Vinnige, gladde induksie

VERHOOG serebrale bloevloei

VERHOOG intrakraniale druk

AFNAME in BP

Miokardium word gesensitisee

Geen speeksel/brongiale sekresie

Geen hoes

Nie irreterend

hepatotoksies

Afname

spierkontraksie

Veroorsaak eksterne draaiing van baba

Enfluraan

Vinnige, gladde induksie

Soms kunfulsies (nie vit pt met epileptic)

Geen sensitisering van miokardium

Minder bloeddruk â

Meer onderdrukking as H

Isofluraan

Vinniger induskie en herstel as H

Nog minder bloeddruk afname as H en E

Geen sensitisering van miokardium

Potente onderdrukkende effek

Versterk agv potente skeletspier-verslappende effek

Desfluraan

Nog vinniger induksie en herstel as I

verhoogde serebrale bloedvloei

verhoogde intrakraniale druk

minder bloeddruk afname as H en E

Irriterende effek agv skerp reuk

Veroorsaak hoes, asemnood & laringospasma

Sevofluraan

Minder irriterend op lugweg

Lag-gas

N2O

Swak anastetikum

Potente analgetikum

amnesie

Geen effek

hipoksie

 

Toksiese effekte van die inhalasiemiddels.

Nefrotoksisiteit

Hematotoksisiteit – Die geneesmiddels kan CO vervaardig, wat dus die suurstof in die weefsel verminder.

Hepatotoksisiteit –gevolg van Halotaan.

Tetratogenisiteit – Kan gebeur as gevolg van Halotaan, Enfluraan, Isofluraan, Desfluraan en Sevofluraan

Halotaan: hepatotoksies, intrakraniale druk verhoging

Enfluraan: Kan konvulsies veroorsaak. Oorwegend onderdrukking op alle sisteme

Isofluraan: Potente onderdukkende respiratoriese effek

Desfluraan: Irriterende effek op lugweg, verhoogde intrakraniale druk

Sevofluraan: Chemies onstabiel

N2O: hipoksie

Blog 7

30 Mar 2021, 13:16 Publicly Viewable

 

1.Sommige anti-epileptiese middels (soos bogenoemde middels) induseer sitochroom P450, dus word estrogeen en progesteroon omgeskakel na die onaktiewe metaboliete, daarom word die konsentrasie van hierdie middels (estrogeen en progesteroon) verlaag, en swangerskap kan voor kom.

Ensieminduserende anti-epileptiese middels beïnvloed orale kontrasepsie se metabolisme. Die pil gaan vinniger gemetaboliseer word en daar gaan minder effeketiewe konsentrasie in die bloed wees wat dus die kans van swangerskap vergroot. Ensieminduseerders soos fenitoïen, fenobarbitoon en Karbamasepien beïnvloed dit. Vroulike pasiënte op orale kontrasepsie moet eerder Lamotrigien of Tegretol neem

2.Neonate: stadige metabolisme, dus moet ‘n laer dosis gegee word.

Babas en kinders: vinnige metabolisme en moet ‘n hoër dosis neem as volwassenes

Volwassenes: gewone metabolisme, neem normale dosisse

Bejaardes: stadige metabolisme en moet laer dosisse neem

 

In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?

Plasmabloedvlakmonitering is aangedui met geneesmiddels wat ‘n nou terapeutiese indeks het, bv. Teofillien en Fenitoïen, want dit kan aanleiding gee tot toksisiteit. Wanneer die pasiënt ensieminhibeerders/induseerders gebruik (byvoorbeeld valproaat, phenytoin, lamotrigine, en fenobarbitoon).

Wanneer die pasiënt kontrasepsie saam met valproaat en phenytoin gebruik.

Anti-epileptiese geneesmiddels wat in kombinasie gegee word moet ook gemoniteer word, of wanneer anti-epileptiese middels saam met HIV-middels geneem word veral. Fenitoïen wat ‘n versadigde metabolisme het in die lewer moet streng gemoniteer word. Enige geneesmiddels wat enisieminduserend (bv. Karbamasepien) of ensieminhiberend (bv. Valproaat) moet ook gemoniteer word. Oxcarbazepine en carbamazepine kan hiponatremie veroorsaak, dus moet bejaardes, wat hierdie middels gebruik, se plasmabloedvlakke gemonitor word.

Blog 6

30 Mar 2021, 13:15 Publicly Viewable

 

1.Mikrosomale Etanol Oksidasie – MEOS sisteem .Sentrale senuweestelsel aanpassings vind plaas en veroorsaak reseptor subsensitiwiteit agv reseptor afreguleering. Spesifiek by GABA-A reseptor. Metaboliese aanpassings kan ook plaasvind van MEOS sisteem omrede ensieme induseer word en meer alkohol per tydseenheid word dan gemetaboliseer.

2.Verhoog die aktiwiteit van die lewermikrosomale ensieme, dus verhoog dit die lewermetabolisme wat dan die werking van geneesmiddels beïnvloed. Lewerfunksie word verlaag deur skadelike metaboliese byprodukte van alkohol en het dan moontlike gevaar van hepatitis(lewerinflammasie) en sirrose(lewerinflammasie en scars).Glukoneogenese verlaaging agv lewerfunksie wat verlaag. Glukoneogenese verminder ook wat kan lei tot nutriëntgebreke, vetakkumulasie en hipoglukemie

3.Wernicke-Korsakoff sindroom is ‘n neurologiese versteuring wat kan ontstaan by mense wat kronies alkohol gebruik en deur ontrekkingsimptome gaan, ander sipmtome sluit in: verwarring, ataksie, geheueverlies, en paralise van die gesigspiere kom voor. Dit kan ook veroorsaak word deur ‘n gebrek aan tiamien (Vit B) – tiamien help met die metabolisme van glukose om energie te produseer, dus in ernstige gevalle kan dit lei tot die persoon wat in ‘n koma gaan en selfs dood. Hierdie is n toestand wat voorkom kan word met gebrek aan tiamien en word dus met parenterale tiamien behandel.

4.Fetale alkoholsindroom is ‘n sentraal senuwee versteuringskondisie wat voorkom by kinders wie se ma alkohol gebruik het tydens haar swangerskap (veral tydens die 1ste trimester) en as gevolg daarvan verstandelike vertraging, mikrokefalie, groeigebreke en ‘n onderontwikkeling van die middelste gesigsarea het.

Die abnormaliteite word veroorsaak deur etanol wat die plasenta kruis en die fetus se bloed alkohol vlakke verhoog dan tot dieselfde hoeveelheid as die Moeder se bloed konsentrasie. Die fetus het nie alcohol dehydrogenase ensiem se aktiwiteit nie en maak staat op die Moeder se bloed om die alkohol te metaboliseer. Die alkohol in die fetale bloedstroom induseer dan apoptotiese neurodegenerasie en veroorsaak neurale en gliale migrasie in die ontwikkelende senuwee sisteem.

5.Akute alcohol:  Meestal MEOS en alcohol dehydrogenase wat n rol speel omrede dit in hoe konsentrasies moet metaboliseer. Verlaag die metabolisme van geneesmiddels wat kan veroorsaak dat die middels kan akkumuleer in die liggaam en toksiese newe-effekte veroorsaak

kroniese alcohol gebruik: MEOS (ensiem) se aktiwiteit word geinduseer deur kroniese alcohol gebruik en dit veroorsaak vinniger metabolisme van alcohol.  Verhooging van  die metabolisme van geneesmidels en kan dus veroorsaak dat die middels geen terapeutiese effek het by die persoon nie.

6.By sedatief-hipnotika bv. barbiturate (fenobarbitoon), by anksiolitiese geneesmiddels soos buspiroon, by bensodiasepiene bv. diazepam, by trisikliese anti-depressante bv. amoksapien, by aspirien bv disprins, by vasodilatoriese middels bv. benazepril en byhipoglisemiese middels bv. metformin. Aspirien(antiplaaitjie potensieer), parasetamol (induseer Cyp 2E1)

Blog 5

30 Mar 2021, 13:13 Publicly Viewable

Blog 5

  1. Etanol word vinnig uit die spysverteringskanaal geabsorbeer, want dis ‘n klein water-oplosbare molekule. Dit versprei ook vinnig deur die liggaam omdat dit lipofilies is.  Eliminasie /metabolisme is zero-orde eliminasie. Dit beteken dat die ligaam alkohol teen n konstante tempo sal metaboliseer omrede die NAD ko-ensiem beperk is en die metabolisme sal nie versnel soos die inname van alkohol verhoog nie. Daarom as die NAD-ensiem versadig is sal die effekte van alcohol duideliker raak. . Daarom kan toleransie opgebou word. 90% Van die etanol word in die lewer gemetaboliseer en die res in die urine en longe.
  2. Alkoholdehidroginase sisteem is verantwoordelik om lae en gemiddelde hoeveelhede etanol te metaboliseer. Die sisteem kan versadig word weens die beperkte hoeveelheid NAD ko-ensiem dus volg dit ‘n zero-orde kinetika. (Eindproduk is asetaldehied.)
  3. Gemengde funksie oksidases (MEOS) sisteem kan baie meer hoeveelhede etanol metaboliseer per tydseenheid (meer as 100mg/dL). ‘n Verhoging MEOS aktiwiteit word geïnduseer wanneer ‘n persoon kronies alkohol gebruik en a.g.v die’ word toleransie opgebou teen alkohol.  Eindproduk: asetaldehied.
  4. Geneesmiddels soos Disulfiram, Metronidasool, Kefalosporiene en enige Hipoglisemiese geneesmiddels beïnvloed hierdie metabolisme. Hierdie geneesmiddels rem dan Aldehied dehydrogenase wat asetaldehied omskakel na asetaat, dus sal asetaldehied opeenhooping plaasvind en lei tot simptome soos naarheid, hoofpyn, hartkloppings, blosing en duiseligheid.Hulle rem aldehieddehidrogenase wat verantwoordelik is vir die omskakeling van asetaldehied na asetaat. Die metabolisme van etanol word dus geïnhibeer. Dit veroorsaak dat die asetaldehied ophoop in die persoon wat hom/haar dan baie sleg gaan laat voel (naarheid, braking en erge hoofpyne). Daarom kan hierdie geneesmiddels iemand help om op te hou alkohol drink.