Content begins here
ANINA KOEKEMOER
Blog #13
31 May 2021, 08:29
Pyn is ‘n onaangename, subjektiewe sensoriese en emosionele ervaring geassosieer met werklike of potensiële weefselskade. M.a.w. dis ‘n hoogs onaangename sensasie wat veroorsaak word deur siekte of besering.
Pyn kom gewoonlik voor a.g.v. ‘n siekte, besering of mediese prosedure. Akute pyn kan dus voorkom met beserings soos snye, brandwonde, spierspasmas of been frakture. Voedselvergiftiging en blindedermontsteking is ook voorbeelde van akute pyn. Hierdie pyn duur gewoonlik slegs vir ‘n kort tydperk. Chroniese pyn is pyn wat veroorsaak word deur verandering of skade aan die neurone in die liggaam. Dit is ‘n deurlopende pyn wat dikwels aanhou, selfs al word die siekte / besering behandel of dit kan voorkom sonder enige geskiedenis van besering / operasie. Dit duur vir ‘n hele tydperk.
Mense ervaar pyn verskillend (selfs al word dit deur dieselfde stimuli veroorsaak). Pyn word die beste gemeet deur dit wat die pasiënt sê dit is. Pyn se intensiteit kan beskryf word deur ‘n skaal waar 0 = geen pyn en 10 = meeste pyn dinkbaar. Pyn kan voorkom as skerp, dof, brandend en “aching”. Nocireseptore vuur en stuur seine na die rugmurg en dan na die brein. Dit word dan geprosesseer deur neurone en glia. Seine word dan weer deur motoriese bane gestuur om jou te laat reageer op die pyn. Hierdie sisteem is soortgelyk vir alle mense, maar sensitiwiteit en doeltreffenheid daarvan verskil en dit bepaal hoe jy voel oor pyn en hoe jy dit hanteer. Dis hoekom sekere mense meer pyn beleef as chroniese pyn ontwikkel wat nie reageer op behandeling daarvan nie.
Nie-voorskrif medikasie kan gebruik word vir matige pyn. Ander sterker medikasie en anestetika werk deur die pyn te verminder in pyn sensasie sisteme of deur die versterking van hantering en endorfiene. Ander mense gebruik tegnieke soos joga, meditasie of kognietiewe gedrags terapie.
Blog #12
23 May 2021, 14:25
Stel m.b.v. jou handboek ‘n klassifikasie op van middels wat as antidepressante gebruik word.
Klassifikasie |
Geneesmiddel |
Selektiewe serotonien heropname inhibeerders (SSRI’s) |
Fluoksetien Sertralien Sitalopram Paroksetien Fluvoksamien Esitalopram |
Serotonien noradrenalien heropname inhibeerders (SNRI’s) |
Venlafaksien Desvenlafaksien Duloksetien Levomilnacipran Milnacipran |
Trisikliese antidepressante (TAD’s) |
Sekondêr: Nortriptilien Desimipramien Lofepramien (Amoksapien en Maprotilien is nie TAD’s nie, maar tetrasikliese middels)
Tersiêr: Amitriptillien Imipramien Trimipramien Chloorimipramien Dotiëpien Butriptilien |
5-HT2 reseptor moduleerders |
Trasodoon Nefasodoon Vortioksetien |
Tetrasikliese en unisikliese antidepressante |
Bupropioon Mirtasapien Amoksapien Vilazodoon Maprotilien Mianserien |
Monoamien oksidase inhibeerders (MAOI’s) |
Fenielsien Isokarboksasied Tranielsipromien Selegien Moklobemied |
Selektiewe noradrenalien heropname remmers (NARI’s) |
Reboksetien |
Sirkadiese ritme reguleerders |
Agomelatien |
Met betrekking tot die bestaande middels se werkingsmeganismes, wat het hulle almal in gemeen?
Hierdie middels beoog om die [NA] en [5-HT] (monoamiene) te verhoog by die snetrale sinapse.
Hoe lank neem dit vir hierdie middels se antidepressiewe effekte om te verskyn? Wat is die rede hiervoor?
14-21 dae (of meer), moontllik omdat neurotrofiese faktore 2 of meer weke neem om gesintetiseer te word en die kliniese effekte van antidepressante moontlik verband hou met die effekte daarvan op die neurotrofiese faktore nl BDNF.
Hoe verskil die TAD’e en die selektiewe serotonienheropname remmers (SSRI’s) van mekaar t.o.v.:
- Effektiwiteit:
- Newe-effekte
- Veiligheid
|
TAD’s |
SSRI’s |
Effektiwiteit |
Moet op getitreer word tot die minimum effektiewe dosis |
Kan dadelik met die volle dosis begin |
Newe-effekte |
Anticholinergiese effekte (droeë mond, konstipasie, urien retensie, dowwe visie, verwarring) Ortostatiese hipotensie Sedasie Massa toename Seksuele disfunksie Disritmieë |
SVK steurnisse Seksuele disfunksie Hoofpyn Insomnia en hypersomnia Massa toename Verlaagde libido |
Veiligheid |
TAD oordosis baie gevaarliker as SSRI oordosis TAD oordosis kan die volgende veroorsaak:
|
TAD oordosis baie gevaarliker as SSRI oordosis
|
Hoe werk mirtasepien?
- Blokkeer α2 à dit bevorder NA en 5-HT vrystelling
- Blokkeer 5-HT2A à gee antidepressiewe effejte
- Blokkeer 5-HT3 à angsiolities en verlaag naarheid
- Blokkeer H1 en α1
- Indirekte simulasie van 5-HT1A à gee angsiolitiese effekte
Hoe werk venlafaksien?
Hierdie middel blokkeer beide serotonien en NA heropname, maar is meer potent vir serotonien heropname. Dit verhoog dus die [NA] en [5-HT], omdat dit nie weer opgeneem word nie.
Hoe werk agomenlatien?
- Primêre agonis op MT1 en MT2 en herstel die slaapritmes
- Antagonis op 5-HT2C wat die slaap bevorder en antidepressiewe werking het agv die disinhibisie van DA en NA vrystelling en dus is daar verhoogde DA en NA vrystelling in die frontale korteks.
Blog #13
1 May 2021, 17:40
Bespreek die moontlike werkingsmeganisme van litium.
Litium beïnvloed 2de boodskappersisteme (cAMP, IP3 en DAG) in die adenielsiklase sisteem asook in die fosfolipase sisteem. Dit onderduk ensieme wat verantwoordelik is vir die omskakeling en hersirkulasie van die membraanfosfoinisitiede.
IP3 eb DAG is belangrike 2de boodskappers in monoamine en cholinerge neurotransmissie en hierdie prosesse word dus ook beinvloed.
Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?
0.5 – 1.5 mM. Litium het ‘n baie klein terapeutiese indeks en toksisiteit kan vinnig bereik indien dit nie korrek gemoniteer en beheer word nie.
Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels wat litium gekombineer?
Litium word as monoterapie gebruik vir bipolêre versteuring. Gebruik in kombinasie met Valproaat vir akute maniese fase indien pasiënt nie reageer op net litium nie.
Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê. Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.
- Dehidrasie, diuretika (tiasied diuretikums), NSAIM’s en ACE I’s en fluoksetien verhoog die litium vlakke wat kan lei tot toksisiteitt
- Teensuurmiddels (bv Na-bikarbonaat), teofillien en kaffeïen verhoog renale uitskeiding van Li+ en veroorsaak dus verlaagde effektiwiteit van Li+
- Tradisionele antipsigotiese middels vererger EPS in kombinasie met Li+
Noem die belangrikste newe effekte van litium.
- Tremore, sedasie, ataksie, afasie
- Spierswakheid, moegheid
- Polidipsie (pasiënt baie dors), poliurie, nokturie
- Nefrogene diabetes insipidus
- Tiroïedvergroting
- Leukositoses
- Edeem
- Massatoename met chroniese gebruik
- Aknee en alopesie
- Seksuele disfunksie
Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?
Litium word uitgeskei in borsmelk in relatief hoë konsentrasies en dus word laktasie nie aanbeveel nie. Dit kan toksies wees vir die baba
Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.
- Anti-depressant
- Skisofrenie
- Gemoedstabiliseerders
Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:
Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik:
Camcolit 600mg bd. Plasmavlakke wat na twee weke geneem is, was 0.8mmol/L. Sy het ‘n spierbesering opgedoen en gebruik ook die afgelope 10 dae Indocid R® 75mg n. By verdere navraag meld sy dat sy “vreeslik gewig opgetel” het en nou sommer van haar ma se “waterpille” drink in die hoop dat sy van die ekstra kilo’s ontslae kan raak. Sy kla egter dat sy baie moeg is, sukkel om haar oë in die klas oop te hou, dors bly en voortdurend bewerig en naar voel.
Ek sal aanbeveel dat sy die neem van die watterpille staak, omdat dit ‘n interaksie met die litium toon (die waterpille verhoog ook urien uitskeiding wat dehidrasie kan veroorsaak). Die gebruik van die NSAIM (Indocid) het ook ‘n interaksie met die litium. Hierdie interaksies veroorsaak dat litium vlakke verhoog en toksisiteit voorkom (daarom die newe effekte soos gewigstoename, moegheid, dors, bewerigheid en naarheid).
Blog #11
30 Apr 2021, 12:07
Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil i.t.v. potensie en newe effekte.
- Alifatiese syketting:
- Chloorpromasien
- Lae potensie en het dus min ekstraperimidale steurnisse omdat dit nie so sterk aan D2 reseptore bind nie
- Het newe effekte soos erge sedasie, sterk anticholinergiese effekte, sterk α-litiese effekte bv posturale hipotensie en dis kardiotoksies
- Piperidien syketting:
- Perisiasien
- Dieselfde as alifatiese syketting
- Piperasien syketting:
- Flufenasien, perfenasien, trifluoperasien, perchloorperasien
- Hoë potensie en het dus meer ekstraperimidale steurnisse omdat dit ‘n hoë affiniteit het en sterk bind aan D2 reseptore
- Het swakker anticholinergiese newe effekte, swakker α-litiese effekte, minder sedasie en minder kardiovaskulêre newe effekte
Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?
Die mesolimbiese D2 reseptore.
Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?
Die atipiese middels blokkeer ook D2 soos die tipiese middels, maar blokkeer 5-HT 2A reseptore meer (m.a.w. met ‘n hoër affiniteit) as wat dit die D2 reseptore blokkeer.
Watter reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstraperimidale newe effekte?
Die D2 reseptore.
Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte? Wat is die rede?
Die piperasienderivate, omdat hierdie middels ‘n hoë potensie het. Dit bind dus sterk aan die D2 reseptore en het meer EPS tot gevolg.
A.g.v. watter reseptorblokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte?
Alfa-1 blokkade wat dan sterk alfalitiese effekte soos posturale hipotensie veroorsaak.
Blog #10
9 Apr 2021, 18:29
Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?
- Middels wat dopamien aktiwiteit verhoog (dopamien agoniste)
- Middels wat cholinergiese aktiwiteit verlaag (anticholinergiese middels)
Hoe werk amantadine as antiparkinsonistiese middel?
Amantadien is ‘n indirekwerkende middel wat DA aktiwiteit verhoog.
Dit is ‘n metaffinoiede potensieerder van DA wat die DA vrystelling en -sintese verhoog. Die middel blokkeer ook die heropname van DA en dus word ‘n verskeidenheid meganismes gebruik om DA se effekte te potensieer.
Hierdie middel is ook ‘n NMDA antagonis. NMDA is ‘n ionotropiese reseptor waarop die eksitatoriese aminosuur glutamaat werk. Glutamaat is egter belangrik in die ontstaan van Parkinsonisme en dus gaan die blokkasie van hierdie NMDA reseptore bydra tot antidiskinetiese effekte.
Adenosien inhibeer D2 reseptorfunksie en dus is daar dan minder DA beskikbaar in die brein wat juis die probleem van Parkinsonisme is. Amantadien besit bykomende effekte van adenosien A2 antagonis en dus sal die konsentrasie DA weer verhoog.
Amantadien besit ook antivirale eienskappe.
Bespreek die werkingsmeganisme van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.
- Selektiewe MAO-B inhibeerders: hierdie remmers verhoog die dopamien konsentrasie in die SSS, aangesien MAO-B inhibeer word en metabolisme van dopamien nie kan plaasvind nie
- Sufinamied: Hierdie middel verhoog die dopamien aktiwiteit deur MAO-B te inhibeer (selfde effek as bogenoemde) en deur dopamien heropname te inhibeer. Hierdie middel verlaag ook glutamaat vrystelling
- Instradefillien: Adenosien inhibeer D2 reseptorfunksie en dus is daar dan minder DA beskikbaar in die brein wat juis die probleem van Parkinsonisme is. Hierdie middel is adenosien A2 antagoniste wat dus dan die werking van adenosien teenwerk
Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?
Ergotderivaat = Broomkriptien
Nie-ergotderivaat = Pramipeksool en Ropinirool
Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.
Broomkriptien à D2 reseptore
Pramipeksool à D3 reseptore
Ropinirool à D2 reseptore
Watter van hierdie middels word as neurobeskermende middels geklassifiseer? Wat beteken dit?
Pramipexole. Neurobeskermend beteken hierdie middel gaan die progressive van Parkinson se siekte vertraag. Dit verminder ook die affektiewe simptome bv depressie
Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAOB) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?
Dopamien metabolisme word gerem en sodoende verhoog die dopamien konsentrasie in die SSS.
Hoe werk die COMT remmers in Parkinsonisme?
COMT het nie so groot invloed op DA afbraak nie, maar COMT metaboliseer L-dopa na onaktiewe produk nl. 3-O-metieldopa / 3OMD. V
Verhoogde 3OMD vlakke gee swak terapeutiese respons met L-dopa, agv 3OMD wat kompenteer met L-dopa vir aktiewe transportprosesse
Die COMT remmer verleng die werkingsduur van L-dopa, verminder perifere metabolisme en verbeter biobeskikbaarheid.
Hoe werk Istradefillien?
Istradefillien is ‘n adenosien A2 antagonis en word gebruik as addisionele terapie by L-dopa/karbidopa om af episodes te verminder.
Bespreek die werkingsmeganisme van safnamied.
- Dit verhoog DA aktiwiteit deur:
MAO-B omkeerbaar te inhibeer en DA heropname te inhibeer
- Dit verlaag ook glutamaat vrystelling
Blog #9
2 Apr 2021, 22:07
Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur ‘n LA van die volgende tipes vesels met mekaar?
- Gemiëlineerde vesels met ongemiëlineerde vesels.
Die gemiëlineerde (en kleiner) vesels word makliker geblok as die ongemiëlineerde (en groter) vesels.
- Druk / tassenuwees met die dorsale senuwees wat pynimpulse gelei.
Die dorsale senuwees word vinniger geblok (meer sensitief) en word makliker geblok as die druk / tassenuwees.
Maak ‘n lys met die effekte van LA op ander weefsels.
- Dit is ‘n klas 1 anti-aritmiese middels op die hart
- Op skeletspiere het dit ‘n swak blokkerende effek en dus geen kliniese toepassing nie
- Geestelik verhoog dit die gemoedstoestand (kokaïen)
Waarop berus die keuse van ‘n LA?
- Die tipe prosedure wat gedoen word
- Die tipe weefsel waarop die LA moet werk
- Hoe lank die prosedure gaan neem (dus die werkingsduur van die LA)
Waarom word oplossings van LA soms met CO2 versadig?
CO2 potensiëer die aksie van LA d.m.v.:
- ‘n Direkte onderdrukkende effek van CO2 op die akson
- Konsentreer die LA binne-in die senuweebondel
- Die omskakeling van LA na aktiewe katioon
Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik?
- Bensokaïen
- Kokaïen
- Oksibuprokaïen
Blog #8
2 Apr 2021, 13:58
Stel vir jouself ‘n tabel op waarin jy die belangrikste effekte op elke stelsel (KVS, SSS, respirasie, niere, lewer en uterus) lys, maar ook die uitsonderdings aandui.
Middel |
KVS |
SSS |
Respirasie |
Niere |
Lewer |
Uterus |
Uitsondering |
Halotaan |
¯ bloeddruk
Sensitiseer miokardium vir aritmogene effekte van Katesjolamiene (aanleiding tot aritmieë) |
Vinnige gladde induksie (staium 2 afwesig)
serebrale bloedvloei
intrakraniale druk |
Nie irriterend
Nie speeksel-brongiale sekresie
Nie hoes |
|
Hepatotoksies
Deur lewer gemetaboliseer |
¯ spierkontraksie
Veroorsaak eksterne draaiïng van baba |
Skeletspierverslappende effekte (staium 3), ¯ werking van nie-depolariserende skeletspierverslappers bv suksinielcholien, werking op depolariserende skeletspierverslappers bv atracurium, tubocurarine
Nie dikwels gebruik agv hepatotoksisiteit en nuwer middels |
Enfluraan |
Nie sensitisering van miokardium
Minder BD verlaging as halotaan |
Vinnige gladde induksie |
Meer ¯ as halotaan |
|
|
|
Hoofsaaklik vir die gebruik van instandhouding
Kontra-indikasie met epilepsie (kan konvulsies presenter) |
Isofluraan |
Minder ¯ in BD as halotaan en enfluraan
Nie sensitisering van miokardium |
Vinniger induksie en herstel as halotaan |
Potente onderdrukkende effek
Versterk agv potente skeletspierverslappende effek |
|
|
|
Het eie skeletspierverslappende effek
Wyd gebruik
Nie vir pasiënte wat spontaan moet asemhaal nie |
Desfluraan |
Minder onderdrukking as halotaan en enfluraan |
Nog vinniger induksie en herstel as isofluraan
serebrale bloedvloei en intrakraniale druk |
Skerp reuk
Irriterend op lugweg
Indien gebruik as induksiemiddel veroorsaak hoes, kortasem en laringospasma |
|
|
|
Word verkieslik eers bygevoeg wanneer die pasiënt reeds onder anestesie is |
Sevofluraan |
|
|
Effekte soortgelyk aan die van desfluraan, alhoewel minder irriterend op lugweg |
|
Ondergaan lewer metabolisme en is chemise onstabiel (versigtig by pasiënt met lewersiekte) |
|
Een van die nuwer middels
Gebruik as induksie en instandhouding |
N2O |
|
Swak anestetikum (want MAC > 100)
Potente analgetikum (pynverligting)
Amnesie (geheueverlies) |
Suiwer N2O veroorsaak hipoksie. Meng dus altyd met O2 / lug
Hestelfase vinnig (N2O vinnige diffusie van bloed na alveoli
¯ O2 druk – hipoksie |
|
|
|
Geen skeletspierverslapping
Addisionele middel in anestesie
Enkelmiddel vir kort tandheelkundige prosedures bv ekstraksies |
Noem die belangrikste toksiese effekte van die inhalasiemiddels.
- Hepatotoksisiteit
- Bradikardie
- Hipoksie
- Konvulsies
- Irriterende lugweg
Blog #7
29 Mar 2021, 09:10
Watter anti-epileptiese middels beinvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan? Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?
Fenobarbitoon, fenotoien, karbamasepien, okskarbasepien en topiramaat. Dit veroorsaak die die Pil vinniger gemetaboliseer word en die effektiwiteit deur die bogenoemde geneesmiddels beinvloed word. Dusk an ‘n onbeplande swangerskap voorkom.
Middels wat veilig is om saam met die Pil te gebruik is Valproata, Lamotigien, Gabapentin, Leviterasetam en Vigabatrin (omdat hierdie geneesmiddels nie inmeng met die metabolisme van die Pil nie).
Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beinvloed (vanaf neonate tot by bejaardes)?
Neonate ondergaan ‘n stadiger metabolisme. Hulle moet dus laer dosisse ontvang, omdat hulle metabolisme nog nie ten volle ontwikkel het nie en toksiese vlakke bereik kan word indien dit nie korrek beheer word nie.
Baba’s en kinders het vinniger metabolisme as volwassenes. Dit lyk dus soms of hulle baie hoë dosisse ontvang, maar hierdie dosisse is nodig anders sal hulle subterapeutiese vlakke in die liggaam bereik en sal die geneesmiddel nie effektief wees nie.
Bejaardes het weer ‘n stadiger metabolisme en moet dus laer dosisse ontvang. Die rede hiervoor is om toksisiteit te voorkom, aangesien die middel stadig afgebreek word en daar dus ‘n groter konsentrasie in die liggaam teenwoordig sal wees.
In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?
Tydens die gebruik van:
- Ensiem inhibeerders / induseerders
- Polifarmasie
- Karbamasepien en / Okskarbasepien in kombinasie met MAOI’s
Blog #6
14 Mar 2021, 15:37
Watter moontlike meganismes is tersprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkoholinname?
Die metaboliese tempo van MEOS sisteem word verhoog met die chroniese gebruik van alkohol. Die ensieme word geinduseer en meer alkohol word per tydseenheid afgebreek/gemetaboliseer.
Sentraal senuwee stelsel aanpassings vind plaas. Reseptor subsensitiwiteit bestaan omdat die reseptor probeer kompenseer vir die aanhoudende stimulasie deur die alkohol.
Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewer en lewermetabolisme?
Daar vind progressiewe vermindering in die lewerfunksie plaas en dus verskyn simptome van hepatitis en sirrose. Verlaagde glukoneogenese vind ook plaas en gee aanleiding tot hipoglukemie en vetakkumulasie. Laastens veroorsaak dit verhoogde aktiwiteit van lewermikrosomale ensieme en dit dra by tot die interaksie met ander geneesmiddels.
Wat is Wernicke-Korsakoff-sindroom en hoe word dit behandel?
Die chroniese gebruik van alkohol veroorsaak perifere neuropatie in die SSS wat dan aanleiding gee tot Wernicke-Korsakoff sindroom. Simptome van hierdie sindroom sluit in ataksie (bewegingsteurnis), verwarring en paralise van gesigspiere.
Dit word behandel deur parenterale tiramien om permanente breinskade te voorkom, alhoewel dit nie altyd omkeerbaar is nie.
Wat is die fetale alkoholsindroom? Verduidelik volledig.
Dis ‘n sindroom wat ontstaan wanneer ‘n vrou tydens haar swangerskap alkohol chronies gebruik. Alkohol tydens swangerskap gee teratogeniese effekte agv die alkohol wat in die ma se bloed na die baba beweeg via die naelstring. ‘n Baba se organe is nog nie sterk genoeg om die alkohol te prosesseer nie en moet hulle ontwikkeling onderbreek om dit te probeer doen.
Hierdie effekte word veral waargeneem in sulke baba’s as verstandelike vertraging, groei gebreke, mikrokefalie (hulle brein is kleiner as normaal) en karakteristieke onderontwikkeling van middelste gesigarea. Hierdie sindroom is onomkeerbaar.
Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chronies alkoholgebruik?
Akute à Dit onderdruk metabolisme en veroorsaak dus verlaagde afbraak in middels soos fenotiasiene, TAD’e en sedatief hipnotika
Chroniese à Dit verhoog die metabolisme van geneesmiddels soos parasetamol
Noem 4 geneesmiddelinteraksies met alkohol waar die farmakologiese effekte van die ander middels deur alkohol gepotensieer word.
- Vasodilatore
- Aspirien se antikleefbaarheidseffekte
- Middels wat SSS onderdrukking veroorsaak
- Parasetamol
Blog #5
6 Mar 2021, 20:03
Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam? Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.
Etanol ondergaan zero-orde kinetika in die liggaam. Dit beteken dat daar ‘n beperkte hoeveelheid van die ko-ensiem nl. NAD beskikbaar is en dat alkohol in die liggaam teen ‘n konstante tempo gemetaboliseer sal word, ongeag die hoeveelheid wat ingeneem word. Indien hoër konsentrasies alkohol ingeneem word, sal die NAD versadig word en effekte van die alkohol sal waargeneem kan word.
Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanolmetabolisme.
- Alkoholdehirogenase
Hierdie sisteem is primêr verantwoordelik vir die metabolisme van alkohol in die liggaam. Lae en magtige hoeveelhede alkohol word hier gemetaboliseer. A.g.v. die beperkte hoeveelheid NAD, tree zero-orde kinetika in en is die tempo van afbraak konstant (7-10 g/h), ongeag die hoeveelheid alkohol ingeneem.
- MEOS (gemengde funksie oksidasie sisteem)
Hierdie sisteem metaboliseer hoër konsentrasies alkohol. Die aktiwiteit van MEOS word verhoog deur chroniese alkohol gebruik. Dis die rede hoekom toleransie teen alkohol ontwikkel kan word.
Die eindproduk by beide sisteme is asetaldehied.
Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beinvloed en wat is die effekte daarvan?
- Disulfiram
- Metronidasool
- Hipoglisemiese geneesmiddles
- Kefalosporiene
Hierdie geneesmiddels rem die aktiwiteit van aldehieddehidrogenase. Dit veroorsaak dat asetaldehied nie gemetaboliseer word na asetaat toe nie, maar dat die asetaldehied akkumuleer in die liggaam wat simptome soos naarheid, braking, hoofpyn en gloede / blosings veroorsaak.