Content begins here
CHARISSA SCHUTTE
BLOG #14 Stimulante
19 Jun 2021, 19:49
Die stimulante word spesifiek vir ADHD pasiente voorgeskryf. Indien dit buite die indikasie gebruik word, is die pasiente nie altyd bewus van di kontraindikasies nie. Dit is belangrik om nie die middels te gebruik in pasiente met hipertensie, epilepsie of ‘n geskiedenis van middelafhanklikheid of alkolisme nie. Pasiente moet ook gereeld gemoniteer word indien die middels gebruik word. Kinders vir groeimonitering en volwassenes vir middelmisbruik en ander newe-effekte wat daarmee gepaard kan gaan. Newe effekte kan die volgende insluit: hoofpyn, duiseligheid, sedasie, tagikardie, palpitasies, arritmiee, droee mond, ens. Medikasie wat misbruik word en resulteer in stimulant oordosering kan nagevolge soos psigose, konvulsies en kardiovaskulere effekte inhou. So kan ‘n hipertensiepasient byvoorbeeld in ‘n baie gevaarlike situasie opeindig met geneesmiddelmisbruik in sy/haar onderliggende toestand. Dit kan dan resulteer in ‘n kardiale episode.
Studente wat stimulante gebruik of misbruik tydens studering, het soms nie voorskrifte vir die medikasie nie en koop dit by ander studente. Doserings word individueel bepaal en een student sal waarskynlik nie dieselfde dosering vereis of kan hanteer as sy vriend nie. Soms word middels ook nie gebruik soos dit moet nie en veelvuldige doserings word op ‘n dag geneem wat lei tot oordosering en toksiiteit. Die middels word spesifiek in eksamen misbruik en word dan skielik gestaak wanneer toetse verby is. Dit kan onttrekkingsimptome veroorsaak.
Baie mense wat die middels oorkoop, neem die die middel korrek nie. ‘n SR (slow release) kapsule is spesifiek geformuleer in lae wat stelselmatig gemetaboliseer word vir ‘n langdurige effek. Daarom kan die middels in ‘n hoe dosis gegee word. Sommige studente sny die kapsules in die helfte en deel dit met ‘n vriend sonder om die nagevolge raak te sien. Ander studente of selfs volwassenes sny die kapsule oop en snuif die poeier wat kan lei tot ‘n euforiese effek.
BLOG #13 - Pyn lesing
19 Jun 2021, 19:31
Pyn word gedefinieer as 'n onaangename, subjektiewe sensoriese en emosionele ervaring wat verband hou met werklike Of potensiële weefselskade. Pyn word verder verdeel in akute (nociceptive) en neuropatiese (chroniese) pyn. Akute pyn word veroorsaak deur stimulasie van nociceptive reseptore en word aangedryf deur middel van ongelaaide senuweebane, terwyl chroniese pyn dikwels gepaard gaan met neurale oorgevoeligheid as gevolg van skade aan neurale strukture. Akute pyn reageer dikwels goed op die opioïede, terwyl chroniese pyn dikwels sleg reageer op hierdie middels, wat hoër dosisse benodig. In kliniese situasies, kan pyn nie willekeurig gestop word nie, en die betekenis van die sensasie en die mate van ongemak oorsake word grootliks beïnvloed deur die individu se vorige ervarings en die huidige verwagtinge.
Mense ervaar pyn verskillend omdat elke persoon se sensitiwiteit vir hierdie reseptore verskil. Faktore wat sensitiwiteit verskille kan veroorsaak sluit in vorige ervarings met pyn, geneesmiddelmisbruik, emosionele toestand, ens.
Medikasie vir pyn word in beide vorme van pyn toegedien volgens die WGO se trappe. Matige pyn word behandel met nie-opioiede en soos mens by die trappe op beweeg word swak opioiede en dan sterk opioede bygevoeg.
Blog #14
2 Jun 2021, 15:02
- Watter verskillende groepe hallusinogeniese middels is bekend?
- Fensiklidien
- LSD
- Psilosibien
- Mescaline
- Scopolamine
- Ketamine
- Noem ‘n paar tipiese effekte van die hallusinogeniese middels en beskryf die kliniese beeld van ‘n pasiënt wat dit ingeneem het?
Psigoses algemeen, belemmerde oordeelsvermoë lei tot roekelose gedrag (voel hul kan bv. ‘n leeu aanvat)
Psigedeliese, “mind revealing” effekte
Ook somatiese effekte:
naarheid, swakheid, parestesieë
Paniekreaksies, “bad trips” (terugval na die effekte jare nadat hy die middels geneem het)
- Hoe word ‘n oordosis met LSD hanteer?
Oordosis: Nistagmus (onwillekeurige ritmiese beweging van oë, stadig in een rigting, vinnig na ander), erge hipertensie, konvulsies, mag fataal wees.
Behandeling na oordosis: Bensodiasepiene en selfs antipsigotikums
- Hoe word ‘n oordosis anticholinergiese middels hanteer?
- Bensodiazepines vir agitasie
- IV vloeistof in die geval van hipotensie
- Binne 1 uur na oordosis: geaktiveerde koolstof
Blog #13
2 Jun 2021, 13:59
Blog#13
Antwoord die volgende vir jou blog-opsomming:
- Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium.
- Inhibeer verskeie ensieme betrokke by herwinning van neuronale membraan fosfolipiede.
- Die werking resulteer in uitputting van 2de boodskapper bron, fosfatidielinositol bufosfaat (PIP2), wat dan die generering van inositol trifosfaat (IP3) en digliserol (DAG) laat afneem.
- Die tweede boodskappers is belangrik in amien neurotransmisie.
- Inhibeer glycogen synthase kinase3
- Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?
0.5 – 1.5 mM.
Litium se klein terapeutiese indeks beteken dan toksisiteit vinnig bereik sal word indien dit onsuksesvol gemonitor word.
- Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?
Litium word as monoterapie gebruik vir bipolêre versteuring.
Litium word vir akute maniese versteuring gebruik in kombinasie met Valproaat indien die pasiënt nie reageer op net litium nie. Dit kan ook in kombinasie met ‘n antipsigotikum gebruik word in behandeling vir schizofrenie.
- Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê. Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.
Dehidrasie, diuretika (tiasied diuretikums), NSAIM’s (bv. diclofenac) en ACE inhibeerders en fluoksetien verhoog die litium vlakke wat kan lei tot toksisiteitt
Teensuurmiddels (bv Na-bikarbonaat), teofillien en kaffeïen verhoog renale uitskeiding van Li+ en veroorsaak dus verlaagde effektiwiteit van Li+
Tradisionele antipsigotiese middels soos chlorpromazine vererger EPS in kombinasie met Li+
- Noem die belangrikste newe-effekte van litium.
- Neurologiese en psigiatriese neweeffekte soos tremore
- Verlaag tiroiedfunksie
- Nefrogeniese diabetes insipidus en ander renale neweeffekte
- Edeem
- Kardiale effekte soos bradikardietagikardie sindroom
- Ander soos transient acneiform
- Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?
Litium word in hoe konsentrasies in die borsmelk uitgeskei en is dus onveilig tydens laktasie. Dit kan ook risiko’s inhou vir beide die moeder en baba indien toegedien tydens swangerskap.
- Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.
- Bipolere versteuring
- Recurrent depression
- Schizoaffektiewe versteuring
- Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:
Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik:
Camcolit 600mg bd. Plasmavlakke wat na twee weke geneem is, was 0.8mmol/L. Sy het ‘n spierbesering opgedoen en gebruik ook die afgelope 10 dae Indocid R® 75mg n. By verdere navraag meld sy dat sy “vreeslik gewig opgetel” het en nou sommer van haar ma se “waterpille” drink in die hoop dat sy van die ekstra kilo’s ontslae kan raak. Sy kla egter dat sy baie moeg is, sukkel om haar oë in die klas oop te hou, dors bly en voortdurend bewerig en naar voel.
Indocid is ‘n NSAID en kan dus, wanneer gepaard met Litium (Camcolit), die litiumvlakke verhoog en lei tot toksisiteit. Dit verduidelik die massatoename en moegheid wat sy ervaar. Dit is dus ‘n nagevolg van litiumtoksisiteit. Deur die “waterpil” by te voeg sal die Litiumvlakke net nog meer verhoog, aangesien diuretika gekombineer met Litiumsoute so effek het.
Daqarom moet sy onmiddellik die diuretika en NSAID’s los.
Blog #12
28 May 2021, 10:43
- Stel m.b.v. jou handboeke ‘n klassifikasie op van die middels wat as antidepressante gebruik word.
|
KLAS ANTIDEPRESSANT |
GENEESMIDDELS |
1. |
TRISIKLIESE ANTIDEPRESSANTE |
Tersier:
Sekonder:
|
2. |
MONOAMIEN OKSIDASE INHIBEERDERS |
|
3. |
SELEKTIEWE SEROTONIEN HERONAME INHIBEERDERS |
|
4. |
SEROTONIEN EN NOREPINEFRIEN HEROPNAME INHIBEERDERS |
|
5. |
SELETIEWE NOREPINEFRIEN HEROPNAME INHIBEERDERS |
|
6. |
TETRASIKLIESE EN UNISIKLIESE ANTIDEPRESSANTE |
Tetrasiklies:
Unisiklies:
|
7. |
SEROTONIEN 2A RESEPTOR MODULEERDERS |
|
8. |
SIRKADIESE RITME REGULEERDERS |
|
- Met betrekking tot die bestaande middels se werkingsmeganismes, wat het hulle almal in gemeen?
Verhoog serotonien en noradrenalien.
- Hoe lank neem dit vir hierdie middels se antidepressiewe effekte om te verskyn? Wat is die rede hiervoor?
Dit kan ‘n aantal weke neem, van 2-3 weke. Dit het ‘n stadige aanvang van werking vir die kliniese effek om te verskyn, hoewel skute veranderinge in amiene in die brein binne ure verskyn. Veelvuldige multipotente werking op baie monoaminergiese reseptore agv nie-spesifiekeverhoging in 5-HT en NA.
- Hoe verskil die TAD’e en die selektiewe serotonienheropname remmers (SSRI’s) van mekaar t.o.v.:
- Effektiwiteit
Gaan langer neem, aangesien TAD’s tot die minimum effektiewe dosis optitreer moet word, waar SSRI’s dadelik met die volle dosis kan begin.
- Newe-effekte
SSRI’s het ‘n beter newe-effek profiel as TAD’s
- Veiligheid
TAD’s is kardiotoksies en ‘n oordosis is baie gevaarlik, selfs dodelik. SSRI’s kan onttrekkingsimptome veroorsaak, maar is nie lewensbedreigend nie.
- Hoe werk mirtasepien?
Blok die inhibitoriese α2 reseptore. Dit verhoog vrystelling van NA (outoreseptore) en 5-HT(heteroreseptore).
Indirekte stimulasie van 5-HT1A: angsiolities
Blokkeer 5-HT3: angsiolities en anti-emeties
Blokkeer 5-HT2A: antidepressiewe effekte
- Hoe werk venlafaksien?
Blok die 5-HT en NA heropname (met n hoër affiniteit vir 5-HT) en daarom sal serotonien (5-HT) konsentrasie asook Noradrenalien(NA) konsentrasie verhoog as dit nie heropgeneem word nie.
- Hoe werk agomelatien?
MT1 agonis en MT2 agonis- Herstel abnormale slaapbioritmes.
5-HT2c antagonis: Disinhibisie van Dopamien(DA) en Noradrenalien(NA) vrystelling in FK (verhoog DA en NA vrystelling) -Bevorder slaap en het antidepressiewe werking
Blog #11
7 May 2021, 13:58
- Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?
- Alikfatiese syketting:
- bv. chlorpromazine.
- Laagste potensie
- Neweeffekte: erge sedasie, sterk anti-cholinergiese effekte, posturale hipotensie, kardiotoksies
- Meer extra pyrimidial side effects (EPS)
- Piperidine syketting:
- Bv. thioridazine
- Baie lae potensie
- Erge sedasie
- Posturale hipotensie
- Kardiotoksies
- Piperazine syketting:
- Bv. fluphenazine, perphenazine, trifluoperazine en prochlorperazine
- Meer potent
- Meer EPS
- Swakker anticholinergiese effekte
- Swakker alfalitiese effekte
- Laer sedasie
- Minder KV neweeffekte
- Alikfatiese syketting:
- Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?
-
- D2 reseptore
-
- Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?
Die tipiese middels blokkeer mesolimbiese D2 reseptore, waar die atipiese middels die 5-HT2A reseptore eerder blokkeer
- Watter van die reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstrapiramidale newe effekte?
D2 reseptor
- Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte? Wat is die rede?
Piperazine middels. Die middels bind sterker aan die D2 reseptor. Dus is dit nie nodig om ‘n groot hoeveelheid van die middel toe te dien vir terapeutiese effek nie. Het ‘n hoe affiniteit vir D2 reseptore.
- A.g.v. watter reseptorblokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte?
Die alpha – 1 reseptorblokkade, omdat dit alpha reseptore blokkeer. Hierdie newe – effekte sluit onder andere in: posturale hipotensie, ejakulasie impotensie deur CPZ, Droperidol en Chloorpromasien.
Blog #10
7 May 2021, 13:41
- Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?
- Middels wat dopmienaktiwiteit verhoog of herstel
- Middels wat cholinergiese aktiwiteit laat afneem
- Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?
- Metaffinoiede potentieerder van DA
- Verhoog DA vrystelling
- Verhoog DA suntese
- Blok heropname van DA
- NMDA antagonis (antidiskinetiese effekte)
- Adenosine A2a Antagonis
- Adenosien inhibeer D2 reseptore. Deur die blokkering van die adenosien reseptor, verbeter D2 funksie
- Antiviraal
- Metaffinoiede potentieerder van DA
- Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.
Amantadien:
Metaffinoïede potensieerder van DA
↑ vrystelling van DA
↑ sintese van DA
Blokkeer heropname van DA
Selektiewe MAO-B remmers:
MAO B voorkeur vir DA as substraat
↑ DA konsentrasie in SSS
Safinamied:
↑ DA aktiwiteit
Inhibisie van DA heropname
- Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?
Slegs bromcriptine is ‘n ergot derivaat.
Nie ergot derivate nie: Pramipexole, Ropinorole & Rotigine
- Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.
D3 reseptor: Pramipexole
D2 agonist: Bromocriptine; Ropinorole
D1 reseptor: Rotigotine
D1 and D2 reseptor: Pergolide
- Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer? Wat beteken dit?
-
- Pramipexole
- Rasagiline
-
Dit beteken dat die middel senuwee beskerm teen degerering en skade.
- Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?
MOA-B veroorsaak die metabolisme van DA. Deur die inhibering van MOA-B, word DA metabolisme voorkom, die DA konsentrasie in die SSS neem toe en lei tot simptomatiese behandeling van Parkinsonisme.
- Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?
Dit metaboliseer L-dopa na 3OMD. Verhoogde plasmavlakke van 3OMD lei tot swak terapetiese response met L-dopa (3OMD kompeteer met L-dopa vir aktiewe transport)
- Hoe werk Istradefilien?
Antagonistiese effek of adenosien wat dan voorkom dat adenosien die dopamien funksie inhibeer.
- Bespreek die werkingsmeganisme van safinamied
2 hoof aksies word verrig deur die middel, nl. Verhoging van dopamien aktiwiteit en afname in glutamaat vrystelling. Die verhoging in DA aktiwiteit vind plaas deur die omkeurbare inihbering van MOA-B en die inhibering van DA opname.
Blog #9
7 May 2021, 11:49
BLOG #9
- Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur ‘n LA van die volgende tipes vesels met mekaar?
- Gemiëlineerde vesels met ongemiëlineerde vesels.
Kleiner gemielineerde vesels word makliker geblok as groter en ongemielineerde vesels.
-
- Druk / tassenuwees met die dorsale senuwees wat pynimpulse gelei.
Dorsale senuwees word makliker en vinniger geblok as druk/tassenuwees.
- Maak ‘n lys met die effekte van LA op ander weefsels.
-
- Hart: Klas I anti-arritmiese middels.
- Skeletspiere: LA’s en baie swak blokkering en word dus nie vir kliniese toepassing gebruik nie.
- Kokaiene: verbeter gemoed en beinvloed sentrale katesjolamien gemedieerde neurotransmissie.
-
- Waarop berus die keuse van ‘n LA?
-
- Die prosedure waarvoor dit gebruik moet word.
- Die tipe weefsel waarop dit ‘n effek moet he.
- Die werkingsduur wat benodig word.
-
- Waarom word oplossings van LA soms met CO2 versadig?
CO2 potensiëer die aksie van LA deur die volgende:
- ‘n Direkte onderdrukkende effek van CO2 op die akson
- Konsentreer die LA binne-in die senuweebondel
- Die omskakeling van LA na aktiewe katioon
- Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik?
-
-
- Bensocaine
- Oxibuprocaine
- Cocaine
-
-
Blog #8
6 May 2021, 11:35
BLOG #8
- Stel vir jouself ‘n tabel op waarin jy die belangrikste effekte op elke stelsel (KVS, SSS, respirasie, niere, lewer en uterus) lys, maar ook die uitsonderings aandui. Die tabel is belangrik as jy by die keuse van middels kom.
Drug |
Effect on different systems in the body |
Halothane (1st series standard) |
CNS Fast smooth muscle induction, stage II present. ↑ cerebral blood flow and ↑ intracranial pressure. Cardiovascular system ↓BP, Sensitizes myocardium for arrhythmogenic effects of catecholamines Bradycardia (↓Heart Rate) Respiratory system No saliva, Bronchial secretions, or cough. Uterus ↓ muscle contractions Halothane was commonly used to promote the external twisting of the baby. If the baby is not in the correct position in the birth canal then they would turn the baby externally. Liver Hepatotoxic (rare & unpredictable). Be careful in pt’s with liver cirrhosis, and decreased liver functioning. |
Enflurane |
CNS Fast, smooth induction convulsions. CI in elpileptic pts. Cardiovascular system No sensitisation of the myocardium. Less oppressive than Halothane. Respiratory system More suppressive than Halothane. |
Isoflurane |
CNS Faster induction & recovery than Halothane Cardiovascular system Less oppressive than Halothane No sensitization of myocardium Respiratory system MOST POTENT RESPIRATORY DEPRESSOR. Potent ↓ effect Skeletal muscle relaxing effects |
Desflurane |
CNS Faster induction & recovery than Isoflurane ↑ Intracranial pressure ↑ cerebral blood flow Cardiovascular effects Less suppressive effect than Halothane & Enflurane Respiratory system Potent smell Irritating in airways If used as inducing agent, it causes a cough, SOB and laryngospasm |
Sevoflurane |
Effects similar to Desflurane, less irritation of airways. Potentiate the effects of the non-depolarising muscle relaxants like the other halogenated ethers. Undergoes liver metabolism & chemically unstable. *Caution in pts with reduced/ compromised liver function. |
Nitrous Oxide (N2O) *Inorganic gas |
CNS Weak anesthetic, potent analgesic, amnesia Cardiovascular system No effect Respiratory system Pure N2O causes hypoxia. Must always be mixed with O2 or air. Recovery phase: N2O fast diffusion from the blood to the alveoli and is expired outside, ↓ O2 pressure = hypoxia No skeletal muscle relaxing effects |
- Noem die belangrikste toksiese effekte van die inhalasiemiddels.
1. Nephrotoxicity
2. Hematoxicity
3. Malignant hypernatremia
4. Hepatotoxicity
Brand, L. 2021. General Anesthetics. Study Unit 5 [PowerPoint Presentation]. Unpublished Lecture Notes on eFundi. FKLG 312. Potchefstroom:NWU
Blog #7
2 Apr 2021, 11:21
BLOG #7
- Watter anti-epileptiese middels beïnvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan? Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?
Middels wat die kontrasepsie pil se metabolisme beinvloed:
- Fenobarbitoon
- Karbamasepien
- Fenotoien
- Okskarbasepien
- Topiramaat
- Perampenel
Die implikasies:
Die medikasie verlaag die pil se effektiwiteit wat kan veroorsaak dat ongewensde swangerskap voorkom, sowel as teratogeniese effekte.
Middels wat veilig is om saam met die pil te gee:
- Valproaat
- Lamotrigine
- Vigabatrin
- Gabapentin
- Leviteracetam
- Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beïnvloed (vanaf neonate tot by bejaardes)?
- Neonate het ‘n stadige metabolisme, dosisse moet dus laer wees.
- Babas en kinders se metabolisme is vinniger as volwassenes, dus verhoog dosisse.
- Geriatriese pasiente het stadige metbolismes en verlaagde renale funksie, dus sal laer dosisse toegedien word.
- In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?
Waar proteien binding plaasvind.