Content begins here

Blogs

Help Opens in a new window

JOHAN KRUGER

Default profile image
----------

Blog #13

08 Jun 2021, 22:06 Publicly Viewable

Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium.

Beïnvloed cAMP, IP3 en DAG tweede boodskapper sisteme, laasgenoemde deur verlaging van verskeie ensieme wat belangrik is in die omskakeling en hersirkulering van membraanfosfoinositiede. IP3 en DAG is belangrik in monoamine en cholinergiese neurotransmissie

Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?

0.5-1.5mM

Die terapeutiese indeks is klein, dus kan toksisiteit maklik voorkom met verkeerdelike dosering

Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?

Enkelmiddel à Vir die profilakse vir maniese en hipomaniese episodes

Kombinasie à Met Valproaat by akute maniese fases as die pasiënt nie op litium alleen reageer nie

Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê.  Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde

Neurotoksies à wanneer in kombinasie met karbamasepien, kalsiumkanaal blokkers, metieldopa en fenitoïen

Verhoogde renale uitskeiding à teensuurmiddels, teofillien en kaffeïen

Verhoogde EPS à wanneer in kombinasie met tradisionele APM’s

Noem die belangrikste newe-effekte van litium.

Tremore, sedasie, ataksie, afasie, spierswakheid, moegheid, polidipsie, poliurie, nokturie,nefrogene diabetes insipidus, tiroïed vergroting, leokositose, edeem, massatoename, aknee, alopesia en seksuele disfunksie is almal newe-effekte van litium.

Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?

Litium toksisiteit kan kardiovaskulêre abnormaliteite in die baba veroorsaak

Hoë konsentrasies litium in borsmelk kan toksies wees vir die baba, dus word borsvoeding nie aanbeveel nie

Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.

Skisofrenie, gemoedstabiliseerder en anti-depressant

Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:

Die diuretikum het ‘n interaksie met die litium en moet gestaak word. Die diuretikum kan ook dehidrasie veroorsaak omdat dit die urinêre uitskeiding verhoog. Die interaksie met litium kan veroorsaak dat die litiumvlakke verhoog en kan tot litium toksisiteit lei end it veroorsaak haar gewigstoename, moegheid, dors, bewerigheid en naarheid.

Blog #12

08 Jun 2021, 22:06 Publicly Viewable

Stel m.b.v. jou handboeke ‘n klassifikasie op van die middels wat as antidepressante gebruik word.

Klassifikasie

Geneesmiddel

SSRI

Sitalopram, Sertralien, Esitalopram, Fluvoksamien, Paroksetien, Fluoksetien

SNRI

Duloksetien, Venlafaksien, Desvenlafaksien

TAD

Sekondêr à Nortriptilien, Desimipramien, Lofepramien

Tersiêr à Amitriptilien, Imipramien, Trimipramien, Chloorimipramien, Dotiëpien

Tetra en unisikliese AD’s

Bupropioon, Mirtasepien, Amoksepien, Mianserien, Maprotilien, Vilasodoon

MAOI’s

Fenielsien, Moklobemied, Tranielsipromien, Isokarboksasies, Selegilien

5-HT reseptor moduleerders

Trasodoon, Vortioksetien, Nefasodoon

Sirkadiese ritme reguleerders

Agomelatien

NARI’s

Reboksetien

Met betrekking tot die bestaande middels se werkingsmeganismes, wat het hulle almal in gemeen?

Die middels verhoog NA en 5-HT konsentrasies

Hoe lank neem dit vir hierdie middels se antidepressiewe effekte om te verskyn?  Wat is die rede hiervoor?

14-21 dae or meer, die rede hiervoor kan toegeskryf word aan die 2 weke wat nodig is om neurotrofiese faktore te sintetiseer en die kliniese effekte van AD hou verband met die BDNF.

Hoe verskil die TAD’e en die selektiewe serotonienheropname remmers (SSRI’s) van mekaar t.o.v.:

Effektiwiteit

Newe-effekte

Veiligheid

TAD’s se dosis moet opgetitreer word tot by die minimum effektiewe dosis en die SSRI’s kan dadelik met die volle dosis toegedien word

TAD’s: anticholinergiese effekte soos droeë mond, konstipasie, urienretensie, dowwe visie en verwarring; ortostatiese hipotensie; sedasie; massa toename; seksuele disfunksie; disritmieë.

SSRI’s: spysverteringskanaal steurnisse; seksuele disfunksie; hoofpyn; insomnia en hypersomnia; massatoename; verlaagde libido

TAD oordosis kan kardiotoksisiteit, bloeddrukveranderinge, anticholinergiese effekte en konvulsies veroorsaak

TAD oordosis is gevaarliker as SSRI oordosis

Hoe werk mirtasepien?

Blokkeer α2, dit bevorder NA en 5-HT vrystelling. Dit blokkeer 5-HT2A en 5-HT3 en het dus antidepressante en angsiolitiese effekte. Dit blokkeer ook H1 en α1

Hoe werk venlafaksien?

Dit blokkeer 5-HT en NA heropname, maar is meer potent vir 5-HT as vir NA. Dit het ook lae affiniteit vir H1 en M1 reseptore. Dis ook ‘n swak dopamien heropname inhibeerder.

Hoe werk agomelatien?

Primêre agonis op MT1 en MT2 en herstel die slaapritmes. Antagonis op 5-HT2C wat slaap bevorder en antidepressief is a.g.v. die disnhibisie van DA en NA vrystelling in die frontale korteks.

Blog #11

08 Jun 2021, 22:05 Publicly Viewable

Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?

Alifatiese syketting à chloorpromasien

Piperidien syketting à perisiasien

Piperasien syketting à flufenasien

Alifatiese en Piperidien syketting het dieselfde eienskappe. Albei het lae potensie, min ekstrapiramidale effekte, sterk anticholinergiese effekte, dit kan kardiotoksies wees en dit kan erge sedasie veroorsaak.

Piperasien sykettings het hoër potensie, meer ekstrapiramidale effekte, minder anticholinergiese effekte, minder kardiotoksiese effekte en veroorsaak minder sedasie

Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?

D2 reseptore in die mesolimbiese baan

Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?

Tipies à multipotente antagoniste wat mesolimbiese D2 reseptore blokkeer

Atipies à multipotente antagoniste met hoër affiniteit vir 5-HT2A reseptore as vir D2

Watter van die reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstrapiramidale newe effekte?

Blokkering van D2 reseptore

Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte?  Wat is die rede?

Piperasienderivate, a.g.v. hul hoë potensie en hoë affiniteit vir D2 reseptore.

Hoë potensie à minder EPS

A.g.v. watter reseptorblokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte?

Alfa-1 blokkade à sterk alifatiese effekte

Blog #10

08 Jun 2021, 22:05 Publicly Viewable

Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?

Dopamien agoniste en anticholinergiese middels

Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?

Amantadien is ‘n metaffinoïede potensieerder van dopamien. Dit verhoog die vrystelling daarvan deur die sintese te verhoog en ook die heropname te blok. Dit is ook ‘n adenosien A2 antagonis en ‘n NMDA antagonis.

Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.

Rasagilien à selektiewe MAO-B inhibeerder, wat dopamien metabolisme inhibeer en die dopamien konsentrasies verhoog

Amantadien à verhoog dopamiensintese

Entakapoon à verhoog die dopamien deur die COMT te blok wat L-dopa metaboliseer na 3-O-metieldopa. 3-O-metieldopa kompeteer met L-dopa vir aktiewe transportprosesse. Meer L-dopa is dan beskikbaar wat omgeskakel word na dopamien

Safinamied à verhoog dopamien aktiwiteit deur die potente omkeerbare inhibisie van MOA-B en die inhibering van dopamien heropname wat dus dopamien se konsentrasie verhoog. Dit verminder ook glutamaat se vrystelling

Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?

Ergotderivate = broomkriptien

Nie-ergotderivate = pramipeksool en ropinirool

Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.

D2 reseptore à broomkriptien en ropinirool

D3 reseptore à pramipeksool

Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer?  Wat beteken dit?

Rasagilien en Seleginien

Hierdie middels verlaag die progressie van die siekte, deur die voorkoming van dopamien neurone se degenerasie

Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?

MAO-B metaboliseer selektief dopamien. As MAO-B ensieme geinhibeer word sal die dopamien konsentrasies verhoog en die parkinsonisme sal verbeter

Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?

KOMT remmers verleng die werking van L-dopa deur dopamien se perifere metabolisme te verminder en die biobeskikbaarheid te verhoog. Dit inhibeer ook die vorming van 3-O-metieldopa wat vanaf L-dopa gemetaboliseer word

Hoe werk Istradefilien?

Istradefilien is ‘n adenosine A2a antagonis – adenosine inhibeer D2 funksie

Bespreek die werkingsmeganisme van safinamied

Verhoog dopamien aktiwiteit à potente omkeerbare inhibisie van MAO-B, en inhibisie van DA heropname

Velaag glutamaat vrystelling

Blog #9

08 Jun 2021, 22:04 Publicly Viewable

Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur ‘n LA van die volgende tipes vesels met mekaar?

Gemiëlineerde vesels met ongemiëlineerde vesels

Gemiëlineerde vesels is kleiner en word makliker geblok as die ongemiëlineerde vesels

Druk / tassenuwees met die dorsale senuwees wat pynimpulse gelei

Die dorsale senuwees is meer sensitief en word makliker en vinniger geblok as die druk/tassenuwees.

Maak ‘n lys met die effekte van LA op ander weefsels

Hart – klas 1 anti-aritmies

Skeletspier – geen kliniese toepassing. Het ‘n swak blokkerende effek

Verhoogde gemoedstoestand word deur kokaïen geinduseer

Waarop berus die keuse van ‘n LA?

à Tipe prosedure

à Duur van die prosedure

à Tipe weefsel

Waarom word oplossings van LA soms met CO2 versadig?

CO2 tree op as ‘n buffer vir die LA, en potensieer die effekte daarvan, d.m.v. direkte onderdrukking op die aksone van die CO2. Verminder pyn en aanvang van werking is vinniger

Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik?

à Kokaïen

à Bensokaïen

à Oksibuprokaïen

Blog #8

08 Jun 2021, 22:04 Publicly Viewable

Stel vir jouself ‘n tabel op waarin jy die belangrikste effekte op elke stelsel (KVS, SSS, respirasie, niere, lewer en uterus) lys, maar ook die uitsonderings aandui.  Die tabel is belangrik as jy by die keuse van middels kom.

N2O

Halotaan

Enfluraan

Isofluraan

Desfluraan

Sevofluraan

KVS

MAC>100, dus is dit ń swakker anestetikum

Potente analgetikum

Veroorsaak amnesie

↓ bloeddruk

Sensitiseer miokardium vir aritmogene effekte van katesjolamiene

Vinnige gladdespier induksie.

Minder ↓ in bloeddruk

Geen sensitisasie van die miokardium nie

Minder bloeddruk ↓ as enflurane en halotaan

Geen sensitisasie van miokardium nie

Minder ↓ van bloeddruk as enflurane en halotaan

Minder ↓ in bloeddruk

SSS

Vinnige herstelfase: vinnige diffusie van bloed na alveoli

Veroorsaak hipoksie as nie met O2 of lug gemeng word nie

Vinnige gladde induksie

↑ intrakraniale induksie

Kan konvulsies veroorsaak

Vinniger induksie en herstel as halotaan

Vinniger induksie en herstel as isofluraan

↑ serebrale bloedvloei en intrakraniale druk

Vinnige induksie en herstel

Soortgelyk aan desfluraan

Respiratories

Nie irriterend nie

Meer ↓ as halotaan

Potente onderdrukkende effekte

Versterk agv potente skeletspierverslappende effekte

Skerp reuk

Irriterend in lugweg

Veroorsaak hoes, kortasem en laringospasma as dit as induksiemiddel gebruik word.

Minder irriterend in lugweg

Niere & lewer

Deur lewer gemetaboliseer

Kan hepatotoksies wees

Ondergaan lewermetabolisme

Is chemies onstabiel

Uterus

↓ spierkontraksies

Eksterne draaiing van die baba

Uitsonderings

Addisioneel in anestesie

Geen skeletspierverslapping

Enkelmiddel in kort tanheelkundige prosedures

Kan konvulsies veroorsaak

Meestal vir instandhouding gebruik

Vermy by pasiënte met asemhalingsprobleme

Wyd gebruik

Eers bygevoeg as pasiënt reeds onder anestesie is.

Skeletspierverslappende effekte

Gebruik as induksie en instandhoudingsmiddel

Nuwer middel

Noem die belangrikste toksiese effekte van die inhalasiemiddels.

Hepatotoksisiteit, neurotoksisiteit, hipertermie, repsiratoriese onderdukking, nefrotoksisiteit, arritmie en postoperatiewe naarheid en braking

Blog #7

08 Jun 2021, 22:03 Publicly Viewable

Watter anti-epileptiese middels beïnvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan?  Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?

Fenobarbitoon, Okskarbasepien, Fenitoïen, Topiramaat en Karbamasepien. Die middels is ensieminduseerders, veroorsaak vinniger metabolisasie van die pil, en verlaag die pil se effekiwiteit.

Valproaat, Lamotrigien, Gabapentien, Leviterasetam en Vigabatrin is veiliger geneesmiddelopsies, want hulle meng nie in met die pil se metabolisme nie.

Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beïnvloed (vanaf neonate tot by bejaardes)?

In neonate is daar ‘n stadiger metabolisme

In baba’s en kinders is daar ‘n vinniger metabolisme as in volwassenes

In bejaardes moet laer dosisse gegee word, omdat hulle lewer en nierfunksie dikwels onderdruk is.

In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?

Tydens die gebruik van: ensieminduseerders, ensieninhibeerders, Karbamasepien/Okskarbaasepien in kombinasie met MAOI’s

Blog #6

08 Jun 2021, 22:03 Publicly Viewable

Watter moontlike meganismes is ter sprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkoholinname?

Veranderinge van reseptore en 2de boodskappers in die SSS vind plaas, en kan lei tot reseptorsubsensitiwiteit.

Verhoging in metaboliese tempo van MEOS vind plaas by die chroniese gebruik van alkohol. Meer alkohol word so gemetaboliseer omdat die ensieme geinduseer word.

Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewer en lewermetabolisme?

Progressiewe afname in lewerfunksie, sirrose en hepatitis

Verlaging in glukoneogenese lei tot hipoglukemie en vetakkumulasie, nutriëntgebrek dra by

Verhoging in die aktiwiteit van lewermikrosomale ensieme

Wat is Wernicke-Korsakoff-sindroom en hoe word dit behandel?

Vitamien B1 tekort a.g.v. chroniese gebruik van alkohol, lei tot perifere neuropatie in die SSS.

Veroorsaak breinskade wat dan lei tot Wernicke-Korsakoff. Simptome sluit in: ataksie, verwarring en verlamming van gesigspiere.

Wat is die fetale alkoholsindroom?  Verduidelik volledig.

FAS kom voor wanneer ‘n swanger vrou, chronies alkohol gebruik en dit het dan teratogeniese effekte op die baba - wat deur die bloed oorgedra word - omdat die fetale lewer baie min of geen alkohol dehydrogenase aktiwiteit het nie. Effekte sluit in: verstandelike vertraging, groeigebreke, mikrokefalie, karakteristieke onderontwikkeling van die middelste gesigsarea.

Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chroniese alkoholgebruik?

Akuut: verlaag die metabolisme van ander GM’s soos: sedatief hipnotiese middels en fenotiasiene

Chronies: verhoog die metabolisme van ander GM’s soos: parasetamol

Noem 4 geneesmiddelinteraksies met alkohol waar die farmakologiese effekte van die ander middels deur alkohol gepotensieer word. 

Parasetamol, Aspirien (antikleefbaarheidseffekte), Vasodilatore en SSS onderdukkers

Blog #5

08 Jun 2021, 22:02 Publicly Viewable

Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam?  Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.

Etanol ondergaan zero-orde kinetika. Daar is dus slegs ‘n bepertke hoeveelheid koensiem, en dit word versadig met hoë alkohol inname. Die tempo van afbraak bly dieselfde, ongeag hoeveelheid alkohol.

Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanolmetabolisme

Daar is 2 ensiemsisteme betrokke:

  1. Alkoholdehidrogenase

Dit is die primêre metabolisme van alkohol. Kom voor by ‘n lae en matige hoeveelheid. Zero-orde kinetika vind hier plaas, so die metabolisme bly konstant, ongeag die hoeveelheid alkohol

  1. MEOS – Mikrosomale Etanol Oksidering Sisteem

Metabolisasie van alkohol by hoë konsentrasies ( >100mg/dL). MEOS aktiwiteit verhoog met chroniese gebruik, kan geinduseer word, en is gedeeltelik verantwoordelik vir toleransie

Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?

Disulfiram, Metronidasool, Hipoglisemiese GM’s en Kefalosporiene – inhibeer aldehieddehidrogenase, wat veroorsaak dat die metabolisering van asetaldehied na asetaat nie kan plaasvind nie. Asetaldehied hoop op en veroorsaak hoofpyn, hartkloppings, naarheid, duiseligheid en blosing.

Fomepisool – veroorsaak alkoholdehidrogenase, wat veroorsaak dat etanol nie kan omskakel na asetaldehied nie.