Content begins here
C VAN DER MERWE
Blog #9
28 May 2021, 15:38
- Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur ‘n LA van die volgende tipes vesels met mekaar?
- Gemiëlineerde vesels met ongemiëlineerde vesels.
Kliener en gemielinieerde vesels word makliker geblokkeer teenoor die ongelieliniëerde vesels.
-
- Druk / tassenuwees met die dorsale senuwees wat pynimpulse gelei.
Dorsale impulse wat verantwoordelik is om impulse te gelei, is meer sensitief vir blokkasie of inhibisie as druk/tassenuwees, dus sal hulle makliker geinhibeer word.
- Maak ‘n lys met die effekte van LA op ander weefsels.
Hart: Klas 1 anti-aritmiese middels, Lidokaīen wat Natriumkanale blokkeer in die hart. Die aksie potensiaal word daardeur verkort en die refrakteer peroide verleng word.
Skeletspier: Swak blokkerende effek met geen kliniese toepassing nie.
- Waarop berus die keuse van ‘n LA?
-
- Aantal tyd benodig
- Kliniese gebruik
-
- Waarom word oplossings van LA soms met CO2 versadig?
Die aanvang van werking sal versnel word.
- Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik?
-
- Bensokaīene
- Oksibuprokaīene
- Kokaīene
-
Blog #8
28 May 2021, 15:18
- Stel vir jouself ‘n tabel op waarin jy die belangrikste effekte op elke stelsel (KVS, SSS, respirasie, niere, lewer en uterus) lys, maar ook die uitsonderings aandui. Die tabel is belangrik as jy by die keuse van middels kom.
Inhalasie |
KVS |
SSS |
Respirasie |
Nier, Lewer, Uterus |
Halotaan |
Verlaag bloeddruk Sensitisering van miokardium |
Serebrale bloedvloei Verhoogde intrakraniale druk Vinnige, gladde induksie Stadium 2 afwesig |
Geen speeksel, brongiale sekresies of hoes nie
|
Uterus: Verlaagde spierkontraksie (Eksterne draai van baba)
Lewer: Hepatotoksisiteit |
Enfluraan |
Minder bloeddrukverlaging as Halotaan |
Vinnige, gladde induksie soms met konvulsies. |
Meer verlaging as Halotaan. |
|
Isofluraan |
Minder bloeddrukverlaging as Halotaan en Enfluraan |
Vinniger induksie Vinniger herstel |
Sterk onderdrukkende effek. |
|
Sevofluraan |
Minder bloeddrukverlaging as Halotaan en Enfluraan |
Vinniger induksie en herstel as Isofluraan. Verhoogde serebrale bloedvloei. Verhoogde intrakraniale druk. |
Minder irriterend op lugweg as Desfluraan. |
|
Desfluraan |
Minder bloeddrukverlaging as Halotaan en Enfluraan |
Vinnigeer induksie en herstel as Isofluraan. Verhoogde serebrale bloedvloei. Verhoogde intrakraniale druk. |
Potente reuk – irritered in lugweë. Hoes Asemnood Laringospasma Vermy as induksiemiddel. |
|
N2O (Stikstofmonoksied) |
Geen |
Swak anestesie Amnesia Sterk/ potente analgetikum. |
Suiwe N2O veroorsaak suurstoftekort = HIPOKSIE |
|
Noem die belangrikste toksiese effekte van die inhalasiemiddels.
- Halotaan = Bradikardi
- Halotaan inhalasie = Hepatotoksisiteit, nier skade.
- Desfluraan = Irriterend op lugweë
- Enfluraan inhalasie = Konvulsies
- Halotaan en N2O gas = Hipoksie
- Desfluraan en Sevofluraan = Laringospasma
Blog #7
28 May 2021, 15:01
Watter anti-epileptiese middels beïnvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan? Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?
Anti-epileptiese medikasie wat orale kontrasepsie beïnvloed:
- Fenobarbitoon
- Karbamasepien
- Fenotoïen
- Okskarbasepien
- Topiramaat
Middels wat veilig is tydens die gebruik van orale kontrasepsie
- Valporaat
- Lamotrigine
- Gabapentin
- Leviterasetam
Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beïnvloed (vanaf neonate tot by bejaardes)?
Neonate:
Middels word stadiger gemetaboliseer, en dus word ‘n laer dosis toegedien.
Babas en kinders:
Middels word vinniger geabsorbeer teenoor volwassenes. Die dosis is ook hoër as die van volwassenes.
Volwassene:
Normale dosisse word geneem met normale metabolisme.
Bejaardes:
Middels word stadiger gemetaboliseer, dus word ‘n laer dosis toegedien.
In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?
- Swangerskap
- By geneesmiddelinteraksies wat moontlik kan plaasvind
- Newe-effekte monitering
- Indien die konvulsies nie afneem of verander nie.
- By bejaardes
Blog #6
21 Mar 2021, 19:27
Watter moontlike meganismes is ter sprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkoholinname?
Die MEOS sisteem tree in werking met hoë alkohol inname. Chroniese gebruik van alkohol verhoog die sisteem se aktiwiteit, maak dat die sisteem geīnduseer kan word en is verantwoordelik vir ’n toleransie wat kan ontwikkel.
Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewer en lewermetabolisme?
Chroniese alkoholgebruik kan lei na progressiewe verlaging in die lewerfunksie, hepatitis en sirrose (verharde lewerselle). Die skade wat opgedoen word is erger vir vrouens as vir mans, omdat hulle ’n kleiner volume van distrubusie het, en daar dus ’n hoër alkohol konsentrasie in hulle bloed is. Verlaging in glukoneogenese vind ook plaas wat aanleiding gee na hipoglikemie en vetakkumulasie asook nutriëntgebrekke word ook hier bygedra. Die verhoogte aktiwiteit van lewermikrosomale ensieme vind ook plaas wat bydra tot interaksies met ander geneesmiddles.
Wat is Wernicke-Korsakoff-sindroom en hoe word dit behandel?
Met die chroniese gebruik van alkohol word perifere neuropatie veroorsaak in die SSS. Dit gee aanleiding tot Wernicke-Korsakoff sindroom. Simptome wat met hierdie sindroom voorkom is ataksie, verwarring, paralise van gesigspiere. Om hierdie sindroom te behandel word parenterale tiamien gegee om permanente breinskade te voorkom, al is die sindroom nie altyd omkeerbaar nie.
Wat is die fetale alkoholsindroom? Verduidelik volledig.
Fetale alkoholsindroom vind plaas by vrouens tydens swangerskap met die chroniese gebruik van alkohol. Indien alkohol gebruik word tydens swangerskap sal daar teratogeniese effekte plaasvind as gevolg van die alkohol in die ma se bloedstroom wat deur die naelstring meng met die baba s’n. Die fetus se organe is tydens ontwikkeling nie in staat om alkohol te verwerk nie, en sal dus aanpassings maak en ander liggaamsontwikkeling onderbreek om ’n poging an te wend om die alkohol te verwerk. Die effekte van hierdie ontwikkelingsonderbreking word waargeneem in babas wat dan verstandelike vertraging, groeigebrekke, mikrokefalie en karakteristieke onderontwikkeling van middelste gesigarea sal ontwikkel. Die risiko van hierdie sindroom is grootste tydens die eerste trimester van swangerskap.
Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chroniese alkoholgebruik?
Akute alkoholgebruik: Dit veroorsaak ’n onderdrukking in die metabolisme van ander geneesmiddels en veroorsaak verlaagde afbraak van hierdie middels. Bv. Fenotiasiene, TAD’e en sedatief-hipnotika.
Chroniese alkoholgebruik: Dit verhoog die metabolisme van ander geneesmiddels, bv. Parasetamol.
Noem 4 geneesmiddelinteraksies met alkohol waar die farmakologiese effekte van die ander middels deur alkohol gepotensieer word.
- Vasodilatore
- Aspirien se antikleefbaarheidseffekte
- Middels wat SSS onderdrukking veroorsaak
- Parasetamol
Blog #5
21 Mar 2021, 17:51
- Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam? Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.
Etanol se vinnige absorbsie in die liggaam word toegeskryf aan sy lipofilisiteit. Indien die persoon in ’n vastende toestand is, kan die piekvlak binne 30min vanaf inname bereik word. Etanol ondergaan zero-orde kinetika, omdat daar ’n beperkte hoeveelheid van die ko-ensiem NAD beskikbaar is en omdat alkohol teen ’n konstante tempo in die liggaam gemetaboliseer word, ongeag die hoeveelhied ingeneem. Teen normale inname word die alkohol gemetaboliseer teen 7-10g/uur.
- Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanolmetabolisme.
Ensiemsisteme:
Alkoholdehidrogenase:
Alkoholdehidrogenase is die primêre sisteem verantwoordelik vir die metabolisme van alkohol. Hierdie sisteem tree eerste in met die inname van alkohol, teen ’n lae tot matige hoeveelhied. Daar vind zero-orde kinetika plaas as gevolg van die beperking op die hoeveelheid ko-ensieme (NAD). Die tempo van afbraak (7-10 g/h) is konstant, ogeag die hoeveelheid alkohol inname.
MEOS (Gemengde funksie oksidasie sisteem)
Hierdie sisteem tree in werking wanneer daar >100mg / dL alhokol inname plaasvind. Tydens hierdie sisteem word kan meer alkohol gemetaboliseer word, maar daar kan wel ’n toleransie ontwikkel met chroniese gebruik. Die MEOS aktiwiteit verhoog ook met chroniese gebruik en kan dus geīnduseer word. Tydens hierdie proses word asetaldehied omgeskakel na asetaat deur middel van aldehied dehidrogenase. Asetaat word dan deur die liggaam uitgeskei as koolstofdioksies en water. Met hoë inname van alkohol kan hierdie metabolisme ’n opeenhoping van asetaldehied kry, wat dan lei tot naarheid, hoofpyn, hartkloppings, blosing en duisligheid.
- Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?
- Disulfram (Antabuse) - behandeling van alkoholisme
- Metronidasool (Flagyl)
- Hipoglisemiese GM’s
- Kefalosporiene (Antibiotika)
Hierdie middels onderdruk / rem die werking van die ensiem aldehied dehidrogenase - die omskakeling van asetaldehied na asetaat- wat lei na opeenhoping van asetaldehied wat lei na hartkloppings, naarheid, hoofpyn, blosing en duisligheid.
Blog #4
3 Mar 2021, 18:46
Angs en Insomnia
Angs en insomnia behandeling word op verskeie maniere behandel, waarvan die gebruik van plantaardige/ natuurlike middels deel vorm daarvan. Hierdie soort behandeling word baie gebruik en is soms selfs pasiënt voorkeur, omdat dit minder newe-effekte en geneigtheid na afhanklikheid het as chemiese middels. Die behandeling moet egter oor ’n langer tydperk volhou word om die effekte van die middels te Sien, teenoor chemiese middels wat onmiddelik effekte begin toon. Daar kan egter kontra-indikasies voorkom met middels wat die pasiënt reeds gebruik, wat tot erge newe-effekte kan lei. Hierdie middels word “veiliger” beskou, maar het nie die professionele ondersoekke en toetse ondergaan soos chemiese middels wat spesifiek vir siektes saamgestel is nie.
Behandeling vir angs :
- Laventel
- Chamomile
- Valerian wortel
- Linden
Behandeling vir slaaplooshied
- L-theanine
- Valerian wortel
- Skullcap
- Hops
- Passionflower
- Chamomile
Blog #3
3 Mar 2021, 18:29
Watter faktore kan die absorpsie en verspreiding van sedatief-hipnotiese middels beïnvloed? Wat is die kliniese belang hiervan?
Die faktore wat die absorbsie van middels beinvloed is afhangend van die polaritiet. Die middel se lipofilisiteit bepaal die tempo van absorbsie. BD’e wat lipofilies is word maklik deur selle opgeneem waar dit gestoor word, en dan weer geleidelik vrygestel word soos die konsentrasie GM in die bloedstroom behou word. BD’e se lipofilisiteit laat die middel toe om die bloedbreinskans binne te dring wat vinnige werking verskaf. Die belang van die eienskap tree in werking wanneer behandeling vir pasiënte vasgestel word en geneesmiddels gekies word vir die beste behandeling. Die behoefte aan verskillende vrystelling tempo’s, werkingsduur en opneemtempo word sodoende bevredig.
Wat beteken herdistribusie en wat is die belang daarvan?
Herdistribusie is die proses waar middels beweeg na die brein en vanaf die brein na die weefsel versprei word.
Die belang hiervan is dat die middel wyd versprei word in die liggaam en dus word die eliminasie tempo en die vrystelling verleng, dus sal die werkingsduur verleng word.
Hoe word die BD’e gemetaboliseer? Gee die verskillende stappe in die proses.
BD’e word gemetaboliseer in 3 stappe :
- Dealkilering: Aktiewe metaboliete word tydens hierdie proses gevorm.
- Oksidasie: In die lewer word sitochroom P450 bevind, wat verantwoordelik is vir vorming van nog aktiewe metaboliete.
- Konjugasie: Fase 2 vind plaas, waar die geoksideerde/ gemetaboliseerde metaboliete bind met ‘n endogene substans wat dit omskakel na onaktiewe metaboliete wat wateroplosbaar is en uitgeskei kan word.
Watter BD’e word na aktiewe metaboliete omgeskakel? Wat is die belang hiervan?
- Diasepam
- Chloorasepaat
- Prasepam
- Chloordiasepoksied
- Ketasolam
Die belang van hierdie is dat hierdie middels net ’n farmakologiese effek sal gee in hulle aktiewe vorm. Dus sal die aktiewe metaboliete die werkingsduur van die middles verleng.
Watter BD’e is nie afhanklik van die sitochroom P45 oksidatiewe ensieme vir metabolisme nie? Wat is die voordele hiervan?
- Oksasepam
- Lorasepam
- Temasepam
- Lormetasepam
Die voordeel van hierdie middels is dat die middels onmiddelik in hulle aktiewe vorm is en dus ook hulle farmakologiese effek op die liggaam kan toepas. Hierdie middels word veral gebruik deur mense met ’n lae sitochroom P450 telling.
Wat is ensieminduksie? Watter van die sedatief-hipnotiese middels is bekend hiervoor? Wat is die kliniese belang van hierdie ensieminduksie?
Ensieminduksie is die vehoogde/verlaagde biosintese van aktiewe ensieme deur die werking van geneesmiddels.
- Pentobarbital
- Eszopiclone
- Zolpidem
Die belang van hierdie middles is dat die verhoging in die metabolisme veroorsaak dat die halfleeftyd, en dus werkingsduur, verkort.
Blog #2
3 Mar 2021, 15:48
Anterograde amnesie: Die pasiënt kan nie gebeure onthou tydens die werkingsduur van die geneesmiddel nie.
Medikasie wat dit veroorsaak:
- Bensodiasepiene
- Triasolam (groot effek)
- Temasepam (kleiner effek)
- Ativan
- Brazepam
- Demetrin
- Lexotan
Lae dosis bensodiasepiene verlaag dus die kans vir anterograde amnesie, waar hoër dosisse die kanse verhoog.
Die effekte van die sedatief- hipnotiese middels op die normale slaappatroon en die belang daarvan op die pasiënt:
- Bensodiasepiene veroorsaak sedasie, maar verhoog die tyd wat die pasiënt slaap. Dit werk deur die duur van Fase 2 NREM te verhoog. Dit het wel ‘n verminderende effek op REM slaap, dus sal hoër dosisse die REM slaap verminder.
- Toleransie kom voor na 1-2 weke se gebruik.
Watter Sedatief-hipnotika as aanvullende terapie in anestesie gebruik word:
- Barbiturate
- Methohexital
- Diazepam
- Lorasepam
- Midazolam
Hoë dosisse onderdruk die senuweestelsel tot die punt wat bekend staan as Fase 3 of algemene anestesie. Lipofiliese middels kruis maklik die bloed brein skans en het dus baie vinnige weefsel redistribusie wat die duur van die geneesmiddels verkort. Die bensodiasepiene kan aanhoudende post-anestetiese respiratoriese depressie tot gevolg hê as gevolg van hul lang halfleeftyd asook die vorming van aktiewe metaboliete, wat deur die gebruik van Flumazenil omgekeer kan word.
Sedatief-hipnotika wat gebruik word vir antikonvulsante:
Verspreidng en ontwikkeling van die epileptiform in die senuweestelsel te inhibeer.
- Clonazepam
- Nitrazepam
- Lorazepam
- Diazepam
- Fenobarbitaal
- Metharbital
Meganisme van die spierverslappende effekte van sommige karbamate en die bensodiasepiene:
Die werkingsmeganisme van karbamate is dat hulle die polisinaptiese reflekse inhibeer, asook die internuniale transmissie. Barbiturate verleng die periode waar die kalsium kanale oop is, waar Bensidiasepiene die hoeveelheid kalsium kanale wat oop maak verhoog.
Die effekte van die sedatief-hipnotika op die respiratoriese en kardiovaskulêre stelsel:
Respiratories : Onderdrukking in pasiënte met long siektes en van van medullêre respiratoriese sentrum.
Kardiovaskulêr: Pasiënte met hartsiektes kan kardiovaskulêre onderdrukking ervaar. Toksiese dosisse kan miokardiale saamtrekbaarheid en vaskulêre toon onderdruk.
CARLI VAN DER MERWE
22 Feb 2021, 18:57
1. Watter tipe ioonkanale word op senuselmembraan gevind?
- Potensiaalafhanklik
- Ligandbemiddelde ioonkanale
2. Noem 3 verskille tussen die ioonkanale
- Verandering in membraanpotensiaal van die sel
- Potensiaal afhanklike kanale is Na+, K+, Ca2+ kanale.
- Liggandbemiddelde ioonkanale is ionotropiese reseptore
3. Vergelyk ionotropiese en metabotropiese reseptore
- Ionotropies is die opening van ioonkanale waar metabotropiese reseptore die metaboliese verandering is.
4. Klassifiseer die SSS reseptore in ionotropeise en merabotropiese reseptore en ken die transduksie meganisme van reseptore.
- Ionotropiese reseptore :
- GABA
- Nikotonies
- EAA
- 5-HT3
- Metabotropiese reseptore :
- 7 Transmembrane G-proteïen gekoppelde reseptore
- Binding van NT aan reseptore veroorsaak dat onder die invloed van G-proteïen, 2de boodskappers gevorm word wat ioonkanale kan beïnvloed.
- G-proteïen betrokkenheid of metabotropiese R-aktivering veroorsaak dat effek langer duur as met ionotropiese R-aktivering, selfs minute
5. Verduidelik die verskil tussen EPSP en 'n IPSP en gee voorbeelde.
IPSP : inhiberende post-sinaptiese potensiaalverskil bv Cl-ioonkanaal
EPSP : esodatoeroese post-sinaptiese potensiaalverskil bv Na-kanaal.
6. Wat is die rol van Kalsium in die ontwikkeling van sinaptiese potensiaal:
Kalsium veroorsaak deopolarisasie en 'n esodatoeriese post-sinaptiese potensiaalverskil. Die reseptore EAA(glutamate) vorm 'n binding met die ioonkanaal.