Content begins here

Blogs

Help Opens in a new window

ZELDA DU PISANIE

Default profile image
----------

Blog #12

31 May 2021, 10:53 Publicly Viewable

Stel m.b.v. jou handboeke ‘n klassifikasie op van die middels wat as antidepressante gebruik word.

  • Trisikliese antidepressante (TAD): Tersiere amiene: Amitriptilien, imipramine, trimiptamien, chloorimipramien, dotiëpien, butriptilien; Sekondere amiene: Nortriptilien, desimipramien, lofepramien
  • Monoamienoksidase inhibeerders (MAOI’s):  Omkeerbare,non-selektief: Tranielsipromien; Omkeerbaar, MAO-A selektief: Moklobemied; MAO-B selektief: Selegilien, Rasagilien
  • Selektiewe serotonien heropname remmers (SSRI): Fluoksitien, paroksetien, fluvoksamien, sertraline, sitalopram, esitalopram
  • Serotonien en noradrenalien heropname remmers (SNRI): Venlafaksien, duloksetien
  • Selektiewe noradrenalien heropname remmers (NARI): Reboksetien
  • Tetrasikliese en unisikliese antidepressante: Mianserien, mirtasepien, bupropion (unisikliese)
  • Serotonien2 reseptor-moduleerders: Trasodoon, vortioksetien, nefasdoon
  • Sirkadiese ritme reguleerders: Agomelatien

Met betrekking tot die bestaande middels se werkingsmeganismes, wat het hulle almal in gemeen?

Meerderheid van die geneesmiddels potensieër die noradrenalien of serotonien reseptore, of albei om hulle konsentrasies te verhoog by sentrale sinapse d.m.v. direkte werking (blokkade van presinaptiese a2 outoreseptore) of indirekte werkings meganismes (heropname blokkade of afbraakremming).

Hoe lank neem dit vir hierdie middels se antidepressiewe effekte om te verskyn?  Wat is die rede hiervoor?

14 - 21 dae (2 tot 3 weke) aangesien dit so lank sal neem vir die senuwee groeifaktore (BDNF) se skade om herstel te word in die hippokampus ten opsigte van neurale plastisiteit, weerstandbiedenheid en neurogenese. Dit verhoog weer die neurogenese en sinaptiese konnektiwiteit in diekortikale areas van die hippokampus. Dit kan ook wees weens die geneesmiddels se hoogs lipofiliteit en proteïen gebondenheid.

Hoe verskil die TAD’e en die selektiewe serotonienheropname remmers (SSRI’s) van mekaar t.o.v.:

 

Newe-effekte

Newe-effekte

Veiligheid

TAD

Effektiwiteit is ewe goed in verskillende dosisse

  • Sedasie
  • Simpatomimeties: tremore, insomnia
  • Anticholinergies: visiesteurnisse, droë mond, konstipasie, urienretensie, verwarring
  • KVS: ortostatiese hipotensie, disritmieë
  • Psigoses, presipiteer manie
  • Konvulsies
  • Metabolies-endokrien: massatoename, seksuele steurnisse

Akute oordosis is baie gevaarlik en oordosering is lewensbedreigend: Koma, Konvulsie en Kardiotoksiteit.

Baie meer newe-effekte en interaksies met ander geneesmiddels

SSRI

Effektiwiteit is ewe goed in verskillende dosisse

- Angs (akuut)

- Seksuele disfunksie

- Insomnia

- Tremore

- SVK: steurnisse

- Hoofpyn

- Verlaagde libido

- EPS

- Onttrekkingsindroom

Veiliger om te gebruik aangesien hulle minder interaksies toon met ander geneesmiddels en minder kardiotoksies is. SSRI oordosering is ook minder ernstig en hul newe-effekte verminder met verloop van behandeling.

Hoe werk mirtasepien?

Blokinhibitoriese a2 reseptore wat NA (outoreseptore) en 5-HT (heteroreseptore) vrystelling bevorder; hulle stimuleer 5-HT1a reseptore om angsiolitiese effekte te kry; hulle blok 5-HT3 reseptore vir angsiolitiese effekte en om naarheid te verminder sowel as die blokkade van 5-HT2a wat lei tot ‘n antidepressiewe effek.

Hoe werk venlafaksien?

Venlafaksien blokkeer beide 5-HT en NA heropname, met ‘n sterkte potensie vir 5-HT as vir NA, dus verhoog dit beide 5-HT en NA konsentrasies op ‘n indirekte wyse.

Hoe werk agomelatien?

Agomelatien is belangrik by die regulering van sirkadiese ritmes, dit is ‘n agonis op die melatonien reseptore (MT1 en MT2) (herstel abnormale slaapritmes), asook ‘n agonis op die 5-HT2c (antagonisme bevorder slaap en het ‘n antidepressiewe werking) reseptor.

   

Brand, L.Prof.  2021.  Study Unit 10: Antidepressants.  Unpublished lecture notes on efundi, FKLG 312.  Potchefstroom: NWU.  [PowerPoint presentation].

Blog #13

3 May 2021, 17:54 Publicly Viewable

Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium.

Litium se werkingsmeganisme word deur Litiumione bemiddel en beïnvloed die cAMP, IP3 en DAG 2de boodskappersisteme deur verskeie ensieme wat belangrik is vir die omskakeling en hersirkulasie van die mebraanfosoinositiede te verminder. Die IP3 en DAG is wee belangrik in monoamine en cholinergiese neurotransmissie.

Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?

Litium het ‘n baie klein terapeutiese indeks van tussen 0.5 – 1.5mM en indien dit meer as 2mM is kan dit toksies wees. Dit beteken dat ‘n doseering waar die plasmavlakke van litium onder 0.5mM is, nie ‘n effek sal lewer nie (subterapeutiese vlak), maar met plasmavlakke bo 2mM is die doseering toksies vir die pasiënt. Dus moet dit streng gemonitor word om potensiële newe-effekte wat fataal kan wees, te vermy.

Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?

Litium word gebruik as enkelmiddel in die profilaktiese behandeling virakute maniese episodes, sowel as bipolêre steurnis. 

Litium kan gekombineer word met antidepressante as ‘n gemoedstabiliseerder vir erge depressiewe episodes sowel as aanvangterapie met SSRi’s om die maniese episodes te verhoed

Litium kan ook saam met valproaat gebruik word indien daar geen verbetering is by monoterapie nie.

Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê.  Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.

  1. Toksiese effekte: in kombinasie met middels wat lei tot ‘n elektroliet wanbalans/versteuring soos diuritikums (tiasiede), NSAIM (ibuprofen), ACE I (Enalapril), fluoksitien (SSRI).
  2. Verlaagde effektiwiteit a.g.v. verhoogde renale uitskeiding: in kombinasie met teensuurmiddels (Na-bikarbonaat), teofillien, kaffeïen
  3. Neurotoksies: in kombinasie met karbamasipien, Ca-blokkers, losartan,metieldopa, metronidasool en fenitoïen.

Noem die belangrikste newe-effekte van litium.

  • SVK newe-effekte: naarheid, braking, diarree
  • KVS: verlengde QT (kardiotoksies)
  • Neurologiese: tremore, sedasie, ataksie, afasie, spierswakheid, moegheid, polidipsie, poliurie, nokturie
  • Ander: nefrogene diabetes insipidus, tiroïedvergroting, leukositoses, edeem, massatoename, aknee, alopesie, seksuele disfunksie

Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?

Dit is ‘n kategorie D middel wat beteken dat dit lewensbereigende effekte op die fetus kan he aangesien die middel na die plasenta oorgedra (sowel as in borsmelk dus gekontraindukeer) word, dus moet die middel baie streng gemonitor word.

Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.

  • Mania
  • Skisofrenie
  • Depressie

Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:

Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik:

Camcolit 600mg bd. Plasmavlakke wat na twee weke geneem is, was 0.8mmol/L.  Sy het ‘n spierbesering opgedoen en gebruik ook die afgelope 10 dae Indocid R® 75mg n.  By verdere navraag meld sy dat sy “vreeslik gewig opgetel” het en nou sommer van haar ma se “waterpille” drink in die hoop dat sy van die ekstra kilo’s ontslae kan raak.  Sy kla egter dat sy baie moeg is, sukkel om haar oë in die klas oop te hou, dors bly en voortdurend bewerig en naar voel.

Sy ervaar die volgende newe-effekte: sedasie, massatoename, dors, bewerig en naarheid. Haar bloedplasmavlakke is 0.8mmol/L wat in die terapeutiese indeks val. Sy het Camcolit gebruik wat litiumkarbonaat is, wat sy gemeng het met Indocid, wat in NSAIM is. Hierdie 2 middels in gekontraindukeer aangesien dit die litium konsentrasie verhoog en lei tot litium toksisiteite wat gesien kan word deur haar simptome van haar gewigstoename, moegheid en sedasie, tremore, bewerigheid en haar dors (polidipsie).

Daarna, het sy waterpille geneem wat ‘n diuretiese effek veroorsaak wat ook gekontraindukeer is met litium en verdere litium toksisiteite veroorsaak het naamlik moegheid en sedasie, tremore, bewerigheid en haar dors (polidipsie).

My aanbevelings sal weer om dadelik enige NSAIM en diuritikum behandelinge te stop om verdere newe-effekte te keer. Sy kan of haar huidige doseering verlaag na slegs een keer per dag, of moontlik van geneesmiddel verskuif na bv. Valproaat of karbamasepien aangesien hulle albei ook gemoedstabiliseerders is.

Brand, L. Prof.  2021.  Study Unit 9: Anti-psychotic Drugs and Lithium.  Unpublished lecture notes on efundi, FKLG 312.  Potchefstroom: NWU.  [PowerPoint presentation]

Blog #11

3 May 2021, 17:51 Publicly Viewable

Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?

  • Alifatiese syketting: chloorprometasien
  • Piperidien syketting: perisiasien
  • Piperasien syketting: flufenasie, perfenasien, trifluoperasie en perchloorperasien

Die alifatiese en piperidien het ‘n laer potensie wat beteken dat daar meer van hierdie geneesmiddels sal nodig wees om ‘n sterker effek te lewer aangesien hulle nie so sterk aan die D2 reseptore bind nie, teenoor die piperasien wat ‘n sterker potensie het. Byvoorbeeld, ons sal dalk 100mg van die chloorprometasien of perisiasie benodig, maar slegs 50mg van flufenasien.

In terme van newe-effekte, sal die alifatiese en piperidien sytakke minder ekstrapirimidale steunisse (EPS) toon aangesien dit ‘n minder sterk affiniteit teenoor die D2 reseptore toon, maar ‘n toename in sedasie aangesien hulle sterkter aan die Histamien (H) 1 reseptore bind, die Muskuarieniese (M) reseptore in die hart kardiotoksiese effekte kan veroorsaak, die M reseptore in die liggaam sterk anti-cholinergiese newe-effekte kan veroorsaak en sy affiniteit na a-reseptore kan lei tot postural hipotensie. Die piperasien sytakke het weer a.g.v. sy sterkter affiniteit teenoor D2 reseptore meer ESP newe-effekte en minder sedasie; KVS; a-lities en anti-cholinergiese effekte.

Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?

Primêr word die D2 reseptore geblok in die mesolimbiese stelsel, maar H-; a-; 5-HT- en DA-reseptore word ook geblokkeer.

Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?

Die tipiese middels blokkeer die die mesolimbiese D2 reseptore hoofsaaklik en lei tot ‘n verlaging in primêre simptome, waar die atipiese middels die 5-HT2A tot ‘n hoër mate blok as die D2 reseptore en veroorsaak ‘n verlaging in die negatiewe en kognitiewe simptome.

Watter van die reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstrapiramidale newe effekte?

Die D2 reseptore, die vlak van EPS hang af van die potensie van die geneesmiddel (GM). Hoe meer potent die GM is, hoe meer EPS newe-effekte word ervaar aangesien dit die D2 reseptore tot ‘n sterkter mate blokkeer, waar minder potente middels lei tot minder EPS newe-effekte aangesien hulle ‘n sterker affiniteit het vir ander reseptore.

Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte?  Wat is die rede?

Haloperidol, dit is ‘n potente D2 blokker en word in die basale ganglia.

A.g.v. watter reseptorblokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte?

Die cholinergiese reseptore (lei tot sterk anticholinergiese effekte, M-reseptore in liggaam), a1 reseptore (postural hipotensie),  M reseptore in hart (kardiotoksies) en H1 reseptore (sedasie).

Brand, L. Prof.  2021.  Study Unit 9: Anti-psychotic Drugs and Lithium.  Unpublished lecture notes on efundi, FKLG 312.  Potchefstroom: NWU.  [PowerPoint presentation].

Blog #10

28 Apr 2021, 19:03 Publicly Viewable

Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?

Asetielcholien inhibeerders en dopamien agoniste.

Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?

Dit is ‘n metaffinoïed potensieerder van DA wat dus lei tot sy 3 werkingsmeganismes: ‘n verhoogde DA vrystelling, verhoogde DA sintese en blokkeeer die heropname van DA. Hy het ook ‘n antidiskinetiese effek (verlaag onwillekeurige bewegings) deur soos ‘n NMDA antagonist op te tree. Amantadien is ook ‘n A2 adenosien (wat D2 se reseptorfunksies inhibeer) antagonis wat indirek D2 se reseptorfunksies verhoog.

Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.

Selektiewe MAO-B inhibeerders het DA as ‘n substraat voorkeur wat veroorsaak dat dit die DA konsentrasies indirek verhoog in die SSS deur die monoamien-oksidase (wat dopamien metaboliseer/afbreek) te inhibeer.

Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?

  • Ergotderivate: Broomkriptien
  • Nie-ergotderivate: Pramipeksool en ropinirool

Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.

  • Broomkriptien is ‘n gedeeltelike D2 agonis
  • Pramipeksool het ‘n affiniteit vir D3 reseptore
  • Ropinirool is ‘n D2 agonis
  • Amantadien is ‘n metaffinoïed potensieerderder van DA

Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer?  Wat beteken dit?

MAO-B remmers soos Selegilien en Rasagilien, sowel as moontlik pramipeksool, dit verwys na die relatiewe behoud van neuronale struktuur en / of funksie as ‘n mate van profilakse. In die geval van 'n voortdurende besering ('n neurodegeneratiewe besering) impliseer die relatiewe behoud van neuronale integriteit 'n vermindering in die tempo van neuronale verlies oor tyd en lei tot neurodegredasie.

Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?

Hierdie middels het ‘n selektiewe voorkeur vir DA as ‘n substraat en verhoog die konsentrasie van DA indirek deur MAO-B te inhibeer, wat DA gewoonlik metaboliseer.

Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?

COMT metaboliseer l-dopa na 3-O-mtieldopa (3OMD) wat kompeteer met l-dopa vir aktiewe transportprosesse end us lei tot ‘n verswakte terapeutiese respons met l-dopa. So, ‘n COMT-remmer verleng die werkingsduur van l-dopa deur sy Vervoer te versnel en te verhoed da thy in die perifere plasma gemetaboliseer word, wat sodoende ook sy biobeskikbaarheid verbeter. Hierdie middels word dus saam met l-dopa gegee as ‘n addisionele middel, bv. Entakapoon.

Hoe werk Istradefilien?

Dit is ‘n adenosien A2A antagonis wat gebruik is as addisionele terapie vir die aan-af effek wat mense op levo-dopa/karbidopa ervaar.

Bespreek die werkingsmeganisme van safinamied

Dit het 2 werkingsmeganismes wat bestaan uit DA aktiwiteit verhoog deur sy heropname te inhibeer deur ‘n potente omkeerbare MAO-B remmer te wees, asook deur glutamaat se vrystelling te verlaag.

Bronne:

Brand, L. 2021. Parkinsonism. Unpublished Lecture notes on eFundi. [PowerPoint Presentation]. Study Unit 8, FKLG 312. Potchefstroom, NWU.

Katzung, B.G., 2018. Basic & Clinical Pharmacology. 14th ed. United States of America: McGraw-Hill Education.

Blog #9

28 Apr 2021, 19:03 Publicly Viewable

Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur ‘n LA van die volgende tipes vesels met mekaar?

  1. Gemiëlineerde vesels met ongemiëlineerde vesels.

Kleiner en gemiëlineerde vesels word makliker geblok as groter en ongemiëlineerde vesels, aangesien gemiëlineerde vesels ‘n lipiedlaag behels wat beteken dan die LA vinniger die effektiewe konsentrasie sal bereik daar.

  1. Druk / tassenuwees met die dorsale senuwees wat pynimpulse gelei.

Dorsale senuwees het ‘n hoër sensitiwiteit teen geblokkeer word as druk/ tassenuwees.

Maak ‘n lys met die effekte van LA op ander weefsels.

  • Hart: tree op as ‘n klas 1 anti-aritmiese middel
  • Skeletspiere: geen toepassing a.g.v. swak blokkerende effek
  • Sentrale katesjolamien gemedieerde neurotransmissie: kokaïen verhoog gemoedstoestand deur NA heropname te inhibeer

Waarop berus die keuse van ‘n LA?

  1. Die tipe prosedure
  2. Die tipe weefsel waar dit toegedien word
  3. Die durasie van die anestetikum wat na verlang word

Waarom word oplossings van LA soms met CO2 versadig?

Wanneer daar CO2 bygevoeg word, ondergaan die oplossing intaselluler asidifikasie wat beteken dat die intrasellulere vloeistof se pH verlaag wat lei daartoe dat daar ‘n verhooging is in die geïoniseerde vorm van die LA wat ‘n meer effektiewe blokkerende effek sal lewer.

Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik?

Bensokaïen; kokaïen en oksibuprokaïen aangesien hulle oppervlakaktief is en die oppervlakkige senuwees kan bereik viatoediening van die slymvliese.

Bronne:

Brand, L. 2021. Local Anesthetics. Study Unit 6 [PowerPoint Presentation]. Unpublished Lecture Notes on eFundi. FKLG 312. Potchefstroom:NWU

Katzung, B.G., 2018. Basic & Clinical Pharmacology. 14th ed. United States of America: McGraw-Hill Education.

Ritter JM, Doktor HS, Benjamin N: Paradoxical effect of bicarbonate on cytoplasmic pH. Lancet 1990; 335:1243-6

Blog #8

28 Apr 2021, 19:00 Publicly Viewable

Stel vir jouself ‘n tabel op waarin jy die belangrikste effekte op elke stelsel (KVS, SSS, respirasie, niere, lewer en uterus) lys, maar ook die uitsonderings aandui.  Die tabel is

belangrik as jy by die keuse van middels kom.

Halotaan

Enfluraan

Isofluraan

Desfluraan

Sevofluraan

N2O gas

KVS

  • Verlaag bloeddruk
  • Miokardium is gesensitiseerd vir aritmogene effek van katesjolamiene
  • Miokardium nie gesensitiseerd
  • Minder ondderdruk as halotaan
  • Minder onderdruk as Halotaan en Enfluraan
  • Geen sensitisering

Minder onderdruk

Soortgelyke effekte

Geen

SSS

  • Vinnige gladde induksie
  • Stadium II is afwesig
  • Verhoogde serebrale bloedvloei
  • Verhoogde intrakraniale druk
  • Vinnige gladde induksie
  • Soms kolvulsies (nie epilepties)

Vinniger induksie en herstel as Halotaan

  • Nog vinniger induksie en herstel
  • Verhoogde serebrale bloedvloei
  • Verhoogde intrakraniale druk

Induksie en instandhouding

Spierverslapper

  • Swak anestetikum
  • Potente analgetikum
  • Amnesie

Respiratories

  • Geen saliva
  • Geen brongiale sekresies
  • Geen hoes

Minder onderdruk as halotaan

  • Potente onderdrukking agv spierverslapping effek
  • Sterk reuk
  • Irriterend op lugweg
  • Nie induksiemiddel
  • Hoes, kortasem en laringospasma

Minder irriterend op lugweg

  • Suiwer toediening lei tot hipoksie, meng met suurstof of lug
  • Herstelfase: vinnige diffusie van bloed na alveoli
  • Verlaging is suurstof lei tot hipoksie

Lewer

Hepatotoksies

Uterus

Verlaagde spierkontraksies, lei tot eksterne draaiing van baba

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Noem die belangrikste toksiese effekte van die inhalasiemiddels.

  • Hepatotoksies (Halotaan)
  • Nefrotoksisiteit
  • Hematotoksisiteit
  • Maligne hypertermie

Ander newe effekte:

  • Konvulsies (Enfluraan)
  • Lugweg irritasie (Desfluraan)
  • Hipoksie (N2O)
  • Post operatiewe respirasie onderdrukking (Bensodiasepiene)
  • Naarheid, braking, onwillekeurige spierbeweging en verminderde adrenal steroid vorming (Etomidaat)
  • Disorientasie en hallusinasies tydens herstel (Ketamien)
  • Hipotensie (A2 agoniste)
  • Eksterne draaiing van baba (Halotaan)

Katzung, B.G., 2018. Basic & Clinical Pharmacology. 14th ed. United States of America: McGraw-Hill Education.

Brand, L. 2021. General Anesthetics. Study Unit 5 [PowerPoint Presentation]. Unpublished lecture notes on eFundi, FKLG 312. Potchefstroom, NWU.