Content begins here
GERDA SWART
Blog #12
18 May 2021, 12:10
Stel m.b.v. jou handboeke ‘n klassifikasie op van die middels wat as antidepressante gebruik word.
Trisikliese anti-depresante (TAD) |
Tersiere amiene: Amtriptillien, imioramien, trimipramine, chloorimipramien, dotiepien en butriptilien. Sekondere amiene: Nortriptilien, desimipramien, lofepramien. |
Monoamienoksidase inhibeerders (MAOI's) | Isokarboksasied, fenelzien, selegiline, tranielsipromien, moklobemied. |
Selektiewe serotonien heropname remmers (SSRI) | Fluoksetien, paroksetien, fluvoksamien, sertalien, sitalopram, esitalopram. |
Serotonien en noradrenalien heropname remmers (SNRI) | Venlafaksien, duloxetien. |
Selektiewe noradrenalien heropname remmers (NARI) | Reboksetien |
Tetrasikliese en unisikliese anti depresante | Mianserien, mirtasepien, amoksapien, maprotilien, bupropioon. |
Serotonien reseptor moduleerders | Trasodoon, vortioksetien |
Sirkadiese ritme reguleerders | Agomelatien |
Met betrekking tot die bestaande middels se werkingsmeganismes, wat het hulle almal in gemeen?
Die anti depresante inhibeer die heropname van verskeie neurotransmitters deur selektiewe reseptore. Dit verhoog sodoende die konsentrasies van spesifieke neurotransmitters.
Hoe lank neem dit vir hierdie middels se antidepressiewe effekte om te verskyn? Wat is die rede hiervoor?
Ongeveer twee weke. iDit proses van sintese van proteine en neurotrofiese faktore (BDNF) is lankk en neem tyd.
Hoe verskil die TAD’e en die selektiewe serotonienheropname remmers (SSRI’s) van mekaar t.o.v.:
Effektiwiteit, Newe-effekte,Veiligheid
Effektiwiteit | Newe-effekte | Veiligheid | |
TAD | Moet stadig op titreer word tot effektiewe dosis. |
Sedasie,tremore, insomnia,visiesteurnisse, droë mond, konstipasie, urienretensie, verwarring,ortostatiese hipotensie, disritmie, psigoses, presipiteer manie, konvulsies, massatoename, seksuele steurnisse |
Akute oordosis kan die lei tot:Koma, konvulsie en kardiotoksiteit. |
SSRI's | Kan dadelik vir pasient die volle dosis toedien. |
Akute angs, seksuele disfunksie, insomnia, tremore, SVK steurnisse, hoofpyn, verlaagde libido, EPS, ontrekkinssindroom. |
Veiliger as die TAD omdat dit minder ernstige newe effekte veroorsaak. |
Hoe werk mirtasepien?
n NaSSA. Blokkeer alfa 2 enbevorder dus noradrenalien en serotonien vrystelling. Blokkeer ook histamien 1 en alfa 1. Ook indirekte stimulasie van serotonien 1a. Blokkeer dopamien en noradrenalien heropname..
Hoe werk venlafaksien?
Blokkeer beide serotonien en noradrenalien heropname, meer potent vir serotonien as noradrenalien.
Hoe werk agomelatien?
Herstel die liggaam se bioritmes. Primere agonis op melatonien 1 en 2 reseptore en 'n antago nis op serotonie 2c reseptore. Veroorsaak dusinhibisie van dopamien en noradrenalien vrystelling in FK.
Blog #13
12 May 2021, 10:39
Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium.
Dit beinvloed cAMP, IP3 en DAG se tweedeboodskapper sisteme deur 'n verlaging van verskeie ensieme wat belangrik is in die omskakeling en hersirkulasie van die membraanfosfoinositiede. IP & DAG is belangrik in monoamien en cholinerge neurotransmissie.
Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?
0.5-1.5 mM. Dit is 'n baie klein terapeutiese indeks en konsentrasies bo 2mM is toksies. Dus is plamavlak moniteerig baie balngrik en moet die dosis versigtig uitgewerk word.
Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?
- MONOTERAPIE: Profilakties vir maniese en hipomaniese episodes.Behandeling van akute maniese episodes.
- KOMBINASIE: Saam met 'n anti depresant vir die behandeling van weerstandige of herhalende depressie. Ook vir aggresiewe gedrag of pasient wat geneig is om skade aan hulself aan te rig.
Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê. Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.
- Verhooging in renale uitskuiding van Li+ wat Li+ effektiwiteit verlaag deur middels soos teensuurmiddels (bv. NaHCO3), teofillien en kaffeien.
- Verhooging in neurotoksisiteit van Li+ deur middels soos karbamasepien, Ca2+ kanaal blokkers, losartan, metieldoopa, metronidasool en fenitoien.
- Li+ verhoog EPS wat deur middels soos die tipiese anti psigotikums veroorsaak word.
Noem die belangrikste newe-effekte van litium.
- Tremore
- Sedasie
- Ataksie
- Afasie
- Spier swakheid
- Moegheid
- Polidipsie
- Poliurie
- Nokturie
- Nefrogene diabetes insipidus
- Tiroiedvergroting
- Leukositoses
- Edeem
- Massatoename
- Aknee
- Alopesie
- Seksuele disfunksie
- Kan fataal wees omdat dit koma en konvulsie kan induseer.
Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?
Veoorsaak 'n verhoging in die insedensie van kognitiewe kardiovaskulere abnormaliteite. Die insedensie is steeds baie laag en wanneer die risiko voordeel profiel geevalueer mag behandeling voortgaan.
Litium word afgeskei in borsmelk in baie hoe konsentrasies en dus word laktasie/ borsvoeding nie aangeraai nie.
Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.
Monterapie vir profilakse van maniese en hipomaniese episodes en ook die behandeling van akute maniese episodes.
Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:
Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik:
Camcolit 600mg bd. Plasmavlakke wat na twee weke geneem is, was 0.8mmol/L. Sy het ‘n spierbesering opgedoen en gebruik ook die afgelope 10 dae Indocid R® 75mg n. By verdere navraag meld sy dat sy “vreeslik gewig opgetel” het en nou sommer van haar ma se “waterpille” drink in die hoop dat sy van die ekstra kilo’s ontslae kan raak. Sy kla egter dat sy baie moeg is, sukkel om haar oë in die klas oop te hou, dors bly en voortdurend bewerig en naar voel.
'n Verlaging in litium opruiming veroorsaak verhoogde lituim konsentrasies wat kan bydrae tot diie massa toename van die pasient. Ander newe effekte van Litium sal ook as 'n gevolg hiervan te vore kom. Die pasient kan eder iets anders soos bv acetaminophen (Tylenol®) of Sulindac (Clinoril®) vir die pyn neem want dit het geen interaksies met litium nie.
Blog #11
4 May 2021, 12:43
Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?
Alifatiese: bv Chloorpromasien
Lae potensie, min EPS, erge sedasie, sterk anticholinergies, sterk alfalities, kardiotoksies.
Piperidien: bv Perisiasien
Lae potensie, min EPS, erge sedasie, sterk anticholinergies, sterk alfalities, kardiotoksies.
Piperasien: bv Flufenasien
Hoe potensie, meer EPS, swakker anticholinergies, swakker alfalities, minder sedasie, minder kardiotoksies.
Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?
Mesolimbiese D2 reseptore.
Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?
Atipiese middels het 'n he blokkade affiniteit vir 5-HT2 reseptore.Blokkeer minder die D2 reseptore in die hipofise van die brein.
Tipiese middels blokkeer die werking van D2 reseptore.
Watter van die reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstrapiramidale newe effekte?
Dopamien 2 reseptore.
Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte? Wat is die rede?
Piperasienderivate, want dit het'n hoe affiniteit vir die D2 reseptore en ook 'n hoe potensie.
A.g.v. watter reseptorblokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte?
Muskiriene
Blog #10
8 Apr 2021, 12:37
Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?
Middels wat dopamien vehoog
Midels wat asetielcholien verlaag
Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?
Dit is 'n metaffinoiede potensieerder van dopamien. D.w.s dit het 'n indirekte werking deur die volgende: dit verhoog die vrystelling van dopamien, dit verhoog ook die sintese van dopamien en dit blokeer die heropname van dopamien. Dit het ook 'n bykommende effek van adenonosien A2 antagonisme wat adenosien keer om D2 reseptorfunksie te inhibeer.
Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.
L-Dopa: Omskakeling mbv DOPA dekarboksilase na DA. Dws dit is 'n stooraanvuller vir DA.
Amantadien: Verhoog vrystelling en sintese van DA en rem die heropname daarvan.
Selegilien en rasagelien: Sellektiewe MAO-B remmers. Dws verlaagde omskakeling van DA.
Safienamied: Verhoogde DA aktiwiteit, onomkeerbare MAO-B remmers en dit rem ook die heropname van DA.
Istradefillien: Adenosien A2A antagonis.
Entakapoon: COMT-remmer, verkaag die omskakeling van l-dopa na 3OMD.
Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?
Ergotderivate | Nie ergotderivate |
Broomkriptien | Pramipexole |
Ropinirole | |
Rotigotien |
Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.
Broomkriptien: D2
Pramipexole: D2 en 3
Ropinirole: D3
Rotigotien: D2,3,4 en 5 met 'n lae affiniteit vir D5
Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer? Wat beteken dit?
Selektiewe MAO-B remmers soos selegillien en rasagilien. Dit velaag die progressie van die siekte deur verdere degenerasie van DA neurone te voorkom.
Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?
Dit rem die afbraak van DA deur MOA-B wat dan die DA konsentrasies in SSS verhoog.
Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?
Dit rem katesjol suurstof metiel transferase wat l-dopa na 3OMD omskakel. Dws verhoogde biobeskikbaarheud van l-dopa en beter terapeutiese respons van l-dopa. Dit verleng die werkingsduur van l-dopa en verlaag perifere metabolisme daarvan sodat daar meer beskikbaar is om oor die BBS te beweeg en na DA omgeskakel te kan word in die brein.
Hoe werk Istradefilien?
Dit is 'n adenosien A2A antagonis. Dws D2 reseptore word nie ge inhibeer deur adenosien nie. Dit dien as add-on terapie saam l-dopa/karbidopa indien af-periodes ervaar word om meer reseptore vir DA te gee.
Beaspreek die werkingsmeganisme van safinamied
Dit het 'n nuwe tweeledige werkingsmeganisme:
Verhoogde DA aktiwiteit
Potente onomkeerbare inhibisie van MAO-B.
Inhibisie van DA heropname.
Verlaag ook die vrystelling van glutamaat.
Blog #9
30 Mar 2021, 11:21
Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur ‘n LA van die volgende tipes vesels met mekaar?
Gemiëlineerde vesels makliker geblokeer as ongemiëlineerde vesels
Geaktiveerde pynvesels vuur vinniger. Pynsensasies word selektief geblok deur lokale anestetika, dus sal die pyn minder gevoel word. Vesels in die middel van dik senuweebundels is minder sensitief en word dus stadiger geblokeer as die aan die buitekant van bundel.
Maak ‘n lys met die effekte van LA op ander weefsels.
Hart:
Klas 1 anti aritmiese middels bv Lidokaien blokkeer Na kanale in die hart wat die aksiepotensiaal verkort en die refraktere periode verleng.
Waarop berus die keuse van ‘n LA?
Tipe sjirurgiese prosedure waarvoor dit benodig word.
Waarom word oplossings van LA soms met CO2 versadig?
Om die pH te buffer vir 'n optimale omgewing vir die LA.
Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik?
Bensokaien
Kokaien
Oksibuprokaien
Blog #8
30 Mar 2021, 10:54
Stel vir jouself ‘n tabel op waarin jy die belangrikste effekte op elke stelsel (KVS, SSS, respirasie, niere, lewer en uterus) lys, maar ook die uitsonderings aandui. Die tabel is belangrik as jy by die keuse van middels kom.
Sisteem: |
Efekte: |
Sentraal senuwee stelsel |
|
Kardiovaskulere stelsel |
|
Renale stelsel |
|
Hepatiese stelsel |
|
Uterus |
|
Respiratoriese sisteem |
|
Noem die belangrikste toksiese effekte van die inhalasiemiddels.
- Hepatotoksisiteit
- Maligne hipertermie
- Hematotoksisiteit
- Nefrotoksisiteit
Blog #7
17 Mar 2021, 11:25
Watter anti-epileptiese middels beïnvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan? Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?
Middels wat orale kontrasepsie se metabolisme beinvloed:
Fenobarbitoon, karbamasepien en fentoien.
Hierdie middels is ensieminduseerders wat sitochroom P450 induseer dit veroorsaak 'n verlaging in sekere hormoon vlakke van vroue wat op orale kontrasepsie is. Gevolglik sal daar 'n hoer risiko wees vir verlaagde werking van die kontrasepsie en onbeplande swangerskap kan gebeur.
Middels wat nie die orale kontrasepsie se metabolisme beinvloed nie en veilig is om saam met die pil te gee:
Valproaat, gabapentin, lamotrogine en leviterasetam.
Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beïnvloed (vanaf neonate tot by bejaardes)?
Neonate: Stadiger metabolisme dus moet 'n laer dosis toegedien word.
Babas en kinders: Vinniger metabolisme as volwassense en moet dus 'n hoer dosis kry.
Bejaardes: Stadiger metabolisme en moet laer dossise ontvang.
In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?
By middels met 'n nou terapeutiese venster-bv. fenotoien- want 'n baie klein dosis verhooging mag mag 'n baie groot verhoging in plasma vlakke tot gevolg he wat toksiese effekte kan veroorsaak.
Blog #6
8 Mar 2021, 19:15
Watter moontlike meganismes is ter sprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkoholinname?
Reseptor subsensitiwiteit. Asook die vehooging in die aktiwiteit van die mikrosomale etanol oksidasie ensiemsisteem. Met kroniese gebruik kan MEOS geinduseer word wat sal lei tot verhoogde omskakeling van asetaldehid na asetaat.
Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewer en lewermetabolisme?
Progresiewe verlaging in lewerfunksie wat hepatitis en lewersirose to gveolg kan he. Verhoogde aktiwiteit van lewermikrosomale ensieme. Glukogenese verlaging.
Wat is Wernicke-Korsakoff-sindroom en hoe word dit behandel?
Verskyning van perifere neupatie met kroniese alkolisme en 'n tiramien ebrek. Wernick-Kosakoff sindroom word gekenmerk deur ataksie, verwarring, paralise van gesigspiere. Dit word behandel deur parenterale tiamien om permanente breinskade te voorkom.
Wat is die fetale alkoholsindroom? Verduidelik volledig.
Dit is verstandelike vertraginig, groeigebreke, mikrokefalie en 'n onderontwikkelde midelste gesigarea van 'n pasient wat as embrio in die eerste trisemester aan alkoholmisbruik blootgestel is. Dit is as gevolg van beskadiging van ontwikkelende neurone wat in die uterus aangerig word.
Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chroniese alkoholgebruik?
Kroniese etanol misbruik | Akute etanol misbruik. |
Verhoog die metaboliese transformasie van ander geneesmiddels. | Verlaag die metaboliese transformasie van ander geneesmiddels. |
Noem 4 geneesmiddelinteraksies met alkohol waar die farmakologiese effekte van die ander middels deur alkohol gepotensieer word
Vasodilatore, Hipoglisemiese middels, Aspirien en Parasetamol
Blog #5
8 Mar 2021, 09:45
Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam? Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.
Omdat Etanol 'n baie klein water oplosbare molekule is word dit vinnig uit die spysverteringskanaal geabsorbeer, gevolglik versprei dit ook vinning omdat dit lipofilies is. Tydens Etanol metabolisme word zero-orde kinetika gevolg in die alkoholdehidrogenase ensiemsisteem in die teenwoordigheid van lae en matige hoveelhede alkohol.Dit is omdat die alkoholdehidroginase sisteem versadig kan word a.g.v ‘n beperkte hoeveelheid NAD ko-ensiem ( dus sal die tempo van afbraak konstant bly ongeag die hoeveelheid ingeneem.
Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanolmetabolisme.
Twee ensiemsisteme:
- Alkoholdehidrogenase by lae en matige hoveelhede. Zeo orde kinetika agv die beperkte aantal NAD ko ensiem. Dus versadigbaar.
- MEOS by hoer konsentrasies.
Die eindproduk is asetaldehied wat by opeenhooping verantwoordelik is vir naarheid, hoofpyn, hartkloppings, blosing en duisligheid. Asetaldehied word dan deur aldehied dehidrogenase na Asetaat omgeskakel wat as CO2 en H2O uitgeskei kan word.
Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?
Middels soos Disufiram, Metronidasool en Keflasporiene inhibeer Aldehied dehidrogenase wat dan lei tot die opeenhooping van Asetaldehied wat verantwoordelik is vir naarheid, hoofpyn, harkloppings, blosing en duisligheid.
Blog #4
4 Mar 2021, 18:27
Op die apteek/winkelrakke staan verskeie plantaardige en/of natuurlike preparate waarvoor aansprake gemaak word dat dit anksiolitiese en/of sedatief-hipnotiese effekte het. Hierdie produkte sluit onder ander in:
- Lavender
- Alkohol
- Borage
- Valerian
- Chamomile
- Lemon balm
- Kava
- Passion Flower
- Saffron